Boats se geheime Vye Konfyt ontdek.
Nuwe forum onderwerpe
Hele paar kamp mense het my vye konfyt al geproe en menige vra die resep. Wel, dit is 'n baie maklike resep en dit is 'n lang proses met fantastiese resultate.
- 4.5 kg wit suiker
- 4 kg ryp vye
- 1x gemmer wortel gekerf. (sit by na smaak)
- 1x Eetlepel kaneel
- 250 ml Suurlemoen sap
- 1x Groot platboomskottel. (Ek gebruik 20l skottel)
- 200 ml Goue stroop.
- 3x koppies water.
Ek voeg alles gelyke tyd in die skottel en laat die inhoud stadig op hitte kom. As die suiker gesmelt het, draai die stoofplaat op na no.6.
Spreekwoord wat seg " ver van jou goed naby aan jou skade" is nou van sprake. Jou "pot moet nou dopgehou word en beskerm word teen aanbranding. Moet nie te veel roer nie want dan gaan die vye stukkend.
Laat kook vir 4 ure waar die inhoud gereeld geroer word. Laat die inhoud nou oornag staan tot die volgende oggend. Bring inhoud weer op hitte no.6 en kook vir 'n verdere 2 ure. Draai die stoof se hitte nou af na no.1 en laat prut vir 'n verdere 1 uur.
Die vye is nou gereed om gebottel te word. Skep die warm inhoud nou in bottels wat dig kan seel. Maak seker daar is nie vye pitte tussen deksel en bottel nie. Draai die deksel styf op terwyl warm. Laat staan tot afkoel en deksel dig vasgetrek het.
Bêre in 'n donker plek totdat dit voorgesit gaan word aan gaste. Hou verkoel daarna. Probeer bietjie klapper wat bo-oor die heel vye gestrooi is. Eet net so saam met 'n lekker sny selfgemaakte wit brood en botter.
.jpg)
.jpg)
.jpg)
Sjoe, nou sal 'n gebraaide snoek en tuisgebakte brood met daai konfyt darem oulik wees !!!!!! Njam-njam
Ongelukkig verkoop ek nie maar die mense wat saam met my kamp kry baie voordeel hieruit LOL
Boats: Dink jy met die naam verander. Dis nou nie meer 'n geheim nie....veral nie nadat jy dit op FB ook gesit het nie...LOL
hahahaha JM, die manne of maninne moet nog eers bewys hulle kan. LOL. Ek is nou so soet tot in my tande tjomma
Pieter, nou praat jy!
Boats, heerlike lekkerte! Het al die jare vir ma en (wyle) skoonma "gedwing" om groenvyekonfyt te maak, maar met die verandering in klimaat is die vye se gehalte net nie meer dieselfde nie. Alles is deesdae 'n maand laat. Groenvyekonfyt is natuurlik 'n heel ander resep. Nou koop ons maar by die vrugtestalletjies.
Groetnis.
Ag nee, Boats man,
Ek "drool" sommer die hele "keyboard" vol. Dit lyk my jy MAG maar!!!!
Boats ou maat, jy vertel nou iets wat ek nie geweet het nie.... ek het oor die straat saam met jou gekamp by Klein Paradys en ek het nie eens konfyt gekry nie. Jy sal nou maar vir jou straf vir ons moet 'n groenvye konfyt resep in die hande moet kry...
Groetnis
Aai hoe verlang ek nou na my ouma. Dit lyk baie lekker ongelukkig kry ons hier in die laeveld nie vye nie.
Dankie Boats.
Op watter stadium pluk jy die vye? Effe groen, of hoe?
Ons vyeboom gee twee sarsies vye per seisoen . Die eerstes val gewoonlik af wanneer hulle so kwartpad uitgeswel is. Gesond binne sonder miggies. Dis dalk die vye wat ek vir die doel moet aanwend?
Die tweede sarsie se vye word mooi ryp. Die goed is dan vol goggos binne en net geskik vir voëlkos.
Sjoe! Dit lyk lekker!
Ek sal maar my blikkie vye konfyt eet en na die prentjies van joune kyk 
Waar kan ek vye koop. Ek vrek daaroor.
My 2 boompies is ongelukkig nou eers 2 jaar oud.
My boom is so 5m in deursnee. Geweldig groot en vrugbaar. Ek hou daarvan om die 2de sarsie soos Willem dit noem te plul. Die vye moet nie "melk" as jy dit pluk nie maar moet ook nie te sag wees nie. Ek hou daarvan as die vel net afskil en die vleis nog rooi is. Sag vye is perfek vir fyn konfyt. Dit is 'n ander een weer daai.
Ek het hoeka 'n groot vye boom by my huis en het al gewonder hoe om konfyt met die goed te maak.
Dankie Boats - ek gaan dit gerus probeer
Nou wat doen jy om die goggos uit te hou? Op daardie stadium is hulle lankal vol miggies.
Miskien moet ek maar 'n blatjang maak, dan proe mens nie die miggiesop nie?
Ek gaat volgende jaar papiersakkies om 'n klompie bind, Boats. Spesiaal vir hierdie resep.
Willem, nee wat ekstra vleis vir die maer jare. LOL.
Nee, ek het nie probleem met goggas omrede ek pluk net voor sag. Ek het 'n groot perslig muskiet gogga vanger wat dag en nag langs die boom aan is. Dit werk ook soos 'n bom. Ek het nog nooit gif gespuit nie.
@Gyfie, ek wil proe hoor.
Nee, man Boatsie, daai goete lyk al te lekker, ek kry hoeka lus om sommer by die buurman te gaan vyge gaps deur die lektriek heining, sommer paar blare ôk, maar ek dink die antie gaan my dalk onderstevoor foeter as ek met blaartjie in stede van broekie hier verbywals, soos oorle Adampie van destyds!!!!!!
Altyd egte kampgroete (met of sonder blaar)
Frans
Julle sal nie glo nie maar my vriend se vyeboom dra kwaai hier in Pinetown, myne het nou sy eerste vy gewys, nog so twee jaar. Vye swel mooi, maar moet spuit en gou pluk, maklikste is groen vy konfyt hier by ons. Nou gaan ons rooiwang perske probeer.
Mooi Janwillem.
@Frans, ek het nou lekker gelag.
Dankie Pieter,
Dit is my gunsteling en DANKIE ek sal myne kry by die Saamtrek.
![]()
@Willem 
Boats se geheime vye konfeit.... huuuw
Boats ek sal vir niemand vertel nie hoor.. 
Jan, bly jy vang die truuk. Nou sal almal probeer LOL
@Gyfie, ek wil proe hoor.
Hey Boats
Ek het dit toe probeer en het lekker uitgekom. Sal graag joune wil probeer om te "benchmark'. Ongelukkig het ek nie so baie vye gehad nie, en moes al die bestandele sny om by die hoeveelheid vye te pas.
Ek dink ek het te min gemmer gebruik.
Volgende jaar try ons maar weer
Gyfie, kom join ons by Koppisol. Ek probeer om van dit uit te hou tot dan. Die resep kom van my oorlede ouma af en ek is nog elke jaar suksesvol. Die gemmer ding moet volgens smaak wees. Ek het natuurlik die gemmer-wortel wat oorgebly het ook konfyt van gemaak. Uit die boeke uit en goed vir die cholestrol. Bly jy laaik.
Boats - dit klink lekker daai een. Sal net check oor die datums en rageer op jou ander draad
Boats
Daai jam van jou is EERSTEKLAS!!. Vrek, my maag pyn nou nog!!
Jy het 'n wenner daar beet.![]()
Dankie Leon, ek is bly jy het dit geniet. Jou tamatiekonfyt doen dit weer vir my. Miskien is dit tyd vir bemarking deur Wegsleep.
Vye konfyt is ook my gunsteling, sal bietjie jou resep.
Ek het bietjie suiker probleme, maar as ek verneuk doen ek dit gewoonlik met vye konfeit en "worry" eers die volgende dag daar oor.
Groete Harry
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- HJB
- RATEL
- WilSur
- evert
- Perdeby
- Big G
- Spiderman
- HennieBo
- Tjailatyd
- Andre Potgieter
- Rinus Lisse
- Arabier
- WilleWillemien
- Alias
- Obie
- Christo de Wit
- Leon Verster
- Benzan
- deonhitchcock
- Mariskab



.jpg)







.jpg)








Lyk erg lekker verkoop jy
Altyd reg vir kamp