'n Braai Rooster vir lekker Braai Kos wat Werk
Nuwe forum onderwerpe
Nou dat my klasse klaar is en die toetse gemerk is vir 2011 het ek vanmiddag bietjie op die web rond geswerf en kyk waarop kom ek toe af ?
Hoe meer vleis (kos) jy in hom pak hoe stewiger staan hy. Wat dink julle ?
En dan is dit nog eg trots Suid Afrikaans ook.
http://www.ubraai.co.za/contact.html



Ian,
Stem en hy kan hou by die see ook want hy is van "Stainless Steel" gemaak. Ek hou van die 2 kleiner roosters want dan kan jy verskillende soorte die selfde tyd ook braai.
Willem, lyk na die idiale ding vir 'n lekker braai!
Ek is net soos jy, probeer ook maar sover ek kan ons plaaslike produkte ondersteun, los liewer my geld in ons eie ekonomie [en verkaf werk] as om my geld vir oorseese lande te gee.
100% Arie ![]()
het deon gemail vir die pryse ek like![]()
Netjies, en ook 'n ideale kersgeskenk. Soek enigeen my adres?
Ken enigiemand die sogenaamde skoprooster (wat veral in Namibië gewild is) wat op grondvure gebruik word? Jy trap op die hefboom en dan swaai die rooster om op byna dieselfde beginsel as 'n outydse naaimasjien se pedaal. Ongelukkig geen foto beskikbaar.
Roy,
Is die adres nou vir my om my geskenk te kan kom afhaal ?
Willem,
Kom ons koop maar vir mekaar 'n rooster en ruil dalkies Febrauriemaand geskenke by ons gemeenskaplike adres (of Jongensfontein)!
![]()
Ons verstaan, Deon.
M.a.w. jy is nie-kommersieel soos op die ander draad bespreek. Laat kom maar myne tot op CL soos afgespreek. Kan nie wag nie!
Lyk my g'n mens ken daardie skoprooster nie?
Roy, daai skoprooster het ek al gesien, en het 'n idee hoe hy werk, sal bietjie met my een skoonseun gesels, hy weet van sulke goed bou, ek sal laat weet as ek iets positiefs kan bydra. Die ding!!!!! hang basies aan driepootstaander, met ketting wat vas is aan bo-punt, en as jy op pedaal trap, lig hy die rooster wat dan aan kant oplig en omkantel. Jy met net redelik alkoholvry bly om hom te dryf, anders trap jy hom in sy moer (askies, amper vloek ek!!!) en die goed draai so vinnig innie rondte geen ding word gaar nie!!!!!!! of alles wetter uit op die grond, en jy word gemo . . .ker!!!!
Altyd egte kampgroete.
Frans
Skoprooster? Ek onthou iets dergeliks uit my kinderdae. Dit was ook 'n driepoot. Die rooster het aan sy voorste hoeke aan kabels gehang met 'n 3 de kabel aan die handvatsel. Die 3de kabel het in die middel van die driepoot deur 'n gaatjie gegaan en as jy dit optrek, het die rooster omgedraai.
Deon, ek het 'n versoek gekry dat jy die komende De Hollandsche Molen Saamtrek kom bywoon met al jou kontrepsies. Daar is nog plek vvir jou. Jy sal die weskus se verteenwoordiging verhoog na 5!
Ian, Frans,
Onthou ook die kabelmodel. Die een waarna ek verwys het 'n raamwerk met vier pote en die vierkantige rooster hang in die middel aan twee "of-set" platyster armpies sowat 30 cm bo die grond. Aan die sittende! braaier se kant is 'n dwars hefboom wat as jy daarop trap (met oefening) swaai die rooster heeltemal om. 'n Vriend op Worcester het een en ek sal probeer om 'n foto te bekom.
Jammer om Willem se draad te kaap, maar dink as Deon die ding sien kan hy dalk 'n paar bou!
Roy, Ian, die probleem met die tipe roosters is dat hier by my kan dit nie werk nie, ons koop die ou stukkie vleis dan is hy so klein hy neuk deur die openinge!!!! My plat rooster wat ek gebruik en die ou vleisie met die tang omdraai se gaatjies is net s0 30mm x 20mm groot!!!! Partykeer is die pampoen wat ek braai groter as die vleisie!!!
Ons wag ôk maar tot laat sawens voor ons braai, bang hier kom dalk mense aan op etenstyd dan moet ons die ou stukkie nog deel ook, kanse is dat na 9 niemand meer sal kom nie!!!!!!! Eish, vleis is skaars!!!
Groete.
Frans
Frans, praat jy nou van vleis, ons is verby die "pap en tik" stadium en nou op die "pap en kyk" stadium.
My vrou het 'n foto van 'n mooi "pot roast" wat teen die muur hang in die eetkamer, ons eet pap en kyk vir die foto - werk nogals met 'n helse verbeelding!
Frans & Arie,
Vergewe my, maar ek kon nie hierdie een laat wegglip nie!
Dis vandag se gevlekte skaapboud (heel jaar daarvoor gespaar) en groentepakkies. Nou net 'n stukkie koue boud weggeslaan voor ek die res vries vir die res van die komende jaar. Dis so kosbaar die hond hou wag daaroor!
Roy, dankie vir die foto, maar SIES!!!! Ek sal ôk maar soos Arie maak en foto in die kombuis ophang van hierdie gedoente van jou, sal darem seker kan kwyl oor hom vir die res van hierdie jaar plus die beter helfte van 2012!!!! Sal net A4 grootte foto uit druk, anders dink die kuiermense wat hier kom en deur die kombuis loop ons spog met ons welvarendheid met die helske stuk vleis wat so ten toon gestel word!!!!!
Altyd egte kwylende kampgroete.
Frans
Hallo Ian,
Deon, jy moet plan maak met die volgende Saamtrek, indien jou ryding se trekstang nie betyds herstel is nie.
Ek hoop die reëlings soos bespreek rakende die roosters sal suksesvol wees. Soos reeds genoem, sal Minora daar wees om syne te wys wat reeds 'n paar jaar se gebruik ervaar het.
Frans & Arie,
Vergewe my, maar ek kon nie hierdie een laat wegglip nie!
Dis vandag se gevlekte skaapboud (heel jaar daarvoor gespaar) en groentepakkies. Nou net 'n stukkie koue boud weggeslaan voor ek die res vries vir die res van die komende jaar. Dis so kosbaar die hond hou wag daaroor!
Ek hou van 'n skoon rooster elke keer as ek wil braai, ek glo nie daaraan om 'n rooster "skoon te brand" voor ek dit gebruik nie.
Het iemand nou al 'n houer raakgeloop waarin ek net die rooster in seepwater kan laat sag word voor ek hom moet skrop?
Ek het een gesien by Outdoor Warehouse, maar teen R599.00 sal ek eerder skuur.
Groete
Hans.
Ns. Hennie, ons koop Vaseline en smeer om ons monde, so LYK dit dan asof ons lekker skaap ge-eet het!
........ Ns. Hennie, ons koop Vaseline en smeer om ons monde, so LYK dit dan asof ons lekker skaap ge-eet het!
![]()
Hans,
Mens smeer Vaseline aan jou deurknoppe vir privaatheid!
Ons het 'n buite geiser by die Ouma-woonstel waaronder ek 'n PVC wasgoedtrog aangebring het. Dis bedoel vir braaigoed en swartpot. Dit vat ongelukkig taamlik baie water om die roosters te bedek om te week.
Ek het al gedink aan daardie wit vleisbakke wat mens by ko-operasies of Plastic Warehouses kry van so 600mmx400mm en dan 'n keep in te saag vir die rooster se handvatsel. Jy's reg die doelgemaakte een is rof by die kampwinkels ens.
Roy, nie mooi van jou nie. Wat moet ek nou vir my familie se as hulle dit raaksien. Ek vat hulle juis net een maal ‘n maand verby die slaghuis om die reuk van vleis te kry…..
Julle spot nou lekker oor die vleisetery:
Dis dalk die rede hoekom baie manne eers 'n draaitjie by die "watergat" maak oppad huistoe saans -- dat die kinners nie kan ruik Pa het vleis by die werk se kantien geëet nie.
Cheers
Het iemand nou al 'n houer raakgeloop waarin ek net die rooster in seepwater kan laat sag word voor ek hom moet skrop?
Hans,
Probeer 'n gewone swart sak. Spuit die rooster met Zeb, sit hom in die sak, vou die sak styf toe en los in die son. Jy kan ook gewone sunlight en bietjie water meng en dit in die sak gooi.
Willem, ek lees nou eers die draad, ek het een van die U-braai's en gebruik dit seker nou al vir die laaste 4 jaar, niks braai 'n steak lekkerder as dit nie! Ek wens ek kan die vleis (en vis en krewe) terugkry wat ek op die rooster al gebraai het!
Ek was die rooster na elke braai, Weber het 'n produk wat jy op die rooster spuit, ek los dit vir 'n ruk en dan was ek die rooster in warm water met skottelgoedseep en 'n borsel, dit lyk nog steeds soos nuut!
Die geheim met S/Staal roosters is dat hulle nie vlamme moet kry nie anders brand dit swart en kom nie weer skoon nie, en haal hom af sodra jy klaar gebraai het.
Ek is al hoeka opsoek na so 'n rooster. Ek het hulle een jaar by die Grahamstown Arts festival gesien en toe nooit weer nie.
Deon, kyk uit vir 'n PM
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- MarkP
- WilleWillemien
- Marthinus Slabber
- Spiderman
- Rinus Lisse
- Villa Wahnsinn
- evert
- HennieBo
- deonhitchcock
- Arabier
- Obie
- Frikadel
- HJB
- Francois Malan
- RATEL
- Atoom
- Benzan
- Tjailatyd
- Perdeby
- Zigi
- Leon Verster
- Berno Punt
- WilSur
- Big G




.jpg)










Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k
Willem, ek het daai kontrepsie al gesien met tjops op en hy werk! Die lekkerte is dat hy maklik skoongemaak word en vir jare soos nuut lyk as hy reg versorg word.