Hengelsaamtrek. Gauteng en omstreke.
Nuwe forum onderwerpe
Soos genoem het ek en BenA al vir 'n geruime tyd op die PM's hieroor beraadslaag en doen ons die ding hier saam.
My voorstel vir 'n datum sal wees die naweek van 23,24,25 Maart 2012.
Indien daar van julle is wat dan langer wil gaan, kan julle van die voordeel van die vakansiedag op 21 Maart gebruik maak.
Plek: Maak asb 'n voorstel sodat dit redelik binne bereik van Gautengers en omstreke sal wees.
Fortuna lyk nie na 'n opsie nie. By Rietspruitdam vang 'n ou net kleintjies.
Wat van Koppiesdam, iewers langs die Vaalrivier, Loskopdam, Seekoeigat.......of hoe?
Ons is oop vir ander voorstelle.
Ek is mal oor Koppies dam, die geriewe is nou nie die skoonste nie maar jy vat maar net bietjie detol en sponsie saam of swem maar in die dam 
Koppies dam is R90 per nag per voertuig, maks 5 persone in voertuig.
Wat van Louwtjie se plek by Roodekoppies?
Wanner laas was jy of iemand daar, Gert? Ek het by 'n vriend verneem van 'n stelery daar.
Geen krag op Koppiesdam nie, maar dit pla my nie.
dagse almal
wel ek weet van n plek en was al paar keer daar by die vaaldam sy naam is oranje ville in oranjeville self die plek het wel krag en n koue swembad die geriewe is bietjie oud maar wel bruikbaar as die oord vol is kort die warm water partymaal die geriewe is nie alteid uiters skoon soos by natalia of een van die plekke nie maar is aanvaarbaar vir n visvangplek asb help met plekke en datums dan kan ons ietsie reel
kampgroete
ben
Was iemand al by Silver vis karavaan park in Brits?
WW
Ek was nog nie by Roodekoppies nie. Ek het wel gehoor Louwtjie se oord is op standaard. Sal bietjie uitvind by die hengelaars wat gereeld daar gaan hengel.
Ons kan natuurlik ook Seekoeigat toe gaan. Seekoeigat is 239km vanaf Germiston. Dan kan manne van Limpopo en Mpumalanga ook saam kom kamp.
Was iemand al by Silver vis karavaan park in Brits?
Silwer vis is die ou Trans Magalies karavaanpark
By die Vaalrivier is daar n plek genaamd LUMANA OORD. Vriende het nou oor Kersfees daar gekamp en was tevrede met die oord asook die hengel. Wie weet van die plek en hul geriewe?
Ek moet julle sê, ek stem vir Seekoeigat. Dis 'n kleinerige oord met eksie-perfeksie fasiliteite wat Gert en andere goed ken. Die kampeerterrein is reg langs die rivier en ons is almal by mekaar.
Sal ons stem vir Seekoeigat?
En wat van die datum? 'n Alternatiewe datum kan ook asb. voorgestel word.
Ek stem vir Seekoeigat.
2012 Tariewe:
R150.00 - per nag max 2 persone.
R200.00 - per nag max 4 persone
Ekstra persoon: R40.00 per nag
Ekstra voertuig: R30.00 per nag
Huisies: R300.00 per nag
Raasblaar & Terras: R250.00 per nag max 4 persone
Ys - R10.00
dagse almal
wat ever jul besluit vir n lekker visvang uitstappie is ek daar so wat se jul manne is die datum reg
kampgroete
ben
Ek het die plek gaan opsoek via Google en blyk dit naby Barberton te wees. Sal dalk hierdie saamtrek moet uitsit want dit is vrek ver van my af. As die kamp dalk wel oor die lang naweek val sal ek wel diep nadink
Obie.
Seekoeigat is 18km anderkant Loskopdam op pad na Groblersdal.
dagse oom obie
wel as die manne op die datum besluit kan mens dalk dit sommer n visvang week maak want die woensdag die 21 maart is n vakansie dag so as ons die donderdag, ven vrydag kan afkry dan is dit sommer lekker lank so 5 dae of wat gert het vir ons mooi fotos op die vorige draad gesit van seekoeigat as ek reg kon onthou is dit naby loskop dam in die oliefants rivier so hoop om oom daar te sien
kampgroete ben
Ek sal my profiel foto moet verander want almal OOM my deesdae !!
As julle my kan "waarborg" dat die visse byt sal die oorweging baie sterk word om wel die lang pad aan te durf. Was 2 weke gelede te Swartruggens dam en alhoewel daar volgens oorlewering GROOT karpe is, het ek nie eens n ou bytjie gehad nie. Dit het my wel baie meer tyd gegee om rustig aan my vrugtesappie te suie. Ek weet nog nie veel van hengel af nie maar my persoonlike mening is dat die ouens Desember so baie voerplekke gemaak het dat die visse nou nie juis lus was vir my armsalige ou asie nie
"Oom", he,he,he, Obie.
Die Woensdag is 'n vakansiedag. Vat die Donderdag en Vrydag af en maak 'n laaangnaweek daarvan. Dan's dit nie so vêr nie.
Ek oorweeg dit sterk om die Donderdag en Vrydag verlof in te sit.
'K sal gou vanoggend met 'n maater op fb kekkel wat naby Louwtjies se oord woon en gereeld daar gaan visvang. Miskien meer binne bereik vir meer mense.
Positiewe terugvoer, maar daar's krokke. Hulle pla nie daar nie. Ek sal self oor die naweek gaan ondersoek instel.
Indien jy belangstel om die genoemde naweek na Roodekoppies toe te gaan. PM my asb sodat ek kan begin met 'n naam lys.
Ek sal volgende week die volledige inligting oor pryse ens plaas.
Toe-toe-toe, maak nou julle "minds" op...!! - Waar en wanneer?
Hou van die Seekoeigat-opsie - Dink die klimaat daar is nie so wisselvallig soos hierbo rond nie.
Ek het ook al te veel mombakkiese gekry by Roodekoppies.
As die fasiliteite so eksie perfeksie is soos WW vertel, wat wil jy meer he?
En as mense dit oorweeg om 'n langnaweek te maak, kan mens mos ordentlik saamkuier en bietjie kundigheidsoordrag doen vir daai mense wie nog bietjie vars is met die hengelding.
Hengelgroetnis.
Die plek om na heen te gaan by Roodekoppies is Dennekruin. 'n Heel nice oord. Swembad, krag, slipway ens.
Vangste is goed by die dam, volgens 'n Springbokhengelaar(seun in vriend Sarel se klas) met wie ek netnou net gesels het. Daar is krokke, maar pla nie die mense nie. Wees maar versigtig snags en hou die water dop. Hulle eet graag kinners wat met skoeters rondjaag.
R200/staanplek/nag vir 4 persone. Geen ander ekstra koste nie.
As ons soontoe wil gaan sal ons moet gou speel indien ek 'n paar staanplekke langsmekaar wil hê.
So, laat ons soortvan ooreenstemming beriek hieroor deur my te PM met 'n YES/NO laatste by more 4uur. Ek maak dan 'n lys en gooi hom op die forum. Gee net 'n indikasie vir hoeveel nagte jy sal gaan, inaggenome dat die Woensdag 'n vakansiedag is.
Willie, gee asb vir ons hier in die boendoes net n aanduiding waar de dam min of meer is, bv, watter provinsie of naby watter dorp
Oom Obie, dis nie te ver uit Brits (Noordwes)uit nie op die Thabazimbi pad as ek reg is.
Obie, dis in NW en maklik bereikbaar van jou af. Op linkerkant so 30km noord vanaf Brits op die Thabazimbi pad.

Dankie julle, nou om Millie te oorreed vanaand!!!
He, he, he...."oom" Obie. Gee haar net 'n ..............opdrag.
oom obie
hoe het die pastoor gese die dag toe ek getroud is eers maak jy die deur vir haar oop en na n paar jaar is dit spring of jy bly agter
so ek dink oom moet vir die tannie se spring of jy bly agter
he he he (grapie)
kampgroete
ben
Jong Willie, sy gym deesdae en ek sukkel ek nie sommer met haar nie. Ek koes vir die linker dan kap sy met 'n regter haakhou!!!
"Bejaard op Z" Onthou my dat ek en jy tydens die saamtrek bietjie gesels oor ouderdom
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Footloose
- evert
- MarkP
- Danet
- Garth
- Pieter Schultz
- Anton le Roux
- RATEL
- Gert Venter
- tworaptors
- WilleWillemien
- Mariskab
- Christo de Wit
- Janwillem
- Pieter Rheeder
- Big G
- Spikkels
- JCKorf
- Len Loader
- JC
- JM
- Tjailatyd
- Harry Du Randt



.jpg)




.jpg)





Daar is 'n CaravanParks saamtrek daai naweek so klomp van WegSleep gaan ook daar Saamtrek.