Arrie se varkie
Nuwe forum onderwerpe
Arrie se varkie kry 'n staanplek in Potch.
Ek het hierdie naweek 'n kans gekry om Arrie se varkie uit te toets voor ek my naam met 'n plank daarbuite slaan. Nie sleg vir 'n eerste al moet ek self so se, broodjie was heerlik derugebak aan alle kante, ek het die varkie so binne die braaiplek staan gemaak en net 18 brikette gebruik. Die deeg is sommer gewone wtibrood deeg wat ek in my broodmaker gemaak het. Dit sal seker nog oefen kos om die tydsberekeningn presies reg te he dat alles op een slag gaar is.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| DSCN1105.jpg | 128.06 KB |
| DSCN1108.jpg | 116.87 KB |
| DSCN1109.jpg | 111.91 KB |
| DSCN1110.jpg | 99.85 KB |
| DSCN1111.jpg | 119.1 KB |
Baie geluk met daai eerste broodjie - lyk baie lekker.
Jy moet nou nie net brood bak nie hoor. Ons het ook al lekker vleisrol, artappels, groente ens daarin gemaak. Ons sit net alles in 'n baksakkie, binne in die vark
Geniet die vark!
Groete
Gerrit
Sjoe Andriette, dit lyk ongelooflik lekker. Met plaasbotter en appelkoos konfyt................
Groetnis
Was presies so, het so 'n paar weke terug vars konfyt gekook...heerlik
Baie geluk met daai eerste broodjie - lyk baie lekker.
Jy moet nou nie net brood bak nie hoor. Ons het ook al lekker vleisrol, artappels, groente ens daarin gemaak. Ons sit net alles in 'n baksakkie, binne in die vark
Geniet die vark!
Groete
Gerrit
Baie dankie, ja hierdie was die 'vuur'doop. Die pad van hier af is oop en wyd. Sit jy die baksakkie so naak in die vark, nie in of op iets nie?
Ek hoop nie jy gaan jou varkie so verwaarloos soos jou braaier nie. 
As jy jou braaier so eenmaal per jaar was, afskuur en weer met hiitebestande verf spuit, dan hou hy 'n leeftyd en lyk ook sommer beter
Braai Groete
Mr Min
Baie geluk met daai eerste broodjie - lyk baie lekker.
Jy moet nou nie net brood bak nie hoor. Ons het ook al lekker vleisrol, artappels, groente ens daarin gemaak. Ons sit net alles in 'n baksakkie, binne in die vark
Geniet die vark!
Groete
Gerrit
Baie dankie, ja hierdie was die 'vuur'doop. Die pad van hier af is oop en wyd. Sit jy die baksakkie so naak in die vark, nie in of op iets nie?
Nee, ek sit hom binne in die broodpannetjie.
Pragtige broodjie.
Probeer ook sommer scons of Muffens wat n mens in pakkies in die winkels kry.
Kry net n plat stukkie plaat wat in die varkie pas waarop die scons of muffen houertjies geplaas kan word
Ons gebruik die "plastiese" houertjies
Andriette, die broodjie is 100%!
Jy kan alles wat in 'n oond gebak word in die varkie bak.
Sien my draad waar ek broodjie muffins gebak het vir 'n foto van my "varkie oondrakkie" - gemaak van 'n ou braairooster wat ek kleiner geknip het.
Groete
kobus
Pefete broodtjie daai. krap bietjie hier op die forum en jy sal nog baie ander resepte en probeerslae kry.
soos genoem kan jy als wat in jou oon dgemaak word in die varkie maak jy moet net ju tyd en hitte aanpas.
Arrie, naandsê, ek sien toe jy is oppie lug, en ek sien toe hier kom Arrie se varkie draad op!!! en dog toe by sigselwers, lat ek praat!!!! Ek sien die pakkie is al op Potjiesdorp!!! sal hom seker Vrydag kry, dankie, ek mis toe Ma se huweliksherdenking net met twee dae!!!! Sy is nie be-indruk nie!!! Sy dink toe nou mos ek het hom vir myself gekoop!!! Kan jy jou nou voorstel!! HOE SAL EK NOU SO-IETS DOEN!!! ! Na 43 jaar se strop ommie nek behoort sy mos nou beter te ken!!!
Andriette, verskoon tog die ou man se kaping van jou draad!! ek kon die versoeking nie weerstaan nie.
Arrie, is soos jy sê, soek op die forum daar is baie resepte en lofliede, en dit is die lekkerte van die besigheid, ons is mos maar 'n ou "kosmakende en mededeelsame" ou nasietjie!!!!
Altyd egte "Arrie se varkie" groete.
Frans
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Rinus Lisse
- HJB
- RATEL
- Obie
- Christo de Wit
- Perdeby
- Spiderman
- Leon Verster
- Alias
- Benzan
- evert
- deonhitchcock
- Arabier
- Big G
- Mariskab
- Len Loader
- PaulS
- Hendrik Craukamp
- S. Botha
- Berno Punt

Ek sleep 'n 1997 Gypsey Regal met 'n Renault Scenic 1.9DCi
Sjoe Andriette, dit lyk ongelooflik lekker. Met plaasbotter en appelkoos konfyt................
Groetnis