Gesels saam op die WegSleep forum.

braai sout

Gesels saam op die WegSleep forum.
SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

 OOM WILLIE’S SE BRAAI SOUT

750g sout.

100g knoffel sout.

100g vleis tenderizer.

60g bbq spice.

50g swart pepper.

200g Ina Paarman braai and grill spice.

200g Ina Paarman meat spice.

Meng alles saam en gebruik.

As jy alles Ina Paarman spices kan kry gebruik dit.

Die spice is n biekie duur maar is n wenner.

 

SHARK

 

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

 Na daai mengsel het jy genoeg braaisout vir 'n jaar....

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
GrootF
Nuweling
Aangesluit: 14/11/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kimberley
Ek sleep 'n 2005 Gypsey Romany Blue Series met 'n 2008 Isuzu KB300 D-Teq

Moet die sout die gewone tafelsout wees of moet dit bietjie growwer wees?

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

 die gewone sout

cheetah jou vrou sal dit gebruik op alles roasts, hoender in die oond  ect

 

 

Christa Cooke
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 379
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

Hallo Sharkie........(smeer ek nou suiker of vet of wat) Smile

Kan ek maar n botteltjie by jou koop asb? Jy weet met al die kos wat ek maak sal dit my n leeftyd neem om daardie resep te maak wat te se nog klaar gebruik.

Mense dit is wraggies lekker braai sout.... weet waarvan ek praat

I ask pretty please

 

CHRISTA

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

SHARK wrote:

 die gewone sout

cheetah jou vrou sal dit gebruik op alles roasts, hoender in die oond  ect

Sharkie,

In daai huis van ons maak Pa die kos..... So ek gaan dit opgebruik... 

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Christa,

Gebruik dit nou om jou petrol geld na die volgende kamp te betaal.  Maak 'n klomp en verkoop dit by die volgende Saamtrek, maak nie saak watter een nie.  Daar sal altyd 'n koper of twee wees.

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dankie vir die een Shark. As mens dit mooi deel en in afsonderlike botteltjies verpak kan dit lank hou. Sommer 'n lekker idee ook vir kers geskenke ipv die die normale "soap on a rope" en ander nonsens wat mense oor kersfees kan uitdeel. Smile

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Henk,

Dankie vir die "tip" ons het hoeka ons familie saam kuier die naweek op die plaas en ons moet iets maak of koop onder R50 en die is net wat ek nodig het.

Dankie Edwin.

Christa Cooke
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 379
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

Willem nee jong dit is darem baie uitmeet daai.....sal maar kyk of ek een bottletjie by Shark hulle kan bedel. Petrol geld vir die volgnde kamp: gaan dit nodig kry die 15de Des. gaan tot die 19de by Silver Rocks kamp so sal maar ander plan moet sien ....

CHRISTA

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Christa,

Ons gaan 30 Desember ook daar plak.

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

 Christa sal vir jou gee no problem.

 

 

oomgert
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 787
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley Pretoria.
Ek sleep 'n Boswa met 'n Pajero 3.2 DiD

Nou hoekom sal jy wil meat tenderizer in jou braaisout sit?

As jy dit ontleed dan sal jy sien dat dit nogal taamlik ongesond is aangesien dit sekere preserveermiddels bevat wat nou nie juis bevorderlik is vir jou gesondheid nie!

Die weglating daarvan gaan geen verskil aan die smaak maak nie.

Werner Schroeder
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/10/2011
Inskrywings: 51
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton
Ek sleep 'n 2009 Gypsey Romany met 'n Mercedes Benz C200 CGI

oomgert wrote:

Die weglating daarvan gaan geen verskil aan die smaak maak nie.

Regtig? 

Die lang-pad wink vir my. Vakansie hier kom ek.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Werner,

Dit is waar.

Gert,

Miskien is dit vir die met stomp tande, LMGA

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

 no comment

 

 

SPUD
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/01/2011
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n KARAVAN met 'n BAKKIE

[quote=oomgert]

Nou hoekom sal jy wil meat tenderizer in jou braaisout sit?

As jy dit ontleed dan sal jy sien dat dit nogal taamlik ongesond is aangesien dit sekere preserveermiddels bevat wat nou nie juis bevorderlik is vir jou gesondheid nie!

Die weglating daarvan gaan geen verskil aan die smaak maak nie.

[/quote

Dis vir mense soos jy wat bang is vir alles te preserveer, en dit help die vleis om sagte te word vinnige

Christa Cooke
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 379
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

Dankie Sharkie.........

CHRISTA

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Of daar nou goed is wat goed is of nie jy gaan die emmer skop, los die probleme vir die dokter en leef gelukkig en langer.

Shark dankie gaan dit probeer met die tenderriser en as ek gaan se maar 'n paar mooi woorde.

Groete.

HPJV RENSBURG

Padlangs
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 07/01/2010
Inskrywings: 125
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Mag dit julle help?

 Vol   Half   Kwart 
           750            375      187.50  Sout 
           100               50         25.00  Knofelsout 
           100               50         25.00  Vleis Tenderizer 
              60               30         15.00  BBQ Spice 
              50               25         12.50  Swartpeper 
           200            100         50.00  Ina Paarman Braai & Grill Spice 
           200            100         50.00  Ina Paarman Meat Spice 

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3149
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Klink na 'n lekker resep, maar dis makliker om Marina by die winkel te koop!

WillemJVR

Damduiker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors

Het die braaisout aangemaak sonder die vleisversagter, wanty ek koop nie vleis wat versagter nodig het nie. Die resep werk nie lekker nie - te sout. Al die bestanddele (behalwe die peper) is klaar sout, daarom is die 750 gr gewone sout onnodig! Die braaisout is te sout. My aanbeveling: los die sout (en vleisversagter) en meng net die res. Dit moet lekker wees.

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3149
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

En as 'n mens die soutinhoud verminder? MAW minder sout gebruik?

WillemJVR

Damduiker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors

Presies wat ek bedoel. Los die gewone sout uit die resep. As dit dan nie sout genoeg is nie (maar dit kan nie wees nie, want al die ander goed is klaar sout), kan jy seker bietjie sout bygooi. Ek sou geel sout verkies - in elk geval.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Wat is die geel sout ?

Padlangs
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 07/01/2010
Inskrywings: 125
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Aromat

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Die MSG is nie goed vir die mens nie, daarom gebruik ons dit gladnie.

Damduiker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors

Al wat MSG doen, is om 'n mens te veel te laat eet omdat dit 'n smaakopkikker is. Daarom kan jy baie meer hoender eet as jy dit in 'n rooi boksie koop (met MSG) as wanneer jy dit self gaar maak met gewone sout. Dit lei tot obesiteit of vetsug.

Padlangs
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 07/01/2010
Inskrywings: 125
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Sien bietjie oor sout......

En dan so paar ander idees.

AanhegselGrootte
foodontherun_pierressecretbraaispiceandotherspicyideas.pdf 120.4 KB

Wie's aanlyn

Daar is tans 20 gebruikers en 85 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • evert
  • Big G
  • Perdeby
  • RATEL
  • HJB
  • WilSur
  • Spiderman
  • HennieBo
  • Tjailatyd
  • Andre Potgieter
  • Rinus Lisse
  • Arabier
  • WilleWillemien
  • Alias
  • Obie
  • Christo de Wit
  • Leon Verster
  • Benzan
  • deonhitchcock
  • Mariskab

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.