Soetdoring vakansie plaas
Hi Ben,Die oord laat my dink aan die oorde in die Brits omgewing,die sekuriteit is goed en die oord gaan nog baie uitbrei,daar is baie wild,wildritte,paintbal,buite warmswembad,springmatte,skaak,winkel en die bestuur is baie gasvry tans hoor ek dat die oord naweke redelik vol is,tel 016 556 6154 .groete Carlo
DAGSE CARLO
dankie vir die nommer dit klink baie lekker jy kan nie dalk onthou wat is die oord se naam nie
kampgroete
ben
Daar is 'n draad onder "kampplekke" oor Soetdoring, met foto's. Ek het bespreek vir de naweek.
Groete Harry
Carlo, ken jy vir Campgirl? Sien die draad oor "Lekkerste kampplek ooit".
Hier is Soetdorning se web blad......
www.soetdoringvakansieplaas.co.za
Het al 'n draai daar gemaak, lyk soos die bosveld maar net in die Vaaldriehoek. Staan plekke op paving, mooi skoon swembad. Daar is tans net 40 staanplekke. Kan glo tussen die wild stap of fietsry. beoog om daar binnekort te gaan kamp.
Groete
Kan julle 'n aanduiding gee van hulle tariewe.
Dit lyk na my tipe oord waarvan ek hou.
Ook nie ver van die huis af nie.
Anton
Hallo Anton ,Ons het in desember R250 per staanplek betaal x6 persone per staanplek groete carlo
Het so 2 ure gelede terug gekom van 'n weereens wonderlike naweek (2 de een) by die plek. Was vanoggend 7 uur vir my heel eerste wildrit saam met die eienaar . Dit was so uur lank. Het so 10 verskillende wild soorte gesien.
Ek was bang die weer sou sleg wees die naweek, maar dit het net Vrydag so liggies gereen, maar Saterdag en vandag (Sondag) was dit heerlike sonskyn.
Die plek is so 2 km teerpad en 2 km grondpad (mooi) van my huis af, so ek spaar baie diesel as ek daar gaan kamp.
Groete Harry
Hallo Harry
Is lekker om so oord hierin die vaaldriehoek te he, soos jy se dis hier op ons voorstoep.is hulle 4x4 baan al oop dit sou in feb amptelik geopen geword.die wildsrit is tops. jy het nie dalk fotos geneem van die oord wat jy dalk met ons wil deel
Groete carlo
Harry vra hulle ook R250 buite seisoen vir ñ staanplek?
@Kaas Kop
Sover ek verstaan vra hulle 'n "Flat rate" binne en buite seisoen. As jy 'n groep van 10 of meer opmaak dink ek is dit R180/dag vir 6 mense.
@Carlo
Ek sal so paar plaas (dit is meer van ons groepie van 3 waens van verlede naweek). Daar is 'n hele klop foto's op by Kampplekke (kyk op 2 de bladsy) soos ek vroeer hierbo gese het. Volgens hulle is die 4x4 baan al oop, hulle is net besig met aanwysings op die roete. Dit het glo 'n gradering van 3.
Hulle is klaar vol besprek vir paasnaweek. Sy doel is om die plek te vergroot na 100 staan plekke (met tyd) Hulle is klaar besig met nog 'n klein ablusie blok aan die onder kant van die oord. Hulle bou ook 8 grasdak huisies (met dubbel bed en 2 enkel beddens, stoof en yskas)maar jy moet ablusie blok gebruik. Wil glo 4 klaar he teen paasnaweek (hulle is klaar bespreek) en dan nog 4 later, almal so tussen die bome.
Groete Harry.






Hallo Harry, Dankie vir die foto's dit lyk of julle lekker gekamp het.gelukkig is my plekkie alreeds geboek vir paasnaweek. groete carlo
Dankie vir die terugvoer Harry,sal hom moet probeer in die nabye toekoms
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Big G
- JC
- JCKorf
- RATEL
- Pieter Rheeder
- Len Loader
- Eben die kampeerder
- Harry Du Randt
- Spikkels
- Christie
- PaulS
- JM
- Eddie Laing
- tworaptors
- Dirsa
- Blesbok
- Tjailatyd
- evert
- Hennie van Niekerk




.jpg)






Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5
Dagse carlo welkom mater
Ek het gehoor van die oord daar in vereeniging myerton se wereld jy kan ons nie dalk meer inligting oor die oord asb man
Kampgroete ben
HIER GAAN ONS ALWEER
le