Weg! Kuierkos Resepteboek
Nuwe forum onderwerpe
Aan die redaksie van genoemde resepteboek : Well done!
Ons dink hierdie is 'n puik saamgestelde resepteboek wat 'n moet is vir enige kampeerder en selfs in enige huis! Eintlik het ons niks anders verwag van hierdie fantastiese tydskrif nie!
Klaar heelwat resepte gesien wat ons definitief sal uittoets. Aangesien ons slegs die Wegsleep tydskrif koop, is daar heelwat onbekende resepte saamgevat in die boek.
Ondersteun gerus die Weg-groep met hierdie boek, hulle beplan al klaar die volgende resepteboek.
Skippie, ons het by ons plaaslike Spar gekoop. Toe die vorige uitgawe van Wegsleep die boek adverteer, het Christa die bestuurder by Spar gevra om seker te maak dat hy die boek vir ons bestel. Wel, Mike het sy belofte nagekom en die Wesselse gaan "kook/braai" dat dit bars!
Mooi man - sal hom seker een van die dae in die hande kan hê!
Die resepteboek is op die rakke te kry, het gister op die lughawe dit raakgeloop, ek stem, baie well done!
Ek brand om die nuwe resepteboek te kry, ongelukkig het ons dorp dit nog nie, het orals gaan vra. Ek sal maar geduldig wag.
Ek het ons ene by die CNA gaan koop, al wat ek kan sê is
Nice, Nice, Nice !!!!
Ek vertel vir al wat leef en beef van die boek.
Natasha
Het hom ook gisteraand aangeskaf. Koebaai diet!!
Waar op Uitenhage gaan ek die resepteboek in die hande kry? By watter winkesl is dit beskikbaar?
JJ, spesiaal vir jou : die voorblad van die resepteboek!
Thanks JanChrista. Het intussen die boek opgespoor by ons plaaslike Spar.
Mense mense mense, julle moet daardie Kruger aartappels probeer, dit was heerlik.
Ons het Saterdag aand 'n vleisie op die kole gegooi met die aartappels daarby.
Geniet daardie resepte.
Dankie Wegsleep julle is puik.
Pieter & Elise
Ek stem saam met Machiel...Koebaai diet! Die een resep lyk lekkerder as die volgende! Het al lankal na so 'n kamp resepteboek gesoek, alhoewel ek dit sommer in die kombuis ook gaan gebruik.
Wil iemand wat die boek het nie asseblief vir ons die ISBN/ EAN/ EBN nommer gee nie? Ek kan die boek nerens op die web kry nie.
Hy het nie 'n ISBN nommer nie, want dis eintlik 'n tydskrif, soos Sarie KOS, of Avocado. Gaan kyk by die winkel waar jy gewoonlik jou Wegsleep koop, hulle behoort dit te he.
Dankie Rixster, Ek sal gaan kyk in die winkels
Het al van die resepte probeer is verskriklik lekker geniet die Weg resepte boek baie die wat dit nie het nie moet dit beslis aanskaf.
Groete
Nicky(HAAI)
Ek het laasweek die Mushroomsop gemaak, en dit was fantasties lekker!
Hi Julle Almal
Weet iemand miskien waar ek die boek op die oosrand kan kry, ek bly in Witfield naby die East Rand Mall, ek kry die boek nerens te vinde nie, Help groot asseblief
Groete
Jarques
Hi, ek het so n resepte boek gehad tot skoonsus kom kuier het en myne gekoop het. Nou kry ek nerens weer 1 in Vanderbijlpark nie. Weet iemand waar ek die boek nog te koop kan kry. ASB help tog.
Dis die beste resepte boek wat ek nog gekoop het. Dis vinning, maklik en werklik sonder tierlanteintjies. Ek gebruik die boek nie net vir my kamp nie maar ook in my kombuis. As die braaivleis vuur roep dan trek ek my boek nader en soek met opwinding na 'n volgende lekker reseppie. Dit was die beste idee wat Weg Sleep nog gehad het om so 'n boek saam te stel. Hoop daar is 'n no 2 op pad.
Geniet die lewe !!!
Elsabe
Wilmie en diegene wat nog soek: Gaan kyk by jul CNA en PnP winkels. Dit behoort ook by Spar beskikbaar te wees.
My boek is met aanplak plastiek oorgetrek en dit werk nogal goed om hom skoon te hou.
Sjoe , manne - daar is lekker resepte darem maar in - en dit werk
Diegene wat dalk sukkel om 'n kopie te kry, moet net vra dat jul boekwinkels dit bestel vir julle. CNA neem bestellings en kontak dan die verspreider.
Ian,
Jy is reg. Dit is hoe ek myne gekry het. Hulle het dit bestel en my ge-SMS dat dit daar is
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Johan K
- BenA
- thysvt
- Gypsey King
- RSS
- Eddie Laing
- Kobus Snyman
- Andries
- Theo Red
- BB
- chris dupreez
- HennieBo









<








Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto
Jan, nou waa is die resepte boek - of waar het jy hom gekry?
Ziggy het gister sms gestuur en gesê die tydskrif gaan bietjie laat wees - het jy al joune gekry?
Goeiewense - Pieter