Klein Paradys Spitbraai Bestellings.
Nuwe forum onderwerpe
My vriende in Brits het aanbeveel dat ek van Impala Slaghuis moet gebruik maak.
Die plan is om ontbeende skaapvleis te koop wat dan in mandjies in die spitbraaiers verpak word vir die gaarmaak proses. Dit werk goedkoper uit as volle skape waarvan 1/3 van die gewig bene is. Ek het met die slagter se aanbeveling die hoeveelheid vleis per volwasse porsie op 250g bereken. Daar sal dus volle porsies vir die volwassenes wees en so +- ½ - 2/3 porsies vir kinders. Onthou dat kinders oor die algemeen net soveel eet soos grootmense. Net kinders onder 4 jaar en siek kinders eet baie minder.
Die pryse is gebaseer op ‘n minimum van 80 mense. So indien daar heelwat minder mense is wat belangstel, sal die prys moet verhoog en dan word dit nie meer die moeite werd nie.
Die pryse is ook op die huidige vleispryse gebaseer.
Die prys sluit die skaapvleis in plus bykosse wat genoeg sal wees om 'n honger maag goed te vul.
Prys vir 'n volwasse porsie = R 80-00.
Kinderporsie = R 50-00
Ek sal diegene wat bestellings plaas moet versoek om betaling te maak voor die tyd. Deur dit so te reel verbind ‘n mens jouself en beperk dit my risiko tot ‘n minimum.
Vir hierdie doel sal ek later bankbesonderhede verskaf vir elektroniese oorbetalings.
Laat weet my hier of per PM(Privaat Boodskap funksie) van jou behoeftes en ek sal dan die lys op datum hou. Of, probeer self jou naam en bestelling intik as dit werk.
| Spitbraai-ete Bestelvorm. | |||
| Forumnaam | Wolwassenes | Kinders | Prys |
| WilleWillemien | 4 | 0 | 320 |
Willie, shame, ek voel so sleg omdat die anner ouens jou nie wil ondersteun nie, ek sit sommer my naam oppie lys!!!! al gaan ek nie!!!! Sulke ondankbare blikskottels, laat hulle vir hulle self sorg!!!!
Ek moet sê: STERKTE!!!!!
Oubaas, waar val jy met die oenners uit!!!!
Altyd egte kampgroete (ongelukkig nie by Klein Paradys nie)
Frans
Willem, ek sal twee volwassene porsies neem asb.
Ek verneem later van die betalingsprosedure.
Groetnis.
Willie,
Sit vir my ook 2 volwases op die lys.
Maak so.
Oubaas, wil jy eet of wil jy tjol praat?
Sit vir ek en Millie ook op. Terloops, wat is skaapvleis??? Ken net van mince en hoener
Obie,
Onthou net daar gaan nie bene wees nie.

Ek gaan ook nie die einde van daai storie hoor nie!!!! Julle was ook maar lekker jaloers op my skaapbeentjie.
Was dit nie 'n Vark been nie ? (by Bosfontein)
Yip, vlakvarkie. Ek pleit Alsheimer!!!
Spitbraai? Daai ander ou bring dan gaar kuikens saam.
Ek sal hulle vra om die ribbietjies heel te los dan kan ons dit self sny soos nodig.
Willeskaapkop jy kan my ook opsit vir twee mense.
Ek dink jy moes nie 'n aparte draad oopmaak vir dit nie, want sommige mense wat nie so baie hier gesels soos jy en Frans kom dalk net so af en toe en maak die saamtrek draad oop. So miskien moet jy die lys so af en toe daar op die saamtrek draad gooi dat die mense wat daar lees dit dalk sien.
Amper soos Willie met sy plaatjies.
Ek maak so Oubaas.
Oubaas, onthou. Die skaap-afvalle is nie ingesluit nie, hoor. So moet nie uitsien na jou skaapkop nie. In daardie geval sou die prys drie keer meer gewees het.
Indien daar van julle vriende saamgaan wat jy weet nie op die forum is of lees nie. Bring die spitbraai asb onder hulle aandag en plaas namens hulle bestellings. Dit sal darem ongepoets van ons wees as die kuiergaste daar aankom en hulle weet nie eers van die spitbraai nie.
Oubaas, as jy nou van MY praat, gesels ek te veel?
Jy moet maar net sê as dit pla, dan gesels ek maar op ander plek
!!!!!!
Altyd egte kampgroete.
Frans
| Spitbraai-ete Bestelvorm. | |||
| Forumnaam | Wolwassenes | Kinders | Prys |
| WilleWillemien | 4 | 320 | |
| Chrisbeachbum | 2 | 160 | |
| WilSur | 2 | 160 | |
| Obie | 2 | 160 | |
| Oubaas | 2 | 160 | |
Neem asb kennis dat die bestellings vir die spitbraai sluit op 16 September 2011.
Die rede hiervoor is dat ek by daardie datum moet bevestig of ek die spitbraaiers gaan neem, aldan nie.
Indien daar nie genoeg bestellings is by daardie tyd nie, is ek bevrees, sal ek die reëling moet kanselleer met geen spitbraai aktiwiteite van my kant af nie.
Lyk my ons gaan maar elke ou sy eie Bloubul steak braai met 'n braaibroodjie. Willem ek dink jou fancy vleis sonder bene en goed se kostes is bietjie hoog.
Al ooit gehoor van die gesegde "keep it simple stupid"
Skaap, spit en almal bring sommer ietsie self saam vir slaai, brood ens.
Oubaas, skaapvleis is deesdae vrek duur en dit gaat nog duurder word. Kern van die saak is dat jy meer waarde vir jou geld kry met die ontbeende vleis.
Maar ja, ek is geneig om met jou saam te stem met jou boonste stelling. Die koste vir so-iets is klaar effe hoog, maar wat koop jy vandag vir R80-00. Miskien 6 of dalk 8 skaaptjoppies?
Ek weet Willemien, maar met daai 6 tot 8 skaap tjoppies kan jy vir 3-4 mense kos gee vir R80 en dan so paar bykosse bysit. Die probleem is ouens wat nou met kinders ens kom gaan nou moet begin R320 tot R400 betaal net vir die ete. Dit is amper wat die naweek kamp hulle kos. EN ons gaan mos kamp en nie Spur toe nie.
Dit is net 'n voorstel. Mense dink mos nie altyd wat kos die bykosse nie. Om slaai ens te maak kos al net so duur. So vang hulle met sielkunde. As jy kan by 'n prys uitkom vir hier by die R40/kop net vir die vleis en almal bring iets saam, dan dink hulle nie aan die geld wat spandeer is op die slaai en ander goedjies nie. Mense se kope werk snaaks. Hulle vergeet van die R30 - R40 wat die sak charcoal en Blits gaan kos vir hulle braai.
Maar R80 per kop(250g vleis) teen minimum van 80 mense begin klink of iemand geld maak iewers.
Willie, as ek my beskeie opinie mag lug (al gaan ek nie die kamp bywoon nie), sou ek voorstel dat jy kyk na die moontlikheid om 'n slagskaap by 'n boer te koop en hom self voor te berei. Dit sal straks beteken dat jy hom voor die tyd opsaag in tjops of dan ná die braaiery ('n mens brand net 'n bietjie as jy die warm vleis nie versigtig hanteer nie). Die pryse van slagvee direk by 'n boer is baie goedkoper as by 'n slaghuis. Ek kan vir jou 'n vriend van my wat op Brits woon se nommer per privaatboodskap stuur - as jy belang stel om die moontllkheid te ondersoek, kan hy jou dalk op 'n skaapboer se spoor sit.
"Ek weet Willemien, maar met daai 6 tot 8 skaap tjoppies kan jy vir 3-4 mense kos gee vir R80 en dan so paar bykosse bysit."
Met respek gesê, Oubaas, maar ek dink jy droom. Wanneer laas het jy in 'n Chechers, Woolworts en soortgelyke rond geloop en na vleispryse gekyk.
Adri, ja. Dit is seker 'n opsie, maar ek gaan nie die tyd hê om die werk voor die tyd te doen nie. Ook nie om Brits toe te ry om die skape te gaan haal nie. Indien ek dit sou doen sou die twee skape my heelwaarskynlik dieselfde, indien nie so ietwat meer kos as wat ek direk by die slaghuis koop.
@ Willemien,
Sterkte met die Spitbraai reelings. Dit gaan mooilik wees.
As ek na my eie huishouding kyk dan is ons 2 x Adulds en 2 x Kids (Een nog baie klein) Dit beteken my porsie is R210.00
Dit is nie te sleg nie, maar bly maar nogsteeds duur jong. Ek koop nou deesdae vol lamb teen R71.00 per kg.
Dit beteken my huis kan n Kilo lamb eet en nog bykosse etc doen met geld om te bespaar. Ek sal maar sien hoe verloop die reelings.
Dalk sluit ek aan by julle, maar op hierdie stadium is dit 50/50. Die R80.00 per kop en veral R50.00 per kop vir kinders is woes.
Jislaaik manne, jul het duur skaapvleis daar in die noorde! Hier by ons gaan ons ook spitbraai hou tydens ons Saamtrek by Van Zylsrus. Koste beloop R60 / kop en ons het huidiglik 40 persone wat deel in daai lam. Ons beplan om die vleis na die gaarmaak proses op te saag. Bg. koste sluit brood en slaaie in. Die spit gaan tydens die Leeus / Bulle wedstryd sy ding doen en na die wedstryd sal ons almal nasionale Braaidag vier. Die oord lê binne 10km van die meeste kampers se huise, so dit wat hulle bespaar op brandstof word op die Spit kostes gespandeer.
Sterkte met die beplanning!
Jip, Ian. Julle is bevoorreg daar.
Ek kyk gister weer na pryse van skaapvleis so by drie plekke. Wissel tussen R83-00 tot R99-00 per kilogram. Dit is nou vir skaap tjops en die dergelike.
Ek is R70/kg gekwoteer vir ontbeende vleis. Ek sal my syfers weer oor doen Ebenhaeser, maar ek is seker ek het nie verkeerde berekenings gemaak nie. Die prys sluit die bykosse soos brood, pap en sous en twee slaaie in asook die huur van die twee braaiers.
Op hierdie stadium in tyd is my mening, gegrond op die kommentare oor die onderwerp, dat ek die poging gaan laat vaar.
Ebenhaeser, ek stel voor elke ou doen dan maar sy eie ding. Dit is blykbaar die algemene gevoel.
Indien jy of iemand iets anders wil reël wat die braaiery aan betref is julle welkom.
Ek het twee spitbraaiers gereserveer by Impala Slaghuis in Brits om laatste op 16 Sept. te bevestig of ek hulle vat, aldan nie. Indien enigeen belangstel om hulle, of een van hulle te neem, skakel asb vir Impala slaghuis(012 252 6056) en maak jou reëlings met die mense. Die braaiers is onder Willie Viljoen se naam gereserveer.
Willie
Ek weet ek kamp nie saam daai naweek nie, en mag nie eiers hier lê nie, maar ek voel tog ek wil so bietjie raad gee.
Ek doen gereeld spitbraaie op aanvraag en het darem so bietjie ondervinding daarvan. R70/kg vir ontbeende vleis klink vir my na 'n redelike prys en ek sien nie regtig 'n probleem daarmee nie. Ek dink net daai slagter mislei jou bietjie met die gewig wat jy nodig het. As 'n reël werk ek altyd op so om en by 500g rou gewig per persoon (met been in). As mens dan reken dat min of meer 30% van daai gewig been is, sou ek sê dat jy op minstens 350g onbeende gewig per persoon moet werk. Onthou daai vleis verloor redelik baie gewig agv vog verlies in die braai proses en teen die tyd dat die vleis gaar is verloor jy na alle waarskynlikheid nog so 15% - 20% van die gewig. Sodra jy dus met minder as die 500g waarvan ek vroeër gepraat het begin speel moet jy in elk geval iets soos wors of kaasworsies of iets dergliks bysit en dan kon jy maar netsowel van die begin af meer skaapvleis gaar gemak het.
Wat die bykosse betref het ondervinding my geleer om dit so eenvoudig as moonlik te hou. Die fokus is tog op die spitbraai en bitter min mense (veral die mans) sal met 'n bord bykosse gaan sit en eet. Gewoonlik gee ek slegs pap en sous en verder bak ek 'n klompie potbrode en gee konfyt saam met dit. Diegene wat dan 'n groenslaai wil byhê kan dit maar self voorsien. Soos vroeër genoem sou ek ook sê dat julle slegs die vleis en miskien dan pap en sous of potbrode moet voorsien. Elke gesin kan dan mos maar 'n bykos van hulle keuse bring en julle kan dit op n gesamentlike tafel plaas waar elken homself kan help. (Jy sal sien die helfte darvan gaan in elk geval mors).
Persoonlik dink ek die prys van R80 per persoon is 'n bietjie styf en jy kan waarskynlik meer vleis voorsien en dit steeds teen so R50 - R60 per kop aanbied as jy op die bykosse afskaal.
Die bogenoemde is maar net wat ondervinding my geleer het, en ek wil glad nie vir julle voorskryf nie.
Die slagter in Brits doen gereeld spitbraaie en voorsien die vleis daarvoor, Machiel.
Die berekeninge is op hulle aanbevelings gedoen met die prys van die bykosse bygesit, wat nie afskeepkos sou wees nie. Die huur van die spitbraaiers is ook ingesluit.
Elkgeval. Indien enigiemand anders met die reëlings wil voortgaan, is jy welkom.
Willie
Ek hoor wat jy sê ivm met die berekening van die vleis se gewig en as dit 'n aansit ete is met al die ander deftige dinge daarby, stem ek saam dat jy waarskynlik sal wegkom met 250g vleis. In hierdie geval moet jy egter onhou al die "gaste" is heeldag in die buitelig (wat 'n mens gewoonlik so bietjie hongerder maak) en dat al die mans waarskynlik heeldag saam met jou om daai spit gaan kuier en hulle gaan uitgehonger raak vir daai vleis. Kom ek vra so, as jy skaap tjops of steak braai vir aandete en jou worsie saam met dit, het jy al bietjie mooi gaan kyk wat weeg al daai vleis? Ek kan jou waarborg dat die vleis (rou gewig) vir 'n gesin van 4 heelwat meer as 'n kilogram gaan wees.
Weereens, is dit maar net my beskeie mening, maar ek het altyd maar die geneigdheid om eerder te veel te hê eerder as wat een persoon na my toe moet kom en vra vir nog en ek moet hom met leë hande terug stuur.
Reg so Machiel.
Willem, ek dink tog almal waardeer jou inset en ek self prys jou daarvoor.
Net my 2c. Ek het al geleer met kampe en veral die Koppivane kampe soos die een wat volgende naweek is. Maak dit eenvoudig vir elke persoon en laat elke persoon vrye teels kry. Die Wegsleep Koppisol naweek het baie van my tyd gevat maar tog was dit lekker. Niemand moes nou dit of dat en elk het lekker by die atmosfeer ingeskakel. Die tema vir die Kopivane naweek is "Back to School" en jy sorg vir jou eie skool klere en kos en drinkgoed. Al wat ons as kommitee doen is om te sorg vir vure, saal en musiek.
Ek het lank gelede aan 'n klub behoort en 9:00 MOET jy dit doen en 11:00 moet jy dat doen. Werk nie vir my nie en ek dink vir die meeste ouens. Koos brag met 'n groter steak as Piet en Gert het 'n stukkende bak vir vleis. Nee wat.
Maar terug by die punt:
Weereens, jy het 'n blink plan maar ek dink die meeste ouens wil maar hulle eie ding doen.--- Ek dink! Onthou dat die naweek kort is en ek dink jy wil ook vry wees. Die spit storie gaan jou baie besig hou en sodoende gaan jy die dans mis
. Sien jou daar.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Berno Punt
- MarkP
- Rinus Lisse
- RATEL
- Harry Du Randt
- Danet
- PaulS
- evert
- Footloose
- Garth
- Pieter Schultz
- Anton le Roux
- Gert Venter
- tworaptors
- WilleWillemien
- Mariskab
- Christo de Wit
- Janwillem
- Pieter Rheeder
- Big G
- Spikkels
- JCKorf
- Len Loader
- JC
- JM
- Tjailatyd



.jpg)








<
.jpg)
Spitbraai? Daai ander ou bring dan gaar kuikens saam.