TO STRAND Vakansie
Ons het hierdie Desember by TO strand gekamp en dit was flippen lekker.Die onvangs en personeel is baie goed en behulpsaam.Die oord is skoon en veilig mat studente wat die kinders n goeie gedeelte van die dag besig hou.n Bussie kom in die oggende verby so 9 uur laai die kinders op vir bybelstudie en kom laai hulle weer so 40 minute later af.10 uur in die oggende begin die strand aktiwiteite en dit is nou enigeiets van rugby,krieket en boeresport.Die ablusie is mooi skoon met twee skoonmakers wat tot 10 uur die aand daar is om die badkamers mooi skoon te hou.In die aande word die kamp gepatroleer deur twee wagte.Die mense wat om my gekamp het Piet,oom Vlooi en Joe het die vakansie nog lekkerder gemaak.Ons het goed gesleep mat n diesel verbruik van 8.2km/l.
Aangeheg is so n paar kempfotos onder andere die laaitjie wwar hy slaap na n dag se speel.
Voor ek die visvang vergeet .Ons het moeilik gevang.Van al die hengelaars in die kamp het daar n paar kolsterte,1 Garrick,twee rockords en n paar strepies uitgekom.Die kinders het lekker in die lagoon visgevang (kurpers,mullets,angels of moonfish ek weet nie wat die spesie is nie en glasies so n deurskynende vissie.
Ek het saam met die boot uitgegaan by shelly en ons het bonnies en yellowfin tuna gekry en slingers met die bottom fishing
(Ek probeer n paar fotos laai maar hulle wil nie.Sal later weer probeer)
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| DSC00028.JPG | 186.31 KB |
| DSC00041.JPG | 136.5 KB |
| DSC00074.JPG | 102.66 KB |
| DSC00134.JPG | 142.17 KB |
| DSC00117.JPG | 128.47 KB |
| DSC00123.JPG | 144.25 KB |
| DSC00126.JPG | 112.07 KB |
| DSC00052.JPG | 114.64 KB |
Lyk en klink lekker
Lekker man, lekker
TO is 'n great plek ja
Lyk lekker!
Waar is T O by watter strand
Mmmm dis lekker om te sien as iemand a lekker vakansie gehaat het
TO strand is so 5km voor Port Edward by Leisure bay.Regtig n lieflike plek.
Hallo Ewie,
Dankie vir die fotos, lyk of julle sommer 'n lekker tyd gehad het
Groete
T.O Strand is 'n puik vakansie-oord. Defenititef een van die bestes op die Natalse suidkus. Ons was laas December daar en het toe ook sommer goeie vriende gemaak met ons bure. Sal sonder twyfel weer terug gaan.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- RATEL
- JC
- Big G
- JCKorf
- Pieter Rheeder
- Len Loader
- Eben die kampeerder
- Harry Du Randt
- Spikkels
- Christie
- PaulS
- JM
- Eddie Laing
- tworaptors
- Dirsa
- Blesbok
- Tjailatyd
- evert
- Hennie van Niekerk






.jpg)



.jpg)

Hennie Botha
2009 Isuzu KB 300 DTEQ
2007 Sprite Swing