AARTAPPELKAASROL
Nuwe forum onderwerpe
Ek het nog nie probeer nie, maar ek dink die gereggie gaan soos 'n bom werk in die varkie.
Flip daai kan werk ek het die aartappel pizza probeer wat ian opd ie kos draad gelos het en hy was baie mooi.
Lyk BAIE lekker Flip. Mens kan seker 'n bacontjie of wat ook daar tussen die uie inwerk voor jy hom oprol?
Dankie Flip. Hy's ge-copy en ge-save. Mens kan lekker met hom rondspeel met ander bestandele soos Stofdonkie tereg opmerk.
Dink vanaand is 'n tipiese aartappelkaasrolaand! Moet net 'n viinge draai by die groentewinkel op die hoek gaan maak op pad huis toe - voordat aartappels R10 een kos!

Klink lekker..........so gerasperde biltongkie saam kan ook werk!!
Sjoe, nou's ek lekker honger!
Adri, het jy hom toe gemaak?
Nou water my mond. Daai knoffel klink na 'n goeie idee.
Mens kan seker enige vleisigheidtjie insit. Ek hou van Skippie se gerasperde biltong idee. Dink ook dat country sausages of chirozo wat in wieletjies gesny is kan werk.
Dankie ook vir die wenk itv die styfheid vandie deeg. Sal dit beslis in gedagte hou. 
Ja. En dit is regtig baie lekker, hoor! Selfs ma het twee porsies geskep - koekmeel met gluten waarvoor sy allergies is of te not. Ek het so 'n halwe teelepel knoffel by die uie gebraai. Volgende keer gaan ek daai bacontjie probeer.
Net een ding: as die resep sê: "... STYWE DEEG ..." bedoel hy STYF . My beslag was te slap toe bak ek nie 'n aartappelkaasROL nie, maar 'n aartappelkaasHOMP. Lyk nie so interessant nie, maar smaak dieselle - baie lekker. Ek het 'n foto geneem, maar het nou al my naam genoeg met 'n plank geslaan op die ander draad vir een dag!
Vir die 3de keer! (die ding gooi my aanmekaar af vanmiddag).
Die rol is lekker, ek het dit Maandagaand gemaak. Stem saam met Adri, die deeg moet baie styf wees.
Dink met 'n vleisigheidjie kan dit 'n lekker ligte ete wees as jy 'n slaai saam bedien. Eintlik is die moontlikhede legio : sampioene, dalk oorskiet vleis/hoender/vis?
Flip ek gaan die resep vandag in die varkie maak en sal jou laat weet hoe dit uit gekom het ek sal ook sekermaak my deeg is tywer as A3 en Jan s`n
Arrie, ons wag in spanning 
Mmmm, klink baie lekker
Stoffie gaaan kyk op die potjie en braatyd draad ek het die fotos daar geplaa. die ding is lekker hoor k het bacon by gesit en daai beeg moet maar styf wees anders kry jy dit nie gerol of gedruk nie. gooi ook dubbeld die hoevelheid bak poeier in want jy gaan baiemee meel in gooi en dan is dit bietjie kluitjie . Weet nie of dit so moet wees nie(kluitjie).
Arrie hoe kom ek by die blad uit waar jy die foto geplaas het? Die tegnologie is nou eenmaal nie vir my nie. Verduidelik asb. hoe om by die link uit te kom.
Thanks
Klasie
Klasie gaan net in by kamp kos dan sal jy die draad daar sien
Het die rol vandag gemaak en dit het baie goed uitgekom. Maklik gesny en nie verbrokkel terwyl dit gesny word nie. Het bacon en bietjie knoffel tussen die uie ingesit. Definitief 'n wenner om as bykos saam met die braaivleis te geniet.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Andries
- BenA
- HennieBo
- chris dupreez
- Perdeby
- thysvt
- Roelof Colyn
- JCKorf






.jpg)






Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter
Lyk lekker, ons soek altyd iets nuuts om met aartappels te maak. Dit klink of ons dalk sal moet stadig met die aartappels, hoor die boere praat van tot R90 'n sak binne die volgende maand of 2!