Saamtrek Lion park Botswana 30 Sep - 2 Okt 2011
Dagse Mense
Lyk my daar is baie belangstelling vir die Saamtrek. Hier volg datums wat op besluit kan word en ander datums kan ook voorgestel word deur lede.
30 April 2011 - 2 Mei 2011 Langnaweek SA en Bots
30 September 2011 - 2 Oktober 2011 Langnaweek Bots
Dis die 2 datums wat ek in gedagte het. Meer voorstelle welkom.Ek het klaar met bestuur gesels van die park. Hy wag net vir antwoorde van my en getalle.Daar is 14 staanplekke met skadie, krag en water punte. Dan is daar 5 Staanplekke net met kragpunte. 20 staanplekke is meer vir die bos waens en treilers maar gewoone woonwans kan ook daar staan.
Hulle webwerf weer. www.lionpark.co.bw
Hoor graag van julle kampers.
Eddie
Ek is ook eers reg vir 2012.
Die jaar maart is Weskus en Nam.

Hoeveel kilometer is dit omtrent van Pretoria af?
Ryno
Maar net 400 Km vanaf Pta of Jhb
Eddie
Eddie
As jy hierdie kamp kan reel vir die einde April 2011 is ek en Bill beslis in. Ons is daardie tyd reeds in Botswana vir 'n maand.
So hou ons asb op hoogte vir wanneer dit gereel is. As jy my nie hier sien nie, e-mail my sommer by marlovdb@telkomsa.net. Ek toer nogal gereeld en is nie vreeslik baie op die webwerf nie.
Groete
Marlo
Eddie
Beide datums pas my. Hoop dit realiseer want met jou kuiertjie laas hier by my het ek belowe om daar in jou geweste te kom kuier.
En net om die ander jaloers te maak: Gabarone is mos net so 120km van Zeerust af!!!!
As die manne nou mooi vra sal ek probeer reel dat die spietkops hulle nie aftrek as hulle duer Zeerust suiker met hul woonwaens nie
Eddie
Ek wil graag my eendjies in 'n ry kry. Het jy dalk al besluit oor die Botswana saamtrek?
Dagse kampers
Die volgende datums is dan soos volg.
30 April 2011 - 2 Mei 2011 sal dan wees u Gewoone kamp. Al die mede kampers is nog welkom om saam te kamp. Daar gaan heelwat van my Botswana vriende ok kamp daai naweek.
Amptelik sal die saamtrek die naweek van 30 September 2011 - 2 Oktober 2011 wees. Dit sal genoeg tyd wees om te beplan en na die kalenders te kyk. Die SA skoole sien ek sluit ook die 30 September 2011 waar dit u Lang naweek is in Botswana.
Gooi maar met die bespreekings.
Eddie
Eddie
Bespreek ons deur jou of moet elkeen Lion Park kontak vir besprekings.
Wat is al die vereistes om met motor en woonwa deur grenspos te gaan? kan jy vir ons oningeligtes 'n volledige lysie gee asb.
Kamp Vriende
Die Volgende is Nodig om oor die Grens te kom met voertuig en woonwa:-
Voertuig en woonwa dokumentasie/ regestrasie papiere, P 170-00 vir permitte (voertuig / woonwa) wat uit die volgende bestaan. Voertuig - P20-00 road disk ,P40-00 Tempery Permit en P50-00 Road accident Insurens. Woonwa / Trailer P 20-00 road disk en P 40-00 Tempery Permit.
U maksimum van 20Kg vleis wat vacuum verpak is en 2 dosyn bier en 2 x bottels drank (wisky/brandy ens). Suiwel produkte weet ek nie wat oor grens gaan nie maar die lys is baie klein wat ek weet van. Die morrel van die saak is ek gebruik die Swartkopfontein Grenspos en het my nog nooit gevra oor bo genoemde ietems en wat hoeveelhede daar was. Die geheim is wees openlik en vriendelik met grenspos beamptes en jys deur in u japtrap.
Grenspos tye :- Kopfontein/Klokweng Open 06H00 - 22H00 Swartkopfontein/Ramotswa 06H00 - 19H00 . Ek sal sterk die Swartkopfontein/ Ramotswa grenspos aanbeveel en is die naaste/maklikste om by die park uit te kom.
Bespreekings :- Gee jou naam op. Ek sal dit doen as u groep bespreeking. Dit sal net vir julle kamp maters beter wees om een punt bespreeking te doen (dit sal al die kopseere spaar).
Enige informasie nog nodig, Skreee ma.
Eddie
More Eddie
Met 'n skok gisteraand agtergekom dat vroulief se paspoort verval het. Ek stuur haar vandag nog na Binnelandse Sake vir 'n hernuwing en om uit te vind hoe lank dit sal neem.
Ek kom dus terug na jou oor die bespreking.
Mens moet seker ook jou Versekerings maatskappy in kennis stel van jou reis?
Eddie,
Sit my op vir 30 September 2011 - 2 Oktober 2011
Ons gaan 2 voertuie wees met 2 boswaens, so 4 groot mense en 4 kinders.
Dankie
Eddie
Vroulief het toe aansoek gedoen om hernuwing van haar paspoort en is ek vol vertroue dat ons die Botswana kamp gaan meemaak vir 30 April tot 2 Mei.
ons gesels weer later
Obie ek sien jy sal vir volg botswana saam trek die half weg stasie word. Jy sal maaar by `n skool of iewers moet oornag plek reel. 
Geen probleem nie Arrie. So 5 km uit die dorp is 'n juweel van 'n kampplek nl Andre van der Merwe se plek waar jaarliks die 4x4 saamtrek is. Ek het al daar gekamp is beslis die moeite werd. Dit gaan egter afhang van by watter grenspos die beste gaan wees om in te gaan. Ek sien Eddie stel voor Swartkopfontein/ Ramotswa vir die Lion Park saamtrek. Daar is 'n kampplek tussen Zeerust en hierdie grenspos maar wil ek self eers daar gaan inloer en na die oornaggeriewe gaan kyk.
Eddie, ons wag nog vir Milie se paspoort maar is die beplanning steeds om te kom saamkamp 30 April tot 2 Mei. .
Obie
Dis reg.Het al reeds bespreekings begin maak en is daar al heelwat SA ouens wat saam met ons gaan kamp. Weet nog nie of dit die forum lede is nie maar sal nog uitvind. Ek werk hard om die ouens in Botswana se arem te draai om saam te kamp, maar waar is die ouens wat paspoorte het. Wil julle nie saam kamp veral julle wat nog nie plek gekry het nie.
Hoop daai Paspoort kom gou.
Eddie
Eddie, sal jou laat weet as kom maar baie positief dat dit betyds sal wees. Sal baie graag bietjie weer Botwana wil besoek. Was nog net daar om gholf te speel maar dis ook lank gelede
Obie
Jy gaan u skok kry as jy gaan sien hoe groot Gaborone uit gebrei het met die jaare deur. Hy`s besig om uit sy nate te bars.Maar hoor graag van julle.
Eddie
Dagse Mense
Die gene wat nog saam wil kom kamp is nog meer as welkom. Daar is nog heelwat plek vir die vriendskaplike naweek van 30 April - 2 Mei vir die gene wat nie plek kon kry. Belangstelledes kan maar al hul bespreeking deur my doen. Ek sal al die nodige bespreekings doen
Saamtrek vir Naweek 30 Sep - 2 Oktober gaan maar slakepas. Sover al 4 Bespreekings. Dit Klink nog ver maar julle kan maar bespreek. Ek sal u lys plaas in Mei sodat almal kan sien waar ons trek so ver.
Kamp Groete
Eddie
Eddie,
Ek kyk nou na die 2012 kalender en sien daar is 'n paar SA vakansie dae, miskien is dit beter om vir ons dan 'n kamp te reel want dit is nie om die draai vir 'n gewone naweek nie en dit sal seker ook bietjie warmer wees daar by julle.
Dit is na die Paas naweek en die 30ste is 'n skool vakansie dag.
| 2012 | D | V | S | S | M | D | W | ||
| April | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||||
| Mei | 1 | 2 | |||||||
Wat dink julle ander, dan maak ons dit sommer 'n WegSleep Saamtrek buite SA ???
Eddie
Jammer, kon toe nie die die afgelope naweek met julle deel te Botswana nie maar ons is defnitief in vir die Sept/Okt naweek sou dit voortgaan.
Eddie
Ek het nou al op wegsleep se web gepleit vir hulp oor Botswana se paaie maar lyk my nie ouens kom terug nie. Kan jy help asb. Ek was nog nooit in Botswana nie..dus ken ek nie die paaie nie. Ons (ek en my vrou wil eers in die Ghalagadi gaan kuier en so die 30ste Mei 2011 Botswana binne kom . Ek ry 'n 2500 Mazda 2by4 drifter en sleep 'n Bosvelder wat lekker ry op rowwe paaie. Maar ek is onseker oor sandpaaie wat ek verneem op van die paaie is.(Sien jy ek weet niks) Ons wil na die noorde ry na die Zambezi Park . Kan jy 'n grenspos aanbeveel met 'n redelike pad en kampe langs die pad in Botswana na die noorde wat veilig is. Ons hou daarvan om so 3-4ure te ry en te kamp. Dit laat mens meer plekke sien en geniet want dan jaag mens nie so nie.
Ek het gelees wat jy sê ons moet hê om in te kom dankie. Laaste vraag. Kan mens alleen ry of moet jy verkieslik in 'n groep ry?
Dit lyk my die beste om te begin by Gaborone, Francis Town, Nata en noord.
Hier is die Lys van name so ver ek dit het.
| Botswana LionPark Saamtrek | 30 Sept 2011 - 2 Okt 2011 | |||
| Volw | Kind | |||
| Eddie Laing | Botswana | 1 | ||
| Obie | Zeerust | 2 | ||
| Deewee | Witbank | 2 | 2 | |
| Deewee | Witbank | 2 | 2 | |
| Werner de Beer | Botswana | 2 | 2 | |
| Riehan Roux | Botswana | 1 |
Laat weer maar as ek jou naam kan op die lys by voeg.
Hoe meer siele,hoe grooter die vreegde.
Eddie
Obie
Moenie jammer wees nie. Jy was nie die eenigste een wat dit nie kon gemaak het nie. Veele andere het gekanseleer weens die weer wat so ongurug was, Maar die hantjie vol mense wat daar was Het ons u hond uit `n bos gekamp met al die reen en koue dae saam. Gelukkig het die Leeus ons nagte vervul met hul gebrule deur die nag. Wonderluk gewees om Tau & Shiela (Leeu`s) se twee kinders te kon sien wat al reedelik groot geword het.
Willem
Daai datum wat jy noem klink besonders goed. Laat ons dit op sit vir verkiesing (klink ek nou soos u politikus). Laat ons hoor wat se die ander Forum lede. Hoor graag van julle ander.
Eddie,
Stuur vir Nikky 'n e-pos en vra sy moet 'n draad begin vir die stemming.
Nico hoe ver is die lion park van jou af.
Arrie
Vanaf Zeerust deur die grens tot by die Lion Park Resort is dit maar net 105 Km. Vanaf Bethlehem Sal dit vir jou net 605 Km wees tot by ons.
Vir Die Mede Kampers
Teen die tyd wat ons gaan kamp, Het ek gehoor dat die park begin uitbry en al die uitbreidings sal klaar wees teen daai tyd. Toe ek laas naweek daar gekamp het kon ek sien hulle het begin met die uitbreiding. Daar gaan genoeg wees om te doen. Geen verveelige oomblik vir oud of jonk.
More Eddie
Wat is die kostes van die park ons sa; seler 4 volwassenes wees
kan ek met `n gewone Isuzu ry tot daaar met `n gewone ventertjie
hoeveel km grond pad en hoeveel teerpad
mag ons rou vleis deur vat of nie
Kamp Vriende
Die Volgende is Nodig om oor die Grens te kom met voertuig en woonwa:-
Voertuig en woonwa dokumentasie/ regestrasie papiere, P 170-00 vir permitte (voertuig / woonwa) wat uit die volgende bestaan. Voertuig - P20-00 road disk ,P40-00 Tempery Permit en P50-00 Road accident Insurens. Woonwa / Trailer P 20-00 road disk en P 40-00 Tempery Permit.
U maksimum van 20Kg vleis wat vacuum verpak is en 2 dosyn bier en 2 x bottels drank (wisky/brandy ens). Suiwel produkte weet ek nie wat oor grens gaan nie maar die lys is baie klein wat ek weet van. Die morrel van die saak is ek gebruik die Swartkopfontein Grenspos en het my nog nooit gevra oor bo genoemde ietems en wat hoeveelhede daar was. Die geheim is wees openlik en vriendelik met grenspos beamptes en jys deur in u japtrap.
Grenspos tye :- Kopfontein/Klokweng Open 06H00 - 22H00 Swartkopfontein/Ramotswa 06H00 - 19H00 . Ek sal sterk die Swartkopfontein/ Ramotswa grenspos aanbeveel en is die naaste/maklikste om by die park uit te kom.
Bespreekings :- Gee jou naam op. Ek sal dit doen as u groep bespreeking. Dit sal net vir julle kamp maters beter wees om een punt bespreeking te doen (dit sal al die kopseere spaar).
Enige informasie nog nodig, Skreee ma.
Eddie
Arrie,
Hier is info wat jy soek by #10
Eddie,
Kan ek met n ryhuis wat nogal hoog is daar inkom?
Wat is als by die park te doen veral vir kinders?
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Big G
- Rinus Lisse
- Hendrik Craukamp
- RATEL
- Garth
- Danet
- Harry Du Randt
- SHARK
- MarkP
- Berno Punt
- Mariskab
- evert
- PaulS
- Footloose
- Pieter Schultz
- Anton le Roux
- Gert Venter
- tworaptors
- WilleWillemien
- Christo de Wit
- Janwillem
- Pieter Rheeder
- Spikkels
- JCKorf






.jpg)





Eddie,
Kyk jy nou eers vir 2011 ???
Gaan jy later 'n draad begin vir 2012 ???