Gesels saam op die WegSleep forum.

Volstruis boud

Gesels saam op die WegSleep forum.
Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Goeie dag Forumiete en prima shef's!

Nou soek ek die manne en vroue wat weet hoe om wild gaar te maak, onder andere, 'n Volstruis boud!!

Ek het so boud persent gekry en wil hom graag leker gaar maak. My suster het probeer, maar sag kon sy hom nie kry nie!

Ek sal graag voorstelle en resepte van julle wil ontvang om die besigheid tot perfeksie voor te berei, asb? Wie het dit al gedoen en wat doen mens alles met so boud?

Ek hoor graag van julle?  

 Goeiewense - Pieter

   

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 524
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Mens vat daai "drum stick" KFC toe dat hulle hom vir jou gaar maak, dan eet jy hom lekker skelm op, voor jy by die huis kom.

EK is ook nuuskierig om te sien wat se die manne hier. Ek jag nou al vyf jaar lank, elke jaar n volstruis, en reken uit ondervinding, dat jy nie die boud netso heel gaan sag kry nie. Die rede daarvoor is die feit dat die boud baie senings en spiere inhet, wat dit outomaties moeilik sal maak om te eet. Ek sny my volstruisboude hoofsaaklik in steaks wat a.g.v. die aard van die vleis so groot is soos n man se hand palm, en dan marineer ek dit in n bbq sousie, of so ietsie met kerrie in. Wanneer dit gebraai word moet dit nie gaarder as medium wees nie, anders kan hy ook begin taai raak. Die balans van die voel word maalvleis van gemaak. Die maalvleis is al maalvleis wat deur die jaar in my huis geeet word.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Pierre, ek hou van die KFC flavour maar dit gaan nie realiseer nie!

Interresant dat jy die boud in skywe opsny? Hoe smaak dit met 'n BBQ of kerrie geur - proe dit nog na wild?

Ek het meer gedink aan stowe en bedien met ander gekookte groete of so?

 Goeiewense - Pieter

   

Adri van Staden
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1171
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Pieter,
Ek het regtig geen idee hoe om te maak nie, maar as ek dit sou doen, sal ek hom baie lank in die "slow cooker" bak. Kom ons hoop die Oudtshoorn-manne lees ook hier!

 Moenie in dieselfde juk trek saam met die ongelowiges nie ...

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Adri, jy't dieselfde idee as ek en my bek water al hoor??? Ek kyk nou na Gary Rhodes se kook program en ek kry allerhande idees van wat om te doen - hy's juis besig met Venicen in 'n port sousie!!

Ek het juis die slow coocker aan vandag om vir ma so lekker bredie voor te sit vanaand.

 Goeiewense - Pieter

   

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7426
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

Kerels. kom ek gee Heksie se resep hoe om enige boud sag te kry. Sy smeer hom met sout en peper, en dan met mayonaise. Laat hom oornag staan. Neem 'n appel en steek so 10 naeltjies in die heel appel. Plaas die appel langs die boud in jou oondbak of platboom swartpot. Gooi een bier in die pot (nie oor die boud, want dan was jy die sous af)

Gee hom genoeg hitte om stadig aan die kook te bly en draai hom gereeld. Die appel sal later oopbars en die appelsap sal die vleis help sagmaak. Die naeltjies se geur sal ook in die vleis opgeneem word. Indien die sous wegkook, kan julle nog bier byvoeg of rooiwyn. Julle kan 'n medium ui (of 2) in kwarte sny en ook langs die boud ingooi. Wanneer die boud gaar is kan julle die Appel en naeltjies uithaal en die sous uitgooi in 'n sousbeker en bo-oor die vleis bedien

 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Baie dankie Ian - klink vir my reg en ek dink die rooi wyn of port is goed vir enige wildsvleis.

Ek gaan wag vir nog voorstelle en dan kyk wat ek kan kombineer vir 'n goeie resep - wat dink julle?

Waar is die Suid-Kaap klonge of eet julle nie drumsticks nie??  

 Goeiewense - Pieter

   

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 437
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Pieter, ek het bietjie navraag gedoen op facebook se Wat Eet Ons Vanaand, die dames daar se jy kan dit marineer soos enige wildsvleis en baie stadig gaarmaak (120grade C vir ongeveer 6 ure - dalk langer).  Die een se karringmelk is altyd 'n baie goeie marinade.  Die ander opsie is om biltong te maak en die res maalvleis.

Ons eet ongelukkig nie wildvleis nie, maar as daar enige ander voorstelle of resepte is, sal ek dit vir jou deurgee, as jy belangstel.

Groete

Christa

Kampalweer
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 321
Gebruiker van lyn af.
Plek: Goodwood - Kaapstad
Ek sleep 'n 2002 Palma met 'n 2011 Toyota Hilux D/C D-4D Auto 4x4

My vrou het 'n resep vir springbok rib en blad wat baie, baie lekker is, sy het dit by 'n Italianer gekry. Dit het 'n olyfolie en tamatie basis. Jy begin deur die vleis vir 24 uur in droë rooiwyn te marineer. Dit kry ook heelwat seldery. Ek reken jy kan dit vir volstruis ook gebruik[ook maar wild]

Die resep:- Genoeg rooiwyn om die vleis ten minste halfpad te bedek(my vrou gebruik 'n Argilla bak, wat ook vir die gaarmaak gebruik word). Saam met die wyn, naeltjies, lourierblare, knoffel, roosmaryn, oreganum en chili. Marineer 24 uur, draai vleis in sous. Waneer reg vir die oond voeg die volgende by.

2 gekapte uie

2 koppies gekapte sop seldery

1 beef stock cube fyn gemaak

2 koppies gekerfde wortels

klein bietjie varkspek in blokkies gesny

2 blikke tamatie stukke

1 teelepel sout

2-3 teelepels suiker

1 koppie olyf olie

Bak vir 6 ure by 140°C. Maak bak oop en verdik sous met maizena. Bak nog 2 uur.

Sit voor met polenta tert of koes-koes of rys en 'n lekker rooiwyn.

WAARSKUWING:- PASOP VIR JOU VINGERS

NS. Ek is oorspronklik van Oudshoorn, het daar groot geword, skool gegaan, 18 jaar.

Moenie vandag doen wat jy vir môre kan laat staan nie.   In vino veritas. 

WP FOREVER!

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Hi Christa - dankie vir jou moeite. Ek't nou nie daaraan gedink nie maar wou eintlik meer reaksie op die forum ontlok! Jammer om te hoor dat julle nie wild eet nie? Groete vir my maat!

Philip - jong hier kom 'n ding!!! Ek gaan baie aandag gee aan jou resep aangesien jy nou 'n boorling is van daai wereld!! Klink vir my reg en lekker - die hoof bestandeel is TYD!! Dit gaan die deurslag wees om daai vleis sag te kry! Maar ek het genoeg rooi wyn!!

Nogmaals dankie! Die ander kan maar ook hulle resepte kom bygooi!!  

 Goeiewense - Pieter

   

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 524
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Pieter, ek sny nie noodwendig die boud in skywe op nie, maar sny meer die steaks uit die boud uit, en probeer soveel as moontlik van die senings en spiere agterlaat. Meeste van die resepte hierbo is "tried and tested" as dit by wild, en dan vernam die boude kom, maar my kennis is wel dat die volstruis se boud anders is. Ek wil beklemtoon, dit is nie so seer dat die vleis taai of hard is nie, maar die hoeveelheid spiere en senings in die boud.

Die marinade wat ek die steaks in laat le, werk albei baie mooi, op die braaier of selfs in die weber, en die vleis is vreeslik sag.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

More Pierre - dit maak sin wat jy se en 'n ou het tog nie lus vir die senings en spiere as jy jou tande in 'n lekker sappige stuk steak wil inslaan nie!

Dankie vir jou bydrae.  

 Goeiewense - Pieter

   

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Hi, Skippie! Daai's 'n ding wat ek lanklaas geëet het. Slowcooker, met roosmaryn en 'n kleine bietjie tiemie (of naeltjies as jy dit so verkies). Maar Slowcook so 6-8 ure. Nie net twee of drie nie!

Vir die laaste uur kan jy groente bygooi, teen dan is daar lekker geur in die sous en die groete geur die ding behoorlik!

Sterkte!

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Dankie Nikky - is dit hoe jy/julle dit doen? Klink of jy al gesmul het aan so boud?

 Goeiewense - Pieter

   

Piet Pompies
Groentjie
Aangesluit: 30/05/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Nikky, die slow cooker is ,n wonderlike ding. Dit gee 'n mens daai vryheid om te sien wat jy doen sonder om te kuier en dan dink jy die vleis is sag omdat jy sag is van die kuier.

Tokkie

Laat daar vrede in julle harte wees en mag die ds. jou met benyding vermaan!

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Skippie wrote:

Dankie Nikky - is dit hoe jy/julle dit doen? Klink of jy al gesmul het aan so boud?

Net so, Skippie! Ek <3 kosmaak! Wanneer ons in die Klein Karoo-omgewing is, bring ons altyd ene terug en dan kry ek altyd die eer om dit te kook! Indien jy hou van iets 'n bietjie ryker (en dit so mag eet) gooi so 'n shot of twee port (GOEIE port 'seblief!) in na drie ure. Dit maak nogal 'n verskil aan die vleis!

O ja! Oppas vir swartpeper/te veel sout saam emt die port ~ dit suig die smaak weg!

Piet Pompies wrote:

Nikky, die slow cooker is ,n wonderlike ding. Dit gee 'n mens daai vryheid om te sien wat jy doen sonder om te kuier en dan dink jy die vleis is sag omdat jy sag is van die kuier.

Haha! Net so, Piet Pompies! Ek sit dit gewoonlik aan voordat ek werk toe gaan (my ouma is by die huis so sy kan deur die dag 'n oog hou). Dan wanneer my gaste kom is alles reg vir opskep wanneer ons reg is ~ so niemand word te gekletter voor etenstyd nie! :P

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Nikky, ek gaan daai een beslis probeer in die week!

Sien uit daarna hoor!!  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ek wil net gou my misnoee tekenne maak en terugvoer gee oor hierdie koslas!! Jammer om dit nou te doen maar ek's nie sommer 'n ou wat neus optrekkerig is nie, maar die een het my verras!!

Ek't daai Volstruis boud in twee gesny en laat oornag in Karringmelk. Die volgende oggend het ek hom gespice en met bietjie water in die "Slow Cooker" gesit met bietjie uie ingesny.

Toe ons die middag by die huis kom was daai Volstruis boud os sag, so sag as wat jy kan kry!! Die vleis het van die bene afgeval toe ek dit uitlig!!

Toe kom die moeilikheid!! Ek't geproe.............? Ek't weer geproe met nog bietjie peper en sout???? Ek't weer geproe en besluit...Naaaaa- aaikona!! Nie vir my nie en ek't geweet ma sal hom ook nie eet nie!! Dit het die aakligste nasmaak.........nie soso wild waar jy die wild kan proe nie - iets heel anders en dit het bietjie 'n wrangsamkie vir my nagelaat!

Jammer Kampalweer, Pierre en Nikky....................ek't hom nie geniet nie - dalk net daai klein ietsie gekort, maar ek glo nie dit sal wel afgegaan het met my saam nie!!

Ek't dit verder opgekook en toe in die honde se pap ingewerk - HULLE HET GESMUL DAARAAN!!

Hier is 'n foto van die brousel:

 

 Goeiewense - Pieter

   

Wie's aanlyn

Daar is tans 4 gebruikers en 76 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Wildeboer
  • deonhitchcock
  • BLACKIE
  • Gyfie

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.