Sleep in die geel streep
Wat dink julle van sleep in die geel streep. Ek dink die naweek wat verby is was my laaste gewees.
Ek was op die N7 en het ondervind dat in verskeie stroke op die pad is die geelstreep gedeelte meer vol hobbels en duike. En nie net dit nie maar sommige mense wil net eenvoudig by jou verby maak nie saak of jy moet terug kom in die pad of nie.
Ek is maar redelik nuut wat karavaan sleep betref en ek hou my spoed teen 100 km/hr. Ek voel dis 'n veilige spoed en sou daar iets gebeur, soos 'n band of so, dan sal ek nog kan beheer hê oor die voertuig en die karavaan. Maar teen die spoed ondervind ek ook dat baie ander bestuurders met frustrasie op hulle gesigte by my verby kom.
Ek het selfs manne gesien wat met karavaan en al hoë spoed ry. Ek voel net dit is onverantwoordelik.
Wat is julle gevoel omtrent dit?
Geel streep se m.....aai.
Geel streep ry se ma. ek ry op die ryvlak teen so 100kmph en die ou agter kan sy beurt afwag, hy het nie alleen reg op die pad nie. Dit is ook geen reg om 'n pad te ry nie dit is 'n voorreg. Jy kry ouens wat jou probeer afdruk of voor jou inswaai vat sy nommer en raporteer hom vir nalatige bestuur, hulle trap gou terug en kry maniere.
Groete
Sit agter op jou wa 'n plakker wat vir die ou agter jou reguit sê wat jy van geelstreep ry dink. Dan weet hy mos jy gaan nie oor gaan nie, hy moet ontspan en sy kans afwag. Ander sit hy daar en wag vir jou terwyl hy eintlik moet soek vir 'n opening om verby te gaan.
Groete Harry
Ja nee, geel streep ry se g#t!
Ek het dit al baie gedoen, maar doen dit glad nie meer nie. Party mense wil net verby en gee nie n dem om oor die feit dat jy nou moet terugkom nie! Ek ondervind ook die geel streep vol baie van die klein los klippe en gewoonlik waar jy pap wielle kry.
Die manne wat so jaag met die karavane moet net eenkeer van die pad gegooi word deur sy karavaan wat begin fishtale, dan sal hulle wakker word en besef hoe gevaarlik dit is. Ek was ook een van daai slimmes wat teen 120 km/h gesleep het totdat ek in n sloot langs die pad beland het, duisende rande se skade, gelukkig ons niks oorgekom nie.
My sleep spoed is so 85-90 Km/h, die ou agter moet maar sy beurt afwag tot dit veilig is en verby kom.
Ek dink hulle moet dit wetgewing maak, dat as jy karavaan sleep, maksimum spoed 100 km/h mag wees. For what its worth!
Geel streep is sover ek weet mos in elk geval taboe, dis mos n nood baan nie waar nie?
Ek en my vrou ry die ander dag op die R21 met my Ford Fiesta. Ek sien toe daar ver voor my (so 3 Km) ry iemand wat n Sprite sleep. Ek kom toe agter die gaping tussen my en hom word nie kleiner en ek ry toe 110 to 120 Km/h. Ek kon hom eers vang toe ek 130 km/h ry. Ek sleep teen 100 tot 110. En ek ry ook nie op die geel streep tensy ek sien hulle sukkel om verby te kom en as dit veilig is in die geel. Want party dele van ons land is dit mos vol voetgangers en bokke.
Ek het 'n eenvoudige argument hieroor:
Ek ry nie in die geelstreep nie, maar ek sal vir iemand plek maak mits ek voel dit is veilig. Ek sal dit slegs doen as ek goeie visie het en ver genoeg voor my kan sien.
Dit sal ook nie gebeur as die ou agter my op my sterre ry nie, want dan moet hy warm plek toe vlieg. Ek doen dit as 'n vergunning om die pad vir almal 'n veiliger plek te maak, so daarom sal ek die terme bepaal...
Ek ry nie in die geelstreep nie, maar ek sal vir iemand plek maak mits ek voel dit is veilig. Ek sal dit slegs doen as ek goeie visie het en ver genoeg voor my kan sien.
Dit sal ook nie gebeur as die ou agter my op my sterre ry nie, want dan moet hy warm plek toe vlieg. Ek doen dit as 'n vergunning om die pad vir almal 'n veiliger plek te maak, so daarom sal ek die terme bepaal...
Cheetah, ek stem saam. As hy op my stert ry dan soek hy klaar vir moeilikheid en dit wys vir my hy is ongeduldig. Hy sal dan daar bly tot hy sy self n geleenteid kry om verby te gaan.
Ongeduldigheid is n ongelik wat n plek soek om te gebeur. My vrou sal seker nou se ek praat met my self want ek kan ook maar ongeduldig raak.
Ek weier om in die geel streep te ry om dieselfde redes as wat jy het Jan.
Daar is gate en baie gemors in die area van alles wat van die pad af gery word. Jou kanse is baie goed om 'n pap wiel te kry met die geelstreep ryery. Ek sleep ook so teen 100/110 en het ook reg op die pad soos enige ander verbruiker.
As die ouens wat verby kom my aangluur of selfs tekens wys, blaas ek gewoonlik vir hom of haar 'n soentjie op my hand, dit verander hul luim gou gou .
Groetnis
Ditto Cheetah lyk my ons voel dieselfde oor die aangeleentheid
Ek voel dieselfde, geelstreep ry kan baie gevaarlik wees, veral as jy nie vêr genoeg vooruit kan sien nie. Gereeld as ons ry en net oor 'n bultjie is, staan iemand stil in die geelstreep. Vir my is dit taboe en sal slegs plek maak vir iemand as dit veilig is. My man sleep ook nie sommer meer as 100km/pu nie.
Ek dink Cheetah som dit ook baie goed vir my op. Ry soms in die geel streep maar ek gaan nie heeltemal oor nie.
Toe ek nog gesleep het het ek ook nie anderkant die geel streep gery nie. Huidiglik is ek baie rustig agter die stuur van die bakkie en bly op die ry oppervlak. Ek ry so 110 km/ph en steur my nie aan die ou wat agter my karring nie. Hy moet maar rustig raak en ek sal nie eers na sy kant toe kyk as hy wil tekens wys nie.
Dieselfde geld vir spoedgrense. Die teken sê 60, dan ry ek 60. Jaag jy my aan is dit ek wat die boete moet betaal. So, kom verby as jy wil, of bly agter my.
Ek sleep ook teen so 100 - 110kph en sal wydsbeen oor die geel streep ry (as ek 100% veilig voel en ver kan sien) sodat die ou agter my beter kan sien wanneer om verby te gaan. Maar heeltemal in die geel baan ry is uit soos wors in 'n hondehok.
Loopvlakke van groot voertuie se bande wat afkom, lê gewoonlik op daardie stuk van die pad. 'n Vriend van my het een middag laat oor so 'n stuk band gery, met sy kar en karavaan. Julle wil nie weet wat die skade was nie! Ek het nog nooit weer daar gery nie. Dia haastige manne moet maar wag tot hulle kans kry om verby te gaan.
Groete
As dit veilig is, breed genoeg en ek ver vooruit kan sien sal ek op die geelstreep gaan om n ander persoon te laat verbygaan.
Goeie gesonde verstand en n skeutjie goeie maniere is al wat nodig is om n trippie lekker te maak, natuurlik van jouself en die mede padgebruikers.
As dit veilig is, breed genoeg en ek ver vooruit kan sien sal ek op die geelstreep gaan om n ander persoon te laat verbygaan.
Goeie gesonde verstand en n skeutjie goeie maniere is al wat nodig is om n trippie lekker te maak, natuurlik van jouself en die mede padgebruikers.
Groete
Hein
Goeie maniere het oral 'n plek, veral op ons paaie.
Dit is noodsaaklik om ons lewendig anderkant te laat uitkom, maar oor Geelstreep ry het ek 'n probleem.
Sodra jy van ons mede-padgebruikers 'n pinkie gee , deur net so effens na links te beweeg , gryp hulle die hele hand, druk jou verder af deur jou voertuig se neus van vorm te verander omdat hy wil indruk en laat jou nie toe om weer veilig in die rybaan in te kom nie
Dus sê ek los die geelstreep ry vir die wat hul kode 10 rybewyse gekoop het
Ons weet mos van beter, maar onthou, goeie maniere het 'n plek
Hier is die betrokke wetgewing: Insiggewend die kwessie dat saans geenins in die geelstreep gery mag word nie. Daai 150 meter is vir ook heeltemal te kort
Ek stem 100% saam met jou Matroos... goeie padgebruik maniere het nog nooit skade gedoen nie
Geelstreep ry verseker nie ek het al te veel gesien van ander karevaan slepers wat probleme opgetel het met pap wiele en selfs met pad woede toe hulle terug wou kom in die gewone ryvlak en die ander mototriste hulle nie wou toelaat nie....![]()
Groetnis
In die nag sal ek definitief nie doen nie.
Daar is 'n ander ou draad ook hieroor. Ek vertel altyd die mense. "As jy lus is vir pap wiel omruil, ry maar in die geel streep". Jou kanse is groter vir negatiewe nagevolge weens die "debris" wat daar lê en partymaal sukkel jy jou as af om weer in die vinniger baan te kom.
Ek het wel 'n probleem met die knaap wat oop vensters en half kaalgat 60km/uur in 'n 120km zone ry. Almal agter hom moet maar geduldig wag dat hy die volgende "taxirank" afrit vat. Dan raak ek so bietjie die joos in en voel ek wil die Tuner net so bietjie hier agter hom 'n drukkie gee. Jy weet mos, die liefie drukkie. LOL Ja, ek weet ek het tog so bietjie ongeduld in my maar met meriete.
dagse mense
die geel lyn sleep storie is uit ek sleep glad nie op die geel lyn nie dit is volgens my n noodbaan vir nood voertuie in spits verkeer jy as sleper het net soveel reg as die persoon wat wil verby jaag as hy op jou alie ry doen die volgende trap liggies rem en verminder spoed die padvark sal gou verbykom met tekens en handsyne groet hom vriendelik en ry verder dit werk elke keer vir my
kampgroete
ben
Daar is nie 'n kaans vir daai geel streep nie. Ek betaal mos dubbel ""road tax"". Die wat agter is moet maar net wag!! Soos gese papwiel se deng daai!
So hoe weet julle manne die ou agter jou het nie dalk 'n noodgeval nie?
Ek dog ek vra maar net...
Wanneer die pad oop is en 'n ou wil van agter verbykom, sal ek so effe oor die streep gaan om hom "beter" te laat verbykom. Anders nie.
So hoe weet julle manne die ou agter jou het nie dalk 'n noodgeval nie?
Ek dog ek vra maar net...
Ek sou reken, 'n man met 'n noodgeval sal darem ten minste sy noodligte en hoofligte aansit. Meeste mens sluip so saggies nader tot hy net hier onder 'n man se trekstang sit, en dwing jou dan op 'n baie subtiele manier om pad te gee.
Ek het al die geval gehad, waar mense my in die nag, aan die linkerkant, in die geel streep, verby gegaan het terwyl die aankomende baan geen verkeer gehad het nie. Daar was wel 'n sperstreep.
AS HY SO OP MY AGTERWERELD RY EN NOG SY LIGTE VIR MY VLIKKER DAN TRAP EK EFFENS REM EN RY NOG STADIGER.EK LIKE OM UIT TE FIGURE WAT SY VINGERS VIR MY SE. DAN KRY JY DAAI MENEER WAT VAN NERENS KOM MET SY FLIKKERENDE HOOFLIGTE MET EEN OF ANDER MINISTERKIE IN DIE AGTERSITPLEK. HY KAN MAAR WAAAAAAAG. JA EK MAAK OOK PLEK OP DIE GEEL STREEP MAAR NIE AS JY MY MET JOU BEEEMVEE OF MURC OP MY GAT RY NIE. AS JOU REGISTRSIE MET N GP EINDIG NOG MINDER
GROETE UIT DIE NOORDE
Sleep met `n Territory ST, dan dam jy agter die karre op! :-)
@ Johan Loots
Froggy se nommer plaat > GP sê "Go Past"
Groete Harry
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JCKorf
- JC
- Eben die kampeerder
- Harry Du Randt
- Spikkels
- Christie
- Big G
- PaulS
- RATEL
- JM
- Eddie Laing
- tworaptors
- Dirsa
- Blesbok
- Tjailatyd
- evert
- Hennie van Niekerk
- willie Rautenbach
- Pieter Rheeder
- Alias
















.jpg)


.jpg)

.jpg)



.jpg)

.jpg)
.jpeg)



.jpg)



Ek ry glad nie in die geelstreep nie, of ek nou sleep of nie. Die ou wat agter my ry en kwaad raak kan maar gaan bars.
Die algemene spoed wat ek sleep is ook so 90 tot 100 km/h.