Volgende Weskaap Saamtrek
Nuwe forum onderwerpe
More maters. Die weer word warmer, die dae langer en die navrae kom weer in hier na my toe.
Ek het 'n voorstel van Minora af gekry dat ons sommer 'n klipgooi buite Brackenfell, by Van Zylsrus oor 'n gewone naweek kan gaan uitspan. Daar is lekker groot grasbedekte staanplekke, gerieflike ablusies, 'n swembad en speelpark en 'n groot lapa met oprol sykante op die perseel.
Laat kom gerus verdere voorstelle of jul opinie aangaande bogenoemde voorstel
Dankie Ian, ek stem vir die plek want mens kuier baie lekker daar en jy voel nie eers of jy naby die huis is nie, dis ook 'n plek vir Lekkkeeeerrrrrr kamp!
Ian ek sal net eers vannaand die Kerk, Jeug en my eie kalenders moet bymekaar sit vir 'n datum, wat van ons begin voorlopig kyk na 23-25 September?
Kamp groete
Ons het vroeer die jaar daar by Tyro gekuier en was heel beindruk met die oord. die geriewe is skoon en modern en die eienaar (en sy honde) kyk mooi na die plek en kampeerders.
Hi Ian
Soos vroeer per epos genoem stem ek vir Van Zylsrus tydens die Augustus langnaweek. Ek sal egter nie 'n probleem he om die ander naweek eerder te doen nie.
Ek vra net dat die manne gou hulle insette gee sodat as ons nie Augustus gaan nie ek nog plek iewers anders vir die naweek kan kry. Die langnaweek is oor 3 naweke en die plekke begin vol raak.
Wat julle ookal besluit, ons sal julle daar sien.
Hallo al die kampers ek stem vir Sept naweek want die kamp plek is naby en n week later vertrek ons vir twee weke Hartenbos toe so dit sal n lekker trial run wees.Groete van die Leeu kuil af
Hello Alaml.
Ek sal stem vir Augutus se naweek is die September naweek nie hier nie. Maak nie saak wanneer julle gaan nie, dit bly 'n lekker kamp plek al is dit omtrent in my agterplaas. Stem ook saam met Phillip ons sal moet vinnig besluit tyd is baie min.
Groetnis
Ek het so pas met VanZylsrus se eienaar gesels en hy het gese die naweek van 5 tot 9 Augustus is reg, ons kan maar kom. Hy stel al die geriewe beskikbaar vir ons gebruik teen R160/nag vir maks 4 persone per staanplek.
Laat weet asb of die datum julle pas en of julle dalk die datum vil skuif.
Julle is lekka "cheap" innie Kaap in hê?
Ken, die duurste Kaapse oord is volgens my kennis Skurwekop @ R260/nag vir 4 persone. Hy het egter puik geriewe van 4 ster gehalte. Ons Kapenaars is egter tevrede met min geriewe, solank dit skoon en netjies is.
Hierdie oord het alles wat nodig is, insluitend 'n Lapa met oprol sykante wat na die gelang van die weer opgerol of toegemaak kan word.
Die Oordeienaars hier jaag egter nie stergradering na nie, maar probeer die tariewe leefbaar hou sonder om kwaliteit en gerief in te boet.
More al die Kampers Jis ma die mense is maar stil. Seker maar die Winter. So hoe lyk dit waarna toe gan ons en wanneer? Hoor graag van die mense
Groete
Garth
Hi almal, die stilte noop my om maar voort te gaan om my Augustus kamp se bespreking te finaliseer anders verloor ons dit.
Hi Phillip Yip lyk my die mense is nie lus om in die winter te kamp nie.ons klomp het by ou skip maar bespreek vanaf 5 Aug tot 9 Aug .Darem nie te ver want die vrou moet ongelukkig die Maandag werk.lekker week vir almal
Kamp groete
Garth
Dit lyk dus of die September datum die aangewese een sal wees?
Ek reken ook so?
Daai Sept naweek lyk na almal se idee, dan is ek daar ook in, vir lekker kamp. Jammer ek kom nou eers hier maar het vir Ian mail gestuur en laat weet.
Geniet die kou dis lekker.
Hi Ian ons sal die kamp in Sept. vat want ons gaan kamp by Ou skip. Ek het vir jou n lang lys van kampe hier in die Wes-Kaap. Sal dit vir met ons volgende saamtrek gee. Groete
Jammer ek kon nie by julle kom kuier by Ou Skip nie...
Hierdie draad is darem baie stil, waar is al die kapenaars? Zigi, wanneer kom kamp jy weer vir 'n slag saam met ons klompie in die Kaap?
Wanneer kamp ons nou?
Dagsê Ian.
Ek was bitter lanklaas op die forum en het so half agter geraak met die kampery, veral die wat ek nie kon bywoon nie. Oom Dirk het my net vandag gevra of daar nie iewers 'n kamp aam die kom is nie. Ek merk dat hier in die kommentare gepraat word van die naweek van die 23/25 Sept. Ek sien toevallig op my almanak ons moet "baby sit" daardie naweek, maar ek sal graag wil waar die plek is waar daar gekamp wil word. Oupa en Ouma kan mos maar die naweek af kry om te gaan kamp!!!!
Laat weet asb wat is aan die gang
Hi Paul, ek sien Ian het jou nog nie geantwoord nie, hy verf dak!
Die kampterrein is: Van Zylsrus, dis op die Bottelarypad langs Kuilsriviergolfbaan. (Langs Protea Hoogte)
Groete
Baie dankie Minora. (Lyk my jy is regtig so skerp soos 'n minora blade!!)
Ek was net nie seker nie want die plek was genoem maar daar was ander kommentaar ook en toe wou ek maar seker maak. Fooitog - kan ons hom nie help as hy so hard aan die dak verf nie!!
Hi Minora
Ja beloftes maak skuld ne,jy het uitgemis Ons het my varkie ingewy .(Heel lekker baie dankie Nico) Dis darem n wenner
Sien julle op volgende kamp
Groete
net vir Christien
Die vallende Leeu
More maters. Kan ek maar die naweek van 23 tot 25 Sept bevestig vir die Van Zylsrus Saamtrek?
Julle moet my asb spoedig laat weet.
@ Garth - hier is 'n vreeslike Leeu op my werf met jou naam op!
Ek is in vir daardie naweek, ek hoop om die kamp te gebruik as 'n uitskut geleentheid vir die nuwe wa wat ons bou. So 'n naby kamp is ideal daarvoor. As ons gedurende die naweek besluit iets kort kan jy gou afry Builders Wharehouse toe om dit te kry.
Ek is in Ian
Dankie
Christo
Hi Ian jy moet daai leeu uithonger want ons speel die Bulls daai naweek en hy moet honger wees maat
Ons
Christien en Ben Hickman
Kobus en Elmarie Venter
is in
Groete
van die Leeu
Dis reg so Garth. Ek het die boodskap so deurgegee aan Heksie.
Die lys lyk tot dusver so:
- Ian Laing
- Derick Koekemoer
- Paul Swanepoel
- Philip Meyer
- Nico Els
- Christo Retief
- Garth & Lena Beck
- Christien en Ben Hickman
- Kobus en Elmarie Venter
Die belangstelling is groot. Die lys groei mooi. Om nie die plek te oorlaai nie, word die groep beperk tot 20 gesinne.
Die lys lyk tot dusver so:
- Ian Laing
- Derick Koekemoer
- Paul Swanepoel
- Philip Meyer
- Nico Els
- Christo Retief
- Garth & Lena Beck
- Christien en Ben Hickman
- Kobus en Elmarie Venter
- Tobias en Gerda Mostert
- Danie en Mariana Van Dyk
- Christo en Anneke Mynhardt
Alhoewel Avatara (VanZylsrus) om die draai van my huis is, kan ek ongelukkig nie die saamtrek bywoon nie want dan kamp ek in die Kruger Wildtuin. Avatara is 'n lieflike plekkie en ons het al vir 'n naweek saam met vriende daar uirgespan !
Len
Oom Len, julle moet die kuier in die Wildtuin geniet.
Oom Paul Swanepoel moet ongelukkig daai naweek kleinkinders oppas, so hulle sal nie kom kamp nie. hulle sal wel kom inloer. Oom Dirk Smit gaan saam kom kamp, so die lys lyk nou so:
- Ian Laing
- Derick Koekemoer
- Dirk Smit
- Philip Meyer
- Nico Els
- Christo Retief
- Garth & Lena Beck
- Christien en Ben Hickman
- Kobus en Elmarie Venter
- Tobias en Gerda Mostert
- Danie en Mariana Van Dyk
- Christo en Anneke Mynhardt
Ek het bevestig met John by Van Zylsrus. Ek het voorlopig 10 staanplekke bespreek. Koste is R160 per nag - maks 4 persone per staanplek. Laat weet asb so gou moontlik wie gaan saam. daar is ongeveer 20 staanplekke, so moenie bekommerd raak as daar meer as 10 besprekings is nie.
Die lys lyk tot dusver so:
- Ian Laing
- Derick Koekemoer
- Paul Swanepoel
- Philip Meyer
- Nico Els
- Christo Retief
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- Garth
- Frikadel
- RATEL
- Mariskab
- Rinus Lisse
- Danet
- MarkP
- Big G
- SHARK
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt
- Berno Punt
- PaulS
- Footloose
- Pieter Schultz
- Anton le Roux
- Gert Venter
- tworaptors
- WilleWillemien









.jpg)





Wens ek kon daar wees. Ons het in April 'n paar dae oorgestaan by van Zylsrus en dit was 'n fees. So vir die KApenaars wat die plek nie ken nie, ek kan dit aanbeveel.