Gesels saam op die WegSleep forum.

Arrie Varkie Resepte - 2011

Gesels saam op die WegSleep forum.
Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

Arrie Varkie Resepte (Wegsleep Forum):

____________________________________________________________

 Bierbrood met Bacon & Kaas (JacquesB se Resep)

 1 x 1kg Bruis Meel

1 x Koppie Kaas

1 x Pakkie Fyn Gekapte Bacon

2 x Blikkies Bier (Castle Gebruik)

 - Meng alles saam en plaas in Varkie vir 1 uur! (Kole 4 elke kant bo, 5 elke kant onder en 8 kole binne onder.

 Kommentaar: Brood het perfek uitgekom. Regdeur gaar en smaaklik. Enigste negatiewe punt sou gewees het dat die Brood Sout kort kom.

____________________________________________________________

 Melkbrood (Perdeby se Resep)

 6 x Koppies moekmeel

3 x Teelepels suiker

3 x Teelepels sout

1 x Pakkie kitsgis

1 x 500 ml tot 700 ml sterk louwarm melk

- Ons het die deeg 2 keer afgeknie voor dit in die pan geplaas was om die laaste keer te rys.

______________________________________________________________

 Savoury Brood (Eben se Resep)

 1 x 1kg Spar / Checkers Deeg

1 x Koppie Bacon

1 x Koppie Kaas

1 x 125 ml Vars Room

1 x Halfe Pakkie Cheddar & Garlic Potato Bake

1 x Inna Paarmans Garlic & Herb Spiserye na Smaak

 - Maak die Bacon gaar! Meng die Room & Potato Bake. Rol dan jou deeg uit en stroei die kaas, bacon, Potato Bake Mengsel egalig. Dan goei jy spiserye oor , maar wees versigtig om nie te veel te goei nie. Net so 2ml tot 3ml spiserye. Plass in Varkie vir 1 uur met (4 Kole elke Kant Bo, 5 Kole elke kant onder, en 8 kole binne in onder)

____________________________________________________________

Bierbrood met Pitmielies (JacquesB se Resep)

1 x 1 kg Bruismeel

2 x Bliukkies Bier

1 x Blikkie Heel Pitmielies

Meng alles saam, gooi in 'n pan en sit in die vark vir +- 1 uur. Strooi kaas bo-oor, sit terug in die vark en wag todat die kaas gesmelt het

_____________________________________________________________

Karringmelk en Oxtail Brood (JacquesB se Resep)

1 x 0.5kg Bruismeel

1 x 500ml Karingmelk

1 x Pakkie Oxtail Soppoeier

Meng alles saam, gooi in 'n pan en sit in die vark vir +- 1 uur.

______________________________________________________________

Gerookte Onbeende Varknek (JacquesB se Resep)

1 x Gerookte, Onbeende Varknek

4 x Aartappels in Halwes gesny

1 x Olyfolie (Soos Nodig)

- Sit aartappels onder in die pannietjie en gooi sout en olyfolie op. Sit die ontbeende varknek bo-op die aartappels in die pannietjie. Sit in vark vir ongeveer 1.5 uur. Ek gebruik ongeveer 24 kole (4 kole op elke vlak rondom die vark, 8 kole onder die maag, 4 koue biere langs die vuur terwyl jy wag)

_______________________________________________________________

Ongedroogte Tamatie Broodjie (Mona se Resep)
 
4 x Koppies Meel
2 x t Gis
1 x t Sout
1 x Handvol botter
1 x Louwarm water.
1 x Koppie Songedroogde Tamaties
1 x 200g Feta Kaas
1 x Potato / Veggie Bake (Onion & Bacon Flavour)
 
- Knie die deeg en laat rys vir so 'n uur. Dan voeg jy by, so 'n koppie son gedroogte tamaties wat jy bietjie kleiner gesny het, wiel of twee feta kaas wat gekrummel is en 'n pakkie potato/veggie bake - onion and bacon flavour. 
 
_______________________________________________________________
 
Gebakte Rolly-Polly (Willem Cronje se Resep)
 
1 x Koppie Botter
2 x Koppies Meel
1 x t Bakpoeier
1 x Knippie sout
1 x Appelkoos Konfyt
2 x Eiers Geklits
1 x 1/4 Koppie Melk
 
- Meng droë bestandele, vryf botter in. Klits eiers en melk saam, voeg by en meng goed. Rol deeg dun uit en smeer konfyt oor, rol op soos a rolkoek (swissroll).Sny in wiele so 3 cm lank en plaas in pan. Kook saam: 5 min
ongeveer 3k water, 1k suiker en 2 e botter. gooi oor wiele in pan.
LW: sous kan vermeerder word- ek maak dit dubbel- dus gooi ek die sous tot dit net-net gelyk is met die deeg. Bak ongeveer 45min tot 1 uur - 24 brikette. - om dit mooi bruin te kry moet dit sterk warm wees veral bo.
 
_______________________________________________________________
 
Groente Pakkie (Minora se Resep)
 
1 x Verskillende Groente (Aartappels, Blomkool, Brocolli, Wortels, Uie, Groen pepers, Baba skorsies, Patats, Vars mielietjies en Ertjies asook Groen boontjies.
1 x Aromat, Knoffel, Sout & Peper na Smaak
1 x 250 ml Room
 
- Line Pannetjie met Foelie, Sit groente in, met Spiserye oor, dan gooi room oor. Maak Foelie toe en bak in Varkie vir 40 min, tot n uur.
 
______________________________________________________________
 
Smoor Steak (Arrie se Resep)
 
1 x 1kg Tenderised Steak in Porsies Gesny
1 x Koppie Koekmeel
1 x Sout & Peper na Smaak
1 x Olie soos Nodig
5 x Groot Uie
1 x 1/2 Koppe Tamatie Sous
1 x 1/2 Koppie Chutney
1 x 1/4 Koppie Asyn
2 x Pap Lepels Bisto Poeier
1 x 500ml tot 1L Water Na gelang van die porsies vleis en die grote van die pan/bak 
 
-  Sny uie in skywe en braai tot deurskynend en sag in bietjie olie. Skep een kant. Neem nou die koekmeel en meng die sout en peper daarmee. Neem nou die vleis en druk elke porsie lekker in die meel mengsel sodat dit goed bedek is. Braai die vleis in die olie sodat die meel gaar kom so 3 min aan elke kant. Plaas `n lagie uie onder in die pan ek pak nou een laag vleis uie weer vleis uie weer vleis. Meng nou die bisto poeier, chutney, asyn, worcerster sous en tamatiesous  saam met die 500ml-1lL water saam en gooi bo-oor mengsel. Maak seker jy het `n groot genoeg pan om die sous te kan vatal die vleis moet in die sous le. Plaas in warm varkie vir ongeveer 2-3 ure (het die vandag 1uur in die vark gehad maar die asyn smaak was nog skerp) Maak pap of brood as by kos 
 
_____________________________________________________________
 
Malva Poeding (Jaada se Resep)
 

1 x Koppie Meel
1 x ½ Koppie Suiker
1 x Koppie Melk
1 x Eier
1 x ½ t Asyn
1 x t Appelkooskonfyt
1 x t Bakpoeier
1 x t Koeksoda
- Metode: Klits eier en suiker saam. Voeg ander bestanddele by – heel laaste melk. Meng goed en bak 1 uur in matige oond. Gooi sous oor na poeding gebak is. (4 Kole per Vlak)
Sous
1 x Koppie Bruin Suiker
1 x Koppie Melk
1 x½ Koppie Kookwater
1 x 200g Margarine
1 x t Vanilla
- Metode: Smelt en gooi oor warm poeding wanneer klaar gebak is.
______________________________________________________________
 

 Biltong & Kaas Broodtjie (Jacquesb se Resep)

 
1 x 1kg Spar Deeg
1 x Gekervde Biltong
1 x Kaas
- Metode: Rol Deeg uit, Stroei Biltong en Kaas op. Rol Toe en Sit in Varkie
______________________________________________________________
Pestro & Feta Broodtjie (Ebenhaeser se Resep)
 
1 x 1kg Spar Deeg
1 x Pestro (+/- 125ml van Woolworths)
1 x 125g / 250g Feta (Net soos jy goeddink)
- Metode: Rol Deeg uit, Smeer pestro op. Breek die Feta en stroei orals oor die Pestro. Rol Toe en Sit in Varkie vir +/- 45 min tot 1 uur.
_______________________________________________________________
Chakalaka met Sweetcorn Broodtjie (Internet Resep)
1 x 500 g Bruismeel
1 x 410 ml Chakalaka met Sweetcorn
4 x Groot Eiers
- Metode: Meng als saam en plaas in Groot Brood Pan. Los vir so 20 min voor jy dit in die varkie sit. Dan bak vir net so 45 min in die varkie)
 
Kommentaar:  Dit het uistekend uitegekom en was heerlik saam met die Lamb Ribetjie en was ook lekker met Goosberry Jam.
 ______________________________________________________________

Room Aartappels (Vrystater se Resep)
 
1 x Koppie Gekapte Uie (gebraai)
1 x Koppie Stukkis Bacon (gebraai)
1 x Koppie Gekapte Sampioene (gebraai)
2 x Eetlepels Fyn Knoffel
1 x Olyfolie soos benodig
2 of 3 x Medium Aartappels
1 x Koppie Vars Room
1 x Pakkie Bruin Uie Sop
1 x Koppie Gerasperde Kaas

- Metode: Braai die Braai bestandele. Mend die Room en die Uie Sop saamreek die Feta en stroei orals oor die Pestro. Rol Toe en Sit in Varkie vir +/- 45 min tot 1 uur. Sny die Aartappels in dun skuiwe. Begin dan om die bodom van die pannetjie te pak met die aartappels, dan die braai mengsel bo-oor met sous mengsel. Herhaal tot en met laaste laag. Dan stroei die gerasperde kaas oor en bak met 24 kole vir +/- 60 min


______________________________________________________________
Blikbeker Poeding (Vrystater se Resep)
 
2 x Eiers
1 x 160ml Olie
1 x 200ml Melk
1 x Pakkie Muffin Mix (Chocolate)

- Metode: Meng als saam, maar nie te veel nie. Berei die bekers voor met Spray & Cook. Skep die mengsel so half vol in die bekers. Sit in varkie en bak met 18 kole vir +/- 30 tot 60 min Kyk maar na temp.

 

Tazz123
Ou hand
Aangesluit: 19/05/2011
Inskrywings: 156
Gebruiker van lyn af.
Plek: Oosrand
met 'n Toyota 3.0 D4D

Ek het nou vir my ook 'n varkie bestel, Ek sal ook resepte geniet.

Groete
Morné
 

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Wat weeg die Varkie en wat kos hulle?

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Bostoe, hy weeg glad nie te swaar nie. As ek moet raai, seker so 6 kg. Prys wat ek betaal het was R550.00 (Posgeld ingesluit)

 

Kom nou mense, waar is daardie resepte...

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Dankie kan iemand weer n foto opsit asb

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Thinus, kyk op die draad - Arrie se varkie, daar is paar fotos.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Dankie Frans

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Kyk ook op die draad Varkie resepte  wat ek weer vorentoe gebring het

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Sondagmiddag het ons gou n Melkbrood in Arrie se varkie gebak.

Baie eenvoudige resep

6 koppies moekmeel

3 teelepels suiker

3 teelepels sout

1 pakkie kitsgis

500 tot 700 ml sterk louwarm melk

Ons het die deeg 2 keer afgeknie voor dit in die pan geplaas was om die laaste keer te rys.

 

 

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Kyk bo aan die draad vir n "Update" op al die Resepte!

Machiel
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 577
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n 2005 Gypsey Regal Blue Series met 'n 2010 Isuzu Kb 300 Lx D/K

Ek het al skoon vergeet om die Lemon Meringue peoding wat ons op Gariep gemaak het se foto's en resep hier op te sit. Sal bietjie kyk vannaand.

Groete Machiel

Cheetahs vir altyd

<

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Asb. Machiel, enige resepte welkom. Ek geniet die Varkie deeglik en wil bietjie experimenteer.

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Eben,

Hier is 'n broodjie wat ons nou die dag aanmekaar geslaan het.

Gewone brooddeeg by die Spar gekoop en mooi uitgerol.  Bietjie gerasperde kaas en gekerfte biltong oor gestrooi.

Mooi opgerol, in die pan gesit en in die vark gelaai.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Dankie Jacques!

 

Ek het dit bo op die oorspronklike post geplaas. Ek het ook my basiese Pestro en Feta Broodtjie resep daar geplaas.

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Jacques, 

 

Wat dink jy van Biltong Poeier, saam met n Koppie Kaas wat jy dan ook so oprol?

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Plesier Eben,

Die biltong poeier behoort ook te werk.  Jy sal dalk net redelik baie moet opgooi, anders gaan jy dit nie proe nie.  Dalk 'n kombinasie van die 2.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Tazz123
Ou hand
Aangesluit: 19/05/2011
Inskrywings: 156
Gebruiker van lyn af.
Plek: Oosrand
met 'n Toyota 3.0 D4D

Ek het vandag my varkie gaan haal, dankie Arrie!!! Ek gaan hom sommer vannaand toets.

Groete
Morné
 

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 547
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Ek het die naweek fyn biltong en kaas gebruik maar agtergekom dit sal beter wees om dit in die deeg in te knie want die fyn biltong val baie uit waneer jy die brood sny. Sal dit volgende keer so probeer en sal terugvoer gee. Die varkie werk regtig baie lekker

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Chakalaka Broodtjie bygevoeg bo!

Tommy Bezuidenhout
Nuweling
Aangesluit: 19/07/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Die brode en geregte wat julle in die varkie maak lyk heerlik!

Ek sal ook graag 'n varkie of 'n mini varkie wou koop - waar kan ek vir Arrie in die hande kry?

Stuur asb vir my 'n e-pos :  ebz@polka.co.za

Baie dankie

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Tommy,

 

Hier is die Link vir Arrie wat die Varkies maak, jy sal hom n boodskap moet stuur via die Forum:

 

http://www.wegsleep.co.za/gebruikers/arrie

Tommy Bezuidenhout
Nuweling
Aangesluit: 19/07/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ebenhauser - baie dankie!

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Tommy,

Stuur vir hom 'n PM

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Eish nou gaan daai varkies werk vir 'n vale, maar daai brode is heerlik.

Groete

HPJV RENSBURG

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Dit is net n plesier David. Ek geniet die Varkie nogal baie.

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

ROOM AARTAPPELS (as gereg OF bykos tot 'n braai)

Braai: 1xKoppie gekapte uie, 1xKoppie gesnipperde spek en 1xKoppie gekapte  sampioene en twee eetlepels fyn knoffel in bietjie olyfolie.
Sny twee/drie medium rou aartappels in dun skywe en pak een laag onder in broodpan.
Sit die helfte van die mengstel op die aartappels - herhaal weer met dun skywe aartappels en mengsel.
Meng 1 koppie vars room met halwe pakkie bruin uie sop/ wit uie en gooi oor die mengsel in pan.
Rasper lekker baie kaas oor en sit in die varkie.  Dit bak vir 'n uur en 'n bietjie, dan is dit heerlik gaar en geurig.
Los hom in die varkie tot opdien (werk lekker as 'n warm laai/lou oond)

24 kole in totaal eweredig tussen bo en onder

Rou bestandele

So lyk hy!!!  My eerste dis in die vark!!

 

Groete
Ken

 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Baie geluk Ken,

Hoop jy gaan nog baie resepte, en fotos, met ons deel

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

Die "BLIKBEKER POEDING"

Meng twee eiers, 160ml olie en 200ml melk saam
Meng met 'n pakkie Muffin Mix (chocolate), roer als lekker saam, nie te veel.
Sprei die blikbekers met Spray 'n Cook uit en skep die bekers so half vol met deeg.
Sit in varkie en bak vir 'n halfuur na uur/ tot gaar.
Maak net varkie se deurtjie oop en laat hulle effens afkoel
Gooi vla oor en geniet nog effens warm.

18 kole in totaal.

Eindproduk

Groete
Ken

 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Hel Ken,

Dit lyk nou lekker.  Sal dit moet probeer

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Dankie vir jou bydraes Ken / Jacques !!!!!

 

Die resepte is bo aangeteken en ons staan nou op so +/- 15 resepte. Iets vir almal.

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Die blik poeding is n goeie idee en lyk wragtig lekker!

Sal dit bietjie moet probeer.

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 94 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Tjailatyd
  • HJB
  • HennieBo
  • RATEL
  • Andre Potgieter
  • Rinus Lisse
  • Arabier
  • Big G
  • WilleWillemien
  • Alias
  • Obie
  • Christo de Wit
  • Perdeby
  • Spiderman
  • Leon Verster
  • Benzan
  • evert
  • deonhitchcock
  • Mariskab
  • Len Loader
  • PaulS

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.