wonne manet oorie rugbie ouens

Speknek
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng

Ek lees vanoggend dat Coenie Oosthyzen, wat stut speel vir die Cheetahs, betrokke was in 'n kroeggeveg en dis blykbaar nie die eerste keer nie.   Nou wonder ek hoekom is dit so stil hier innie kletskamer?  Niemand se iets daaroor nie? MAAR, as dit nou 'n Bloubul speler was sou ons al lankal die link hier gesien het en moes aanhoor hoe tappit die speler, die unie en sommer al die ondersteuners is!!!!

LW, ek het niks teen die Cheetahs nie, ek gebruik die maar net as 'n voorbeeld

Waar is die slim antibull ouens nou???  Spiderman, ek wag........ 

Cheers

Spekkies

JC
Ou hand
Aangesluit: 18/07/2010
Inskrywings: 154
Gebruiker is aanlyn
Plek: Moerlandspan

Hoekom sê jy niks van die blou bul speler wat sy eie spanmaat geslaan het nie?????

frikkie123
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.

Speknet,Jy vra vir dit :

Kyk hierna :http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bul-looi-maat-in-span-oor-taal-20120220

Speknek
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng

JC, lees weer...dit gaan oor hoekom daar niks gese word oor 'n ander speler wat in 'n kroeg geveg was...

Cheers

Spekkies

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

Ou Speknek eks bevrees jy het nou SELF in die slaggat getrap!!!

Daar is HEELWAT meer voorbeelde by die Bulle as by die Cheetahs van swak gedrag - selfs 'n moordsaak!!!

Groete
Ken

 

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 346
Gebruiker van lyn af.

Speknek,

niemand het iets gesê oor die vegtende pienkes, wat mekaar voeter, tot jy begin praat het oor die cheetah nie. Jy bewys dat wat, jy sê, 'n kleinserige bloubul/pienkkoei persepsie is?

Speknek
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng

Vrystater wrote:

Ou Speknek eks bevrees jy het nou SELF in die slaggat getrap!!!

Daar is HEELWAT meer voorbeelde by die Bulle as by die Cheetahs van swak gedrag - selfs 'n moordsaak!!!

Vrystater, ek betwis dit gladnie.  Die punt wat ek probeer maak is dat mens nie sommer iets hoor as die speler(Drunk wat aangejaag het van 'n ander provinsie af is nie?  Maar soos die antibull ouens mos is, moet daar nou eers weer dadelik na 'n ander bloubul geval verwys word, soos JC hierbo? 

Cheers

Spekkies

JC
Ou hand
Aangesluit: 18/07/2010
Inskrywings: 154
Gebruiker is aanlyn
Plek: Moerlandspan

Nou hoekom het jy dan nie self ook na die blou bul geval verwys nie. Daar is ook niks oor die geval gesê alvorens jy nie 'n eier gelê het nie

Leon Verster
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 229
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Regal met 'n 2007 Isuzu KB300LX DC

Ja nee Speknek..Kan nie onthou dat daar 'n draad van 'n Cheetah/Shark af was wat vra "HOEKOM Sê NIEMAND IETS OOR DIE BULLETJIE SE FIGHT NIE!". Stem 100% saam met Alias...

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

@Speknek,

Daar was, soos Frikkie123 genoem het, 'n voorval in die koerant waar die pienkies mekaar getakel het.  Niemand het gedink / geworry om dit, of die Coenie storie, op te bring nie, "WANT DIT MAAK NIE SAAK NIE".

Nou kom jy, bring dit op om reaksie te lok, jy kry dit en weet nie mooi hoe om dit te hanteer nie.  Dit wil vir my voorkom dat jy smag na bietjie kommentaar oor die pienkies, omdat dit maar stil was na die nuwe truie storie.

Aangesien alles wat in die pienk kamp gebeur op die forum bespreek moet word, kom ons praat dan ook bietjie oor Dewald se arm / hand of oor Johan Sadie wat glo hy hy s "sterker" by die pienkies as by WP.  Kom vertel nou vir ons hoe sleg die WP span / spelers is.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek ken die verskil tussen stront en liefde, en hierdie is nie liefde nie..... Sal maar die fight van die kantlyn af kyk

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

JacquesB wrote:

Kom vertel nou vir ons hoe sleg die WP span / spelers is.

 

Mens praat nie in ordentlike geselskap daaroor nie.

 

 

 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Dries Botha wrote:

JacquesB wrote:

Kom vertel nou vir ons hoe sleg die WP span / spelers is.

 

Mens praat nie in ordentlike geselskap daaroor nie. 

he he he he he

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Cheetah wrote:

..... Sal maar die fight van die kantlyn af kyk

Niemand fight nie, nog nie!!!! 

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

@ Jacquesb

Nog nie....

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Nee wat ... niemand moet kleinserig wees oor 'n getergery in rugby nie. Ons terg mos oor dit wat ons dink anders as die norm is, of nie?

Ek het iewers geskryf van die arme Sharks. Dink iemand nou regtig dat enigiemand/ek letterlik bedoel die "arme Sharks". Almal weet die Sharks is 'n gerespekteerde span, die BULLS (driemalige Superkampioene) het maar net meer as die helfte van al hul Superwedstryde teen die Sharks gewen.
 

Om nie eens te praat van die WP/Stormers nie. Die Stormers is die SA Superspan wat die beste gevaar het verledejaar. Verledejaar kon ek terg as Sadie 'n bal misvang of 'n duikslag mis hierdie jaar kan hy niks verkeerd doen nie want hy speel nou vir die BULLS. (Hy's nou groter en sterker Jacques!)

Kyk, as enige ander span so simpel was om in pienk te speel sou ek hulle onophoudelik geterg het.

Dieselfde geld vir die nuuswaardigheid van dit wat die spelers aanvang. Ek ken nie eens een speler van die Grens se naam nie. Watse nuuswaardigheid sal daar nou wees as 'n speler van die Grens baklei het?

Die bewys van respek vir alle Superspanne kan dalk as volg illustreer word: Is daar enigiemand wat dink dat enige Superspan vir die Southern Kings moet terugstaan. Almal praat oor die Lions of die Cheetahs maar wat van as die BULLS hierdie jaar weer onder aan die punteleer eindig soos (darem) baie jare terug? Is daar enigiemand wat dink die BULLS sal dan vir die Kings moet terugstaan?

Kom ons terg in goeie gees en kom ons aanvaar as ons aan die ontvangkant is, ook in goeie gees.
 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

@Dries

Hoor Hoor !!!!

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

frikkie123
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.

Bulle se nuwe rugby "steuwels"

ha ha ha ha ha

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Daardie haak gaan so vernietigend wees soos die BUL se horings. Skerp, vlymskerp.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

HJB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 600
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dries, daar is baie van jou mede Bul ondersteuners wat nie met jou skrywe #15 gaan saamstem nie, maar as WP/Stormer ondersteuner stem ek saam met jou. Die lewe is so vol negatiwiteit dat mens jou nie kan vervies oor 'n gespottery nie. Ons moet almal van tyd tot tyd sulke spottery verduur, sommige meer as ander, maar dit is die dinge wat vriendskappe bind.

Hennie

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dries,

Ek kan nie meer met jou saamstem nie. Ongelukkig is hier mense op die forum wat net te veel daarvan hou om te stir en uit te lok tot die ding in een of ander moddergooiery ontstaan. Jammer as ek skepties staan, maar gaan kyk maar terug hoeveel drade wat in 'n "Ligte Terg Gees" begin, eindig  waar ondersteuners mekaar begin slegmaak, en dan gaan dit lankal nie meer oor die rugbyspan nie maar oor sy ondersteuners se gebrek aan takt.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 676
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

 

 

 

 

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 676
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

[quote=Frikadel]

 

 

 

 

 

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Mooi man Spekkies, probeer weer. HEHE ek sien jou timing was bietjie uit. Jou probleem egter is as jy moet wag vir 'n berig oor 'n ander provinsie se speler wat iets aangevang het, wat nie saamval met iets waar 'n Bloubul iets aangevang het nie, gaan jy lank wag, want daai kommingatte is heeldag in die koerante.

Dis in hulle bloed pappa. So gebore en so gesuip.

PS: Ek gaan Vrydagaand weer bietjie nuwe vloekwoorde leer op Loftus. Nie uit vrye wil nie, maar die tannie wil graag haar span gaan ondersteun. Sal maar vir klein Spinnekop oorpluisies insit, daar tussen die room van die afrikaners.

 

 

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 676
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

Spiderman wrote:

PS: Ek gaan Vrydagaand weer bietjie nuwe vloekwoorde leer op Loftus. Nie uit vrye wil nie, maar die tannie wil graag haar span gaan ondersteun. Sal maar vir klein Spinnekop oorpluisies insit, daar tussen die room van die afrikaners.

 

 

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Skerp Spidy.... Skerp

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 547
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Praat 'n man wat se kind hom nog nooit by die huis gehoor vloek het nie.

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Vloek jy voor jou kinders Jakkals?

Skree jy vir die Bloubulle?

 

 

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

So 'n ietsie anders.....

AanhegselGrootte
stormers.docx 232.02 KB

Danie & Issie

 

 

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 346
Gebruiker van lyn af.

Oubaas, moenie panic nie! Daai supporters van die pienk praat NIE meer lelik nie. Die ergste wat jy gaan hoor is iets soos: aggenee poefie, die liewe meneer skeidsregter het sandjies in sy ogies, soe tog!

Speknek
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng

Daar kom bevestig die klomp slim antibulls maar net weer wat ek reeds vermoed het.  Julle laat my lag!!!!

Navorsing het blykbaar bewys dat die meeste mense wat die bulls so harstogtelik haat, is in een of ander stadium in hulle lewe deur 'n bulls ondersteuner gebliksem!

Maar ek wil nie baklei nie en gaan nou maar wegstap van die draad af   

 

Cheers

Spekkies

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 46 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Footloose
  • evert
  • tworaptors
  • Gert Venter
  • Pieter Rheeder
  • Big G
  • Spikkels
  • Danet
  • WilleWillemien
  • Janwillem
  • JCKorf
  • Len Loader
  • JC
  • RATEL
  • JM
  • Pieter Schultz
  • Tjailatyd
  • Mariskab
  • Harry Du Randt
  • Christie
  • PaulS
  • Eddie Laing
  • Dirsa
  • Blesbok

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.