Terugvoering - Klein Paradys Saamtrek: 28/10 tot 30/10
Nuwe forum onderwerpe
Eben,
BAIE dankie vir 'n wonderlikke Saamtrek !!!
Dit was die grootste WegSleep Forum Saamtrek nog en dit sonder 'n hele paar ouens wat dit op 99 nie kon maak nie.
Dankie elke lid wat saam met ons dit geniet het en ook die rugby wat 'n welvewrdiende spam dit tot die einde gemaak het, dan was daar die saam braai met weereens te veel kos om klaar te maak.
Dankie ook vir die klomp nuwe gesigte wat vir die eerste keer saam met ons gekamp het, hoop ons gaan julle nou gereeld op die saamtrekke sien, ONTHOU DIE VOLGENDE EEN 2012 IN BOTSEWANA !!!
Oubaas Venter,
Baie welkom saam met ons, hoop om jou ook meer gereeld te sien by die saamtrekke.
Ja dit is hy, kon net nie die Antie kry vir 'n foto nie.
Mooi Skippie

Skippie, as dit nie was dat ek moes swem agter my bril aan nie het ek dalk gewen... 
Ek glo jou Pontie!!!
HIER IS DIE WENNER! PA SE MEISIEKIND!!

Dankie vir Eben vir al die reelings.
Dit was moerse lekker en kan nie wag vir die volgende een nie! Die plek is baie mooi en sal my beslis weer sien.
Skippie, ek het ook vir oubaas afgeneem, net van 'n ander hoek!

Sal more nog so paar foto's laai.
Groetnis
Gerrit
Eben - Baie dankie vir n great naweek
Almal wat daar was en met wie ek en die gesin ontmoed het julle is great. ek ma en ons tiener het besluit die volgende saam trek in S A is ons daar.
Geluk aan Skippie se dogter met die eerste plek met die Kanoe wedvaart.
Pontie ek moet met jou saam stem daai bril het jou geboikot anders glo ek jy sou die wenner gewees het.
Dan ek wil julle net waarsku dat daar is net een persoon wat my van nou af mag swaeltjies noem , en dis NIE oubaas nie, daai ou is die ou wat se ketel die krag laat trip het sonder dat die ketel ingepug is sodra ons die fotos reg het sal julle sien wie dit is.(Chuck Norris en Bakies kan Gaanslaap)
Groete Die Swartetjies
Nogmaalsa Dankie Almal vir n baie baie lekker naweek hoop dat almal dit so geniet het soos ek en dat julle almal sonder probleme tuis gekom het.
Baie dankie, Ebies en almal van julle wat daar was. Dit was baie, BAIE lekker.
Veral om al die mense met wie ek gereeld gesels te ontmoet en dan natuurlik vir Oubaas ook. Wel...... jy kon my met 'n nat vis omslaan. Vir die van julle wat nog nie weet of seker is nie. Hy en die "Outannie" en die "kleinkind" het net agter my en net regs van Airbus gekamp.
Hy het darem kom verskoning maak dat hy nie sal kan toutrek nie omrede die Landie in die hospitaal is.
Lekker saam gekuier en sjol gepraat soos gewoonlik.
'n GrooooooOOOOOT dankie aan Chrisbeachbum vir al die hengellesse en geselsies oor die naweek. Dit was 'n besonderse voorreg om jou te ontmoet en jou hengelkennis en ervaring op te slurp. Ek het meer oor kushengel oor hierdie twee dae geleer as in my hele lewe en ek doen die ding al van kindsbeen af.
Een persoon het nie sy plastiektol kom haal nie en ek het hom toe maar vir iemand anders gegee. Laat weet maar wie jy is en ek kyk uit vir nog.
Dankie almal vir n pragtige naweek.
Die roeikompetisie was n lekker hoogtepunt, Ek hoop om later die week weer die volle gebruik van my arms terug te kry as die styfheid begin weggaan.
Dankie aan die borge van ons pryse.
Dankie manne. Dit was voorwaar 'n lekker naweek. Net Jammer dat ek ongelukkig nie die hele naweek daar kon wees nie. Dis lekkr om so 'n groot groep mense bymekaar te sien, veral as 'n wegsleep groep.
Waar was Oubaas? Was hy ooit daar?
Dankie vir ñ wonderlike naweek ons het dit terdee geniet,net jammer oor Vrydag aand se insident,ons het darem alles terug gekry.Dankie aan Klein Paradys se bestuur wat boeta se laaste skoen gesoek het totdat hulle hom gekry het.Eben jou reelings was puik.Jammer ons het nie opgedaag vir die foto nie maar ons was besig om ons skoene te soek!
Dankie vir ñ wonderlike naweek ons het dit terdee geniet,net jammer oor Vrydag aand se insident,ons het darem alles terug gekry.Dankie aan Klein Paradys se bestuur wat boeta se laaste skoen gesoek het totdat hulle hom gekry het.Eben jou reelings was puik.Jammer ons het nie opgedaag vir die foto nie maar ons was besig om ons skoene te soek!
Dankie vir ñ wonderlike naweek ons het dit terdee geniet,net jammer oor Vrydag aand se insident,ons het darem alles terug gekry.Dankie aan Klein Paradys se bestuur wat boeta se laaste skoen gesoek het totdat hulle hom gekry het.Eben jou reelings was puik.Jammer ons het nie opgedaag vir die foto nie maar ons was besig om ons skoene te soek!
Lyk my julle is maar traag met die laai van die foto's - of is julle nog in herstel mode na Saterdagaand? Ek gooi dan maar 'n paar mik-en-druk foto's om die bal aan die rol te sit en hoop die manne met die regte kameras deel hulle foto's ook hier.
Die was die uitsig van my stand
Rustigheid....
en nog rustigheid.....
Skippie alweer besig met kosmaak
Weer 'n suksesvolle Arrievarkie Chakalaka broodjie
Ek wonder of oubaas op die foto is......sien hom nie?
Nee, oubaas is ook nie op die foto nie...
Hier is Eddie
Skippie en Wilsur maak seker die foto's is reg
Eben het dit geniet....
Weereens baie dankie aan almal vir die lekker naweek.
Groetnis
Gerrit
Ons het baie lekker gekamp. Eben, dankie vir al jou reelings.
Aan die kamp bestuur:
Geen deposito vir die badkamer sleutels nie?
Geen ekstra betaal vir enige iets nie? Put-put , roeiboodjies???? niks???
Net R16 vir 'n ma-se sak droë sekelbos???
Dit voel amper asof ons julle geroof het. Terloops, daai swartbaars van julle het almal 'n swart-belt in vis-wees. Hulle byt, maar boetie jy moet skerp wees om vir hom te vang. Baie dankie dat julle bereid is om Eden met ons te deel.
Wessel,
Dit wil my voorkom ek het julle ook gemis, op watter staanplek was julle ? Dan moet julle net onthou met die volgende kamp om dié kamp se plaatjie by my te kry.
Ek vra GROOT ASB. julle wat foto's geneem het, stuur dit asb. vir Zigi by Zekron@weg.co.za in die groot formaat met 'n kort beskrywing van wie op die foto is en waaroor dit gaan sodat hy van dit in die tydskrif kan plaas.
WilSur, Ons het Saterdag tydens die foto sessie ons naam plaatjies gekry. Ons was op staanplek 101.
Ek wil ook net dankie se vir Eben en die res van die feeskommitee. Dit was baie lekker, en ons sal definitief weer saamkamp..
Willem die tannie gaan nie happy wees dat jy fotos van my plaas met brandewyn vlekke op my kleure nie. Nou gaan almal weer dink ons is kommin.
Wessel hulle was daar oorkant Airbus Willem. Sy vrou het bietjie met ons gesels toe Airbus haar gaan opjaag het om te help met die vis uit haal. Wessel was lyk my te besig om swartbars uit te trek.
So gepraat van Airbus. Die ou is so aan die gang, ek word uitasem net om vir hom te kyk. Sondag oogend 2 uur eers gaan slaap na ek gehelp het om sy monster karp uit die water te kry, en natuurlik nog fotos ook te neem van die vis, Toe ek 5 uur opstaan om gou draai te loop toe staan hy klaar weer daar met 'n baber in die hand.
Baie dankie aan almal wat hierdie Saamtrek bygewoon het.
Dit was absoluut groot pret gewees. Ek het sommer baie nuwe vriende gemaak, en glo ons sal gou mekaar raak kamp.
Ek wil dan ook dankie se aan Klein Paradys wat die Naweek geborg het. Aan Romeo van All Outdoors vir sy pryse en dan ook Swartetjie wat vorendag gekom het met nog uitstekende pryse.
Ook dankie aan Wegsleep vir die tydskrifte wat ons kon uitdeel. Gelukkig het ons meer as een per staanplek gekry, so nou kan ons almal die woord versprei. Leon Botha het ook n draai gemaak en lekker saam gekuier, dankie vir jou teenwoordigheid.
Dankie aan Skippie vir die Groep foto, asook Willem vir die Naam plaatjies en Saamtrek Plaatie.
Dan laastens maar nie die minste nie, wil ek dankie se aan Oubaas aka Spinnekop wat vir die kleingoed gehelp het met n Mini- Put Put kompetisie, en natuurlik sy vrymoedigheid om vir hulle elkeen n roomys te gee. Dankie ook vir die opruim Saterdag aand Mnr. Nag Uil / Oubaas by die Bring en Braai. Dan hoor ek nog by Airbus van daardie 6 kg +++ karp wat julle Sondag oggend 1 uur uitgetrek het sonder n vang net.
Moet sê.......dit was die eerste keer dat ek daar kom en beslis nie die laaste nie.
Oubaas kan ook visvang, hoor. Bruinbrood en brandy as doepa. Hy het darem 'n byt gekry.
Baie dankie Eben vir 'n baie lekker naweek. Baie dankie aan al die manne wat ons Vrydag aand gehelp het toe ons in die modder vasgesit het toe ons wou omdraai om by ons staan plek te kan uitkom. As dit nie vir julle was nie, het ons seker nog steeds net daar gestaan. Hennie baie dankie dat jy van die anderkant af oorgekom het om ook te kom help en ook met die hulp om die wa op sy plek te kry en weer daar uit te kry.
Groete
Rachel & Johnny
HEHE Eben as Airbus 'n vis vang stop niemand hom nie. Hy stuur my eers met die flits (want die krag was toe uit) om iewers langs die oewers 'n net te gaan soek. Hy het gese ek moet daar by Gert Venter hulle se staanplekke gaan kyk. Ek het al gesien hoe skryf die mense hier op die forum hoe oubaas rondsluip in die aande en visgerei steel.
Toe ek niks kry nie, moes ek die stok vashou en hy is toe in die donker in opsoek na 'n skepnet. Ook lee hande terug gekom, maar my wel baie ernstig vertel hoe hy sy flits in Gert Venter se oe geskyn het deur sy tent en gese het hy moet opstaan en kom help, maar dat Gert nie wil wakker word nie. Ek dink dit is dalk goed dat hy nie wakker geword het nie, want anders was hy dalk so bietjie kwaad daai tyd van die oggend ure.
@ Rachel & Johnny,
Step # 1: Onthou die Tent
Step # 2 : Kyk of jy Step # 1 gedoen het.
Step # 3 : ...... LOL
Dit het vir my gelyk of die naweek amper te rustig was met die dat ons Saterdag middag 'n draai gaan stap en vir swartetjies so sien le.
Ek wil ook net vir Eben dankie se die naweek was baie lekker, net jammer ek moes oor die naweek werk ook.
Ek kon ook nie die kans mis om my pa se crocs daar te gaan neer sit nie, omdat hy die goed net op 'n plek uitskop en daar los
Eben
Darem was die oppak baie maklik en vinnig. Wonder of ons nie maar die tent elke keer moet "vergeet" nie.
Wys jou nou net as jy te veel hulp het wanneer jy opslaan. En hierdie een gaan ons nie maklik vergeet nie.
Eben,
Baie dankie vir 'n wonderlike en goed gereelde naweek ons het dit terdee geniet.
Dit was weer lekker om weer die kampers te kon sien wat ons leer ken het op die Bosfontein saamtrek. Oor die lekker saam rugby kyk en die braai daarna was tops en het ek weereens nuwe mense leer ken en natuurlik ook vir Oubaas..,. wat 'n aangename verrassing, die Oubaas het skoon die wind uit my seile gehaal....
Weereens dankie vir al die reelings, ons kyk uit na die volgende kamp....
Groetnis
Weer eens groot dankie aan Eben met al die reelings. Silke kampe maak dit die moeitewerd om so ver te ry. Die atmosveer was net in die regte gees. Dit was ok so amper of ek was nie daar maar het betyds my sleepvoertuig reg gehad.
Sien almal weer by die volgende saamtrek. Lion Park Botswana. Ai, hier begin die groot werk alweer.
... Ons het Saterdag tydens die foto sessie ons naam plaatjies gekry. ...
Dankie Wessel, dit kom daarvan as ek nie die merkie dadelik maak nie.
Eben dankie vir die kamp en reelings. Alles het goed gegaan en die Lions bring toe ook hul kant en maak dit nog lekkerder. Johnny en Rachel dankie vir die ontbyt die volgende een is op my, die menu: voorgereg Koue bier, Hoof maal spek en scramble eiers (ek kan nie die ander doen nie) met 'n glas wyn sommer die boks soort. Nagereg, Sommer so 'n klomp dop.
Dankie en groete van staanplek tot staanplek.
- 1
- 2
- 3
- 4
- volgende >
- laaste >>
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Rinus Lisse
- Garth
- Mariskab
- Danet
- MarkP
- Big G
- RATEL
- SHARK
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt
- Berno Punt
- evert
- PaulS
- Footloose
- Pieter Schultz
- Anton le Roux
- Gert Venter
- tworaptors
- WilleWillemien









.jpg)











Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto
Ja Willem, dankie aan almal wat saam gekamp het - dit was great!!
Hoekom was Oubaas nie op die groep foto nie?
TOEMAAAAAAR ...............Ek het hom in die Tuin van Eeden gekry!!
Goeiewense - Pieter