Klein Paradys Saamtrek: 28/10 tot 30/10
Nuwe forum onderwerpe
Klein Paradys Brits. Augustus?
Alhoewel sekere van die mooi oorde is bietjie duurder en sal nie sommer aflsag gee nie, en dan gaan daar dalk nie so baie wil saam kamp nie. So miskien moet daar na goedkoper opsies ook gekyk word.
Se net as ek vir julle 'n saamtrek moet reel. Daar sal geen sokkiejolle, megaphones en gryswater wees nie
Oubaas Augustis is klaar n saamtrek maar wat van september of oktober? Jy kan maar my naam op die lys sit.
Einde September begin Oktober is daar n saamterk in Botswana
Oom Oubaas, as jy betrokke is met saamtrek reelings moet jy self ook daar wees!! (Alhoewel ek weet jy was al by 'n paar saamtrekke
.
EK hou die draad dop........
Groetnis
Gerrit
Ek gaan ook die draad dop hou!!
Oom Oubaas, as jy betrokke is met saamtrek reelings moet jy self ook daar wees!! (Alhoewel ek weet jy was al by 'n paar saamtrekke
.
EK hou die draad dop........
Groetnis
Gerrit
HEHE nee man ek is nie betrokke hier nie. Ebenhauser gaan mos een reel. Ek se maar net as julle sukkel om een te reel dan sal ek vir julle een reel.
Ek het hoeka 2 maande laas gekamp en is baie lus. Sal graag in Augustus bietjie wil gaan kamp. Solank dit noord van Warmbad is of Noordwes waar dit warm is.
Ek hou van die Klein Paradys idee. Hoe sit ek n "voting" ding op met verskye datums?
Ek gee glad nie om as ek so iets moet reel nie. Ek het wel al n paar kamp naweke in die pyplyn, so net sekere datums sal vir my huisgesin kan werk.
Ons kan dan n goeie prys beding met die oord as ons baie is.
Ek het laas vir nikkygevra om dit optestel. Sy kan nog dit vir jou doen sy is nog hier tot die 21 ste.
Daar is weer 'n groot groep wat gaan optrek na Aardklop ook. So as julle wil saamtrekke reel moet julle dit ook in gedagte hou.
Hi Julle
Hoeveel karavane woon gewoonlik so n naweek by. Sal graag wil weet. sodat n mens kan rondkyk. Daar is baie parke wat net klein hoeveelhede staanplekke het.
laat weet maar
KV
Kobus dit wissel maar ons was nou al enigeiets van 11 tot 56 gewees. Hang af van kamp afstand en kostes.
Iets wat dalk ook oorweeg kan word. As 'n paar ouens dalk besluit hulle wil so mini saamtrek hou sommer volgende maand. En daar is dalk so 5 of 10 karavane, dan kan 'n kleinerige plek soos San Cha Len ook aan gedink word. EK dink nogal so iets by 'n klein oord wat al die staanplekke gevat word kan nogal baie lekker en rustig wees.
Mens hoef mos nie altyd hierdie groot makieties te hou wat maande vooruit beplan word nie.
Of as 'n paar manne lekker in styl wil gaan kamp. teen 'n prys natuurlik, kan mens bv Die hele privaat badkamer deel by Klein paradys brits probeer bespreek. Ek dink hulle kan so 20 vat.
Ek dink die getalle hang baie af van hoe lank vooruit jy die saamtrek wil reel en by watter plek. As jy 'n paar maande vooruit reel en by 'n groot plek wat redelike laer triewe sal gee vir die saamtrek, dan sal meer mense kom. As jy by 'n duurder plek en op korter kennisgewing gaan, dan sal minder mense kom
Hi, julle
Kies seblief 'n datum aan die begin van hierdie draad!
Ek gaan ook die draad dophou.
Kliek op die blokkie langs die datum wat jou sal pas heel bo aan die draad en druk"stem". Ek sien daar het nog net 5 mense gestem.
Indien die oord wat verkies word chalet akkomodasie ook het kan ek met vried Andre en hoofkok, Hendrik reel om die kerf-en-kampkos-kookding gedurende daardie naweek te kom doen.( Verwys na my draad genaamd "Use your tools effectively") Wat dink julle daarvan?
Ek is een van die wat gestem het. Sal nou sien hoe verloop die reelings verder.
Ek het ook gestem en jy Oubaas?
Ek glo die bogenoemde datums behoort reg te wees.
Ek hou nogal baie van die Klein Paradys idee en dink ek gaan bietjie kyk wat ek met hulle gereel kan kry!
Ja maar julle het sommer September gemis...
Ek sou ook September verkies het!!
Willie, jy moet daai sJEFS VAN JOU KRY VIR EEN VAN HIERDIE NAWEKE.
Ja dis asof iemand presies weet watter naweke ek nie kan gaan nie en dan hulle kies....
Die Augustus naweek is ...Kinder partytjie, Oktober is Reunie by Klein-kariba en Desember is a) nog te ver en b) 'n paar dae voor Scottburgh .....
Bosfontein was presies om ons Ilanga Week.....
Ek vra om verskoning dat Septermber uitgelaat is. Dit was ongelukkig aspris gedoen.
Ek kamp die eerste naweek van September by Mbizi, dan die tweed laaste naweek weer by Mbizi tydens die Outdoor Expo, dan vertrek ons vir Die Eiland die laast naweek van September.
September is net te vol. Jammer jong.
Ek hoop die Oktober ene kan vir meeste van die mense werk. Dit behoort ook al lekker warm te wees en Klein Paradys se Nuwe swembad sal dan al reg wees.
Klein Paradys kan ons wel help, maar ongelukkig net op die volgende datums:
1. 16/09 tot 18/09 - 40 Staanplekke
2. 28/10 tot 30/10 - 40 Staanplekke
Die staanplekke werk uit R400.00 per Staanplek per naweek.
Ek gaan vir Nikky vra om die datums te verander dat ons van vooraf kan stem aangesien die beskikbaarheid nou besvestig is.
Ek sal saamgaan.
Verkieslik 16/09 tot 18/09.
Groetnis
Ek sal saamgaan.
21 Okt tot 23 Okt
Groete
Louw
Dit is defnitief min dat dit gebeur, maar beide die twee nuwe datums is vir my reg.
Ek's nie eintlik 'n groepsdier nie, maar enigiets somer klink vir my nou reg.
Die Oktober datum klink vir my reg, verkieslik in die Warmbad omgewing. Sal my eerste groepsbywoning wees.
Miskien moet ek saam met daai klomp sjefs my kushengel demonstrasies daar vir 'n paar manne gaan aanbied..? Behoort lekker te werk.
Sal maar sien wat gebeur.
Ons kamp by Klein Paradys vanaf 28 - 30 Oktober. Ek het reeds in Mei 6 staanplekke bespreek by die pvt ablusies. Daar is baie goed om kinders besig te hou en met ons laaste kamp was hulle besig om 'n groter swembad te bou.
Ek stem vir die naweek van 21 to 23 October.....Sal daar wees...Karavaan en all
Cheers
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- Footloose
- MarkP
- Danet
- Garth
- Pieter Schultz
- Anton le Roux
- RATEL
- Gert Venter
- tworaptors
- WilleWillemien
- Mariskab
- Christo de Wit
- Janwillem
- Pieter Rheeder
- Big G
- Spikkels
- JCKorf
- Len Loader
- JC
- JM
- Tjailatyd
- Harry Du Randt













.jpg)

.jpg)






Ebenhaeser,
My voorstel is Umoya (net buite Warmbad) vir so erens in September 2011.
Voorspoedig sleep!
Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder
Sleepding: 2009 Chev Captiva
Sleepsel: 2009 Sprite Swing