Weskaap Saamtrekke vir 2012
Nuwe forum onderwerpe
Julle moet my asb help. Ek het weereens gevind dat ons vêr vooruit moet beplan om plek te kry by sekere oorde.
Voorstelle wat ek tot dusver ontvang het is:
- Montagu Karavaanpark
- Rawsonville omgewing - gee name asb
- Ganzekraal
- Strandskloof buite Gansbaai
- Vloedbos
- Algeria
- De Hollansche Molen
- Dwarskersbos
- Chapman's Peak
- Yzerfontein
Laat kom asb nog voorstelle van oorde en datums.
Hi Ian,
Rawsonville omgewing - Dwarsberg Trout Haven, hulle klink maar klein en baie duur. Laat dit aan julle oor.
Dan wat van Uilenkraalmond of is dit nie so 'n goeie plek nie?
Dan het iemand genoem Imhoff ook nog.
Datums, maak seker nie saak nie. Kyk maar wat julle kan oop kry.
Hoop dit help.
Ian, nog 'n plek naby Rawsonville of nader aan Goudini is Slanghoek
Hello Mense
Wat van Goudini self, Was daar en dit kan lekker raak by die warmwater.
Het ook die jaar gekamp by Bergrivier Resort en het dit ook geniet.
Daar 'n kamplek in Rawsonville wat Watergat genoem word. Klien maar baie privaat ek dink hy kan so 17 karevane neem, maar glo 'n mens kan meer daar indruk. Baie netjies met lapa en groot braaiplek.
Nog 'n lekker kamp is Silverstrand by Robertson, die wind waai nie daar so erg soos by Skurwekop nie. Lekker beskud en mooi.
Ek weet dit is 'n biedjie ver, maar Watervalle by Porterville is ook baie mooi.
Groetnis vir eers
Hi daar
Maak regtig nie saak watter een nie , maar iets anders dalk soos chapmans peak klink intresant vir iets anders of hoe?
Groete
Nicky(HAAI)
Hello,
Ganzekraal sal ek afraai - was al n paar keer daar met familie - dit is regtig nie n lekker kamp plek nie en die badkammers is totaal on aanvaarbaar. Neem kennis dit is maar net my - 2sents.
Kambati - by Swellendam - was nog nie self daar nie maar is op my lys om te gaan blykbaar baie smart.
Hi Almal,
het my bespreeking gemaak by Skurwe Kop vir die eerste Naweek in Feb en ook paas naweek. Die wat belangstel hier is hulle nommer 023 6265588
Ian, jy moet Imhoff ook op die lysie sit, mens kamp lekker daar naby die Krewe!
Hallo julle.
Skuus, ek is nie 'n klub lid nie maar lees met belangstelling van julle saamtrekke. As julle my sal vergun, hier is nog so 'n naam of twee van kamp plekke.
Riggton River Farm, Bonnievale.
Daar is nou nie verskriklik baie plek nie, seker omtrent 15 staan plekke onder koelte. Hulle is besig met nog nuwe staan plekke maar die nuwes is in direkte son. Die plek is idiaal vir 'n wegbreek naweek. As jy van rus en stilte hou kom dan hierheen as dit nie skool vakansie is of oor die groot vakansie dae nie want hier is die mense nie so streng soos by baie ander kamp plekke nie. Dit is so te sê in Bonnievale, as ma vinnig iets van 'n winkle af nodig het is die super spar nie eers 'n kilometer weg nie. Maar hier hoor jy niks van die dorp se lawaai nie. Die ablusie is altyd skoon maar wanneer daar baie mense is te min om almal te hanteer. Hulle sal seker later opgradeer met die nuwe staan plekke in wording.
Dan is daar ook Rondeberg oord by Clanwilliam:
Hier is verskeie staan plekke waarvan die meerderheid son is. Daar is wat hulle eie geriewe het. Jy maak jou karavaan staan langs 'n afdak, en dan is daar 'n kombuisie en badkamer en ekstra slaap kamer vir die staanplek se gebruik. Dit is 'n baksteen gebou met die afdak. Jy klim dus uit jou karavaan onder die afdak in. So as ouma saamkom kan sy op 'n gemaklike bed in 'n baksteen kamer slaap terwyl die gesin die karavaan geniet. Onder die afdak is ook 'n braai gebou. Dan is daar staan plekke met eie geriewe en 'n klompie staan plekke met deel geriewe. Die dam sorg natuurlik vir baie sports.
Laastens, Laatson watervalle in Porterville. Het ongelukkig nie foto's nie maar glo my dis baie lekker daar. Daar is 'n paar staan plekke met krag en dan ook sonder krag. En meeste van die staanplekke is onder die bome in weg gesteek. So daar is 24/7 koelte. Asemrowende natuurskoon en die stroom water van hoog bo uit die berg uit maak 22 watervalle tot onder, en vir die met energie.... jy kan tot bo klim. Maar die eerste 3 is klaar meer as genoeg en maak voorsiening vir lekker afkoel. Vat jou swembroek saam en gaan staan onder die water. Heerlik verby en lekker koud.
Dit dan sommer iets van my kant af. Geniet dit en wees veilig.
Groete
Jan
En dan sommer nog so 'n laaste een van my kant af:
Pine Creek in Grootbrak. Hierdie is net so 'n lekker plek met heelwat staan plekke en groot ablusie geriewe. Daar is baie vir die kinders soo bv. kano, trap bootjies, put-put en speelpark. Jy is naby Hartenbos en Mosselbaai 'n entjie verder. Lekker grasperke en baie "kuier" potensiaal 



Nou geniet dit.
Groete
Jan
...... Skuus, ek is nie 'n klub lid nie maar lees met belangstelling van julle saamtrekke. As julle my sal vergun, hier is nog so 'n naam of twee van kamp plekke.
Riggton River Farm, Bonnievale.
Dan is daar ook Rondeberg oord by Clanwilliam:
Laastens, Laatson watervalle in Porterville.
Jan,
- Baie welkom hier tussen ons, jy gaan dit hoopelik ook geniet sioos ons, oppas net dit is verslawend.
- Net 'n regstelling, ons hier IS NIE 'n KLUB NIE ons besluit op die Forum ons wil gaan kamp en dan is enige iemand van die Forum welkom om in te skakel en saam me ons te gaan kamp. Daar is geen georganiseerde aktiwiteite nie, ons probeer tenminste een laat middag/aand saam braai om mekaar beter te leer ken en dan probeer ons 'n groep foto neem voor almal uitmekaar spad wat dan gewoonlik in die WegSleep tydskrif 'n plekkie kry.
- Dankie vir die kamp plekname, ek glo daar is van die Kaapenaars wat ook weet van die plekkies.
- KOM kamp saam met die groep in jou area en geniet dit, jy sal gou lekker inskakel by die WegSleeo kamp groep.
Baie welkom Jan. Uit jou bydraes kan ek aflei dat jy 'n gesoute kampeerder is. Soos Willem gemeld het is jy welkom om die Saamtrekke by te woon.
Ons gaan tydens volgende naweek se Saamtrek by De Hollandsche Molen buite Franschhoek bietjie koppe bymekaarsit om die jaar vooruit te beplan. Jy kan gerus kom inloer of kom saamkamp, dan kan ons idees en kampplekke bespreek.
HI Ian,
het pertoeval gistermiddag daar deur gery met die fam op n sunday drive. Ek sal nou nie kan kamp nie omrede ek alreeds n 4x4 roete aan het en ons ook die naweek daarna Skurwe Kop toe gaan.
Sal probeer om miskien Sondag oggend n koffietjie te kom drink en bietjie gesig te wys.
Jan - dankie vir die nuwe plekke jy het sopas nog twee maande se kamp vir my uit gele vir die jaar kort nog 6 plekke dan is my jaar bespreek.
Oja - kry hopelik vandag my karavaan na 10 jaar weer terug by my - was my oorlede ouers sin so het hart gesoek om hom weer te kry.
@ WilSur en @Ian
Baie dankie vir die verwelkoming. Om die waarheid te sê, ek is nie so gesout nie, het maar eers in Desember die karavaan ding begin doen. Was nog al die pad net tent. Maar soos ek al hier gelees het, tent of karavaan of wa, maak nie saak nie. Kamp is kamp en dis die lekker deel.
@Ciske - bly ek kon bydra tot jou beplanning 
Ian, ons sal regtig ver vooruit moet beplan. Net om vir jou 'n idee te gee. Die volgende plekke was verlede week reeds vol bespreek vir Paasnaweek:
Goudini, Yzerfontein, Leentjiesklip, Jongensfontein, Onrusrivier, Karoo Nasionale Park, Guano Caves naby Montagu
Vir Paasnaweek is daar nog plek by Kam'bati, maar ek weet nie hoeveel plekke nie, more gaan ek nog die volgende plekke probeer, Montagu karavaanpark, Strandskloof, Silwerstrand, Uilkraalsmond.
Daar is ook 'n lekker langnaweek einde April
Groete
Aubrey
Aubley, Strandkloof het begin verlede week nog 22 staanplekke oop gehad vir paasnaweek. Jy sal moet spring.
Gedurende die pas afgelope saamtrek is daar bietjie bosberaad gehou om die jaar vorentoe te beplan.
Die volgende voorstelle het op die tafel gekom:
- Onrusrivier of Dwarskersbos - 2 tot 4 Maart
- Strandskloof - 27 April tot 1 Mei
- Montagu Guano Caves - 1 tot 3 Junie
- Montagu Karavaanpark - 9 tot 12 Augustus
- Algeria (Sederberge) - 21 tot 24 September
- Rawsonville omgewing - 26-28 Oktober
Name wat ook genoem is:
Kwaggaskloof, Koningskop
nou wag ons op reaksie vanaf die Wegslepers, maar dit moet vinnige reaksie wees sodat besprekings gedoen kan word.
Ek, ons en Die Breeker is in, bespreek Ian. Kan nie wag vir die hak nie.
Wat so lekker is, meeste van die plekke wat jy nou genoem het was ons nog nie by nie. Jippppppieeee. 
So boek boek boek....
Ian Klink Reg met my - EK staan net reeds op SkurweKop Paasnaweek ASOOK die NAWEEK kan nie meer wag om te hak en ry nie.
Julle moet help
Strandskloof het laat weet hulle is reeds vol bespreek vir daai Langnaweek van April/Mei.
Waarheen nou?
Wat van as jy Strandkloof en Montagu omruil?
Pierre / Celia, hier is die oplossieng!
10--19 woonwaens : R65.00/per volwassene , R30.00/kinders onder 16
20 en meer woonwaens : R60.00 /p , R 20.00/k
Laat weet asb so gou moontlik wie saamgaan en gee asb totale van aantal volw en kinders
Ek het so pas met Desmond by Dwarskersbos gesels en hy het bevestig dat hy plek het vir ons die naweek van 2 tot 4 Maart. Koste is R127 per nag - maks 6 persone per staanplek. Wie gaan saam? Ek het voorlopig 20 staanplekke bespreek.
Ons is in by albei.
Hi Ian
Ek sien baie uit daarna om saam met julle na Dwarskersbos te gaan.
Ons is 2 persone. (Hendrik & Suzanne Theron)
Groete
Hallo Pik
Welkom hier! Dit is lekker om julle hier te sien. Ek plaas julle op die Dwarskersbos lys. Stuur asb vir my jou kontakbesonderhede sodat ek julle op hoogte van sake kan hou. Klik net op die geel koevertjie onder my naam en stuur die boodskap daar.
Wat van die Montagu Saamtrek?
Damn, ek het reeds al ons besprekings tot einde April afgehandel en ons het nou reeds ander besprekings vir beide daardie 2 kampe. Sien julle op die volgende een daarna.
Is daar al enige voorstelle vir warm water bronne waar die weg groep kan gaan?.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Rinus Lisse
- Spiderman
- SHARK
- evert
- Garth
- Frikadel
- RATEL
- Mariskab
- Danet
- MarkP
- Big G
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt
- Berno Punt
- PaulS
- Footloose
- Pieter Schultz
- Anton le Roux
- Gert Venter
- tworaptors
- WilleWillemien















Ian wat van Ganzekraal aan die weskus dit is net buite Melkbos op die Kuspad