Mountain Breeze Saamtrek - 25 tot 27 Nov 2011
Nuwe forum onderwerpe
Na die naweek se Leentjiesklip Saamtrek was die algemene gevoel dat ons nog 'n Saamtrek moet hê voor die Desember vakansie.
Ek het dus werk gemaak van die versoek (opdrag) en plek gekry by Mountain Breeze. Die koste vir die naweek beloop R300 vir 4 persone per staanplek. Ek het 20 staanplekke bespreek
Die besprekingslys lyk reeds soos volg:
- Ian Laing
- Christo Retief
- Petrus Marais
- Anton Meyer
- Lourie De Wet
- Garth Beck
- Kobus Venter
- Andrew Johnstone
- Ben Hickman
- Philip Meyer
- Nikky v d Westhuizen
Jipp jipp jipppppiiiieeee, ek hou van Mountain Breeze. Dankie Ian.
hoeveel staan plekke is daar
Johan wil jy weer vir Brackenfell leeg maak.
Daar is nog 'n karavaanklub, so ons het 20 staanplekke waarvan 9 nog beskikbaar is.
Nee kyk, Ian. Nou raak dit te erg, maar as daar soveel wyn om my was, sou ek ook gereeld die saamtrek-ding wou doen.
Willie, die geneuk is dat mens later moeg raak van al die wyn om jou en vergeet daar is so iets om jou. Ek woon regoor 'n kelder in Paarl en later ruik jy nie eens meer die wyn en doppe nie.
Die lot is nou verslaaf aan die Saamtrek ding - amper so erg soos die Forum!
Hi Ian, Dirk en Kitti kom ook saam sit hul naam op die lys asseblief.
thanks
Ek maak so Kobus.
- Ian Laing
- Christo Retief
- Petrus Marais
- Anton Meyer
- Lourie De Wet
- Garth Beck
- Kobus Venter
- Andrew Johnstone
- Ben Hickman
- Philip Meyer
- Nikky v d Westhuizen
- Dirk en Kitti Swart
- Godfrey Gordon
Nog 7 staanplekke beskikbaar
Hi Ian
As ons nog een volwassene en 1 kind kan saambring (teen watookal die ekstra koste is), sal ek ook graag wil bespreek. Dis dan ek, Noeleen, ons 2 kinders, en nog 1 volwassene en een kind.
Die saak is reg so Jaco. Ek glo nie daar sal probleme wees met die ekstra persone by julle nie. Ek sal weet wat die ekstra koste is, indien enige.
Die besprekings staan dus so:
- Ian Laing
- Christo Retief
- Petrus Marais
- Anton Meyer
- Lourie De Wet
- Garth Beck
- Kobus Venter
- Andrew Johnstone
- Ben Hickman
- Philip Meyer
- Nikky v d Westhuizen
- Dirk en Kitti Swart
- Godfrey Gordon
- Jaco Zaayman
Hallo almal is weer terug na lang tyd. Dinge klink lekker hier sien uit daarna om almal weer volgende naweek te sien, was lanklaas op kamp gewees.
Groete
Nicky(HAAI)
Hi almal
Wil net baie dankie se vir almal wat die naweek vir ons moontlik maak, ek kan nie vir julle se hoe baie dit vir ons beteken nie. Daar is nie genoeg woorde wat dit kan beskryf nie , maar weereens baie dankie.

Groete
Nicky(Haai)
Dis lekker om weer hier van julle te hoor Nikky. Ons sien ook uit na jul kuier. Ek vermoed die naweek mag dalk weereens te kort wees om al die gesels in te haal!
HELLO julle !
Ek sal maar weer by die huis moet bly!
Julle moet lekker kamp!
Gelukkig is des-vakansie nie ver nie.
Hi Almal
Lyk my nie baie mense lus vir die kuie rnie maar ons sien uit daarna Sal goed wees om my ou Haai maat te sien vir n slag.Hosa Weekend 
Kamp groete van die Leeu
Hallo Slepers
Ek sien dis alweer tyd vir die volgende saamtrek. Ek's egter nog besig met foto's van die vorige een, en wil graag weet of iemand kan help met die naam vir die man wat die vrag hout so staan en bekyk.
Baie dankie
Charles
Charles,
Jou foto maak nie heeltemal oop nie, op altwee drade waar jy hom geplaas het.
Hallo, WilSur
Ek wonder of dit sal werk as jy 'refresh' aan jou kant. Die foto wys op beide my bure hier by die werk se rekenaars as julle die forumskakel oopmaak.
As hy nie werk nie, laat weet, dan e-pos ek die foto direk vir jou.
Groete,
Charles
Charles,
Het al 'n paar keer dit gedoen en ook "f5" gedruk maar dit is wat ek sien, net gedink die ander daar onder sin doen die selfde.
Right, Wilsur, ek het hom nou direk aan jou gestuur per e-pos hier via die forum. Kom ons hoop dit werk.
Groete, Charles
Kom ons kyk as ek hom kleiner as 100 kb maak of hy dan maklikker laai.
[1] (Medium).jpg)
Yep, ek sien hy laai mooi, baie dankie.
Ek sal darm graag wil saam kamp maar het Sondag aand toe ons terug kom vanaf Leentjies klip deur my karavaan se vloer getrap by die deur en het nog nie tyd gekry om dit reg te maak nie, maar ek sal die Saterdag oggend 'n draai kom maak omdat ek goed bty Ian moet kry. En o Ja Ma het gesê voor ons weer gaan kamp moet ek eers 'n nuwe matras vir ons bet in die wa kry want die is uitgeslaap en sy slaap nie lekker nie. So daar lê nog baie werk vir my voor voor ek eers weer kan gaan kamp
Johan, moet ek die plaat vir daai vloer se regmaak ook saambring? Ek sal hom meet op my wa en op die se grootte sny.
Phillip Meyer het laat weet hulle sal die naweek nie kan meemaak nie. Hulle sal dalk kom kuier.
Die lys lyk dus so:
- Ian Laing
- Christo Retief
- Petrus Marais
- Anton Meyer
- Lourie De Wet
- Garth Beck
- Kobus Venter
- Andrew Johnstone
- Ben Hickman
- Nikky v d Westhuizen
- Dirk en Kitti Swart
- Godfrey Gordon
- Jaco Zaayman
Kom ons kyk as ek hom kleiner as 100 kb maak of hy dan maklikker laai.
[1] (Medium).jpg)
Ian,
Kan jy nie vir Charles help met wie die is nie ???
Hi Ian
Alhoewel ons al van 1991 af kamp, het ons nog nooit saam met groepe gekamp nie. Ons het nou op ons "oudag" besluit om dit te beproef omdat dit te vervelig raak om alleen te kamp noudat die kinders nie meer saam kamp nie. Kan ons gedurende Mountain Breeze kamp 'n draai kom maak om ons self voor te stel en 'n bietjie meer uit te vind oor die saamtrekke?
Wilsur - Ek het al rondgevra tussen die ander wat saam met ons was, maar niemand ken die man nie.
Pierre W - jy is welkom om te kom inloer, maar hoekom kom jy nie sommer saamkuier nie? Ons het geen program nie, want ons glo nie daaraan nie. Ons kuiere sommer oor en weer en indien jy so voel, kuier jy op jou eie.
Kom beproef gerus die gesellige kuiers.
Kontak my op eensleep@vodamail.co.za
Ons sal ongelukkig nie kan kom saam kamp nie as gevolg van ander verpligtinge, maar gaan beslis kom hello sê.
Groete
Dankie Ian dit sal baie gaaf wees as jy vir my die plaat ook kan saam bring dan kan ek dit sommer alle by jou kom kry en begin die wa reg maak vir 'n volgende kamp
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- SHARK
- MarkP
- Berno Punt
- Garth
- Mariskab
- Harry Du Randt
- evert
- RATEL
- Rinus Lisse
- Danet
- PaulS
- Footloose
- Pieter Schultz
- Anton le Roux
- Gert Venter
- tworaptors
- WilleWillemien
- Christo de Wit
- Janwillem
- Pieter Rheeder
- Big G
- Spikkels
- JCKorf
- Len Loader
- JC
- JM







.jpg)







Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan
Hi dit great dat ons weer gan kamp.Kom Minora hkom is jou naam nog nie op nie. Sien julle daar kamp groete die Leeu