Arrie, jou VARK ...
Nuwe forum onderwerpe
... het die naweek weereens 'n bobaas broodjie gebak. Ek het vanoggend weer gebrekfis aan die naweek se bacon en sampioenbroodjie.
Nee wat, Footloose, help nie jy praat net nie, ONS WIL SIEN!!!!!! Jy moet tog maar onthou om die fototjies te neem en te plaas!!!!! Eendag as ek groot is, wil ek ook een aanskaf, het met Arrie ge-epos, maar ek dink my probleem gaan die ± 7kg gewig wees, ek sukkel so bietjie met die hande en arms, maar intussen het ek so 'n ou "erg ge-modifiseerde" braaitjie wat ek by GAME gekoop het, wat ek met redlike sukses inspan as oond, en het al 'n paar broodjies gebak, en selfs Skippie se Preggo Potatoes (my weergawe) gedoen, en moet ek sê, heel skaflik afgegaan. Ek is besig om die fotos te verwerk vir plasing, en sal my eie draad skep met die pogings.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Het 'n ou brandblusser gebruik toe ek die oond gebou het in die tagtigs en hy is ook nie so mooi soos Arrie se varkie nie maar werk. Ek het dit met die oog gesteel by 'n ander kamper. My ouvrou het my panne gevat en toe moes ek 'n ander plan maak. Ek kry toe maar van die aluminium panne en dit werk nogal goed maar is 'n bietjie duur sal maar wees die panne moet terug steel. Dit is nou maar eenmaal 'n veelsydige oond.
Groete
Het vir 5 dae gestaan te Amigos park en het Arrie se varkie baie aandag getrek en moes ek die hele tyd net brode bak want almal wou die hele tyd PROE!!!
Varkie tans in vir 'n "diens" by 'n vriend van my. Het ondervind dat die "vlerkies" aan die kante effe te smal is om die kole op te hou en maak hy dit vir my breer(?)
Ek het 'n arrie varkie gekoop by iemand anders toe kry ek die op my faceboek
Welkom hie Lukas, hoop jy gaan dit geniet hier tussen ons.
Lyk die een wat jy gekoop het soos Arrie se Varkie ? Het die persoon nie dalk sy varkie aan jou verkoop nie en weer vir hom een by Arrie gekoop nie ?
Plaas asseblief 'n foto van hoe die regte varkie moet lyk. Ek wil ook baie graag een aanskaf. Stuur asb kontakbesonderhede oor waar ek een in die hande kan kry.
Groete
Chris
Ek sal ook graag een wil aanskaf, hoop ek sal een sien by Bosfontein in Junie met die saamtrek
Hier is fotos van die ware Arrie Varkie: Sy kenmerke is die oge, ore en dan daai krulstert!

(1).jpg)
My Arrie Varkie het ook weer deeglik diens gedoen in Mosselbaai, en die mense het weer kom uitvra, dan verwys ek hulle maar.
My uitkyk is dat as jy nie 'n Arrie Varkie teen hierdie tyd ken nie, jy jouself nie 'n ware kampeerder moet ag nie.....
Ons het selfs Muffins gebak in hom, en weereens het dit ligter en lekkerder uitgekom as wat enige ander oond dit kan doen.
Dankie vir die terugvoer oor hoe julle die varkie geniet asook die foto's.
Ek wil ook graag een aanskaf sodat ek ook myself as 'n "ware kampeerder" kan ag. Ek het nie geweet jy word geweeg aan al die goodies en gadgets wat jy het nie. Ek geniet die forum en het gedink ek kon ander kampeerders nader om my kampervaring te verbeter. Ek dink nie hierdie is die plek vir snedige opmerkings nie.
Kan iemand dalk vir my die besonderhede gee van waar ek een kan kry.
Groete
Chris
Chris, goodies en gadgets bepaal nie jou kampvermoe nie! dit wys eerder dat jy te veel pakplek het!
Kontak vir Arrie soos iewers hier bo gemeld. Ek het myne ook by hom bestel en toe hy eendag weer Pretroria toe kom het hy dit goedgunstiglik saamgebring..
Terloops: aan die manne met die Varke, hoe kry ek van die roes ontslae geraak? waarmee smeer ek hom dan om nie onnodige oliereuke in die brode te laat intrek nie?
Dalk moet ek hom net meer gebruik!!!
Groete
Hans.
Noddy
Varkie gaan saam na Bosfontein
Chris
Stuur 'n PM na Arrie
Chrish,
Jaco se antwoord of stelling is "tong-in-die-kies" bedoel.
Hans,
Ek was my Vark met lekker warm seepwater na ek hom gebruik het, en spuit dan bietjie Spray & Cook in. Sodra ek hom weer wil gebruik, spoel ek hom weer met lekker warm water uit.
Ek spuit niks binne-in die my Varkie nie. Hy word net buite-om afgestof. Indien die buitekant se verf nie meer mooi lyk nie, koop NS7. Dit is die vuurvaste verf wat op kaggels gebruik word.
Indien jou Varkie binne-in roes, kan jy dit net afskuur en met 'n droe lap uitvee. Om te voorkom dat hy roes, moet jy hom net meer gebruik
Dankie, ek sal dit ook so doen in die vervolg.
Hans.
Wa kan ek ook een koop asb .
Stuur vir Arrie (met die 2 x RR) 'n PM dit is hy wat dit maak, hy is ook op die Forum.
Dankie vir die terugvoer oor hoe julle die varkie geniet asook die foto's.
Ek wil ook graag een aanskaf sodat ek ook myself as 'n "ware kampeerder" kan ag. Ek het nie geweet jy word geweeg aan al die goodies en gadgets wat jy het nie. Ek geniet die forum en het gedink ek kon ander kampeerders nader om my kampervaring te verbeter. Ek dink nie hierdie is die plek vir snedige opmerkings nie.
Kan iemand dalk vir my die besonderhede gee van waar ek een kan kry.
Groete
Chris
Goeiedag Chrish,
Nee wat man, ek ken vir Jaco en ek weet hy het dit tong in die kies bedoel! Jy weet mos hoe die Kapenaars is!
Op die forum moet jy maar tussen die reëls ook lees anders gaan jy jou nog baie vererg.
Ek hoop jy het teen die tyd kontak gemaak met Arrie in Bethlehem en dat jou varkie op pad is.
Geniet hom.
Piet
My arrie varkie lyk ook so
Myne ook behalwe dat hy tans vol as is want ek het Sondag 2 brode gebak en vergeet skoon te maak
Lukas, jy moet jou varkie gebruik want hy lyk heeltemal te ongebruik vir my!!!!
Nee maggies Lukas! Jy kan nie daai Varkie as 'n deurstop gebruik nie 
Dit lyk dan asof hy nog nie kole geruik het nie. Myne word tuis byna elke naweek gebruik en ek skud net die as van hom af na gebruik. Heksie maak seker hy word gelaai as ons gaan kamp.
Soms neem ons hom na vriende toe om vir hulle 'n Varkiebrood te bak.
Ek moet hom nog net kry hy is by my skoonsus in Centorion
Is Reitz nie nader aan Betlehem as Centurion nie?
Arrie, Ek wil asb ook so varkie bestel, hoe gaan ek te werk?
Myne word goed gebruik!!
Lyk my Arrie loer nie gereeld op die forum in nie, sal hom moet laat weet!
Ek is ook 'n vark ryker!!! Verlede week van Natal Gauteng toe gery en sommer die vark langs die pad by Arrie gekry!!!
Nogmaals dankie mater vir jou moeite!!!!
Nou moet ek net begin oefen sodat ek nie my naam staan en gat maak by die saamtrek nie!!!
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- RATEL
- Obie
- HJB
- Christo de Wit
- Rinus Lisse
- Perdeby
- Spiderman
- Leon Verster
- Alias
- Benzan
- evert
- deonhitchcock
- Arabier
- Big G
- Mariskab
- Len Loader
- PaulS
- Hendrik Craukamp
- S. Botha
- Berno Punt
- Danet












.jpg)


.jpg)


Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab
....is nog iets wat ek vir my ook wil aanskaf.
We are not here for a long time, but for a good time