Melkbrood in Arrie-varkie
Nuwe forum onderwerpe
Sondagmiddag het ons gou n Melkbrood in Arrie se varkie gebak.
Baie eenvoudige resep
6 koppies moekmeel
3 teelepels suiker
3 teelepels sout
1 pakkie kitsgis
500 tot 700 ml sterk louwarm melk
Ons het die deeg 2 keer afgeknie voor dit in die pan geplaas was om die laaste keer te rys.
.jpg)
.jpg)
.jpg)
wou net die resep afskryf maar kan julle my reghelp wat is MOEKMEEL,vra ma net
groete rascal
Nou vra jy my ook vas, gebruik somer koekmeel dit werk ook
Sjoe dit lyk sommer vorentoe. Moet se ek het self lanklaas my varkie gebruik. dalk moet ek hom ook sondag inspan met `n gerookte vark nekkie of iets.
Ek wil so paar nuwe idees in die varkie probeer die naweek by Bosfontein, As dit suksesvol is sal ek kom fotos wys.
Watter hok kry mens die arrievarkie? Wil ok vir my een aanskaf ....
praat met arrie oor die varkie het een gekry by drakensville saamtrek laasjaar maar onthou dis varkies met persoonlikheid en hulle werk
dankie perdeby en laat weet van bosfontein ons gaan langnaweek in maart eerste keer daar kamp
Perdeby
Wil net weet wat gooi jy in om die melk so "sterk" te kry?
Perdeby
Wil net weet wat gooi jy in om die melk so "sterk" te kry?
Dit is nou soos die raad vir skok, n hoogvol eetlepel brandewyn en laagvol lepel melk in n glas.
Ernstiger. die melk moet iewers tussen louwarm en warm wees
Perdeby, daai broodtjie lyk lekker, ek het hom al so gemaak!
Perdeby, jy lyk my na 'n baas bakker jong - daai brood lyk manjefiek hoor?
Gewoonlik knie Marthie die brood, hierdie enetjie het ek self opgemaak en geknie- Marthie het nog nie die einde hiervan gehoor nie.
Gaan hom beslis by Hartenbos maak in die nuwe stoofie.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- HJB
- Obie
- Francois Malan
- MarkP
- RATEL
- evert
- Atoom
- Villa Wahnsinn
- WilleWillemien
- Marthinus Slabber
- Benzan
- Tjailatyd
- Spiderman
- Perdeby
- Zigi
- Leon Verster
- HennieBo
- Berno Punt
- WilSur
- Big G
- Andre Potgieter
- Rinus Lisse
- Arabier
- Alias









lyk soos 'n brood mos moet lyk gaan julle resep beproef by bosfontein 18-25 maart dankie
groete rascal