Braaityd/Potjietyd
Nuwe forum onderwerpe
Hallo julle,
Kom ons begin hierdien draad vir alle kere wat jy braai en potjie maak. Hier plaas ons alle idees en foto's van wat ons gaan of gebraai het.
Dink net - dit is 'n koslasdraad en ons voeg insetsels by soos ons kook, bak of braai - niks gekoppel aan 'n spesifike tyd of resp nie - ons deel net al die-amper se ek geure, pret en plesier van wat ons gaar gemaak het.

Christa.................jy's so reg hoor!
Ons wil net sien hoe dit lyk en wat hulle doen - selfs die baaiers en gastowe of wat ook al en die hout ens wat hulle gebruik. Selfs die bakke roosters en skottels wat gebruik word!
Dit kan mos lekker interresantwees om te sien en hoor?
MAAR, foto's gaan die ding wees - neem julle kosse en braai's af asb mense?
Wys vir ons wat julle doe en as 'n ou die resp wil he, dan vra jy daarvoor of plaas dit by die kampkos afdeling.
Skippie,
Ek dink dit is n baie goeie idee, dit is so waar wat Christa hierbo noem , n mens raak so moeg vir jou eie manier van kosmaak .
Groetnis,
Dries.
Skippie sal volg naweek vir jou die gerookte beesrib en waterblommetjie pot se fotos hier plaas. My bek water al klaar
Eisch Arrie.......dis baie lekker kos waarvan jy nou praat - ek moet dit eendag by jou kom beproef??
Hier is my koslas vir vandag - Lamstjops, wors, rashers, broodtjie en daar was die lekerste piesangslaai, koolslaai met suurroom en 'n mengelslaai - TOG TE HEERLIK!!


.jpg)
ek het ook gbraai Skippie `n ding wat hulle blade steak noem en het `n varkie bood gemaak. `n Bier en bacon met kaas en mushrooms in lekker gewees maar nou is dit oppelalla, finish, kaput, klaar, efidile. Sal maar die naweek weer nene moet maak. het vergeet om foutous te neem
Ons het ook nie foto's geneem nie, maar op die spyskaart was sosaties, "oepsies" en wors, ek het 'n mieliebroodjie en roomaartappels daarby gemaak.
Terwyl ons nou kan vra vir resepte - Weet iemand dalk watter marinade om vir "oepsies" te gebruik? Ons seun is mal daaroor, maar ek vind dat dit belaglik duur is.
Christa
Warrehel is 'n oepsie hê?
Alias, dit is repies bacon met kersies tussen in op 'n stokkie wat jy braai as voorgereg.
Baaaie lekker daai hoor?
Dankie Pieter, sal maar die verskillende souse probeer tot ons een kry waarvan ons hou. Sal jou laat weet watter een ons verkies.
Christa, ek wonner of hulle nie daai kersie sous gebruik waarin die kersies ingelê word nie?
Skippie,
Ons het gister daardie Thinchado gemaak waarvan die resep in die laaste WEGSLEEP was.
Ek moet se dit was heerlik! Self my 10 jarige Seun het so gedink en hy is n "fussy" eter.
Ek gaan hom weer maak
Lekker dag!
Hugo
Pieter, ek het op fb se een groep ook gevra oor die sousie/marinade, soveel verskillende menings gekry, dit gaan my seker 'n hele jaar vat om dit almal te toets. Ek wonder of jy nie dalk reg is oor die kersiestroop nie, gister se oepsies was in 'n rooierige sousie. Ons sal maar van die idees probeer en ek sal jou laat weet watter een is vir ons die lekkerste.
Christa
Seker maar 'n T-been en 'n worsie, braaibroodjie en mengelslaai met baie avo. En saam met die slaaptyd koffietjie die res van die grondboontjiebotterbroodjie!
RED NOU 'N FORUM MET SULKE MENSE???
Waar is julle koslasse mense? Het julle vergeet om te braai gisteraand?? Aaaitoggie, ek word sommer 'n vegetarier en probeer nuwe resepte as dit só aangaan??
In elkgeval, hier is my las - gisterand se Dorado vis met twee Kinklip skywe. Ek het 'n lekker vis ssousie gemaak van appelkoos konfyt, knoffel, knoffelbotter, visspeserye, sout en pepper - warm gemaak in die microgolf en so dan en wan met 'n kwas aangewend!
Dit was regtig baie lekker en die vuurtjie het hom net mooi gedra - nie te warm en nie te koud nie.
Vis is nou net gesmeer en op die kole gesit.

Vis begin kleur kry en word weer gesmeer met die sousie:

En so word hy laaste met 'n paar skywe suurlemoen gepak vir sy finale 'Tan"!!

Jy oorreed my amper om lus te word vir vis!
Toe ons in die Kaap gebly het (het op Maties geswot), het ons dikwels Sondae vars snoek gekoop en dadelik gebraai! Dit is darem iets anders hoor! Die sous wat ek daar by die Kapenaars geleer het, was witwyn, suurlemoensap, botter, sout, appelkooskonfyt en tiemie - alles opgeskud in 'n koeldrankbottel met 'n gaatjie in die prop. Dan spuit jy die vis so nou en dan met die mengsel. Ons het hom nie in foeilie gebraai nie - net so op die kole in 'n toeknyprooster.
'n Ander slim plan wat ek daar gesien het om die gaar vis heel uit die rooster te kry: Maak die rooster oop, plaas 'n vleisskottel onderstebo op die vis en keer om! Siedaar, jou heel, gaar vis lë en wag om aangerand te word.
Aag ja, waar's die dae!!! 
Nou eet jy nie vis nie Adri?
Nee ooh maggies, ek moet tenminste eerkeer 'n week vis inkry - Jodium is kos vir die brein my maat!

Hier is vanaand se skaap kerrie pot.
Lekker Arrie man , hoe water my mond.
Apie ek iwas maar suinig met die groente in di pot want andes is dit stew en ek hou nie van kerrie met teveel groente in nie het daai bietjie net vir ma ingegooi sodat ma gelukkig is
Nou eet jy nie vis nie Adri?
Nee ooh maggies, ek moet tenminste eerkeer 'n week vis inkry - Jodium is kos vir die brein my maat!
Dit is nie dat ek dit nie eet nie: is net nie mal daaroor nie. Maar t.w.v. daai brein-ding eet ons ook min of meer een maal per week vis. Ma sorg dat ons nie oorslaan nie, want dit is benewens hoender haar gunsteling. Ek soek maar die ROOIVLEIS!
Waar trek julle saam die naweek Adri?
Dis hoe varkie mielie brood moet lyk nie soos die leveling blok op Drakensville nie

- 1
- 2
- 3
- 4
- volgende >
- laaste >>
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- chris dupreez
- RSS
- Theo Red
- Andries
- Perdeby
- BenA
- HennieBo
- thysvt
- Roelof Colyn
- JCKorf









Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter
As ek reg verstaan wil jy eintlik he ons moet net se wat ons braai (met bykosse) of watse potjie ons maag?
Mens raak partykeer moeg vir jou eie idees en resepte, dit sal lekker wees as ons nuwe voorstelle kan kry.
Christa