Bosveld Oase-Brits Saamtrek
Na vele versoeke dink ek moet ons dan 'n saamtrek reël by die nuwe Bosveld Oase woonwapark in Brits omgewing. Ek sien die manne stel Februarie voor maar daar is lede vra dat ons dit later moet doen omdat hulle self Februarie gaan kamp. Ek het vir Elna gevra om vir my die beskikbare naweke deur te gee sodat ons kan stem daaroor.
Daar is kragpunte vir slegs 40 woonwaens / kampeerplekke. Ek gaan saam, dus is daar nou 39 plekke oor.
Kommentaar op 14/11/2011
Daar is besluit op die naweek van 2,3 en 4 Maart 2012.
Koste is R400 vir die naweek per staanplek
En ek ok. Waar plaas ek my naam.
John,
Ons is in vir 23-25 Maart 2012
![]()
Sjoe Willem... dit vole so Veeer....
Wat van einde Januarie rond..... Dis voor baie ander gaan kamp, en net lank genoeg na ander terug gekom het dat hulle weer lus is vir kamp?
Cheeta,
21 Januarie is die eerste naweek na die skool begin het. Ek dink baie mense sal dan besig wees met skoolboek, skool sport en allerhande skool aktiwiteite. Die naweek van 28 Januarie is ek weer nie beskikbaar nie want ek moet 'n troue bywoon.
Gee net kans vir die datums dan stem ons, anders moet ek en jy maar iewers gaan kamp in Januarie! (behalwe 28/1)
Middag almal, moes gou her registreer, kon nie onthou wat die vorige login was nie -te lanklaas gebruik.
John , ons sal dophou oor die datum, maar ons is in. Die plek lyk rerig goed
Wat Hendrik,
Raak jy nou oud dat jy so vergeet ?
Dankie Hendrik, welkom terug. Ek wag net vir Elna met die beskikbare datums. As julle meer fotos wil hê moet julle vir my 'n PM stuur met julle e-pos adresse, dan stuur ek dit aan. Ek het pragtige fotos van die eienaar ontvang
Ons is in vir hierdie Saamtrek !!!!
Goed vriende. Hier is die beskikbare naweke vir Februarie en Maart 2012. Elna hou dit vir ons oop tot ons op 'n datum ooreengekom het, maar ons sal moet roer.
11 en 12 Februarie 2012
18 en 19 Februarie 2012
25 en 26 Februarie 2012
3 en 4 Maart 2012
17 en 18 Maart 2012
31 Maart en 1 April 2012 (Skole sluit egter 30 Maart vir vakansie, dus is die naweek seker uit)
3 en 4 Maart 2012
17 en 18 Maart 2012
Na Rachel en Johnnie besluit het om saam te gaan neem ek nou die volgende plek, dus is daar nou net 37 staanplekke oor, enige van die naweke sal doen.
Dis so ver weg dat ons maar enigiets anders kan kanselleer wat mag opkom, behalwe reen, dis bietjie buite ons vermoens
Die plek lyk baie goed volgens die fotos wat jy anderdag geplaas het
Enige van die datums is goed vir ons. Verkies egter 25 en 26 Februarie of 3 en 4 Maart.
Die Cheetah gesin is ook in vir watter naweek ook al, so maak dit 36 staanplekke oor. Miskien kan ons Skoonpa hulle se arms draai om ook saam te gaan, maar dis nog 'n maybe..
Miskien moet ons weer 'n "stem peiling" opsit. dit gaan dalk die datum seleksie makliker maak
Ek sal gaan vir die 3 en 4 Maart naweek , maar al die ander naweeke pas my ok.
21 Maart is 'n vakansie dag.
Miskien 'n lang naweek maak?
18 en 19 Feb of 17 en 18 Mrt lyk goed sit my naam op.
John het jy dalk vir my die koordinate van die plek asseblief?
Die naweek van 3 en 4 Maart lyk ook vir my goed. Ek sal 2 staanplekke vat
Sovêr het die naweek van 3 en 4 Maart die meeste stemme. Kom ons kyk wat gebeur.
Die kampeerders wat wil saamgaan sovêr is:
- John Cooper
- Tjailatyd
- Eddie Laing
- Wilsur
- Hendrik Nortje
- Ebenhaeser
- Wegbreker
- Cheetah (en moontlik nog 'n staanplek vir skoonouers)
- Kaaskop
- Hendrik Craukamp (1)
- Hendrik Craukamp (2)
Kaaskop,
Met Garmin se search moet julle "Voorwaarts Laerskool" in Noordwes naby Mamogaleskraal insit. Dit bring jou tot baie naby die woonwapark. Die ingang vanaf die hoofpad se koordinate is S25 32 251 E027 49 169. Daarna moet jy egter nog 'n entjie grondpad ry maar die pad is nie op my Mapsource program nie. Die pad loop in 'n L vorm tot by die hoofhek by S25 31 829 E027 49 842. Die kampeerplek is by S25 31 668 E027 49 269.
Vanaf Pretoria neem jy die N4 snelweg. Neem die Brits afrit R511 en draai na Brits. Draai weer regs by die R566 na Garankuwa. Draai links op die Letlhabile/Rashoop pad en ry tot by die tweede groot kruising en draai regs tot by die Voorwaarts Laerskool.
Die grondpad is nogal mooi en regtig nie ver nie. Dalk kan Elna of Eugene help maar ek skat nie meer as so twee of drie kilo's nie.
Elna sê die web site vir Bosveld Oase is nog nie klaar nie, maar daar is solank 'n paar foto's opgesit. www.bosveldoasebrits.co.za
Die Obies gaan saam!!
Dankie Nico,
Vir watter datum stem jy? Tot dusver loop die naweek van 3/4 Maart voor.
Obie het bygekom. Dit lyk my ons het nog 28 plekke oor. Julle moet roer. Ek hoor niks van Skippie nie.
- John Cooper
- Tjailatyd
- Eddie Laing
- Wilsur
- Hendrik Nortje
- Ebenhaeser
- Wegbreker
- Cheetah (en moontlik nog 'n staanplek vir skoonouers)
- Kaaskop
- Hendrik Craukamp (1)
- Hendrik Craukamp (2)
- Obie
Dankie vir die terugvoer John
Enige datum pas ons
Is die datum nou al vas? My lot is aktiewe voortrekkers so hulle het gereeld kampe/kentekens en goeters om by te woon.
Ek het nou net na daai site gaan kyk. daai fotos lyk baie mooi. Skaduwee lyk nog bietjie aan die min kant, maar niks wat 'n silweseil nie regmaak nie.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- RATEL
- Footloose
- Danet
- tworaptors
- Garth
- WilleWillemien
- MarkP
- Mariskab
- Gert Venter
- evert
- Anton le Roux
- Christo de Wit
- Janwillem
- Pieter Rheeder
- Big G
- Spikkels
- JCKorf
- Len Loader
- JC
- JM
- Pieter Schultz
- Tjailatyd
- Harry Du Randt
- Christie
- PaulS














Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel
Ons gaan ook saam, so nou is daar net 38 staanplekke oor.
Groete
Johnny & Rachel
Germiston