Gesels saam op die WegSleep forum.

Beste potbrood ooit

Gesels saam op die WegSleep forum.
JanG
Groentjie
Aangesluit: 22/01/2012
Inskrywings: 30
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bellville, Kaapstad

Hierdie een val in almal se smaak.

Jy kan of jou eie deeg aanmekaar slaan of soos ek, kry sommer van die klaar gemaakte deeg by spar of checkers. Nadat jou vuur uitgebrand het en die braaierey begin trek jy die swart pot nader. Ek gebruik 'n plat boom pot vir die een. Smeer hom binne met olyf olie, maar net 'n dun lagie. Maak dan jou deeg in bolletjies soos wat jy sal maak as jy beskuit bak. En sit die bolletjies teen mekaar op die bodem van die pot. Wanneer dit gedoen is strooi jy so twee eetlepels bruin suiker oor die deeg.

Daarna gooi jy 1 hourtjie room oor die spulletjie uit en gee hom gas... net 'n klien bietjie. Ons wil nou nie he die storie moet swart brand buite en rou wees binne nie. Sit die pot op die kole en sit 'n paar kole op sy deksel ook dat hy van bo af ook hitte kry. Hou hom maar dop. Kry dan vir jou 'n stokkie of 'n ding want so voor die deeg die deksel raak moet jy begin kyk of die mcguyver al gaar is binne. Ek gebruik sommer 'n sosatie stok. Druk hom in die brood in, as jy dit uit trek en daar klou nog deeg vas moet hy nog staan. As die stok skoon uitkom dan is die brood gaar binne.

Nou vir die afwerking. Net voor die storie reg is gooi dan weer so een of twee eetlepels bruin suiker bo oor. Dit maak dat hy so mooi blink as hy uit kom.

Die mense gaan hulle vinges af eet.

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 519
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Dit klink lekker - ek gaan dit bietjie probeer

Pieter die kamper
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 21/04/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreletapark
Ek sleep 'n Miskruier met 'n Isuzu KB 3.0 of Prado diesel

Ok Jan

 

Ek sal dit probeer,maar hoe proe brood met suiker oor?

Eet jy hom dan met botter/konfyt?  Of hoe dan?

 

Die reuk en knetter van 'n kampvuur, gee betekenis aan die lewe!

JanG
Groentjie
Aangesluit: 22/01/2012
Inskrywings: 30
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bellville, Kaapstad

Pieter dis bruin suiker en nie gewone wit suiker nie, so dis nie dat hy soet is nie. En met die room wat in hom in bak proe jy nie eers suiker nie. Jy is natuurlik welkom om net op die einde die suiker by te sit vir glans. Elkeen het mos maar sy eie smaak.

Probeer hom gerus en besluit dan. Jy kan hom aanpas na smaak.

Ek self eet nie botter nie, maar ander sê die bottertjies smaak heerlik op hom. Growwe appelkoos of druiwe konfeit is ook 'n wenner. Hy is natuurlik net so lekker saam met die sousie van 'n potjie. Ai ek raak sommer weer honger.

Hoop julle geniet hom.

Groete

 

JanG
Groentjie
Aangesluit: 22/01/2012
Inskrywings: 30
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bellville, Kaapstad

Pieter dis bruin suiker en nie gewone wit suiker nie, so dis nie dat hy soet is nie. En met die room wat in hom in bak proe jy nie eers suiker nie. Jy is natuurlik welkom om net op die einde die suiker by te sit vir glans. Elkeen het mos maar sy eie smaak.

Probeer hom gerus en besluit dan. Jy kan hom aanpas na smaak.

Ek self eet nie botter nie, maar ander sê die bottertjies smaak heerlik op hom. Growwe appelkoos of druiwe konfeit is ook 'n wenner. Hy is natuurlik net so lekker saam met die sousie van 'n potjie. Ai ek raak sommer weer honger.

Hoop julle geniet hom.

Groete

 

JanG
Groentjie
Aangesluit: 22/01/2012
Inskrywings: 30
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bellville, Kaapstad

Skuus, weet nie wat hier gebeur het nie maar ek sien die antwoord het meer as 1 keer deur gekom en ek weet nie waar om te verwyder nie.

 

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 547
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Al is hy effe soet werk dit baie lekker saam met braaivleis of 'n lekker snoek op die kole.

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Daai brood proe pure poeding.... Lekker verby. Ek het self al 'n paar van hulle gebak...

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

O ek ken die een!!!

Baie baie baie baie baie lekker!!!

 

Groete,
Jacques

 


 

Louis Claassen
Nuweling
Aangesluit: 30/10/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2010 Eksklusief en Oryx Boswa met 'n Prado 4.0VX

Ek gooi ook n bietjie bruinsuiker op die bodem van die pot dan maak hy n lekker sousie!

Wie's aanlyn

Daar is tans 20 gebruikers en 89 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • WilSur
  • Big G
  • evert
  • Spiderman
  • Perdeby
  • HennieBo
  • Tjailatyd
  • HJB
  • RATEL
  • Andre Potgieter
  • Rinus Lisse
  • Arabier
  • WilleWillemien
  • Alias
  • Obie
  • Christo de Wit
  • Leon Verster
  • Benzan
  • deonhitchcock
  • Mariskab

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.