Gesels saam op die WegSleep forum.

Gebraaide gevulde varkkotelette (6)

Gesels saam op die WegSleep forum.
RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 443
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Andries Krogmann  Rapport ? Mei 2000

Kobus Wiese, voormalige Springbok en vurige slot, is 'n ou Paarliet wat van kindsbeen sy rugby aan Paarl Gimnasium beoefen het. Ek kan getuig  hierdie gereg het sy hart gesteel.

Bereiding van vleis

Sny die kotelette 3cm dik. Maak 'n snit van ongeveer 5cm teen die been ten einde ruimte te skep vir die vulsel. Smeer vleis aan die buitekant met olyfolie.

Vulselresep

1 Koppie gerasperde cheddarkaas

1 Koppie gerasperde agurkies

2 Teelepels gekapte knoffel

2 Eetlepels Pommery mostert

25ml Olof Bergh brandewyn

Gemaalde suurlemoenpeper

Gaarmaakmetode

Vul kotelette met vulsel. Steek snit toe met 3 tandestokkies. Braai oor matige kole vir ongeveer 20 minute. Draai gereeld. Sprinkel met knoffelsout en growwe swart peper na smaak. Bedruip met vars suurlemoen.

Eet soos 'n koning!

My variasie:

Voeg gerasperde ui, fyngekapte groenrissie of sampioen en 'n stewige skeut Jimmy sous by die vulsel. Smeer met Jimmy vyf minute voor afhaal.

                                                                                

 

  

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

kotelette = fillet?

Groete
Ken

 

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 443
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Cheetah,

Nee, dis die vreemde Afrikaanse woord vir 'n tjop, afgelei van die Engelse woord 'cutlet'.

Vir dié resep gebruik ek gewoonlik die varktjop wat baie soos 'n mini T-been lyk, m.a.w. so 'n klein stukkie fillet by. Kon nie regkry om die foto op te sit nie. Kyk op die 'My laaste maal.....draad" Heerlik!

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

Klink bitter lekker!!!

Ek wag vir daai kiekie!!!

Groete
Ken

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

RoyV, ek kan skaars uit my oge sien na laasnag se pak slae oor daai blerrie arseen!!!! Sal maar liewer hierdie een uitdruk en lamineer, en saam met bos blommme neersit soos jy genoem het!! Maar dit gaan nog nie die pyn verlig nie!!

DANKIE.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 894
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Frans

Sit sommer een van die tjops op daardie ooge van jou.  Dalk vat dit die pyn bietjie weg.

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

 Eish saam met `n lekker varkie brood MMMMM njammies of hoe vrystater 

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 443
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Vrystater, jammer ek het jou herdoop, maar jy gee seker nie om ter wille van die volgende kampioene nie! Hier is die kiekies volledigheidshalwe.

Spoedige beterskap, Frans.

Goeie raad, Johnny!

Lekker saam met als, Arrie....die naweek lê voor.

You can't please everyone, so you gotta please yourself

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Arrie, ek wil jou nie weer aktief hier op die forum sien tot jy my varkie gepos het nie   

Groete.

Mark.

 

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1430
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

RoyV wrote:

 Hier is die kiekies volledigheidshalwe.

Hi Roy,

Ek sien hier onner op die rooster braai jy sommer die 4 stukkies groente saam met daai varkies.

Oupa het altyd gese as hy wil groente eet slag die volk vir hom hoenner.

Cheers

 


Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

@Arrie - nou praat jy!!!  Gaan sommer die naweek iets opdis in daai grênt vark van my!

@RoyV - geen probleem!  Die regte Cheetah sal nie omgee nie Jy ken darem jou rugby!

Na hierdie fotos dink ek tog maar ek moet dit probeer!

Groete
Ken

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Mark, ek weet nie wanneer joune gepos is nie, maar Arrie het myne Maandag gepos en die opspoornommer ge-epos, en ek hou hom elke dag dop!!! Was gisteraand in Potjiesdorp, sal hom môre gaan haal by ons poskantoor, normaalweg so 5 werksdae op die pad!!!

Gaan op Google, sit  SA POST OFFICE PARCEL TRACKING in, en as die blad opmaak sal jy plekkiue sien waar jy die nommer moet intik, oppas net, hy is sensitief vir hoof en klein letters beste om PA222 111333ZA in te tik.

Voorspoed en "VARKSIGE" Arrie Varkie groete.

Frans

 

 

 

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Frans, myne word eers Maandag gepos. Ek het vadag eers bestel en betaal. Dankie vir die info oor die opsporing, ek sal dit verseker gebruik. Man ek voel soos 'n klein laaitie wat nie meer vir sy verjaardag persent  kan wag nie. Geniet jou varkie, hoop jy kry sommer vinnig jou slag met hom en laai daai foto's . Ons wil sien waaraan julle smul.

Groete.

Mark.

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Nee, Mark, dis nie myne nie!!! Ek het hom eintlik vir Ma gekoop vir haar 43ste huweliksherdenking gister, maar toe is hy bietjie laat!!! Maar toe sê ek vir haar dan is dit haar verjaardagpresent vir die 24ste, toe word sy knorrig!!! toe sê ek maar OK, dis jou Krismisboks, toe is die lippe dun en die nek styf, Toe gan staan ek myself aap en maak en daai draad van die Laaste Maatyd, siet ek toe RoyV se blerrie storie oor die vark resep, maar hy d êm toe arseen pil ook in, en ek druk dit nogal vir Ma uit sodat ons dit Saterdag kan traai, toe m**r sy my, albei oge toe!!! Dis hoekom Roy nou die regte resep hier plaas, maar ek is klaar getik, sy't skkon dia pad gevat saam met haar suster vandag!!! en, as sy vanaand terugkom en weer lees dat ek gskryf het, gaan ek weer les opsê!!!

Manne, ja, ons moet maat bietjie grap ook.

mark ek gaan gewis die resepte probeer, moet sê ek het so 'n ander braaiertjie met deksel, wat ek ook maar gebruik het soos oond,, en hy het goed gewerk, so ons hoop die sukses sal aangaan!!! Die ding van die varkie is nou so .. . . . sien ek het hom eintlik vir Ma gekoop  . . .  nee wat , ek het daai een al vertel!!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

NS, Mark ek gebruik daardie opspoor funksie gereeld, met die drukwerk wat ons doen, pos ek tot twee pakkiesper week uit, en almal het altyd tot op die laaste toe gewag voor hulle bestel het, en is dan haastig. Met die funksie kan ek dophou en hulle laat weet wanner hy by hulle se poskantoor is, want soms sit die werkers by poskantoor nie strokie in die bus nie, of ander meot hom gaan afhaal by poskanttor want hulle het nie posbus nie, net straat adres, so dit help om aflewering te bespoedig. En, ek moet lansie braak vir die POSDIENS, ek kry BAIE goeie diens, vir baie jare al, maar dit moet reg en duidelik en verkieslik in Ingels ge-adresseer word!!!!

 

 

 

 

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 443
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Jip André, dis hoekom hy sleg sesde kom op Footloose se vleisvolgorde draad. Daardie groente is maar vir die huismense wat nie skerp tande het nie!

You can't please everyone, so you gotta please yourself

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

MarkP wrote:

 Arrie, ek wil jou nie weer aktief hier op die forum sien tot jy my varkie gepos het nie   

Reg so my groot kroon/baas/meneer/wateverookal

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Supra
Nuweling
Aangesluit: 08/08/2011
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bruma

Soos hulle daar ver se "nou is ek hongor jong"! Duidelik gaan die resep werk kry.

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 79 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Spiderman
  • Atoom
  • evert
  • Perdeby
  • Tjailatyd
  • WilleWillemien
  • RATEL
  • Zigi
  • Leon Verster
  • Marthinus Slabber
  • HJB
  • HennieBo
  • Berno Punt
  • WilSur
  • Big G
  • Andre Potgieter
  • Rinus Lisse
  • Arabier
  • Alias
  • Obie
  • Christo de Wit

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.