bykosse saam n braai(geen komintaar los asb net n resep)
Nuwe forum onderwerpe
dagse maters
ek wil iets probeer om vir ons n resepteboek saamte stel oor bykosse saam met n braai LOS ASB GEEN KOMINTARE OP DIE DRAAD GAAN NA DIE DRAAD WAAR DIE RESEP EERSTE GELOS IS LOS DAN N KOMINTAAR DAARSO
LOS ASB NET JOU BYKOS RESEP HIER VIR ONS RESEPTE BOEK OOR BYKOS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
GROOT ASEBLIEF GEEN KOMINTARE NET JOU RESEP ASSSEBBLIIEFFF !!!!!!!!!!!
MIELIETERT SAAM BRAAI VLEIS
2blikke suiker mielies (sweetcorn)
60 ml koekmeel
60ml suiker opsioneel
60ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier
Meng als saam in oondskottel gooi in die oond of jou arie vark sit die oond op 180grade en bak hom vir 45 minuute
Haal uit en bedien
BAIE LEKKER SAAM BRAAI VLEIS as n bykos saam n garlic broodjie en artapel slaai
GEEN KOMINTARE ASEBLIEF DIE IS NRESEPTE BOEKIE OOR BYKOS LOS NET N RESEP!!!!!!!!!!!!!
THOMAS K
4 eetlepels Olie
1 Eier
¾ koppie Melk
1 koppie meel
2 Teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Gerasperde Kaas
Bedien saam met n braai..Sny oop en sit botter en sommer n groenslaai in ...Heerlik!!
Kan dit ook oopsny en botter smeer en op die rooster so n bietjie grispy braai heerlik!!
Nog 'n baie lekker, en vrek maklike, bygereg is gebraaide patats.
Neem soveel patats as wat jy mense by die braai het, met so een of twee ekstra, en was dit skoon af, skil en al. Jy het partykeer 'n groente borseltjie nodig om dit mooi skoon te kry. Steek 'n paar gaatjies in elke patat met 'n skerppunt mes. Smeer met 'n bietjie botter en rol toe in foelie, blink kant na binne. Gooi in die kole en braai tot sag. Steek die patats met 'n sosatie stokkie of staal pennetjie om te voel of hulle sag is. Ek belowe meer as een persoon gaan terugkom vir nog 'n skeppie.
Gebruik die kleiner patats wat nie te lank gaan neem om gaar te word nie, en ook baie soeter is as die groot dikkes.
KOM MATERS PLAAS JUL RESEPTE SODER KOMITARE DAT ONS DIE BOEKIE KAN VOLKRY FOTOS VAN JUL DISSE IS WELKOM DANKIE VIR JUL SAMEWERKING
DIE RESEP IS GEPLAAS DEUR PERDEBY
Sondagmiddag het ons gou n Melkbrood in Arrie se varkie gebak.
Baie eenvoudige resep
6 koppies moekmeel
3 teelepels suiker
3 teelepels sout
1 pakkie kitsgis
500 tot 700 ml sterk louwarm melk
Ons het die deeg 2 keer afgeknie voor dit in die pan geplaas was om die laaste keer te rys.
.jpg)
.jpg)
.jpg)
RESEP GEPLAAS DEUR JANG
BESTE POTBROOD OOIT
Hierdie een val in almal se smaak.
Jy kan of jou eie deeg aanmekaar slaan of soos ek, kry sommer van die klaar gemaakte deeg by spar of checkers. Nadat jou vuur uitgebrand het en die braaierey begin trek jy die swart pot nader. Ek gebruik 'n plat boom pot vir die een. Smeer hom binne met olyf olie, maar net 'n dun lagie. Maak dan jou deeg in bolletjies soos wat jy sal maak as jy beskuit bak. En sit die bolletjies teen mekaar op die bodem van die pot. Wanneer dit gedoen is strooi jy so twee eetlepels bruin suiker oor die deeg.
Daarna gooi jy 1 hourtjie room oor die spulletjie uit en gee hom gas... net 'n klien bietjie. Ons wil nou nie he die storie moet swart brand buite en rou wees binne nie. Sit die pot op die kole en sit 'n paar kole op sy deksel ook dat hy van bo af ook hitte kry. Hou hom maar dop. Kry dan vir jou 'n stokkie of 'n ding want so voor die deeg die deksel raak moet jy begin kyk of die mcguyver al gaar is binne. Ek gebruik sommer 'n sosatie stok. Druk hom in die brood in, as jy dit uit trek en daar klou nog deeg vas moet hy nog staan. As die stok skoon uitkom dan is die brood gaar binne.
Nou vir die afwerking. Net voor die storie reg is gooi dan weer so een of twee eetlepels bruin suiker bo oor. Dit maak dat hy so mooi blink as hy uit kom.
Die mense gaan hulle vinges af eet.
HIER IS N BASIESE DEEG RESEP DEUR
KAMPGEREELD
Hi
Ek weet nie of ek mosterd na die maal is nie, maar het nou eers na n paar maande weer die website besoek.
My brood resep is as volg: (Ek gebruik dit sommer vir stokbrood en roosterbrood ook)
1kg meel
1 sakkie kitsgis
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
+- 750ml louwarm water
Meng al die droë bestanddele en maak aan met water. Dit hang af van hoe hoog jy bo seespiëel is. So hou die byvoeging van water maar dop. Moenie als gelyk byvoeg nie. Smeer ruim botter aan jou hande wanneer jy knie. Laat rys +- 1 uur, knie af en plaas is in pot (redelike groot brood) en laat weer rys vir +- 1 uur tot uitgerys. Plaas op kole en plaas so 6 kole op deksel. Vuur moenie te warm wees nie. Bak ongeveer 1 uur. Maklik - onthou net al die ene (1). Wanneer brood uit die pot gehaal word, smeer botter oor korsie. Lekker eet.
RESEPTE DEUR FORUMLEDE
Arrie Varkie Resepte (Wegsleep Forum):
____________________________________________________________
Bierbrood met Bacon & Kaas (JacquesB se Resep)
1 x 1kg Bruis Meel
1 x Koppie Kaas
1 x Pakkie Fyn Gekapte Bacon
2 x Blikkies Bier (Castle Gebruik)
- Meng alles saam en plaas in Varkie vir 1 uur! (Kole 4 elke kant bo, 5 elke kant onder en 8 kole binne onder.
Kommentaar: Brood het perfek uitgekom. Regdeur gaar en smaaklik. Enigste negatiewe punt sou gewees het dat die Brood Sout kort kom.
____________________________________________________________
Melkbrood (Perdeby se Resep)
6 x Koppies moekmeel
3 x Teelepels suiker
3 x Teelepels sout
1 x Pakkie kitsgis
1 x 500 ml tot 700 ml sterk louwarm melk
- Ons het die deeg 2 keer afgeknie voor dit in die pan geplaas was om die laaste keer te rys.
______________________________________________________________
Savoury Brood (Eben se Resep)
1 x 1kg Spar / Checkers Deeg
1 x Koppie Bacon
1 x Koppie Kaas
1 x 125 ml Vars Room
1 x Halfe Pakkie Cheddar & Garlic Potato Bake
1 x Inna Paarmans Garlic & Herb Spiserye na Smaak
- Maak die Bacon gaar! Meng die Room & Potato Bake. Rol dan jou deeg uit en stroei die kaas, bacon, Potato Bake Mengsel egalig. Dan goei jy spiserye oor , maar wees versigtig om nie te veel te goei nie. Net so 2ml tot 3ml spiserye. Plass in Varkie vir 1 uur met (4 Kole elke Kant Bo, 5 Kole elke kant onder, en 8 kole binne in onder)
____________________________________________________________
Bierbrood met Pitmielies (JacquesB se Resep)
1 x 1 kg Bruismeel
2 x Bliukkies Bier
1 x Blikkie Heel Pitmielies
- Meng alles saam, gooi in 'n pan en sit in die vark vir +- 1 uur. Strooi kaas bo-oor, sit terug in die vark en wag todat die kaas gesmelt het
_____________________________________________________________
Karringmelk en Oxtail Brood (JacquesB se Resep)
1 x 0.5kg Bruismeel
1 x 500ml Karingmelk
1 x Pakkie Oxtail Soppoeier
- Meng alles saam, gooi in 'n pan en sit in die vark vir +- 1 uur.
______________________________________________________________
Gerookte Onbeende Varknek (JacquesB se Resep)
1 x Gerookte, Onbeende Varknek
4 x Aartappels in Halwes gesny
1 x Olyfolie (Soos Nodig)
- Sit aartappels onder in die pannietjie en gooi sout en olyfolie op. Sit die ontbeende varknek bo-op die aartappels in die pannietjie. Sit in vark vir ongeveer 1.5 uur. Ek gebruik ongeveer 24 kole (4 kole op elke vlak rondom die vark, 8 kole onder die maag, 4 koue biere langs die vuur terwyl jy wag)
_______________________________________________________________
2 x Koppies Meel
1 x t Bakpoeier
1 x Knippie sout
1 x Appelkoos Konfyt
2 x Eiers Geklits
1 x 1/4 Koppie Melk
LW: sous kan vermeerder word- ek maak dit dubbel- dus gooi ek die sous tot dit net-net gelyk is met die deeg. Bak ongeveer 45min tot 1 uur - 24 brikette. - om dit mooi bruin te kry moet dit sterk warm wees veral bo.
Biltong & Kaas Broodtjie (Jacquesb se Resep)
- Metode: Braai die Braai bestandele. Mend die Room en die Uie Sop saamreek die Feta en stroei orals oor die Pestro. Rol Toe en Sit in Varkie vir +/- 45 min tot 1 uur. Sny die Aartappels in dun skuiwe. Begin dan om die bodom van die pannetjie te pak met die aartappels, dan die braai mengsel bo-oor met sous mengsel. Herhaal tot en met laaste laag. Dan stroei die gerasperde kaas oor en bak met 24 kole vir +/- 60 min
- Metode: Meng als saam, maar nie te veel nie. Berei die bekers voor met Spray & Cook. Skep die mengsel so half vol in die bekers. Sit in varkie en bak met 18 kole vir +/- 30 tot 60 min Kyk maar na temp.
HIERDIE RESEP IS GEPLAAS DEUR SKIPPIE
Skippie se Prego Potato!
Ek wou 'n resep gebruik wat ek uit Arrie se Varkie kon gaarmaak en wat jy as Kamp kos kan gebruik. Met my laaste toevoeging van Arrie se Speen Varkie, het ek toe die resep beproef.
Bestandele:
6 Medium aartappels (Gewas met skil)
1 Pakkie Potatobake van jou keuse
250 ml Vars room
1 Groot geel wortel
1 Pakkie Preggo Steak (genoeg vir ses aartappels)
So maak jy:
Begin solank om jou kole reg te kry vir die Varkie...........as jy een het sal jy weet hoe en hoeveel!!
Gebruik 'n skillertjie waarmee jy Appels se stronk kan verwyder(Die ronde een)
Sny die Aartappels se ente af sodat die aartappel regop kan staan. Gebruik 'n vurk en steek die aartappel vol gaatjies. Gebruik dan die aartappel skiller om die aartappel uit te hol, groot genoeg vir die steak. (sien foto's)
Gebruik 'n GROOT Wortel, in die helfte gesny(lengte) en skil vir jou dun skywe in die lengte van die wortel met jou aartappel skiller.

Sny die Prego steaks volgens die hoogte van die aartappels, plaas die dun gesnyde wortel skyf op die oop Preggo steak en rol dit op volgens die breedte van die gat in die aartappel. (Op die foto is nog net een gat ingesny(bo), ek het dit wyer gemaak met nog twee insnysels aan weerskante van die middelste gat om die steak mooi in te pas.- foto onder)
Druk dan die steak in die gat wat jy in die aartappel gemaak het ( Wou nie se die aartappel se gat nie), dit kan bietjie oorhang of uitsteek, geen probleem nie! Doen so met al ses die aartappels en plaas hulle regop in jou pannetjie wat jy met Spray 'n Cook gespuit het. As jy 'n groter pan en Varkie het, gaan jy uiteraard meer aartappels kan inpas - pas net jou room/vloeistof aan volgens jou pan.
Wat ek nie gedoen het nie, was om bietjie gekapte Chives by te voeg wat altyd lekker werk saam met aartappels!! Jy kan 'n bietjie gerasperde kaas ook bo-op sit voor bediening.

Teen die tyd behoort jou kole (Brickets) al reg te wees want bogenoemde voor bereiding vat nie langer as 'n half uur nie!! -JY MOET NOG IETSIE DRINK TUSSEN - IN!!
Meng jou pakkie Potato bake met die room en klits goed deur. Ek meng ook die res van die Prego sous saam met die room. Gooi dit bo-oor die aartapels wat reg-op staan in jou pannetjie en sit dit in jou Varkie wat klaar voorberei is met jou kole op die regte plek. Ek het hom bietjie warmer gelaai as vir 'n brood net om seker te maak alles kom gaar.
Bak vir een uur en nog 'n bietjie, kyk maar self hoe lyk hy en of die aartappel al sag is - ek hou van hom so bietjie bruin gebak!
DAN IS DIT VARKIE TOE MET JOU!!!
.jpg)
EN SO LYK DIE EIND PRODUK!! Mamma stel voor jy bedien dit met 'n lekker groen slaai en dit sal vorentoe smaak - regtig lekker vullend!!

EK HOOP JULLE GAAN LEKKER EET AAN DIE GEREG - MY ANDER OPSIE AS JY NIE VAN DIE PREGO STEAK HOU NIE, IS OM JOU KEUSE WORS TE DRAAI VOLGENS DIE AARTAPPEL SE LENGTE EN DIT DAN BINNE IN DIE AARTAPPEL TE PLAAS - EK GLO DIT SAL OOK NET SO LEKKER SMAAK!!
hier is nog n lekker pap resep geplaas deur oom frans
dagse maters hier is ben se paptert resep
maak jou vir jou n lekker potjie stywe pap maar nie dood styf nie dan skep jou pap in n oond skottel en druk bietjie plat maar los genoeg spasie vir die sousie terwyl jy so inskep skep hom in lae bietjie pap en n lagie sweetcorn so maak jy totdat die pap en mielies klaar is
die sousie:
3 gekapte uie
1 eetlepel knoffel
3 of 4 ryp tamaties gekap
1 pakkie 250g bacon gekap
1 koppie blatjan
1/2 green peper
chillies(as jy wil ek eet nie die goed nie so ek los hom )
250 gram gekapte mushrooms
metode:
braai die uie sag, gooi knoffel by en braai ook n bietjie voeg dan die bacon by en braai tot so half crispy gooi dan tamaties greenpepper en chillies by braai dit tot jy n lekker sousie het proe of sous nie te suur is nie indien dit te suur is na jou smaak voeg suiker by laastins gooi dan die chutney by en die mushrooms, dan kom so bietjie sout en bietjie peper en so spuit of 2 of 4 skote woestersous jy behoort nou n lekker dik sous te he moet net nie dat hy te soperig is nie as dit wel bietjie soperig is kan jy so bietjie bruin uie sop poeier by gooi om hom effens dikker te maak.
as jou sous klaar is skep dit bo op die pap rasper lekker chedar kaas bo op en sit in die oond vir 30minuute en bedien lekker warm
baie lekker saam n braai
geniet hom
kampgroete ben
Waar en by wie kan mens die varkie koop.
Het gesien mens kan PM kry?
Sal iemand vir my dit stuur asseblief.
Ek "like"
daai varkie, het nog nooit so een gesien nie, dit is my eerste.
Groete Harry
CobusA, het vir jou PM gestuur oor die Varkie.
Hello daar
Ek kan sien julle het die bietjie custom taste gemaak en dink baie cool. Maar ek soek nou al lank so gadget om my brode the maak terwyl ek braai. Om my probleem groter te maak bly ek nou in die koue engeland ook nog ;o(
Enige iemand wat kan help om so cylinder, gadget, broot stoof whatever mens dit wil noem kan kry, haha
Hi Quinton,
Kry julle ook Brickets daar in London want dit is daai varkie se petrol?
Hy word van 'n ou brandblusser gemaak wat oopgesny is aan die bokant. Vriend Arrie maak die goed maar ek weet nie wat dit jou gaan kos om een in London te kry nie? Wat ek weet is dat ding ding werk 'n brood uit 'n oond uit, elke keer 'n sukses!
Jy kan dalk self een vir jou maak.
Mens maak feitlik enige gereg wat jy in 'n oond kan gaar maak, in die varkie solank jy die regte pannetjie het.
Hier is 'n voorbeeld van nog brode wat ek in die varkie gebak het


Hi Skippie/Pieter
Kan jy my ook in kontak sit met die ou wat die varkie maak. Lyk na n oulike patent.
Groete
Graham
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Spiderman
- Tjailatyd
- Atoom
- WilleWillemien
- RATEL
- Zigi
- evert
- Leon Verster
- Perdeby
- Marthinus Slabber
- HJB
- HennieBo
- Berno Punt
- WilSur
- Big G
- Andre Potgieter
- Rinus Lisse
- Arabier
- Alias
- Obie
- Christo de Wit
- Benzan



.jpg)








Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5
stofdonkie se artapel gereg
Verras ons jongste (14) ons gisteraand met 'n resep wat hy self uitgewerk het. Moet sê dit het heel lekker uitgekom en ons gaan dit verseker weer maak. Ek deel graag die basiese resep met julle.
Bestandele:
500g ontbytspek, gesnipper
1 ui, gekap
Melk, maizena en botter om ongeveer 500ml witsous te maak
8-10 middelslag aartappels, geskil en in blokkies gesny
koekmeel om die aartappel blokkies te bedek
Sout, peper en speserye na smaak
Kaas
So maak mens:
HIER GAAN ONS ALWEER
le