Gesels saam op die WegSleep forum.

Chakalaka Bielie Boef

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Ek het altyd die gereg vir die kinders gemaak toe hulle nog in die huis was. Ek het dit ook altyd vir die manne gemaak as ons in die veld is en hulle het gesmul daaraan.

Hierdie is 'n "stew" en niks word gebraai nie. Daars nie 'n voorgeskrewe resep nie en alles word volgens smaak en grille bygevoeg. Een blikkie "Boelie Beef" vir drie porsies.

Plaas die Boelie Beef in 'n medium pot.

Vul met water totdat die Boelie Beef net bedek is en laat kook.

Sit een blokkie hoender ekstrak by.

Kerf een ui by

Snipper een tamatie en gooi by.

Een telepel knoffel, of na smaak.

Een telepel bruin asyn

Voeg van jou gunsteling kerrie by volgens smaak.

Half tot een telepel borrie.

Sny een medium aartappel in klein blokkies en voeg by.

Jy kan 'n derts appelkooskonfyt of bruinsuiker ook bysit as jy wil.

Plaas die deksel op en laat die goed prut oor 'n lae hitte.

Roer af en toe en druk die Boelie Beef in stukkies soos dit sag word en voeg water by indien nodig.

Net voor die aartappels sag is, gooi jy 'n blikkie chakalaka by. (Medium Spice)

Sodra die aartappels sag is kan jy maar weglê.

Dit is heerlik op pap, rys, roosterbrood of saam met 'n broodrolletjie.

 

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Pieter Kotze
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg. MP
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Palma met 'n 2009 Mazda BT50 3.0 D/C

Hierdie een moet ek probeer, dit klink of dit baie lekker kan  wees.

Groete.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Pieter, jy moet net bietjie wag. Ek het die Chakalaka vergeet. Gaan gou regstel.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1815
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

flip ek het dit ook gedoen met baked beans die kinders het dit cowboy kos genoem

 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Flip............dis altyd 'n treffer daai, maar my familie trek hulle neuse op vir Bullybeef!!

Ek het soortgelyke geregte gemaak in die weermag as ons bostoe is of op die pad is met konfooie - dan kollekteer ek al die manne se blikkies kos en dan bou ek vir ons 'n merske pot Chow-Chow! Better as om dit koud uit 'n blik te eet!!

Flip, verskoon asb maar kan ek gou 'n las maak op jou draad?

Ek doen dit so 'once -in-a-while' as die gier my pak dan maak ek vir my 'n pot Chow-Chow en vries dit inklein bakkies vir lunchbox's.

Jy koop alles in blikkies waarvoor jy lus is, en ek bedoel alles (±R200.00 se blikieskos!). Dit is onder andere, Bully beef, minceballs in gravy, mince balls in spagetti, baked beans, sausages in baked beans, sauges in spagetti, mixed curry vegetables, Sausages in brine, chakalaka spicy, mielies, tamatie en uie mengsel, fyn appelkoos konfyt, ens. Ek sny sommer ook nog so ekstra smoked viennnas by!

Sny 'n paar groterige uie op, gekapte knoffel na smaak, gekapte soetrissie - al die kleure en braai die lot saam in olie tot glaserig. Sny die bullybeef in kleiner stukke en braai saam met die uie. Voeg nou so bietjie van jou gunsteling kerrie poeier of pasta by en braai goed deur. Teen die tyd moet al die blikkies al oopgemaak wees! Voeg die inhoud van al die blikkies by jou gebraaide uie en bullybeef mengsel en werk dit goed deur met 'n groot lepel - die konfyt en chakalaka gaan ook by op dieselfde tyd!

Kook hom baie stadig tot jy dink hy's gaar genoeg! Bedien op pap, brood, toast of rys - net waarvoor jy lus is!!

Mense, ek kan my oorvreet aan die goed!! Jy kan hom warmer maak met russies en spieces as jy dit verkies - ek gebruik bv twee blikkies van seker goed soos die bullybeef en worsies. Probeer gerus!

 Goeiewense - Pieter

   

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Skippie, dis wat die moerby gereg so lekker maak. Daar nie voorgeskrewe reëls of hoeveelhede nie. Jy gooi wat jy van hou na hartelus by. Ek maak vir myself die een met die hot & spicy chakalaka.

Perfecto

Shark, ek sal daai baked beans maar 'n skiep gee. Het  'n oordosis van die goed gehad en kan dit nie meer in my lyf kry nie.

  Blah

 

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

ELU 2
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.

Terwyl Bully nou die onderwerp is - baie lekker is ook om die regte egte Bully (nie die goedkoop 'corned Beef' alternatiewe nie!!) in sulke skywe te sny soos jy dit uit die blik uit haal - so ±10 mm dik en dan so 8 - 9 skywe per blikkie.
 

Rol in eier en deeg en diepbraai (Soos Fish & Chips se visdegie!).
Dit is baie lekker met 'n sousie (tamatie/sweet chili/balsamic..??) bo-oor.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Hel Elu, daai's nou 'n rein gedagte.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3217
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Flip moet ek die vleis uit die blikkie haal voor ek dit in die pot met water sit

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Jan Maritz
Groentjie
Aangesluit: 06/06/2010
Inskrywings: 28
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vredenburg

Lekker Skippie en al die manne wat die goeie ou boellie bief so kan toor. was self 'n vaardige kok met 'n ratpack.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Arrie ons normale regdenkende witmense sou dit doen, maar ek weet julle ouens van Bethlehem is nie lief om dit te doen nie...........

  

 

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Flip............jy ka nsie wie was die manne wat nie in die veldkombuis toegelaat was nie...........hulle sou al die troepe dood gemaak het met hulle konkoksies!!!@!

Ek wil net ter wille van Arrie noem dat ek die worsies en mince balls kleiner sny sodat dit meer is vir die manne!!

Flip, ek geniet nou-nog Wimpy se baked bean breakfast as ek baie rondry - dit bly koningskos man!!

Elu, ek stem met Flip, dis 'n goeie een daai - onthou net, as ek daai blikkies kos koop, koop ek net die beste - ma wil al Spar se goedkoop blikkies laai dan jaaag ek haar weg, ek soek kwaliteit!!

 Goeiewense - Pieter

   

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1815
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

stem saam Skippie

 

 

Wessel Engelbrecht
Ou hand
Aangesluit: 15/03/2010
Inskrywings: 221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Omgeboude Buzzard boswa met 'n 2.5 TD DC

Onthou ek nou daai moerby potte in dia army.  Na so ete breek daar gewoonlik 'n geveg uit oor wie die verste wind-op loop want boetie, wind-af van 30 manne wat aan daai pot gesmul het is nie lekke nie. 

Voldoende lugspoed, voldoende hoogte bo die grond en breins.  Wanneer mens vlieg het jy altyd ten minste twee van die drie nodig....

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

JAAA NEE..................GASIFICATION OP SY BESTE!!

MOENIE DAT DIE STAAT VAN JOU TE HORE KOM NIE - HULLE SAL JOU GEBRUIK VIR 'RE-NEWABLE ENERGY' BRON.  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 307
Gebruiker van lyn af.

arrie,

maak 'n gaatjie in die blikkie die, vet moet drein.

Hans
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 579
Gebruiker van lyn af.

Die regte Bully beef lees soos volg op die blik:

"corned beef" en nie "corned meat" nie. die beef is suiwer en die meat het

hoender en ander goete by. Die prys verskil ook heelwat, so amper R6 per

blik, maar die moeit werd!

 

Groete

 

Hans.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Arrie het jy al uitgevind hoe om die blik oop te maak. PM my vir instruksies. Dis nie baie moeilik nie, en jy behoort dit binne 'n uur te snap.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ons het hom - blikkie bully beef - met 'n Thunderflash oop gemaak in die Army, dan was dit sommer klaar versnipper en in klein stukkies, reg vir braai!

Ja.... ons het die hele peleton gebruik om die vleis te vang!!  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Rudolph Fourie
Nuweling
Aangesluit: 13/09/2010
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Kia Carens 2.0

Hi julle almal.

Ek is nuut op die web bladsy.

Ek het nou lekker gelag vir die kommentaar oor die kos en army, maar glo my ek gaan beslis die bogenoemde probeer.

Groete

Rudolph.

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Rudolph baie welkom hier!

Hoop jy gaan ook lekker koslaste maak saam met ons en sommer net lekker kuier!!

Enige resep op die forum is 'n sukses, alles word beproef en jy kan gerus probeer - goue reel, ons soek foto's van jou gebak of braai, asb?

 Goeiewense - Pieter

   

Rudolph Fourie
Nuweling
Aangesluit: 13/09/2010
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Kia Carens 2.0

Baie dankie Skippie.

Ek is nog maar ;n groentjie met die kamp en kos maak maar ek sal by bes doen.

 

Thx.

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 11 gebruikers en 91 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Theo Red
  • BB
  • thysvt
  • Andries
  • Kobus Snyman
  • chris dupreez
  • HennieBo
  • Toykie
  • RSS
  • Perdeby
  • BenA

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.