Skurwekop Saamtrek 15 tot 19 Junie 2011

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Die mense het gestem en dit is dus amptelik: Ons gaan Skurwekop toe!

Ek heg die Tariewe aan vir jul kennisname. Ons sal 4 nagte daar wees. Ek het vir Marina 'n E-pos gestuur en gevra dat sy die Bankbesonderhede vir my aanstuur. 

SKURWEKOP  TARIEWE  PER  NAG

                                                                                                                                   

R240.00 per plot                         4 persone + 1 voertuig                                                             

 

Vir ekstra voertuig                      R20.00 (eenmalige bedrag)                                              

 

Maksimum 6 p/plot         =             R60.00 p/p ekstra = Ouer as 12 jr.                                   

                                                         R35.00 p/p ekstra = Jonger as 12 jr.                                                         

Ek sal later laat weet of hulle 'n 50% deposito vereis of volle betaling. 

Ek het gevra dat hulle my laat weet of hulle 'n groepstarief het of nie. 

Die voorlopige lys lyk soos volg:

  1. Ian, Dalene en Carina Laing  - 3 volwassenes
  2. Nico en Cathy Els - 2 volw
  3. Derick en Jean Koekemoer - 3 volw + 1 kind
  4. Jaco Zaayman - 2 volw + 2 kinders
  5. Christo Sparks - 2 volw + 2 kinders
  6. Nikky Oosthuisen - Wegsleep
  7. Nicky v d Westhuisen - 2 volw  + 3 kinders
  8. Phillip Meyer - 2 Volw  + 2 kinders
  9. Paul Swanepoel - 2 volw
  10. Dirk Smit - 2 Volw

Boskamper
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 672
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gordons Baai
Ek sleep 'n Enig-iets wat gehaak kan word en wil saam, See toe, Bos toe, Berge toe, Plaas toe of sommer net kuier. met 'n Colt 2.6 4x4, Colt met Forkie aandrywing

 Waar is Skurwe kop, kry nie die plek in my Koputer nie, en is nie lus vir soek nie, se maar net

Tjops, doringkole en goeie geselskap innie natuur daai's nou eers lekke

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 616
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Hi Nico

Dis naby Robertson. As jy van Worcester af ry gaan jy oor Goree hoogte. Wanneer jy teen die bult afsak sien jy Robertson so paar km voor jou. Jy sal dan 'n bord kry wat wys Skurwekop regs. Die oord is ongeveer 2 km van die afdraai af langs die Bree Rivier

Groete

Aubrey

<

Phillip Meyer
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Giggel Geel Boswa met 'n Nissan Pathfinder 2.5

Dankie Ian

Ons en die Giggel Geel boswa is dan bevestig.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

quote=Boskamper]

 Waar is Skurwe kop, kry nie die plek in my Koputer nie, en is nie lus vir soek nie, se maar net

[/quote]

Sit hom net eers aan:  http://www.skurwekop.co.za/

Boskamper
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 672
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gordons Baai
Ek sleep 'n Enig-iets wat gehaak kan word en wil saam, See toe, Bos toe, Berge toe, Plaas toe of sommer net kuier. met 'n Colt 2.6 4x4, Colt met Forkie aandrywing

 Wisur,

Daai skryf is soos ek se, die kop-puter, en op die oomblik kon ek hom net nie plaas nie, 'n blonde oomblik, dankie  Aubrey, sal nie weer vergeet nie.

 

Tjops, doringkole en goeie geselskap innie natuur daai's nou eers lekke

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Goed maters, hier is die hele storie:

Ek en Marina by Skurwekop het gesels en die tariewe lyk soos volg:

 

SKURWEKOP  TARIEWE  PER  NAG

                                                                                                                                   

R220.00 per plot                         4 persone + 1 voertuig                                                             

 

Vir ekstra voertuig                      R20.00 (eenmalige bedrag)                                              

 

Maksimum 6 p/plot         =             R55.00 p/p ekstra = Ouer as 12 jr.                                   

                                                         R35.00 p/p ekstra = Jonger as 12 jr.   

Die aangehegde aansoekvorm moet asb so gou moontlik voltooi word en aan Marina gestuur word. Meld asb. op die aansoekvorm dat die aansoek vir die Wegsleep kamp is. Stuur asb 'n kopie van jul aansoek aan my by eensleep@vodamail.co.za sodat ek die besprekingslys kan byhou. 

Let wel: Alle fooie moet asb teen Vrydag 6 Mei 2011 betaal wees 

 

 

AanhegselGrootte
1.___Skurwekop_Aansoek.doc 83.5 KB
Maggie
Nuweling
Aangesluit: 26/03/2011
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Hi Ian Garth hierdie kant, Jy kan solank ons groepie insit hoor Maar ons sal eers van die 16de

Garth en Lena + twee volwasenes

Kobus en Elmarie + twee volwasenes

Andrew en Debbie Tentatief

Ben en Christien + twee volwasenes tentatief

Groete

Garth

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Dankie vir die nuus Garth (Maggie?) 

Die opgedateerde lys lyk dus soos volg:

 

  1. Ian, Dalene en Carina Laing  - 3 volwassenes
  2. Nico en Cathy Els - 2 volw
  3. Derick en Jean Koekemoer - 3 volw + 1 kind
  4. Jaco Zaayman - 2 volw + 2 kinders
  5. Christo Sparks - 2 volw + 2 kinders
  6. Nikky Oosthuisen - Wegsleep
  7. Nicky v d Westhuisen - 2 volw  + 3 kinders
  8. Phillip Meyer - 2 Volw  + 2 kinders
  9. Paul Swanepoel - 2 volw
  10. Dirk Smit - 2 Volw
  11. Garth en Lena Beck + twee volwasenes
  12. Kobus en Elmarie Venter + twee volwasenes
  13. Andrew en Debbie JohnstoneTentatief
  14. Ben en Christene Hickman + twee volwasenes tentatief
Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

More Ian

Nou net confirmation gekry dat Ben en Christien definitief in is,wag vir Andrew en Debbie (Maggie is Lena sy wil haar eie se he oppie forum,(Power to the women and all)

Groete

Garth (nog steeds n Leeu ondersteuner) 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Maggie wrote:

Hi Ian Garth hierdie kant, ........

Groete
Garth

He-he-he-he

Wat het geword van die ou Garth van die ou Transvaal se rugby ???

Of is dit dalk Lena ???

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

Nee die leeu is nog hier Lena(maggie) wou haar eie log in he

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Ek wag vir die Besprekingsvorms om deur te kom. Tot dusver het ek nog net Garth en Phillip se vorms ontvang. Laai die besprekingsvorm  bo by boodskap #6 af en vul dit elektronies in.

Onthou om 'n kopie aan my te stuur : eensleep@vodamail.co.za

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Nou hoekom is die Kapenaars so skaars hier?

 

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

Hi Ian

Lyk my jy sukkel om die vorms in te kry, se my waar op die web tuiste kan ek die naam plaaitjies bestel vir die Karavaan?

Geniet die res van jou dag,

Groete

Garth 

kobusv
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 26
Gebruiker van lyn af.

Hallo Ian

Ons gaan saam kom wat wil sal seker nie 'n lang naweek daarvan kan maak nie. Net welkom se aan Maggie, wonder hoekom Trapsuutjies so suutjies is.

 

Kamp Groete

Kobus

trapsoetjie
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 168
Gebruiker van lyn af.

Trapsoetjies, trap suutjies hier rond.

Ons is ook nog reg vir die geveg..

In vir 'n ding. Bring daai rooikoeldrank hier kom moeilikheid.....

Groetjies

 

 

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

Hi Ian

Net om te bevestig met jou Ben en Christien Hickman gan nou nie meer saam nie so Ek ,Kobus en Andrew met ons Fam gaan nog. 

Kamp groete

Leeu ondersteuner

ps:Het n Heerlike tydjie gehad by Mountain breeze die pas afgelope lang naweek,dit bly n wenner kamp plek

 

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Middag Garth. Ek kom nou van Ben af. Ek het gou gaan raad soek met 'n Toyota. Hy het my gese hulle sal nie kan saamkom nie. Hoop Andrew kry daai Ford se sleepstang gou uitgesorteer. 

Andrew en Kobus moet asb hul aansoekvorms deurstuur aan my en Marina.

Waar is die res van die Forumiete?

 

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

Ek sal nou weer met hulle praat om die forums in te kry

Groete

trapsoetjie
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 168
Gebruiker van lyn af.

Wat gaan aan dat hier niks aangaan nie...

 

Ja kyk, Ian ek hoop Andrew kry daai sleepstang reg, ek glo nie my arms is lank genoeg nie. 

 

Ek kan nie meer wag nie, hoop net ek kan die vrydag afkry anders is dit deur ry vir my...

 

 

 

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

Hi Ian Enige nuus oor die bank besonderhede  vir Skurwekop sodat ons die oorplasing kan doen.

Groete

Garth

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Het Marina nie vir julle terug geantwoord met die koste en bankbesonderhede nie?

 

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

Nee maar sal hulle maar gou n luitjie gee en hoor wat is wat

Dankie

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

Hi Ian

Het met Marina gepraat.

Die Bank besonderhede is soos volg

Skurwekop Park

Nedbank Loopende rek

 Bank Kode ; 128505

Rek Nr: 1285099877

Groete

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Lyk my die Kapenaars is bang vir die winterweer?

Komaan mense!

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 616
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Hi Ian

Jy is reg. Verlede jaar daardie tyd was ons in die Karoo Nasionale Park en het gedood van die koue, met sneeu ens. My vrou wil nie meer Junie / Julie in die Kaap kamp nie. Ek kan haar oorreed, maar my eintlike verskoning is dat ons 'n week na daardie naweek Addo en Tsitsikamma toe gaan, ongelukkig in chalets.

Groete en ek hoop die lysie groei mooi

Aubrey

<

Sparkie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 17/01/2010
Inskrywings: 70
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 1997 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Nissan Navara 4.0 V6 4x2

More Almal

Ian ek sal moet kanselleer. Ek sit met waterskade op my karevaan en julle weet wat dit gaan kos om reg te maak. My karevaan lyk soos 'n duikboot met sif deure. Ek wag dat die karevaan kan ingaan om te hoor wat die skakel gaan wees en die keer dink ek, ek gaan nie goedkoop wegkom nie.Water het binne in my kaste gele. My kos en kinders se klere was sopnat gewees. Selfs my yskas het water gekry. Glo my ek is tans nie 'n baie gelukkige mens as dit kom by my karevaan kom nie. 

Jammer daaroor,maar ek gaan die een ook 'n skip moet gee.

Groetnis

 

 

Kom kuier saam

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Christo, dis nou 'n geneuk. Dit klink dan so al asof jy 'n swembad met 'n deur en wiele het. Kon julle al agterkom waar die water ingekom het?

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Ian, ek het sopas die registrasievorm vir hulle en ook aan jou gestuur, ek is nog steeds in!

Groete

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

More Ian

Hoeveel van ons gaan nog ? Wat is die nuutste lys wat jy het, want dit lyk sowaar of die ouens bang is vir die Winter.

Groete

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 44 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • Rinus Lisse
  • Danet
  • Big G
  • RATEL
  • SHARK
  • Garth
  • Hendrik Craukamp
  • Harry Du Randt
  • Berno Punt
  • Mariskab
  • evert
  • PaulS
  • Footloose
  • Pieter Schultz
  • Anton le Roux
  • Gert Venter
  • tworaptors
  • WilleWillemien

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.