Gesels saam op die WegSleep forum.

Warm Aartappelslaai

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Terwyl ons nou op aartappelgeregte is, hier is ook een wat verskriklik lekker is!  Resep kom uit Wenresepte 3 van Annette Human en is baie gewild in ons huis.

WARM AARTAPPELSLAAI

6 groot aartappels;   250g gesnipperde ontbytspek;  125ml sonneblomolie;  2 gekapte uie;  125ml blatjang'  125ml asyn;  15ml mielieblom (maizena);  250ml melk

Kook die aartappels in die skil in soutwater tot gaar.  Trek die skille af, sny die aartappels in doppelsteentjies en hou dit warm.

Braai die spek in 25ml van die olie tot gaar.  Skep dit uit en hou dit saam met die aartappelblokkies warm.

Soteer die uie in dieselfde pan in die uitgebraaide vet.  Voeg die oorblywende 100ml olie, blatjang en asyn by en kook dit ongeveer 2 minute oor matige hitte sonder 'n deksel.

Meng die mielieblom en melk, giet dit stadig by die uiemengsel terwyl jy dit terselfdertyd vinnig inroer.  Roerkook die uiesous 2 minute.  (Op hierdie stadium voeg en Aromat by.)

Meng die aartappelblokkies en spek, giet die uiesous oor en meng liggies.  Hou die slaai louwarm totdat dit opgedien word.

 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Christa, ek's mal oor 'n warm aartappel slaai of dis - hou nie baie van koue aartappl slaai nie en die een lyk vir my net reg!!

Ek gaan hom beslis probeer., dankie daarvoor.

 Goeiewense - Pieter

   

Wie's aanlyn

Daar is tans 12 gebruikers en 82 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kobus Snyman
  • chris dupreez
  • HennieBo
  • BB
  • Theo Red
  • Andries
  • Toykie
  • RSS
  • Perdeby
  • BenA
  • thysvt
  • Roelof Colyn

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.