Slegte Maniere

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 214
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Ek bemerk `n tendens wat nogal meer en meer die kop uitsteek hier op die forum naamlik dat gebruikers iemand se draad kaap en geheel en al  van die punt afwyk.

Mense, in my boeke is dit slegte maniere. Punt. 

As jy iets anders wil bespreek, skep `n nuwe draad. Indien jy vir iemand iets wil se of vra, stuur vir hom/haar `n persoonlike boodskap. Indien slegs `n kort antwoord verlang word, bly weg van `n lang onsamehangende relaas.  

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

Pieter Smit
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 15/05/2011
Inskrywings: 110
Gebruiker van lyn af.
Plek: Aurora

 Stem saam, maar dit raak tog soms interessant as daar so bietjie afgedwaal word. Dink maar aan Annemarie se haargroeidraad of ghriespomp se nippeldraad. Die skepper van die draad kan mos enige tyd die kaper tot orde roep en voortgaan. Daar is so baie drade dat ek soms tipe van oorvleueling sien.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Ek voel as dit die draad geheel en al in 'n ander rigting stuur en nie na die oorspronklike terugkeer nie moet die draad skepper ingryp. Daar is soms so vinnige gedagte wat opkom en 'n uitlaat klep soek, laat loop maar hou by die oorsproklike draad.

Groete

 

HPJV RENSBURG

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 346
Gebruiker van lyn af.

Mense,

geselskap vloei natuurlik en onafwendbaar in rigtings, weg van die oorspronklike onderwerp. Sou die oorspronklike onderwerp nie na behore aangespreek wees nie kan die skepper daarvan gerus maar op 'n  punt van orde terugkeer tot die aanvanklike?

Dink ek.

DAVID KAMP
Ou hand
Aangesluit: 03/04/2011
Inskrywings: 199
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

 Ai waaroor kan ons nog kla?

 Die lewe is lekker...

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

David, Was dit nou nodig om die ou koei uit die sloot te grou?

DAVID KAMP
Ou hand
Aangesluit: 03/04/2011
Inskrywings: 199
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

 Sorry Kampklong

 Die lewe is lekker...

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

 Wat is die beste middel om die towball mee te smeer? Ek gebruik graphite ghries, maar dit maak n lelike gemors as dit per ongeluk op jou klere kom.

 Groete

Martin

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 785
Gebruiker is aanlyn
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Smeer die mense hulle nog ?

Groete Harry

 

Ewie
Ou hand
Aangesluit: 23/02/2010
Inskrywings: 151
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp

As iemand n draad van my wil kaap kan hy dit met die grootste liefde doen want ons almal gesels mos saam en as n mens in n gesprek is dan lei dit mos maar na ander gesprekke omdat daar iewers n trigger is wat n gesprek in n ander rigting stuur.

Kampgroette

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Mens smeer nie ghries of enige-iets aan 'n towball nie. Die wrywing op die droë komponente help om swaai te beheer. Vervang eerder die bal wanneer jy sien hy raak erg verweer.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 785
Gebruiker is aanlyn
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

"n Draad is 'n draad, hy raffel soms uit. dan moet jy hom maar net weer saambind

Groete Harry

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Lord Farquart wrote:

 Wat is die beste middel om die towball mee te smeer? Ek gebruik graphite ghries, maar dit maak n lelike gemors as dit per ongeluk op jou klere kom.

Martin,

Graphite paste behoort 100%vte werk.

Die manne hier op die forum seg dat die smeermiddel en stof 'n tiepe van grinding paste vorm wat dan die bal gaan opvreet. 

Bietjie dik vir 'n daler as jy my vra, maar dit is 'n argument vir 'n ander dag.

My pa het vir 30 jaar die sleephak geghries en die bal het niks oorgekom nie. 

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Behalwe dat mens vergeet om 'n iets oor die gemors te trek nadat jy afgehaak het en ma se wit broek bly in die slag wanneer sy begin goed agter uit die kar uitpak.

Smeer hulle, kêrels, as julle wil. Jy hoef nie eers graphite ghries te gebruik nie. Die goedkoopste soort is al klaar genoeg vir daardie applikasie, maar los my maar in vrede as ek besluit om dit nie te doen nie. Ek het mos nou al vir julle twee goeie redes gegee waarom ek dit nie doen nie, so what?

My pa se pa se seun, het dit ook altyd gedoen en dit is nie 'n norm waarom alles moet voortgaan soos dit gedoen was nie.

Daars beter maniere van doen.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 

Is dit slegte maniere om 'n draad te kaap of 'n towball ghries te smeer?

Miskien sal die towball ook soos die draad uitrafel

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

WilleWillemien wrote:

Behalwe dat mens vergeet om 'n iets oor die gemors te trek nadat jy afgehaak het en ma se wit broek bly in die slag wanneer sy begin goed agter uit die kar uitpak.

Smeer hulle, kêrels, as julle wil. Jy hoef nie eers graphite ghries te gebruik nie. Die goedkoopste soort is al klaar genoeg vir daardie applikasie, maar los my maar in vrede as ek besluit om dit nie te doen nie. Ek het mos nou al vir julle twee goeie redes gegee waarom ek dit nie doen nie, so what?

My pa se pa se seun, het dit ook altyd gedoen en dit is nie 'n norm waarom alles moet voortgaan soos dit gedoen was nie.

Daars beter maniere van doen.

Sjoe, wat het geword van "freedom of speech"

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Anton Styger
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 29/03/2011
Inskrywings: 62
Gebruiker van lyn af.
Plek: Burgersdorp Oos Kaap
Ek sleep 'n 1996 Jurgens Palma met 'n 2005 Isuzu KB 300 LX D/K

Sit 'n plastiek banksakkie ( die waarin 'n mens die munte gooi) oor die towball en haak dan. Dis terselfdertyd smering en neem ook die bietjie speling, as daar is, op. Die towball is skoon as jy andekant kom. Een sakkie hou van hier af tot in die wildtuin.

 Nou 'n draad gekaap met bietjie goeie raad!

Anton

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Rus almal in die gesin uit met Overall's. Geen worry dan of daar ghries op jou bal is of nie en almal is happy.

Hakuna Matata !!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

"Sjoe, wat het geword van "freedom of speech"

Vra maar dieselfde vraag vir jou ook, hoor.

In in elkgeval 'n holrug geryde onderwerp.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ghriespomp
Groentjie
Aangesluit: 29/01/2012
Inskrywings: 15
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

To grease or not grease the towball is a matter of opinion. Net soos: Moet ek 'n plastiek cover oor die towball sit? Want dit sweet en dan stick dampness vas aan die towball.

Ghries julle die nippel op die A-raam darem gereeld?

..op hierdie forum gaan ek 'n paar nippels bykom

Kobus Grobler-Breedt
Groentjie
Aangesluit: 28/10/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Benoni
Ek sleep 'n '95 Gypsey Caravette 6B met 'n 2011 Volvo S40 2.0

Ek wil graag uitvind waar is julle lekkerste winter kamp bestemmings....?

Ek was laas jaar Mei maand by Drakenville net voor die sneeu en dit was great! Bietjie koud in die aand maar heerlik bedags.

So gesê, as jy nou nie A/C in die wa het nie, wat is die mees algemeenste vorm van warmbly met winterkamp. Ek het gevind die olie vin verwarmer werk bakgat in die wa!

Kampgroete

Kobus

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Wat dink julle van karavaan klubs? Is dit die moeite werd of is dit net 'n klomp wat die rus en vrede van ander kampers versteur.

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/verblyf/kampplekke

Gaan loop so bietjie hier bo rond, Kobus.

Jy's onnerrie verkeerde afdeling, Spydie............kampsake.

Lekker aspris, nê?

Waaroor het die draad nou weer gegaan?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Kobus Grobler-Breedt
Groentjie
Aangesluit: 28/10/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Benoni
Ek sleep 'n '95 Gypsey Caravette 6B met 'n 2011 Volvo S40 2.0

Dankie Willie

Sal kom terugvoer gee oor wat ek gelees het, net sodat ek nou nie my draad hier laat koud loop nie.

 

Kampgroete

Kobus

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

 Huh is die die kampkos draad?

 

 

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Ja, karavaan klubs, moeite werd, ek behoort aan een.

Ek kan nie sien dat n wegsleep saamtrek veel anders is nie, hulle betaal net nie lede geld nie!

Nee, ons het nie megaphones nie, en ons staan nie in n ry met ons borde om op te skep nie, hoef ook nie alles saam te doen nie!  As jy wil maak jy so!

Jy maak wat jy wil wanneer jy wil, al verskil is almal ken mekaar en kamp saam.

Of alle karavaan klubs so is weet ek nie, maar die klub waaraan ons behoort, maak jy soos jy wil.

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 676
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

Kan iemand my se watter pad is die beste om te ry in die nag na Thabazimbi? Sorry, van die Oosrand af.

dankie,

 

 

 

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

 Ek laaik die nuwe forum. Ek het nie meer nodig om honderde drade te lees om waardevolle informasie te kry nie. Dis soos n eenstop diens.

 Groete

Martin

Wingnut
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/01/2012
Inskrywings: 132
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Woonwa met 'n JEEP

Eerstens: My honde bollie nou minder op my gras vandat ons die kos verander het!

Tweedens: Ek het gevind n Durex  met bietjie Jellie op werk beter op die bal as jy sleep.Gly ook makliker uit as jy hom vastrap!

Derdens: Die Karavaan Klub waaraan ek behoort het was erger as my Diensplig tyd!

 

Ghriespomp
Groentjie
Aangesluit: 29/01/2012
Inskrywings: 15
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Frikadel. Ry liewer tot by Warmbad en ry dan na TZ. Alternatief ry op snelweg na Rustenburg en draai af na Pilanesberg en ry oor Northam. 

..op hierdie forum gaan ek 'n paar nippels bykom

JC
Ou hand
Aangesluit: 18/07/2010
Inskrywings: 154
Gebruiker is aanlyn
Plek: Moerlandspan

Frikkadel

Ek dink die teerpad sal die maklikste wees

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 41 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • RATEL
  • Len Loader
  • Eben die kampeerder
  • JCKorf
  • JC
  • Harry Du Randt
  • Spikkels
  • Christie
  • Big G
  • PaulS
  • JM
  • Eddie Laing
  • tworaptors
  • Dirsa
  • Blesbok
  • Tjailatyd
  • evert
  • Hennie van Niekerk

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.