Gesels saam op die WegSleep forum.

Appeltizer Varktjops met Macoroni en kaas.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ek het bogenoemde dis voorberei in die week en wil dit graag met julle deel.

Bestanddele:

Jy benodig 'n paar lekker varktjopies, nie te veel vet nie.

750ml Appeltizer

'n Botteltjie English hot mustard (pasta)

hoender sperye, sout en pepper

Koekmeel en

Bruinsuiker

So maak mens:

Smeer die tjops met die mosterd, een kant op 'n slag.

Gooi speserye, sout en pepper oor na smaak.

Besprinkel met bruin suiker - bedek die vleis redelik goed.

Strooi nou bietjie meel oor.

Gooi bietjie Appeltizer in 'n oondvastebak sodat die bodem goed bedek is. strooi bruin suiker en meel in die appeltizer en plaas gesmeerde kant van die tjops in die bak.

Doen dieselfde as wat jy aan die ander kante gedoen het en bedek met die res van die Appeltizer - sorg dat daar genoeg meel en suiker op die bolaag is.

Plaas in die oond teen 200 grade Celcius en bak vir 'n uur of wat - roer en draai gereeld die mengsel en sorg dat dit nie te dik word nie - ek gooi bietjie warm water by om dit te verdun. Die sousie moet net lekker stroperig wees.

Bak todat die tjops lekker begin bruin word aan beide kante.

Macoroni en Kaas gebak ;

Kook so drie tot vier koppies macoroni op tot gaar.

Rasper kaas, so vyf koppies.

Klits drie eiers saam met 'n koppie melk en gooi sout en pepper in na smaak. Voeg ook twee teelepels droe mosterd poeier by en meng goed - helfte van die kaas moet ook bygemeng word - ek gebruik sommer die stick blender om dit te doen.

Smeer 'n oond vaste bak lekker dik met botter en sit die gaar macoroni daarin. Gooi nou jou eier en kaas mengsel bo-oor en werk goed deur! Sprinkel die res van die kaas bo-oor.

Plaas in oond teen 200 grade celcius vir 45 minute - ek bak die tjops en macoron i sommer saam.

Gemengde groente:

Maak drie tot vier koppies gemende greonte met botter, sout en pepper en as jy het, groente spice in die microgolf oond gaar vir so 10 minute.

Bedien alles saam en maak seker jy skep van daai lekker langsous van die vark oor jou macoroni en geniet!!

So lyk die tjops as dit klaar voorbery is - die meel en suiker moet nog oor kom.

Eerste omdraai slag na 20 minute in die oond.

So lyk dit as dit gaar is en reg vir bedien.

En hier is die finale produk - skep en geniet!!

Hierdie gereg kan in 'n Webber ook gedoen word!

 Goeiewense - Pieter

   

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 437
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Dankie Pieter, ek soek altyd nuwe idees vir varktjoppies!  Jan is nie gek daaroor nie, sal eerder 'n lamstjoppie eet.

Christa  

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Probeer hierdie een gerus Christa - hy's verseker 'n wenner!!

  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

DIT IS DAREM MORSDOOD STIL HIER BY DIE KAMPKOS AFDELING????

Maak julle nie meer kos nie? Sien gister was daar ook niks gesê oor die Woensdag braai nie en die somer blaas in ons nekke?

Ag nee wat mense - kom bietjie met julle koslasse?  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Adri van Staden
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1171
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Skippie, ek het nie gisteraand gebraai nie, want ek het Disndagaand gebraai. En wel om twee redes: my kantoorvenster is so 5 meter van die grensmuur af. Aan die anderkant van die muur, is 'n studentehuis en hulle het Dinsdagmiddag vleis gebraai. Eers het ek die tipiese houskoolvuur geruik en later die vleis wat braai! (Hoe hulle wil hê ek moet op my werk konsentreer, weet ek nie). Toe dit Dinsdagaand so lekker is buite, het ek maar geswig voor die versoeking en alle reëls oortree! (Ek sê hoeka dat ek dit geniet om ouer as 50 te wees, want nou kan ek doen wat ek wil, wanneer ek wil en hoef niemand se toestemming of goedlkeuring te vra nie!!)

Ek het gisteraand vir ons Stroganoff gemaak - maar met 'n verskil. Elsie is allergies vir koringprodukte, daarom probeer ek altyd die meel in die resepte vervang met iets anders (rogmeel, mieliemeel, ens.). Gisteraand se resep het 100 ml. meel geverg. Ek het toe 'n aartappel gekook en fyn gemaak en dié gebruik i.p.v. die meel. En weet jy, ons altwee is van oordeel dat dit lekkerder is met die aartappel as met die meel! Probeer dit gerus. Ons het lekker geëet en daar is nog 'n hele paar "lunch boxes" in die vrieskas!

 Moenie in dieselfde juk trek saam met die ongelowiges nie ...

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Adri...............jy't dieslde idee gehad as ek. Ons het ook Dinsdag aan gebraai weens die feit dat ek 'n item kort was vir een of ander resep en toe besluit ons net daar - Spareribs en pap en sous!! Dit was heerlik!

Dit is 'n interesante resepie daai Adri - en jy sê die mash doen ook die ding??

 Goeiewense - Pieter

   

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 437
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Pieter, gisteraand die varktjops gemaak!  RYK en lekker!!  Dink die resep gaan werk vir hoender - gaan net die bestanddele alles meng en oor die hoender gooi.  My seun se egter ons mors met die Appletiser!

Christa

 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Hallo Christa...............bly om te hoor dit het 'n sukses uitgekom - darem maar lekker hoor en daar is nie iets anders as daai macoroni en kaas gebak om saam met hom te gaan nie? Hoop jy't hom ook mooi gebak?

Se vir seuna,dis die appeltizer wat die ding eintlik doen!! NIKS ANDERS NIE!

Laat weet maar hoe't hy gesmaak met hoender by?

 Goeiewense - Pieter

   

Wie's aanlyn

Daar is tans 5 gebruikers en 68 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Marlo vd Berg
  • BLACKIE
  • deonhitchcock
  • Wildeboer
  • Gyfie

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.