Kan jy hoender reg braai?
Nuwe forum onderwerpe
Daar is seker niks so aaklig soos hoender wat nog rou is teen die been of so geskroei is dat dit kort duskant houtskool omdraai.
Ek het ook al gehoor van manne wat vir vroulief aansê om die storie eers 'n ent weg in die microwave te kook en dan net vir die laaste gedeelte word dit oor die kole gebraai.
As jy hiermee kan identifiseer, ou maat dan moet jy verder lees want met die volgende hoender braai gaan jy mama se voete onder haar uit slaan..... vir die tweede keer 
Ok, so word dit gedoen, en terloops hierdie is nie vir die lui braaier nie.
Indien die hoender gevries is moet jy dit op 'n NATUURLIKE manier laat ontvries. Nie in die microwave nie.
Marineer dit met wat jy ook al wil. Vir my werk Jimmy sous kwaai of dan sommer 'n mengsel van tamatiesous, worcestersous, chutney, suurlemoensous en/of fyn appelkoos konfeit met bietjie swart peper. Los die hoender so vir 3 na 4 uur in die marinade. Jy kan sommer met 'n mes 'n paar gate in die vleis steek of indien die marinade nie stukkies in het nie met 'n dik naald dit binne in die vleis in spuit. Amper soos bloed trek maar die keer is hoender se kind aan die ontvang kant.
Nou die braai storie.
Ek maak vuur met hout en nie charcole nie. Rooikrans of kameeldoring.
Hoender wil oor matige kole gebraai wees. En ook nie direk op die kole nie maar so 20 na 30 cm bokant die kole. As jy jou hand so 2 sekondes op die hoogte bokant die kole kan hou is dit reg. Dis ook nou te sê as jy nie 'n olifant vel het nie.
ONTHOU: die marinade brand vinnig swart so jy wil nie dit he nie, en mama ook nie. Dus vir die eerste ruk gaan jy hom kort kort moet draai. Nou is daar nie tyd vir ander dinge nie.
Die hoender kom op die rooster en word op die kole gesit. Vanaf die oomblik wat jy dit op die kole sit todat jy dit gaan afhaal gaan PRESIES 30 MINUTE wees.
Vir die eerste 15 minute gaan jy hom seker 2 na 3 keer per minuut moet draai. As jou marinade begin brand is die kole te warm of jy draai te min. Lig dan jou rooster nog 'n bietjie of draai meer. Afhangende waarin jy braai gaan kole weg krap nie help nie.
Na 15 minute het die hitte van die kole ook al begin afneem en die hoender het al kleur gekry. Jy kan nou die omdraai periode bietjie verleng maar moet nie net laat lê nie. Jy moet hom maar self dop hou.
Tydens die laaste 10 minute op die kole kan jy van die orige marinade in die bak oor die hoender gooi terwyl dit op die kole is. Moenie die bak uit was nie.
Moenie meer as 30 minute braai nie. Teen daardie tyd is die hoender deur gaar en nog sappig. Langer as dit gaan maak dat hy uit droog.
Vat nou die casserole waarin jy dit gemarineer het en gooi so 100ml water by die marinade wat nog oor is. Sit nou die klaar gebraaide hoender stukke terug in die casserole, sit sy deksel op en los hom vir nog so 10 na 15 minute op die kole. Geen hom net so 2 of 3 keer 'n heen en weer skud in die tyd.
Gaan wys nou vir mama who's the man ..... 
Geniet hom.
Dan sal ek maar so moet maak oom.
Ek sien oom is van Klerksdorp, my geboorte plek daardie.
Groete
dagse jang
net so vragie man wat weeg die hoender wat jy braai hoekom ek so vra ek boer met die goet vir die huis laat ek hul so 3kg word dan het n man mos nou n lekker stukkie groente my vraag is ok as hy so groot is braai jy dan nog so 30 minuute of bietjie langer ek is ok een van die manne wat n hoender so bietjie kook maar jou resep gaan ek probeer maar om fodies te sien sal nice wees
kampgroete
ben
Soos Jan sê, hoender braai op die regte manier is nie vir lui ouens nie.
Ek doen ook so, maar gebruik wel charcoal, dit moet egter van Namibiese indringerbos wees, dit gee baie hitte vir lang tydperke, moet ook nie bang wees om genoeg te gebruik nie.
Ek braai die hoender van die begin af sonder enige speserye, ek gebruik ook NET Robertsons se hoender speserye vir die doel. Die hoender moet ontvries wees op natuurlike manier, geen mikrogolf of kook proses nie!
Begin deur jou hoenderstukke in 'n toeklaprooster te pak. Sonder toeklaprooster moet jy liewer hoenderpotjie maak.
Begin braai oor die warm kole, draai ook elke 40 sekondes om. Braai so sonder speserye vir 10 minute of so, begin dan met die speseryproses soos volg:
Gooi aan die een kant min van die hoender speserye en draai om, gooi aan die omgedraaide kant min van die hoender speserye, draai elke 30-40 sekondes!!. Hou so aan om min speserye op 'n slag oor te gooi totdat die hoender gaar is. Dit neem so 40 minute. Indien jy dink daar is genoeg speserye oor die hoender kan dit dan verder braai sonder om weer speserye te strooi en steeds gereeld draai
Op 'n toeklaprooster wat vol gepak is (omtrent 2-3 kg stukke) gebruik ek 'n halwe botteltjie hoenderspeserye, geen sout of peper, net die hoender speserye.
Indien jy wil kan jy Spur se "basting" oorverf, 3-4 minute voor jy dit gaan afhaal. So R20 per botteltjie by supermarkte.
Groete
Hans.
Ek het al 'n paar keer hierdie truuk gedoen. Doen dit maar net as mens haastig is en die hoender begin brand, Dan sit jy hom met 'n vloeistof in die bak op die kole, sodat hy ordentlik gaar kan word. Die hoender is egter nie so lekker nie, want die ruk wat jy hom stoom word alles wat lekker "crispy" is sag en nat. En is dit nie die hele idee van braai nie, om daai lekker "crispy" tekstuur aan vleis te kry. Deur hom voor die tyd in die mikrigolf gaar te maak en dan "crispy" te braai gee vir my persoonlik 'n beter smaak.
Maar die heel beste is braai 'n (rou) hoender vir ten minste 'n uur, sonder dat enige iets brand. Dan is hy op sy lekkerste, maar jou vuur moet nie baie warm wees nie en jy moet baie omdraai.
Dieselfde met braaibroodjies. 'n Braai broodjie is nie reg as die brood bruin/swart is nie. 'n Braaibroodtjie is reg as jy hom vir ten minste 15min kan braai sonder dat hy swart word, want dan is die uie en tamatie gaar en sag binne. Baie omdraai is weer die antwoord.
Ja met hoender moet n ou maar wakker wees!!Nie tyd om n dop te gaan gooi nie .VRA my?Die hoender het die dag so "effens donkerder"as gewoonlik uit gekom . SAl my seun toe nie vir my vra toe ons aansit om te eet of hierdie n SWART hoender was wat hul geslag het,. Ons almal het darm toe lekker gelag en toe smaak die hoender so effens beter
Yip! nie vir lui braaiers nie, 'n braaibroodjie wat "gebraai" is en die kaas is nie eers gesmelt nie, is nie baie lekker nie. Ten minste 15 minute is reg ja, en die kleur moet dan so karamel wees. Sny ook die tamatieskywe in kwarte as jy dit pak, want as jy dan 'n heel warm tamatie uit die broodjie trek, brand hy sewe soorte waks uit jou mond uit!!
Groete
Hans
JanG, nee man, as jy sulke dinge hier wil ko sta en kwytraak moet jy paar fototjies plaas!!!! Man wil die gedoente sien om te kan oordeel!!!! Jy sal nou sommer die komende naweek maar een moet loop opspoor en doet soos jy seg, en uithaal en wys met goeie gedetaileerde fotos met stapgewyse aanduidings, an dan sommer hoeveel versterkings moet gebruik word en doe hele boksemdaais!!!!
Ons wag in spanning.
Altyd egte kampgroete
Frans
Ek sekondeer daai voorstel oom Frans ![]()
"'n Braai broodjie is nie reg as die brood bruin/swart is nie. 'n Braaibroodtjie is reg as jy hom vir ten minste 15min kan braai sonder dat hy swart word, want dan is die uie en tamatie gaar en sag binne. Baie omdraai is weer die antwoord."
Ek stem Spydie. Alhoewel ek en Tienertjie hou van ons broodjies as hulle so effe swarterig begin word.
Ons braai bitter min en nog minder hoener, maar soms tog. Gewoonlik maak ons sommer die heel hoender in die Weber gaar. Hy kom net so lekker crispy uit.
Sal tog volgende keer bietjie hierdie manier volg.
@BanA
Ben om 'n heel hoender op die rooster te braai gaan nie so lekker werk nie. Ek kry sommer die klaar stukke of maak 'n heel hoender in stukke. En wat gewig betref sal ek nou nie met sekerheid kan sê nie. Met stukke maak dit elke geval nie saak of jy een stuk of 'n hele roostyer vol stukke braai nie, die metode bly dieselfde.
Heel hoender moet na my mening eerder gespit word.
Ek het ook op die forum gelees van iemand wat die heel hoender in 'n blik gaar maak met sommer 'n klompie dun takkies. Dit is 'n baie interressante een wat ek nog wil probeer.
Groete
Mense, nee wat dis te veel werk!!! Ek het nie soveel energie die, en jou drinktyd is BAIE beperk!!!
Ek doen maar eerder die bierblikkie een met roosmaryn in die ketel, en dit het nog nooooiiit geflop nie, al was ek hoe gaar!!!!!! Ek bedoel, hy is altyd gaar, die blêrrie hoener man!!! nie ek nie!!!
.jpg)
.jpg)
Ek is so lus vir hom ek gaan sommer die naweek weer so maak.
Altyd egte kampgroete, soms met paar takkies roosmaryn onder die arm.
Frans
My man maak die beste braaihoender. Hy sit agter oor en vertel my wat om te doen(grappie). Ons sit maar die hoender op die spit en as ons stukke maak in die plat rooster wat ook draai.Gooi net hoender speserye op en partykeer sommer BBQ speserye. Dit werk baie makliker en die hoender is heerlik. Gaar en mooi bruin buite om en jy het baie meer tyd om te kuier.
Oom Frans - daai is die beste hoender wat jy kan maak. Kom altyd sappig uit. Ek maak dieselfde hoender maar le dit eers in 'n "brine" vir so paar ure om al die vleis lekker te "spice"
Gyfie, nou moet ek bieg, ek en hoender is ewe gaar!!!! Ek gebruik slegs so 3 vinger bier onder in die blikkie, want man moet eers proe, sien. Dan lyk dit min, dan proe ek of die OBS nog orraait is, en so by die vierde een dink hy is Orraait, dan gooi ek net een vingertjie by in die blikke, die oennertjie kan mos nie sien ek verneuk nie!!! dan lyk dit nog skraal, dan gooi ek eers doppie Chateau VO, en as ek na die 4 de een dink hy is Orraait, dan gooi ek virrie oenner ôk so kleintjie in die blikkie!!! dan begin ons kuier, ek en daai oennertjie !!!!!
Wat ek ook doen, is in die middel van die twee kolehouers in die ketel, sit ek aluminium panne, ek ek gooi so twee vingers water daarin, dit help om die vetjies ens op te vang en te verhoed dat hy aanbrand en stink.
Liewe vrind JanG, ek vra nederig om verskoning vir hierdie kaping van jou draad, en ek het half in vervoering geraak vir daai "groentetjie" so by so e het skoon vergeet dit is eintlik jou maaksel wat te. Sorry, ek sal my allerbeste probeer om dit nie weer te doen nie.
Jammerlike groete.
Frans
NS: Dis Gyfie se skuld!!!!!
Ek wou nou nie 'n nuwe draad begin nie maar hier is hy nou.......
Gerookte vis en hoender resep.....
die een is bietjie tricky.... so wees versigtig
Jammer, maar die gerookte vis en hoender resep is seker nie bedoel vir die kinders nie. Hulle sal jou aangee by die kinderhulplyn. Volgens my kort hy nog net n lekker koue goue langs hom.
Groete,
Sit hy nie dalk op een nie ?

Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Obie
- WilleWillemien
- evert
- Marthinus Slabber
- Benzan
- Atoom
- Tjailatyd
- Spiderman
- Perdeby
- RATEL
- Zigi
- Leon Verster
- HJB
- HennieBo
- Berno Punt
- WilSur
- Big G
- Andre Potgieter
- Rinus Lisse
- Arabier
- Alias
- Christo de Wit




.jpg)




.jpg)




JanG, nee man, as jy sulke dinge hier wil ko sta en kwytraak moet jy paar fototjies plaas!!!! Man wil die gedoente sien om te kan oordeel!!!! Jy sal nou sommer die komende naweek maar een moet loop opspoor en doet soos jy seg, en uithaal en wys met goeie gedetaileerde fotos met stapgewyse aanduidings, an dan sommer hoeveel versterkings moet gebruik word en doe hele boksemdaais!!!!
Ons wag in spanning.
Altyd egte kampgroete
Frans