Bosfontein, Winter-saamtrek *stem vir 'n datum*
Hi, julle
Stem seblief vir die naweek wat julle verkies. Neem ook kennis dat ons sou gou as moontlik moet weet hoeveel van julle beslis sal gaan.
Daar is 40 plekke beskikbaar vir die langnaweek, maar die oord moet ook nog voorsiening maak vir ander besoekers. Julle het tot volgende Vrydag om te stem.
So, stem-stem! Dat Ski kan plek bespreek.
Groete,
Nikky
Ek is daar en miskien soek ek twee staanplekke
Hi
Almal het nou net uitstekende nuus gekry van Deon en MArtie af.
More Nico
Ek en Martie het besluit ons sal die langnaweek tarief vir die wegslepers gee vir R300 per nag en nie R380 nie, so as Nikky dit dalk kan noem op die stem string sal dit gaaf wees
Sommer lekker goeie nuus so aan die begin van die week,Dankie Bosfontein.
Môre, julle
Let seblief op die volgende: Die tarief vir 16-19 Junie is nou R300 per nag en nie meer R380 nie.
Groete,
Nikky
Almal het nou net uitstekende nuus gekry van Deon en Martie af.
More Nico
Ek en Martie het besluit ons sal die langnaweek tarief vir die wegslepers gee vir R300 per nag en nie R380 nie, so as Nikky dit dalk kan noem op die stem string sal dit gaaf wees.
Lyk vir my ons sal geforseer wees om te gaan........ Thanks Deon
Groetnis,
Schalk van der Merwe
Ek, Millie en Kampkat is in vir 16 tot 19 Junie. Wie van julle het Kampkat gewaar by Koppisol?. Hy kamp vanaf babatyd saam en beweeg nooit verder as 30 meter van die woonwa nie. Dis 'n belewenis om te sien hoe opgewonde 'n kat kan raak as hy sien ons begin pak om te gaan kamp. Dis te verstane want met 4 honde kan Kampkat die by die huis dit glad nie na buite waag nie
Ons sal ook saamgaan.
Pieter, Jolande en Riandi Rautenbach
Ek het ook ons stem reg aan die begin van dié draad reeds geplaas maar die R300 is sommer baie goeie nuus.
Hoe is die weer in Junie by Bosfontein? Is dit vrek koud in die aande?
Wil baie graag weet, want ek sit met n vrou wat nie baie van die koue hou nie.
Die weer is mooi en lekker warm gedurende die dag, maar die nagte word maar koud in die bosveld...
Nou nie so koud soos in Johannesburg nie maar regte OBS aande.
Groetnis
Ek en Ronell gaan ook saam.
Ek sal met deon en martie reel dat ons van Vrydag af kan bespreek vir daai naweek
Ek het laas jaar koud gekry by Atlanta en gese ek gaan die winter by die huis bly maar dink tog ons moet maar gaan kamp.
Ons is dus ook in........as ek nou al 'n staanplek kan deps....no 4 asb!!
Groetnis
Gerrit
Ek en die tannie sal ook saam gaan, behalwe as julle natuurlik nie lus is vir my nie. Dis OK julle kan maar so se, ek sal nie sleg voel nie. Indien wel sal ek graag nr2 wil deps, as ons mag kies, want Big G skuld my nog 'n dop.
OK, ek dink ons is in!
Staanplek No. 7 asb !
Die saak is reg - ek sien uit na daai dop oom Venter!
Ek ruik 'n rot. Ek se nog steeds Mnr Venter en MNR VENTER is 2 verskillende persone.
Ek dink almal moet self by Bosfontein bespreek en met hulle die staanplekke reel. Ek weet ook nie of Bosfontein n spesifieke blok staanplekke aan Wegsleep gaan toeken en of ons oral deur die oord op die spesiale tariewe kan staan nie. Wat ek wel weet is dat ons nie die hele oord kan kry nie en daarom glo ek die spesiale aanbod gaan ook nie onbepaald van toepassing bly nie
Bosfontein of Nico kan gerus vir ons n bietjie meer duidelikheid gee
Net om seker te maak het ek reeds bespreek maar wag nog vir Bosfontein om aan my n staanplek toe te ken.
Mnr Venter, dit gaan mos nou n teleurstelling wees as jy nie lyk soos ek jou voorgestel het nie!!
Ek is nie seker of ons kom nie, maar wil graag staanplek 24 kies asseblief.
Dankie vir jul hulp en samewerking en word waardeer met 'n dop of twee.....dalk ses Rums in 'n lang glas.
Ek ruik 'n rot. Ek se nog steeds Mnr Venter en MNR VENTER is 2 verskillende persone.
Obie,
Of is dit net 'n geval van 'n gesplete persoonlikheid ?
Elke persoon maak sy eie bespreking by Bosfontein. Jy kan ook op hulle web bespreek maar julle moet net in die comments aandui dit is vir die wegsleep groep en ook julle Forumnaam.
Jammer hier is die web adress.
Sover lyk die lys soos volg
1. Johan en Martie van der Merwe
2. Nico & Claudet Prinsloo
3. Mauritz en Tania Marks
As julle klaar bespreek het laat weet my asb met julle staanplek nr
Nico,
Het reeds vir Deon hulle 'n e-pos gestuur, wag net vir die nommer. Jy kan ons ook op die lys sit.
Nico
Jy het vergeet om my naam op die lys te sit.
Sover lyk die lys soos volg
1. Johan en Martie van der Merwe
2. Nico & Claudet Prinsloo
3. Mauritz en Tania Marks
4.Willem En Surret Brits
5. Gerty venter
As julle klaar bespreek het laat weet my asb met julle staanplek nr
Sover lyk die lys soos volg
1. Johan en Martie van der Merwe
2. Nico & Claudet Prinsloo
3. Mauritz en Tania Marks
4.Willem En Surret Brits
5. Gert en Erika venter
As julle klaar bespreek het laat weet my asb met julle staanplek nr
Nico,
Hier is nog 'n paar mane se name op die draad wat gese het hulle gaan kamp.
Gerrit
More almal
As ons mag wil ons net dankie sê dat julle Bosfontein gekies het om weer n saamtrek te kom hou.
Ons wil vra dat almal asb. op ons webwerf gaan bespreek www.bosfontein.co.za by "contact us" , sodra ons die versoek kry doen ons die bespreking en stuur al die nodige dokumente en reëls terug aan julle. Gee asb ook julle forum name by comments om dubbel besprekings te verhoed.
Die wat die oord ken en spesifieke staanplekke wil bespreek is welkom (as die staanplek nog beskikbaar is) Die wat saam met iemand spesifieks wil staan moet dit ook noem dan kan ons probeer om julle so te plaas.
Weereens dankie, ons kyk uit vir jul besprekings
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilleWillemien
- MarkP
- Mariskab
- tworaptors
- Garth
- Footloose
- Gert Venter
- evert
- Danet
- Anton le Roux
- Christo de Wit
- RATEL
- Janwillem
- Pieter Rheeder
- Big G
- Spikkels
- JCKorf
- Len Loader
- JC
- JM
- Pieter Schultz
- Tjailatyd
- Harry Du Randt
- Christie
- PaulS
















.jpg)


Ek sleep 'n Sprite Storm met 'n 2011 Nissan Navara 3.0tdci V6
Ons is beslis daar, enige van die bogenoemde naweke is gepas. Tel ons in en laat weet die besonderhede.