Burger Patties (Homemade) ???
Nuwe forum onderwerpe
Ek is opsoek na n Homemade Burger Pattie resep.
Iets maklik en vinnig wat sag en juicy is met n lekker geur. Ek is moeg om frisbie te speel met die goed wat jy in die Winkel koop.
Daar is n twee plekke in die Noorde nl. Papachinos en Hooters !!!!
Hulle albei maak uitstekende burgers. Ek wonde rmaar net waar koop hulle hul patties.
ha ha ha Big G !!!!
Dit is die einste bar daar in Fourways met die lekker goed.......ek meen kos !!!!!
Hier is iets maklik, ek maak hom gewoonlik sommer uit my kop uit:
500 gram mince
3 snye brood
1 eetlepel worscter sous
1 eetlepel steers bbq sous
1 heel ui
So maak jy:
Krummel die brood saam die mince, kap die ui fyn op en meng saam die mince, voeg doe worscter en bbq sous by, sout en peper na smaak, sit ook bietjie parsley by.
Meng alles deeglik en goed deur.
Rol in balletjies die grootte wat jy verlang. Resep gee so standaard grootte 6 patties. Bak in oond of oor die kole tot gaar.
Partykeer sit ek bietjie kaas in die middel, rol 2 kleiner balle, druk elkeen plat, sit kaas op en sit dan die ander helfte bo op en druk die kante toe. Ek vat somtyds shoulder bacon en sit dan een bo en een onder, maw die hele pattie is dan toe met bacon buite om! Dan bak ek hulle in die oond.
Try hom maar, hy werk vir my!
Baie mnice VW !!!!
Ek gaan hierdie definiteif probeer !
Ebenhaeser, ek maak ook soos bg, maar voeg 'n pakkie Knorr meatballs poeier by. Lyk amper soos die sop pakkies. Dit gee lekker smaak.
Hiermee verklaar ek dat ek geen verbintenis met Knorr het nie. 
Eben,
Ek gebruik hawermout in plaas van die brood, en voeg een eier by om lekker te bind. As jy die uie rasper raak dit makliker gaar as die gekapte uie. Probeer ook 'n bietjie Blatjan of Soet Rissie sous in die mengsel.
Jy kan Karan patties direk by hulle in City Deep gaan koop. Ek het Vrydag R101.50 vir 3kg patties betaal. Baie lekker.
Karan Beef (Pty) Ltd
32 Merino Avenue, City Deep
011 – 613 1851 tel
011 - 613 1809 fax
info@karanbeef.com
Sover ek weet het hulle ook ander takke in Gauteng waar jy kan gaan koop. Ongelukkig moet jy groot voorraad aankoop. Baie restuarante doen hulle aankope by Karan beef.
Julle maak my nou sommer lus
Dankie vir die resep en variasies
Ek sal nog steeds daai Hooters patties ook moet gaan probeer, om te proe, natuurlik
dagse eben
wat jy ok kan probeer as jy meer n tipe slaghuis burger patties soek. die slaghuise gebruik die volgende crown national spices of freddi hursh spices die resep is op die sak van die speserye as ek reg kan onthou werk hy met 7KG mince en 1 pak speserye jy kry ook by agri farm die patty press dan weeg jy jou mengsel af so 100gram elk kry van die plastiek wat jy onder en bo aan die burger sit ok by fredi hursh sit een op die blad voor jy hom press en een in jou presser dan kan jy hul maklik vries en uitmekaar haal
kampgroete
ben
Gert ek vind Karen beef se patties baie oilerig
Ek kom baie in City Deep en het al by Karan Beef ingeloer.
Ek glo nie ek sal sommer dit koop nie. Ek si regtig opsoek na iets wat n meer "Homemade"smaak het. Ek gaan boonste resep eerste probeer.
Shark
Karan beef het die gewone patties en dan patties wat so te se geen vet of olie bevat nie. Hulle is wel duurder as die gewone maar baie gesonder.
@ Gert,
Is daar n spesifieke naam vir die ander, of is hulle maar op die selle rak?
Ek het nie geweet daar is twee soorte nie. Ek is juis Dinsdag in daardie area.
Eben
Jy kan net vra vir die duurder pattys. Hulle is 'n paar rand duurder maar gesond en lekker.
@ Gert,
Dankie, sal hulle vra, ek gaan definitief more soentoe.
Ons het hierdie naweek die Seemans Burger Patties probeer en hulle was absoluut fantasties. Heerlike smaak.
Eben - gaan na die rib factory in honeydew. Hulle patties is baie nice.
Ek baste maar ook gewoonlik die patties as ek braai - dit gee ekstra flavour
Ek het toe vanoggend die Choice Grade Karan Beef Burger Paties gekoop.
Sal terguvoering gee oor die smaak.
Ek het toe gister die Karan Beef Burger patties probeer.
Eerlikwaar nie vir my nie. Dit is pretty smaakloos. Die afgelope naweek se Seemans patties was baie beter gewees.
Nee wat ... patties koop is vir lui mense met swak smaak! DIY patties is doodmaklik en vat net 'n paar minute. Boonop is dit goedkoper ook!
Hier is my resep:
- 500g mince (as dit gevries was probeer die oortollige vleiswater uitdruk)
- 2 snye brood (raper sommer met growwe rasper)
- 1 medium ui (ook gerasper)
- 1 eier (wit en geel gemeng)
- Sout (heelwat meer as wat jy dink nodig is) en vars gemaalde peper
- 1 skud worcester sous (nie te veel, anders is die mengsel te nat)
- Paar knippies gemengde kruie
- Neut, koljander en naeltjies na smaak (ook meer as wat mens sou verwag)
Meng alles goed saam en laat staan ten minste 30 minute. En dan, terwyl jy wag, gaan be^re die pan en steek 'n vuurtjie aan. Die Cobb maak dit wraggies lekker, maar so ook 'n ketel of op die oop vuur (die brood en eierbind die patties sodat hulle maklik draai - moet net nie te haastig wees met die eerste draaislag nie).
Ek sal more vir julle die heel lekkerste resep gee vir 'n tuisgemaakte patty.
Gebruik een kg bees maalvleis en 'n halwe kg vark maalvleis, eiers, uie, pietersiellie en 'n lekker sous terwyl jy braai!!
Hulle is so twee cm dik en lekker groot!!
Dit lyk so:

Kan nie wag nie skippie !!!
Raaaait manne, hier is dit nou!! Vir daai ouens wat 'n GROOT lus het vir 'n ORDENTLIKE burger!!
GROTMAN BURGER PATTIES
Jy benodig die volgende:
1 kg Bees maalvleis (Topside mag dalk bietjie te droog wees)
500g Vark maalvleis ( Jy moet jou slagter vra want dit is nie vrylik beskikbaar nie)
3 Eetlepels Barbeque spice ( Texan steak en al die ander werk ook - spice van jou keuse)
3 Teelepels Swart gemaalde Pepper
2 Eetlepels sout
4 Koppies gekapte Pietersielie
3 Eiers
1-2 Koppies broodkrummels
1 Bottel Wellington Steakhouse sous ( Jy kan jou eie Spur sousie ook maak as jy dit verkies)
So maak jy:
Meng jou vleis, Pietersielie en uie goed saam met die hande.
Maak die mengsel oop en voeg die speserye, sout en pepper egalig by en meng weer.
Voeg die eiers by, geklitste eiers meng makliker en meng weer baie goed deur.
Voeg nou die broodkrummels by en meng vir 'n laaste keer goed deur.
Jou vleis behoort nou reg te wees om patties te maak.
Ek het vir my a'n pattie maker by Boardrooms gekoop, lekker groot een wat baie vleis vat, so 2 cm dik en ek skat so om en by 200g in gewig per pattie. Die Tupperware patty maker werk ook.
Wanneer jy by die slagter is, vra hom sommer vir so handvol van die plastiek sirkels wat mens tussen die patties plaas sodat dit nie aan mekaar klou nie.
Begin nou om jou patties te maak -so het my en Damara se eerste probeer slag gelyk:

Jy moet hulle lekker styf saampers - gebruik maar spray en cook of olyfolie om te keer dat dit vassit.

As jy nou al die patties gemaak het en mooi verpak het op 'n bord met die plastiek skyfies tussenin, dan sit jy dit in die yskas vir 'n uur om mooi te set voor jy braai.
In die tussen tyd berei jy die volgende voor:
Bykosse en garnishing
Hamburger buns, lekker groot, gesmeer en aan die binnekant vinnig gerooster op die kole.
2-3 groterige uie gesny in halwe ringe - braai die uie in 'n pan en karamaliseer dit met asyn en suiker, balsamic asyn werk die lekkerste. Dit mkoet mooi bruin gebraai wees - hou warm eenkant.
2-3 groterige tamaties in skywe gesny, genoeg vir almal.
1 lekker vars gekapte blaarslaai
1 bottel gerkins in dun skywe gesny genoeg vir die burgers.
Jou gunsteling kaas in dun skywe gesny vir afronding.
Nou kan jy begin om daai patties in 'n toeknyp rooster te spasieer en jou vuur moet nou al lekker warm wees. Die patties draai net soveel makliker met die rooster.
Seel hulle mooi aan die eenkant vir so 3 minute en draai dan om - weer so drie minute.
Sodra jy weer draai smeer jy jou steakhouse sousie op met 'n kwas en so hou jy aan tot die patties gaar is volgens jou smaak, nie te gaar nie anders is hulle te droog.
So het ons patties gelyk:
.jpg)
Kry die mense bymekaar en pak julle burgers soos julle daarvan hou voor hulle koud word.
Jy kan van dieselfde sous gebruik om ekstra oor jou burger te sit of 'n mayo sousie as jy dit verkies.
Hoop julle geniet hom!!!!!
Skippie kry jy nie skaam om sulke fotos op die Forum te plaas die tyd van die dag nie. Moet klaar maak voor ek op die rekenaar kwyl weet wat gaan ek vanaand eet
Geniet daai burgers vanaand Jakkals!!
Gee asb ook terugvoer more?
My bek kwyl nou vreeslik, weet julle hoe sleg gaan my toebies nou proe.
Thanks vir die resep Skippie
Baie baie baie dankie vir daardie awesome resep !!!!!
Wat van Jimmy's Sauce oor die burgers ???? Kan dit werk saam met die Burger se spice kombinasie ?
Baie baie baie dankie vir daardie awesome resep !!!!!
Wat van Jimmy's Sauce oor die burgers ???? Kan dit werk saam met die Burger se spice kombinasie ?
Asoluut Eben, dit sal lekker werk - soos ek gese het, jy kan selfs jy eie braaisoussie maak maar smeer eers ner voor hy hy gaar is anders brand alles pik swart.
Geniet dit!!
Die patties lyk baie lekker, maar is jy seker van die 4 koppies pietersielie.
Wonder net?
Groete
Gerrit
@ Skippie, ek het gestraand die Burger Patties gemaak, maar ek moet bieg jong, my kop was nie 100% daar nie, en ek het jou resep tot die letter gevolg:
3 x Eetlepels Sout.........Oops !!!!!
Bliksem maar ek was dors na daardie Burger !!!!!!!!
So tussen die sout deur kon ek darem die smaak kry wat die Bruger veronderstel is om te wees, en dit was great!
Sal die Burgers weer maak, maar met n BAIE MINDER SOUT !!!!!
@ Skippie, ek het gestraand die Burger Patties gemaak, maar ek moet bieg jong, my kop was nie 100% daar nie, en ek het jou resep tot die letter gevolg:
3 x Eetlepels Sout.........Oops !!!!!
Bliksem maar ek was dors na daardie Burger !!!!!!!!
So tussen die sout deur kon ek darem die smaak kry wat die Bruger veronderstel is om te wees, en dit was great!
Sal die Burgers weer maak, maar met n BAIE MINDER SOUT !!!!!
Eben en forumiete, ek vra nederig omverskoning vir daai vinger fout - heng sorry mense!!
Dit is veronderstel om teelepels te wees en nie eet lepels nie, eisch!!
Eben was die pietersielie te veel?
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- WilSur
- RATEL
- Spiderman
- Big G
- Perdeby
- HJB
- HennieBo
- Tjailatyd
- Andre Potgieter
- Rinus Lisse
- Arabier
- WilleWillemien
- Alias
- Obie
- Christo de Wit
- Leon Verster
- Benzan
- deonhitchcock
- Mariskab









.jpg)









Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf
Hooters!! ......sorry, ek dink nou aan iets anders.
Mag die voorspoed jou verveel......