Gesels saam op die WegSleep forum.

Bykosse

Gesels saam op die WegSleep forum.
Deon Joubert
Diknek
Aangesluit: 26/01/2011
Inskrywings: 1083
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Disco 3 Tdv6 HSE

Hi Julle.

Ons praat altyd van die lekker vleise wat ons braai en ja dit is lekker. Ma ek raak nou al biekie gatvol vir vleis en pap, tjops en pap, wors en pap, sosaties en pap. Kyk dis nou nie dat ek nie van pap hou nie inteedeel ek hou baie daarvan. Maar ek sal graag van julle wil hoor watse ander bykosse daar gemaak kan word. En ja ek weet baie gaan se garlic brood mengel slaai aartapel slaai en en en en.

Maar gooi biekie n paar resepte asb mense.

 Sien Julle by die boom !

dhbuitendag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montanapark, Pta
Ek sleep 'n 1999 Gypsey Rapier met 'n 2010 Hyundai ix35 R2.0 CRDi AWD A/T

Maak Room wiele .......

Dit maklik, vinnig en 'n welkome verandering op die gewone.

Omdat ons vegetaries eet, is dit beslis 'n wenner - ons het oorspronklik die resep aangepas (dit het vleis bevat).

 

 

Groetnis Dieter & Hannetjie Buitendag

Deon Joubert
Diknek
Aangesluit: 26/01/2011
Inskrywings: 1083
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Disco 3 Tdv6 HSE

Maar hoe maak n mens dit ?

 Sien Julle by die boom !

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 547
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Ja meneer Buitendag waar is die resep jy het ons almal nou net lus gemaak want enige iets met room is gewoontlik 'n wenner. Ons wag in spanning

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Deon,

Daar is net een ordentlike bykos vir 'n braai en dit is 'n braai broodjie.  Niks lekkerder as dit nie.  Die volgende oggend kan die broodjies wat dit die vorige aand oorleef het, in eier gedoop word en in 'n skottel braai of paella pan gebraai word.

Ons maak garlic brood bietjie op 'n ander manier.  Ons meng die knoffel en aromat saam met Melrose Kaassmeer en smeer dit in die snye van die brood.  Vir afwisseling kan jy 'n mesvol styf geklitste room ook insit.

 

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Deon, ek stem vir Jacques se braaibroodjies, maar wat van spesiale broodjie bak? in die varkie? Ons doen so van tyd tot tyd my spesiale pap, gaan loer in op Frans se Kos-las. Met daai pap het jy niks anders nodig as vleis en wors nie.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

dhbuitendag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montanapark, Pta
Ek sleep 'n 1999 Gypsey Rapier met 'n 2010 Hyundai ix35 R2.0 CRDi AWD A/T

Ag askies manne...... (en dames),

-1 pak deeg (sommer die wat jy koop wat klaar gemaak is, in die winkel)

- Dan rol jy dit plat uit.

-  Skep nou binne-in om die hele uitgerolde area te dek:  gebraaide gesnipperde uie, gesnipperde robot peppers, gebraaide,gesnipperde bacon, so bietjie pit mielies (nie die room soort nie).  Jy kan seker nog enige iets opsit waarvoor jy lus is! - Peppadews stukke gee dit so lekker bytjie.

- Rol nou die affere op soos 'n swiss-rol en  sny in sulke 1cm skywe en pak dit in 'n dieperige vierkantige oondpan. 

-  Gooi nou daai room bo-oor (so 250 ml sou ek reken ..... )

-  Bak die affere in 'n voorverhitte oond van 180 vir 45min - 1 uur of tot dit lekker deurgeprut en gaar is.

(Vrekkit - ek moes nou die resep uit my kop uit onthou, met vroulief nie naby nie).

Enjoy

Groetnis Dieter & Hannetjie Buitendag

Rico
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 125
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Zamalek of so 'n lekker droe wittetjie ?

dhbuitendag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montanapark, Pta
Ek sleep 'n 1999 Gypsey Rapier met 'n 2010 Hyundai ix35 R2.0 CRDi AWD A/T

OK, ek het met die baas gepraat ..... sy sê:

Ek is "amper" reg met alles ....

- Jy MOET gerasperde kaas insit;

-  Gesnipperde mushroom;

- Sy weet van mense wat al oorskiet braaivleis fyngesny het.

Sy smeer so bietjie 'n mensel van tamatiesous & chutney op die deeg voor al die dinge opkom.

Hannetjie sê die pan moet maar so bietjie gesmeer word.

'n Laaste ding ..... (kry ek amper 'n klap - want toe ek noem van die 250ml room, toe maak mammie 'n flip-flap ..... Sy vat 'n 500 ml room - MAAR SY GOOI SO DRIEKWART van dit in .... die kontrepsie moenie te droog wees nie sê sy.

Ek hoop ek het julle nou nie totaal-en-al geconfuse nie!!!!

Smile

(Sit nou maar net my 2 posts aanmekaar - en lees FYN)

 

Groetnis Dieter & Hannetjie Buitendag

ZS5EFP
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 148
Gebruiker van lyn af.
Plek: Beyerspark
Ek sleep 'n Campmaster met 'n Nissan 3.2D

My vrou maak so gereg met butternut wat sy in uie sop en room bak.  Even ek eet op die manier groente.

Selfsgemengde groente wat jy braai is lekker.  Ek weet wat jy meen, hier na drie dae is die vleis en stysel dieet bietjie erg, even vir my dikgat

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1607
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Dieter

Ons het jou brood die naweek probeer - jy kry eerste prys die week! Wat 'n WENNER!

Saam met dit het ons sampioene gevat en in spek toegevou. Ons wou hulle tesame op 'n stokkie met Halloumi kaas sit maar ons kon nie die kaas in die hande kry nie. So dit was toe maar net die sampioene met 'n suurlemoen/ knoffel botter basting sous.

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

dhbuitendag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montanapark, Pta
Ek sleep 'n 1999 Gypsey Rapier met 'n 2010 Hyundai ix35 R2.0 CRDi AWD A/T

@HappiCamper -

Wat het jy alles ingesit? 

Groetnis Dieter & Hannetjie Buitendag

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1607
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Ons het sampioene, green pepper, uie en spek saam gebraai. Die deeg uitgerol en met Mrs Balls gesmeer (ons het klaar besluit volgende keer is dit sweet chilli). Die mengsel ewerdig versprei en toe met gerasperde kaas bedek.

Die oprol was nogal iets want die vulsel na aad die kant het aanhoudend uitgevoeter. Maar ja, deeg is nie ons baas nie! Ons het die skywe probeer in 1cm stukke sny, en daarna in die bak gepak en so omtrent 400ml room gebruik.

Dit was lekker saam met die braai, maar die volgende oggend was dit eers lekker.

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

Janwillem
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 466
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pinetown

Die wat van bykosse hou, kyk volgende keer na "bring en braai " op kyknet

Ho-nou
Nuweling
Aangesluit: 15/09/2011
Inskrywings: 14
Gebruiker van lyn af.
Plek: SA

Het die naweek Dieter se resep probeer. Het baie lekker uitgekom en my gaste was vol lof. Sal dit weer maak.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Deon, kyk gerus hier.

Ek het twee resepte uit die Kuierkos respte boek gemaak, nl. die Kruger aartappelgebak en die Kool en spek gereg wat ons saam met  varktjops

geet het. Dit het voerentoe gesmaak!!

So het dit gelyk:

 

Skaf gerus vir jou daai resepte boek aan van Wegsleep, daar is baie idees in.

 Goeiewense - Pieter

   

Willem vWyk
Super sleper
Aangesluit: 09/01/2010
Inskrywings: 350
Gebruiker van lyn af.
Plek: phalaborwa

Nou is ek ver jou honger

 Altyd reg vir kamp

 

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

Hi skippie
Ek het die roomwiele gemaak dit was darem lekker man ons het hom gemaak met ham en bacon uie kaas maar was hy lekker sal dit weer maak se vir my waar kan ek die wegsleep resepte boek in die hande kry

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

 Hi Ben, jammer ek sien nou eers die posting,. Ek sien dit gereeld by Spar en ander kettingwinkels en selfs by CNA is dit beskikbaar.

Hoop jy kom reg.

 

 Goeiewense - Pieter

   

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

AG DANKIE MAN

EK SAL HIER IN ONS OMGEWING N BIETJIE RONDLOER EN KYK VIR ENE SO WANEER BEGIN JY MET RESEPTEBOEK NO 2

KAMPGROETE

BEN

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

lettiedp
Nuweling
Aangesluit: 03/01/2012
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp

Ons het een by CNA gekry.

Method Not Implemented

est to /index.html not supported.
 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4695
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ben,

Ek sien orals, jy praat hard vandag, wat pla ?

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

dagse wilsur

jammer man ek praat nie hard nie ek sien nou eers die posting kuier so lekker op die forum vergeet skoon dit is als in hoofletters niks is fout nie. kuier net lekker jul is darrem n lekker klompie manne en vroue met alteid goeie raad en hier is alteid iemand wat n uitdaging aanvaar met verbeterings aan hul karevaane geniet als net te min tyd om te lees en orals saam te gesels

kampgroete

ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

JanG
Groentjie
Aangesluit: 22/01/2012
Inskrywings: 30
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bellville, Kaapstad

Daar is 'n verskeidenheid van bykosse wat jy kan maak.

1) Draai patat en aartappel in foelie toe en gooi dit so 1 'n uur voor jy braai tussen die kole in. Dit is gaar wanneer jy voel dit is sag. Pak sommer 'n paar kole bo-op die patat en aartappel. Moet ook nie die patat en aartappel skil nie.

2) Jy kan ook saam met die vleisie vir jou mielies braai. Dit is tog te heerlik. En jy sal weet die mielie is gaar wanneer jy aan dit druk en dit is sag.

3) Moet nooit 'n lekker potbrood uit die oog verloor nie.

4) Hier is 'n gewilde een. Skil vir jou butternut en dan rasper jy dit. Dit lyk soos gerasperde wortels. Strooi dan 1 pakkie LEMOEN jelly oor die gerasperde butternut. Strooi die jelly poeier, moet dit nie aanmaak nie. En dan kan jy as jy wil stukkies pynappel by sit. Meng die storie lekker deurmekaar en laat staan vir 'n ruk. Heerlik verby.

5) Nog 'n groente wenner is soos volg. Vul 'n baksakkie (wat in die oond gebruik word) met jou gunsteling groentes. Gooi bietjie groente speserye by dit en en so 50ml water. Maak toe en skud die storie lekker. Vou dit dan in foelie toe en gooi tussen die kole in. Die groente is reg as dit sag is.

6) Neem vir elke persoon 1 of 2 groot plat sampioene. Maak 'n vulsel van jou keuse. Sit die sampioene met die onderkant boontoe op die kole. Gooi die vulsel oor en gooi dan gerasperde kaas bo-oor. Wag tot die kaas lekker gesmelt het. Moet net nie die sampioene omdraai nie.

Ag en hier het jy reeds 'n paar idees vir bykosse. Hoop julle geniet dit.

 

JanG
Groentjie
Aangesluit: 22/01/2012
Inskrywings: 30
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bellville, Kaapstad

Maar so 'n stukkie krimmel pap en tamatie smoor bly darm maar lekker Smile

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

 AG DANKIE MAN

EK SAL HIER IN ONS OMGEWING N BIETJIE RONDLOER EN KYK VIR ENE SO WANEER BEGIN JY MET RESEPTEBOEK NO 2

KAMPGROETE

BEN

Ek pos deesdae my resepte vir Wegsleep en ek dink daar is weer 'n bykos boekie oppad, dit is nie my resepte nie, maar 'n samevoeging van mense se eie resepte.

 

 Goeiewense - Pieter

   

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 87 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • HennieBo
  • Berno Punt
  • Tjailatyd
  • RATEL
  • Big G
  • WilSur
  • evert
  • Spiderman
  • Perdeby
  • HJB
  • Andre Potgieter
  • Rinus Lisse
  • Arabier
  • WilleWillemien
  • Alias
  • Obie
  • Christo de Wit
  • Leon Verster
  • Benzan
  • deonhitchcock
  • Mariskab

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.