Gesels saam op die WegSleep forum.

Kaas- en aartappelbrood

Gesels saam op die WegSleep forum.
Adri van Staden
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Nog 'n lekker broodjie vir vleisbraai-bykos:

Jy het nodig: 250 gr. fyn gerasperde cheddarkaas, 250 ml. gaar en fyngedrfukte aartappels, 250 ml. koekmeel, 525 ml. volgraanmeel, 7 ml. koeksoda, 5 ml. sout, 500 ml. ongegeurde (lae vet) joghurt, 5 ml. gekapte knoffel. Maak nou so: Meng die droë bestanddele saam en vryf dan die aartappel in. Meng vervolgens die kaas en knoffel in die beslag. Voeg laastens die joghurt by en meng goed. Bak vir 75 to 90 minute teen 180°C. (Ek het vir die sports 'n bietjie gerasperde kaas bo-oor gesprinkel.)

 Moenie in dieselfde juk trek saam met die ongelowiges nie ...

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Hello Adri, lanklaas van jou gehoor?

Jy se jogurt vir die broodjie - dis interresant? Dit lyk lekker, wat is so pienk binne-in?

 Goeiewense - Pieter

   

Adri van Staden
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Haai Skippie. Was verlede week uitstedig met werkverpligtinge. Julle gemis!

Nee jong, daai pienk is maar seker my selfoon se flits se weerkaatsing. Al wat daar te sien is, is die geel van die kaas en die wit van die aartappel. Sal volgende keer my luiheid in die sak steek en my mik-en-druk digitale kamera gaan haal en dié gebruik!

Die joghurt: die oorspronklike resep roep hierdie een 'n gesondheidsbroodjie - vandaar die lae vet joghurt. Maar ek het hom so aangepas dat ek nie dink die titel "gesondheid" is langer van toepassing nie!

Hy was baie lekker (eintlik is, want ek het sopas weer daarvan geniet saam met my tee). Hy is lekker solank hy warm is, maar wanneer hy koud geword het, proe 'n mens die koue aartappel - wat natuurlik nog steeds lekker is.

 Moenie in dieselfde juk trek saam met die ongelowiges nie ...

Wie's aanlyn

Daar is tans 11 gebruikers en 87 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kobus Snyman
  • Andries
  • thysvt
  • Theo Red
  • BB
  • chris dupreez
  • HennieBo
  • Toykie
  • RSS
  • Perdeby
  • BenA

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.