Troeteldierkos - betaal jy vir die beste?

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Ja, ek weet die onderwerp kan baie rillers en draaie vat. Ek het 3 honde op my werf. 'n Sypaadjie mengsel en 'n Foxie van 11 jaar en 'n Alsatian van 11 maande. Gewoonlik koop die vrouens die hondekos as deel van hul maandelikse inkopies, maar die kos het effe langer gehou as die inkopies. 

Ewenwel, ek het vanmiddag Gunny, die Alsatian se kos gaan koop by die Vetshop en my sonbrand bleek geskrik! R540 vir 'n 20kg sak! Die goedkoop sakke wat in die kettingwinkels te koop is het net nie dieselfde voedingswaarde nie en die hond vreet meer daarvan en gevolglik is die optelhopies groter. 

Ek wou eers teëstribbel en vlug vir daardie prys, toe bedink ek my. Sedert ons hom as verwaarloosde "kind' aangeneem het, het sy toestand so verbeter dat sy gewig en pels 100% is. Hy het net te veel energie vir my!  Vandat hy sy oë oopmaak tot hy gaan slaap wil hy net speel. Hy is kwaai, verdra geen vreemdeling op of naby die werf nie en is altyd paraat. 

Nou wonder ek net: Is die duur kos regtig altyd die beste, of is daar goedkoper alternatiewe?  

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Gee die beste vir die beste rusultate. Die goedkoop kos is net sh#$ convertors en jy tel net dorings op.

Groete

HPJV RENSBURG

Pieter Smit
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 15/05/2011
Inskrywings: 110
Gebruiker van lyn af.
Plek: Aurora

 Die goedkoop kos het baie mielies in en daarom die groot hope

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 425
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

ian.

my skoonsuster daar in die kaap verkoop een of ander mengsel baie goedkoper as daai R540 (soos ek verstaan). stuur my 'n pm as jy wil dan verskaf ek haar kontak besonderhede.

groete

edward

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

Ian

Dis my bedryf hierdie. As ek jou 'n teenvraag kan vra. Waarom kan net veeartse en die sogenaamde "vets shops" daardie duur handelsname verkoop?

Ek kan sekere handelsname nie aanhou nie, maar koop by die presiese selfde fabriek die ander handelsname wat ek wel mag verkoop. Ek kan die pryse sien en ek kan jou waarborg daardie duur hondekosse by jou veearts het 'n profesionele fooi (winsmarge) in. Jy sal op jou rug val as jy die ware syfers sien.

Dis 'n monopolie. En ek kan boeke skryf oor mense wat in my winkels inkom en sê my veearts se dit of dat. Die gemiddelde veearts se basiese kennis van voeding is beroerd.

Maar omdat my veearts so sê, is dit wat ek koop.

Groete.

 

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

My honde wil niks anders as Pedigree eet nie. Kan maar koop wat ek wil, hulle kyk dit net so aan. Self Vetschoice wil hulle niks van weet nie.

Het eendag hierdie goed probeer wat die mense so van hulle huise af smous. Maar daai goed stink so ek het sommer geweet my honde gaan dit ook nie eet nie.

 

 

 

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

 Voer al jare Vets Choice vir my honde. Sal graag by Cobus wil hoor of ek geld mors?

 Groete

Martin

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1082
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ons gebruik dieselfde as Spiderman, Pedigree. Daar is ook nie baie sponsdorings op die werf nie.

Terloops, waarmee en hoe word die sponsdorings op getel?

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Stoffel, ek los die sponsdoring so dag of meer om uit te droog en tel dan die spulletjie met 'n "poop scoop" op. Dit is 'n skoppie met 'n gat aan die agterkant waaroor jy 'n inkopiesak vasmaak. Die skoppie het 'n lekker lang handvatsel, so jy hoef nie te buk nie. Daarmee saam kry jy 'n spaan met 'n lang handvatsel waarmee jy die bolle in die skoppie inkrap. Wanneer die sak vol is of effe ruik, dan maak jy dit los, knoop toe en gooi dit in die vullisdrom. 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Ai ek is so bly my eet nie, mors nie, en blaf nie en ek was hom so elke week met hosepipe.

Groete

HPJV RENSBURG

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Ons koop Montego Classic pallets vir ons Jack Russel. Sy geniet dit en daar is beslis minder sponsdorings in die erf.

Koop ook die gewone Boss of Butch blikke kos om so af en toe in die aand vir haar te gee, het voorheen Purina gekoop, maar dis bietjie duur in vergelyke met die ander, en sy eet almal, so blik kos koop ons dan maar die goedkoper een.

Sy is fris en gesond, sien nie fout met die goedkoop blik kos nie.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

R540 vir 'n 29kg sak goeie hondekos is nie geld nie. Hulle eet drie keer langer en poef vier keer minder op die beste hondekos. Hare en velle bly ook in 'n baie goeie toestand.

Dit is waarom ons Hills Science Plan gebruik. Kos ook in daardie koers. R430 vir 'n 12 kg sak.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ons woewe floreer op Montego Classic.

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Hier by my werk dit so!Payday word daareers vir diehonde en ander geveerdes kos gekoop en daarna groeseries!!Ons koop by die ko-operasie 40kg sak {die NAAM het my nou ontgaan} HUl kry ook n afgemete hoeveelheid elke aand Daars nie vout met die pels of kondisie nie die bolle mag egter groter wees maar kan daarmee saamleef,. Of jy nou n klein of groot BOL moet optel optel moet jy optel

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

Damduiker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors

Het onlangs oorgeslaan van die goedkoopste by P&P na Montego en dit is opvallend dat daar baie minder bolle is en die bolle is amper wit en blus sommer ná 'n dag of twee in die son. Hulle kan soveel eet as wat hulle wil: die bak word altyd vol gehou en hulle is nie vet nie - te woelig!

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker is aanlyn
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

WilleWillemien wrote:

R540 vir 'n 29kg sak goeie hondekos is nie geld nie. ......Dit is waarom ons Hills Science Plan gebruik. Kos ook in daardie koers. R430 vir 'n 12 kg sak.

 WAT!! Wat kry jy saam daai sak hondekos - dit kannie net vir so bietjie hondekos so baie wees nie?

Ek is saam met Stofdonkie en VW - Montego Classic is volgens my meer as goed genoeg vir my honde.

Spiderman, van watter "brand" praat jy wat stink wat die mense van hulle huise af smous?  Is dit dalk daai "Hero" goed? 

Cobus - versprei julle nie dalk tot hier in Pta nie?

Groetnis

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Ons moes ons dierekind Twee weke terug laat uitsit en treur nounog. Sy was 15 jaar oud en het Altsheimers gekry asook uitgroeisels op die lyfie. Sy het meer van kamp gedra af geweet as sommige mens kampeerders en vir haar was net die beste kos goed genoeg.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Die beste voedingswaarde vir die honne, Big G.

Hy hou my amper drie maande en die honne eet uit 'n self-feeder. Word ook nie vet nie.

Wat kos 'n 6kg sak Pedigree nou al by die P&P? R178-00??

My honne eet 'n 6kg sak Pedigree in minder as twee weke op en betjorts die hele werf en hulle hare val uit.

So, oor 'n drie maande tydperk eet hulle 6 sakke Pedigree op. 6 x R178 = R1074?

Wat is nou duur en wat is goedkoop?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker is aanlyn
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Eet jou honde 3 maande aan die 12 kg sak? Watse honde (jies) het jy?   

Mag die voorspoed jou verveel......

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Ek voer ook my drie honne Vet's Choice. Dis daai geel sak vir die senoir burgers.

Hakuna Matata !!

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 441
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

WW , jy moet van supermark verander. Na my kennis kom Pedigree in 7 en 8 kg sakke en is so R130 by my local supermark. Op special kom hulle so R110 dan koop ek so paar.

Dis net vir wanneer ek weggaan, dan sit ek hulle op 'n self feeder, wanneer ek tuis is kry hulle rou groente en rou saagsels vanaf die slaghuis. Saagsels bestaan uit vleis, bene en murg en dis baie goed vir karnifore.

Die rede vir die groente is dat as jou roofdiere iets vang, eet hulle die pens ook wat dan die gras en blare bevat wat die prooi geeet het en so kry jou roofdier sy "groente" in.

Die werk vir my baie goed en my honde is in tip top shape. Hulle bollies is klein, en verkrummel na 'n dag se lê in die son, en dit stink nie. Dit plak ook nie so aan die gras nie.

Groete.

Mark.

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hulle kry ook oorskietkos uit die huis uit, Big G.

Sommige oggende, nadat Lorraine ons kosblikke vir die dag gepak het, staan hulle pense koelrond. So, mens nodig nie te veel pille onder daardie omstandighede nie.

Mark, ek het baie lanklaas Pedigree gekoop, so, my R/sak was 'n geskatte waarde....maar met jou meer akkurate pryse en hoeveelhede kan mens die sommetjie weer oor doen en met die kwaliteit van voeding wat jy met 'n goeie hondekos kry, ingedagte gehou, weer besluit wat duur en wat goedkoop is. 

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

By ons vorige huis het ons 'n groot boerboel gehad wat ons "peetkind" was en ons Worsie.  Die eienaars het Montego gevoer, maar die Boerboel was nogals erg oorgewig en het baie met haar heupe gesukkel. Haar hare het ook uitgeval by die bosse.

Ons word toe voorgestel aan Opti-Woof. Kos R280 vir 20 kg. Binne twee maande was daar 'n dramatiese verskil aanhaar gewig, Haar pels het begin blink, en sy het baie makliker opgestaan en rongeloop. Ons het sommer ook vir Worsman op die kos gesit en hy het gefloreer.

Die enigste moeilikheid is dat ons nou net vir Worsman  by die huis is en dat 20kg te veel is. Hy sal 6 maande aan daai kos eet, maar hulle verpak die kos net in 20kg pakke...

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 441
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Ek mik jou sommer maar net WW, jy's darrem nie so ver af nie, en die pryse verander voortdurend. Ek het ook my honde op verskeie van die vets kosse gehad, al was dit duur en ordentlike kos wou my honde niks daarvan weet nie. Het maar net my kop kon skud en gewonder of hulle besef hoe bevoorreg hulle is om sulke goeie kos te kry, maar hulle wou nie besef nie, toe gee ek maar moed op.

Groete.

Mark.

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Die twee gediertes eet enig-iets, Mark.Enige soort groente en vrugte ook.

Die kleintjie is al so wintie dat sy sommer self vir haar die groenboontjies in die tuin gaan afpluk van die stoele af.

Rede waarom ek die spesifieke kos gebruik is omdat die vet dit vir altwee honde aanbeveel het, toe die kleintjie so siek was met katgriep en die groote 'n effe van 'n velheukery het.

In die oggende gee ek vir elkeen so 'n halwe koppie vol van die klein pilletjies met 'n dose EFAZOL oor. Dit verrig wondere, hoor. Daisy, die groot hond krap die helfte minder.

Maar, ja, soos jy sê. Die goed is nie goedkoop nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker is aanlyn
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Nee nou weet ek nie, WW.  Jy praat van "die kwaliteit van voeding wat jy met 'n goeie hondekos kry" en betaal dan ten duurste vir die "goeie" hondekos om jou honde in tiptop kondisie te hou - op aanbeveling van die "Vet", maar dan voer jy oorskietkos vir jou honde?

 

Mag die voorspoed jou verveel......

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

He, he, he...Big G. Dis ma se eksieperfeksiegeballanseerde kookresultate se oorblyfsels, maar sy kook ook vir hulle spesiale disse soos daar rou groentereste en afval vleisies en velle oorbly. Hulle is mal oor gemengde groentesop wat Lorraine self en baie van maak, asook vir die oxtail beentjies. Ons skaal af daarmee so 'n maand voor ons op lang vakansies gaan om hulle te kondisioneer om net uit die self-feeder te vreet.

So, ja, Big G. Die "afvalkosse" wat hulle kry is van dieselfde gehalte as wat ons self eet. So, daarom vreet hulle minder honnepille en kan ek bekostig om vir hulle die beste te gee.

Jy sien mos in hoe 'n goeie kondisie is ek altyd.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Big G daai goed wat so stink vat die mense van hulle huise af smous is daai einste Montego. Dit word mos van volstruis afval of iets gemaak.

 

 

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Kan nie wees nie, daai pellets stink nie, ek gebruik dit al lank.

Speknek
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng

VW wrote:

Kan nie wees nie, daai pellets stink nie, ek gebruik dit al lank.

....en hoe proe dit?  Blink jou vel ook mooi en krap jy minder?  Hoe lyk jou bolle?

Cheers

Spekkies

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hehehe.... daai volstruispille het ek ook op 'n stadium probeer toe die worshond nog geleef het. Hy't net sy neus vir dit opgetrek en weggestap. Weet ook nie wat die produk se naam is nie.

Hy het ook enigiets gevreet, behalwe aartappels en volstruispille.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wie's aanlyn

Daar is tans 23 gebruikers en 45 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Len Loader
  • JC
  • RATEL
  • JM
  • Spikkels
  • Footloose
  • Danet
  • Pieter Schultz
  • Janwillem
  • Llewellyn j
  • Tjailatyd
  • Pieter Rheeder
  • Mariskab
  • JCKorf
  • Eben die kampeerder
  • Big G
  • Harry Du Randt
  • Christie
  • PaulS
  • Eddie Laing
  • tworaptors
  • Dirsa
  • Blesbok

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.