Victoria-Wes en "spoed-kaartjies?

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 Ek ontvang gister 'n "spoed-kaartjie" van die Ubuntu Munisipaliteit waarin beweer word dat ek op 6 Januarie 2012 in Victoria-Wes die spoedgrens oorskry het deur 132km/h in 'n 100km/h-sone gery het.

My voertuig se registrasienommer word weergegee.

Die feit is dat ek nog NOOIT IN MY LEWE in Victoria-Wes was nie!!! Op 6 Januarie 2012 was ek by my huis wat donners ver daarvandaan is!

Ek wil graag weet: Is daar nog forumiete wat "spoedkaartjies" onder soortgelyke omstandighede van Victoria-Wes ontvang het?

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Jy moet maar daardie foto opvolg. Daar is baie gesteelde nommerplate in die omloop. Ek het jare gelede 'n boete gekry omdat my "Mazda" deur 'n rooi verkeerslig gery het 5 uur in die oggend in 'n informele gebied! Dit was my karavaan se registrasienommer. 

 

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 Ian,

Ag nee wat swaer,

Ek sal maar wag vir die dagvaarding! Gaan nie moeite doen met opvolg en al daai twak nie!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Wingnut
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/01/2012
Inskrywings: 132
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Woonwa met 'n JEEP

Oom Footlose:

 Ek is regtig jammer om van jou probleem te verneem. Wat worry jy geld is mos nie n probleem nie!?Vra net die man van die "stink valley" as jy kort.

My innige simpatie!

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Gaan sleutel die kaartjienommer op Payfine in en gaan kyk daar. 

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Wingnut wrote:

Oom Footlose:

 Ek is regtig jammer om van jou probleem te verneem. Wat worry jy geld is mos nie n probleem nie!?

My innige simpatie!

@Wingnut,

Jy's reg ... vir my is geld beslis nie 'n probleem nie ... dis net 'n probleem as jy 'n AFGOD daarvan maak en TE VEEL daarvan wil hê!

 

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Ian Laing wrote:

 Gaan sleutel die kaartjienommer op Payfine in en gaan kyk daar. 

Om wat te doen?

Ek WEET mos dis nie ek nie!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Footloose wrote:

Wingnut wrote:

Oom Footlose:

 Ek is regtig jammer om van jou probleem te verneem. Wat worry jy geld is mos nie n probleem nie!?

My innige simpatie!

@Wingnut,

Jy's reg ... vir my is geld beslis nie 'n probleem nie ... dis net 'n probleem as jy 'n AFGOD daarvan maak en TE VEEL daarvan wil hê!

 

Footloose, skerp - baie mooi gestel!!!!!!!!!!!!!!!!!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Indien daardie dagvaardiging ooit by jou uitkom, sal dit heelwaarskynlik drie tot vier jaar neem, soos met my gebeur het.

Hulle sal jou heelwaarskynlik met 'n oproep of twee verpes om die boetekaartjie te betaal. Ek het maar net elke keer vir 'n kopie van die "foto" gevra. Vyf jaar later wag ek nog steeds.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Footloose.

My natuur sal maak dat ek die probleem liewers sal oplos deur maar te bel en te kyk wat ek kan doen. Ek sou met die hoof van verkeer praat. Onthou, hulle weet nie daai nommerplaat is dalk vervals nie. Hulle werk van die foto af en daai nommer wys na jou toe. Voor jy jou oë uitvee is daar 'n lasbrief en by die volgende padblokade sê daai manne "boetie kom saam" of jy kan nie jou voertuig lisensie hernu nie. Glo my, dan gaan vloek en skel nie help nie.

Ek het 'n sootgelyke geval gehad in Kuruman. 148 km/ph. Ek moes fotos van my kar neem en aanstuur met die lisensie skyf en die toeti en die saak is toegemaak.

Dit is maar my 2c. Ek wil nie voorskryf nie want daar is ander manne wat dalk beter advies kan gee.

Sterkte in elk geval.

 

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 214
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park

Johan,

Ek het so `n jaar of twee dieselfde ondervinding gehad. Het `n beedigde verklaring aan hulle gestuur en die nodige bewyse aangeheg. Het onlangs bevestiging gekry dat die boete teruggetrek is.Hulle het glo eindelose probleme met vervalste registrasienommers.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Mense,,ja, en dan kom dit by lisensiehernuwing, en as die voertuig gekoppel is aan jou ID nommer gaan jy GEEn ander voertuig lisensie hernu kry ALVORENS ALLE UITSTAANDE boetes betaal is nie!!! Ekskuus, ek skree nie!!! Dit is hoe dit hier by ons in Noord-Wes gedoen word. dan is hie ander beweging, genaamd JAWS, wat met moerske voertuig enn baie swart voertuie langs die pad staan, en dan stop hulle jou, en voer jpoiu bestuurderslisensie info in komputertjie, en as hy sê HOES, dan HOES jy, met kredietkaart of wat ook al, jy ry geen tree verder nie, jy betaal eers. Hulle "in" soms tot R200 000 se agterstallige boetes op 'n voorstaan sessie. Ek dink dit is baie moeilik om om so 'n ongemaklike stadium probeer bewys dit was nie jou voertuig nie. Ek sou dit so gou moontlik probeer doen, en baie tyd en ongerief spaar vir later, maar, elkeen doen soos wat hy goeddunk.

Altyd egte kampgroete.

Frans

Altyd egte kampgroete.

Frans 

 

 

 

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 Footlose

Ek het ook so twee jaar terug 'n kaartjie vir onwettige parkering gekry vir my Mazda3 iewers in Pretoria, dit terwyl ek in daardie tyd aan die weskus vakansie gehou het, ek moes tyd by die werk afvat om dit te gaan uitsorteer aangesien hulle nie my kar se lisensie wou hernu voor ek nie die fine betaal het nie. Dit moes lelike verduideliking kos om die mense te laat verstaan dat die voertuig met die betrokke registrasie nommer omtrent 1600km van die oortredings adres af was.(nuwe suidafrikaners) jy verstaan. Op die ou einde was die fine gekanseleer maar die rond slomp en moeite maak 'n ou die hel in. Die dag se salaris en tyd is daarmee heen en dan nog die frustasie.

Al wat ek kan se is sterkte ou maat.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Eish, die nuwe stelsels darem

Eerstens kon ek 'n ruk gelede nie my lisensie hernu nie want my blou Opel is in Kimberley gevang vir spoed en daar is 'n lasbrief vir arrestasie. Ek het nog nooit eers 'n Opel gery nie. Met bietjie gesukkel was dit opgelos en teruggetrek en ek kon my lisensie hernu na 'n paar dae se gesukkel tussen Visagiestraat and Kimberley se staatsaanklaer.

Toe kry ek sommer drie boetes gelyk vir te vinnig ry by N1 Olifantsfontein, N3 Malboro en M1 Corlett Rylaan. Minute uitmekaar. Kyk, my Subaru is vinnig, maar nie SO vinnig nie.(Ek wens!) My dagboek het ook gewys ek was nie daai dag daar nie.

Ek gaan toe na Sandton Verkeer daar naby my kantoor en dring aan om die fotos te sien. Die man verdwyn en kom later terug sonder die fotos en vra dat ek hom vergesel na 'n agterkantoor. Die man krap toe strepe deur al drie boetes en se ek moet loop, dis opgelos. Toe ek weer vra vir die fotos toe raak hy moeilik en wil dit nie wys nie en dring aan dis reg en ek moet loop. Ek wonder maar net wat het daar gebeur en hoeveel ouens het maar net betaal. Dis duidelik iets was baie verkeerd.

Moral of the story: Moet nooit iets betaal sonder om dit na te gaan nie.

Footloose, jy moet bietjie daai VW-, Ford-  of Toyota Swing van jou nagaan wat so sonder jou medewete rondry.

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

andre strydom
Groentjie
Aangesluit: 08/01/2012
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits; Noord Wes
Ek sleep 'n Spilkatdop met 'n Draad Karretjie

 Footloos

Ai my ou maat ek't soort gelyke storie gehad sommer so 7 n maand dan's dit nog die vaan wat smaak my aleen ga staan en kamp,by nadere onder soek sie ek ma dis da n CORSA LITE met vaan se reg no;. So dit wat ek jou nou se do so.Gaan na jou naaste verkeers afdeling kry n vertoee vorm vul hom met n afskrif van daai kaartjie,n afskrif van jou liksens pampier en n be-eediging van da dit nie jy kan wees nie en da jy n HELSE lot Km's weg is da van is.Dan kry jy hul E-mail adress en jy E-pos dit.Sit agter oor drink n yskoue,hul sal jou uit los. Glo my dit werk. 

Ons het net een lewe laat ons hom geniet

Andre & Hannetjie 

Ons sleep n 1985 Jurgens Exclusive LT met n 1998 Nissan Hardbody 3000i 

Jannie de Wet
Groentjie
Aangesluit: 14/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Sprite Tourer SP de Lux met 'n Landrover Discovery 4 3.0TDV6 HSE

Ek stem saam met al bogenoemde kommentare.  Deur niks te doen en te wag vir die dagvaardiging gaan aan die einde van die dag net meer tyd neem om die probleem uit te sorteer.

Ek het al verskeie aanmanings gekry van die verkeersafdeling in Vereeniging vir oortredings deur my sleepwa en dit is elke keer gekanselleer deur 'n boodskap op die webwerf.  Iemand in Vereeniging ry rond (en sommer wild rond) met 'n Golf wat my sleepwa se registrasie nommer het!

Ek kan nie die verkeerafdeling blameer nie - hulle werk slegs met die inligting wat op die NATIS stelsel is alhoewel ek nie kan verstaan dat hulle nie kan agterkom dat die NATIS stelsel verwys na 'n sleepwa en die foto 'n Golf is nie.  Miskien is alles gerekenariseerd (is dit die regte term en spelling?).

 

Jannie en Lucie

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

My ondervinding met Ubuntu is dat hulle nie sommer dagvaar nie, maar jou verpes met tellefoon oproepe en e-pos.

 

John Cooper

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Andre, haai jy, welkom hier op die forum, ekskuus ek sien nou eers dis nuwe forumiet!!!! Nou sal ek my verwônner!!!vanwaar is jy. Noord-Wes, maar waar in Noord-Wes?

Ekskuus ek kaap jou draad, Footloose, ek sal nou liewers stilbly!!! netnou "beskuldig jy my!!!!"

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

andre strydom
Groentjie
Aangesluit: 08/01/2012
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits; Noord Wes
Ek sleep 'n Spilkatdop met 'n Draad Karretjie

 Hallo Oom Frans

Nee man oom Frans ek's hie va Brits'e wereld

Kamp Groete Andre

Ons het net een lewe laat ons hom geniet

Andre & Hannetjie 

Ons sleep n 1985 Jurgens Exclusive LT met n 1998 Nissan Hardbody 3000i 

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 Dis vir my ontstellend om te lees van al die onwettige dinge waarmee ons forumiete gekonfronteer word-

  • padblokkades waar jy gedwing word om jou uitstaande verkeersboetes te betaal voor jy verder mag ry;
  • weiering om jou voertuiglisensie te hernieu totdat jou uitstaande verkeersboetes betaal is ens.

Manne, hierdie dinge is ONWETTIG!!!

Wat my egter meer ontstel is dat die gemiddelde Suid-Afrikaner hierdie goed "vir soetkoek opvreet" en maar net opdok!

Ek sal ander drade begin, dan bespreek ons bietjie bogenoemde twee sakies!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Passop vir Hanover/ De Aar distrik, ek weet vir `n feit dat ek my spoed ry maar kry toe `n kaartjie vir R500.00 in die pos `n paar weke later.  Ek het `n brief geskryf aan die verkeershoof en hom verduidelik dat dit onmoontlik is dat ek die spoed gery het en vra toe vir die fotos.

EK WAG NOG! 

Groete

Hein

 

 

 

chrisbeachbum
Super sleper
Aangesluit: 04/10/2010
Inskrywings: 361
Gebruiker van lyn af.
Plek: Geen vaste adres - Meestal voltyds op toer, tans in Pretoria.
Ek sleep 'n Suzuki Samurai met 'n Mercedes Benz Elite mobiele huis.

So gepraat van vervalste/ gesteelde nommerplate? - Ek sien 'n ander skuins ding kom..!!

Wanneer/ As die nuwe voorgestelde tolpaaie hier rondom Pretoria/ Johannesburg in werking tree, glo ek daar gaan baie nommerplate gesteel word deur mense wie nie vir die e-tag storie gaan registreer nie, en eerder met vals nommerplate gaan rondry. 

Sal maar sien.

Groetnis.

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 Hein,

Dis juis my punt ... 

  • Landsburgers word deur 'n oneindige klomp stress, frustrasie en ongerief gesit ... waarom? ... en wie betaal daarvoor? Waarom word daar van jou verwag om jou tyd en geld te mors deur oproepe te maak en briewe te skryf?
  • Wie betaal daarvoor?

Dis mos verkeerd!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Bobbejaan
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 383
Gebruiker van lyn af.

Was ook so "gevang"! Dieselfde spoed en dieselfde grens, die selfde Munisipaliteit, met die verskil, hulle het 'n dagvaardiging bestel. Ja,blykbaar buite Drie Susters op die N1 en ek dink dit was in die Hanover gebied wat onder Victoria Wes val. Ken baie mense wat op daardie plek deurgeloop het teen dieselfde spoed en grens en Landros distrik. Ek Wonder?

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1926
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Ek sukkel al 4 jaar met so boet in Kimberly. Foto is van trok met Reg VPV en boet uitgemaak op my bakkie met reg VFV. Hulle se ek moet soontoe kom om dit uite sorteer.

Elke maand is daar nuwe mense in verkeer en nuwe staats aanklaer

 

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Joos Pretorius
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 216
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bronkhorstpruit
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Ford 2.2

Ek het een gekry. Glo 140km/pu deur Hanhover gery terwyl ek gesleep het.  Ek wil dit nog vir Ford stuur sodat hulle dit vir n advertensie kan gebruik.

Ford weet nie van hulle produk se vermoee nie.

 

Joos Pretorius

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Ek het self 'n bedrogervaring (want dis bedrog) met die Ubuntu Munisipaliteit by Victoria Wes gehad. Aangesien ek in die distrik gewerk het, het ek geweet van 'n kamera wat so paar kilometer buite die dorp opgestel was. Daarom het ek dubbel seker gemaak van my spoed, trouens selfs my GPS gebruik vir ingeval. Nogtans het ek 'n kaartjie gekry wat ek teen my wil moes betaal ten einde 'n lisensie te kan hernu. Ek vermoed dat die betrokke munisipaliteit baie ekonomies met die waarheid is.

Ek stem met die strekking van Footloose se kommentaar saam: die owerheid behoort nie stelsels te gebruik wat nie bo alle twyfel die regte skuldige persoon takel nie. Niemand behoort ongerief te hê, net omdat die stelsel vir die owerheid 'n mogge troffe gerief is nie. Is die kern van ons reg dan nie dat jy onskuldig is totdat jy jou skuld erken of 'n hof jou skuldig bevind nie?

Ek behoort nooit 'n sent se onkoste of 'n sekond se ongerief te hê net omdat iemand anders die tekortkominge in die owerheid se stelsels kan misbruik nie.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Dries Botha wrote:

Ek het self 'n bedrogervaring (want dis bedrog) met die Ubuntu Munisipaliteit by Victoria Wes gehad. Aangesien ek in die distrik gewerk het, het ek geweet van 'n kamera wat so paar kilometer buite die dorp opgestel was. Daarom het ek dubbel seker gemaak van my spoed, trouens selfs my GPS gebruik vir ingeval. Nogtans het ek 'n kaartjie gekry

Dieselfde het met my gebeur by Colesberg. Omdat ek deur jare se ondervinding weet dat Colesberg "vrot" van die kameras is het ek spesiaal op my spoed gelet deur by GPS te gebruik, maar terug tuis wag die kaartjie vir my. Twak, ek het nie die spoed oorskry nie.

John Cooper

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

So 5 jaar gelede het ek en vroulief gaan toer en Augrabies, Port Nolloth, af tot by Kaapstad, Mosselbaai en terug deur Baufort-Wes na Pretoria gery. By elke dorpie het ek die spoed bordjies gekry wat sulke ente uitmekaar staan 120, 100, 80 en dan 60. Ek het slegs die brandstof pedaal gelos en die voertuig het stadiger beweeg tot by 60, en dan het ek die hele dorp deur nie 60 oorskry nie. Wanneer ek dus by die 60 bordjie kom was my spoed effens vinniger as 60. By die huis wag daar toe 7 spoedkaartjies.

Dit lyk my die blikskottels het sowaar by elke 60km bordjie 'n kamera gaan sit. Les geleer, ek "briek" nou erg by elke bordjie tot by die spoed wat dit aandui tot die ontsteltenis van die motoriste agter my wat dink ek is simpel.

John Cooper

HJB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 600
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Daar is seker baie reels waaraan voldoen moet word met die opstelling, posisionering en gebruik van 'n spoed kamera. En dit sou seker relatief maklik gewees het as jy op heterdaad afgetrek word en jou spoedlesing vir jou gegee word. Nou kan jy maklik bogenoemde nagaan. Maar wat gebeur in werklikheid? Ongeveer 2 of 3 weke na jou vakansie kry jy so vieslike koevertjie deur die pos wat se jy moet betaal. Hoe kan jy nou die opstelling ens nagaan? Ons almal sal seker instem dis onmoontlik, en ek glo sommige van die plaaslike owerhede weet dit. As hulle dus wou, sou dit dus vir hulle maklik wees om nie al die reels met opstelling na te kom nie. Wat staan my as ontvanger van die koevertjie te doen as Plek-sonder-naam se ek skuld hulle R100 vir 11km/h te vinnig gery? Betaal en beweeg aan! Is dit reg? Nee dit is nie, maar ek is ten minste ontslae van die probleem.

Hennie

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Lyk my elke provinsie het sy manier om geld te maak. In die noordelike deel van die land is dit tolhekke. In die suidelike deel van die land en spesefiek Wes Kaap is dit weegbrue, padblokades en verdagte spoedkaartjies.

Wie's aanlyn

Daar is tans 25 gebruikers en 44 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • evert
  • WilleWillemien
  • Janwillem
  • JCKorf
  • Danet
  • Len Loader
  • JC
  • RATEL
  • JM
  • Spikkels
  • Footloose
  • Pieter Schultz
  • Llewellyn j
  • Tjailatyd
  • Pieter Rheeder
  • Mariskab
  • Eben die kampeerder
  • Big G
  • Harry Du Randt
  • Christie
  • PaulS
  • Eddie Laing
  • tworaptors
  • Dirsa
  • Blesbok

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.