Skottelgoedwasser stukkend.
Toemaar, Lorraine leef nog.
Dis die "dishwasher" wat nie werk nie.
Dit het nou nie met kampgyte te doen nie, maar die eienaar is 'n kampeerder.
Wanneer jy die dial een kliek aandraai tot in die posisie waar die aksie moet begin, loop die dial kliek-kliek voort regdeur die hele program, maar daar gebeur niks binne-in die masjien nie. Ek het die water-solinoide skakelaar uitgehaal en getoets. Niks fout met hom nie.
Ek vermoed dit is die dial-meganisme self wat opgepak het.
Wat dink jy?
Willie,
As dit n LG is, ek het n nuwe Pump Assembly wat hier by is. Ek het laas jaar gedink dit is die fout met my D/W maar toe later vas gestel daar het net n stukkie glas in die pomp beland. Ek het dit uit gehaal en sien daar sy was weer soos n ousie. Die PA het my R600.00 gekos vir mahala.
Groetnis
Soos ek jou ken moet die wasser al demm oud wees, koop nuwe een en hou ma gelukkig. Reparasie kostes is soms meer as 'n nuwe.
Groete
Dis 'n AEG OKO FAVORIT 4020. In 1995 gekoop. Ek maak al die "appliances" self reg, maar wil net 'n opinie van julle kant af kry voordat ek 'n onderdeel gaan koop.
Die dial loop self, Jacques. Die masjien het geen elektronika in hom nie. Nog van die goeie goed.
Maak haar ketting korter Willie dan sal sy weer kan werk by die wasbak.....
He, he, he...HJB. Nou-nou skop sy MY dial....
Lyk my julle is te jonk om die masjien te ken.
Waar's die "ou manne"?
Willie,
Ek is seker jou "ou" masjien het ook 'n waspomp om die water te sirkuleer?
Groete,
Jacques
Hy het, Jacques, maar hy werk. Daar tap ook nie water in nie en die uittappomp kom ook nie aan nie. So, dis waarom ek vermoed die dial het opgepak.
Mmmm - klink of jy op die regte spoor is Willie.
Weet nie van daar by julle nie, maar as daai dame in ons huis nie werk nie, raak dit bitterlik stresvol...

Willem - 1995?????!!! ek het gedink dit was die jaar toe hulle vuur ondek het, maw die steen tydperk!
Kan nie glo hulle het toe al skottelgoed wassers gehad nie?
Nee wat hulle maak nie eers meer water [dis hoekom die water nie wil inloop nie] vir sulke ou modelle nie laat staan nog spaar parte!
Willem, die dig loop seker ook op "prolong" behoort dan mos nie te breek nie?
Lyk my julle is te jonk om die masjien te ken.
Waar's die "ou manne"?
Soos ek jou ken moet die wasser al demm oud wees, koop nuwe een en hou ma gelukkig. Reparasie kostes is soms meer as 'n nuwe.
Groete
Die wyses het jou lankal geantwoord
Willie,
Ek is seker jou "ou" masjien het ook 'n waspomp om die water te sirkuleer?
Groete,
Jacques
Jacques, ja hy het 'n pomp maar dit is nog die hand slinger tipe, die 97 modelle het uit gekom met 'n windpomp maar toe gaan die prys op na R65.00 vir die "nuwe verbeterde model"
LMGA Arie!!! 
Julle spot so. Ek het my heel eerste skottelgoedwasmasjien in 1978 gekoop. 'n Defy. Hy loop nog steeds by ex-mammie.
Jacques, ja. Sulke brekies sorg ook vir onnodige frustrasies in die huishouding by ons. Ek haat skottelgoedwas. Daarom het ek die goed sommer vroeg-vroeg gekoop. Tienertjie se handjies is krom en Lorraine grom te veel as sy elke keer die skottelgoed moet was. So, nou help ek maar. Hou nie van nat hande nie.
Oubaas, daai part kos my 'n honderd rand of twee en hy loop weer vir die volgende 20 jaar. Spandeer nie onnodige gelde op hierdie tipe van apparate nie. Waarom 'n nuwe koop as ek die matjien kan regmaak. Ma hou van die idee van "self regmaak" en kan baie keer nie verstaan dat die anner vrouens by die werk so kla oor hulle manne se 10 duime en die 5 de nuwe wasmasjien in ses jaar nie.
Hey, man. Ek kamp eerder meer voor ek die geld op 'n nuwe ene spandeer.
Willem, daai manne met die ses nuwe wasmasjiene hou die ekonomie aan die gang en skep werk.
Nee man waar is patrionisme??!!
Jy moet NOOIT dat jou vrou agterkom jy kan goed regmaak nie - dan verwag sy dit aanmekaar!
He, he,, Arie. Ek was mos nog nooit 'n patriot nie.
Jammer ekonomie!
Julle ouens daar in Centurion.
Wat is daardie "appliance" shop se naam langs die Midas?
Ek sukkel om 'n part hier rond te kry. Seker hulle sal my kan help.
Willie,
Daar in Centurion is 'n plek met die naam van Ryk's Electrical. Ek kon nog altyd daar regkom. Dit is langs die ou Jhb pad geleë net na die staal brug. Sy pryse is ook altyd redelik. Ek glo dat jy daar sal regkom.
Sterkte
Dankie Stoffel.
Hi Willie
Het self 'n AEG Favorite 585 gehad en die "timer": het dieselfde gedoen. Die Timer is maganies en van die kontak punte brand weg of pak aan. Het een keer dit skoongemaak deur die punte met 'n "needle file" skoon te maak. Maar helaas, die kool was die sous nie werd en 'n nuwe timer was net te duur en toe het ek maar die wit ousie afgetree en 'n nuwe gekoop.
Groete
Jurie
Dankie Bobbejaan. Ek sal maar kyk wat 'n nuwe timer kos en dan 'n besluit maak.
Dit was nou een ding van die Defy. Die ding het nooit gebreek nie. Net die pype op 'n stadium vervang wat begin perish en lek het.
WW
Dit klink of jou kragtoevoer vanaf die timer die probleem is. Is daar nie dalk 'n fuse wat net gebrand het nie? Vir al wat jy weet is hy net by die muur afgesit.
Willie
Gaan kyk Tecsa hulle behoort jou te kan help;
25 Brunel Road cnr Heidelberg Road
Tulisa Park
Johannesburg
PO Box 83122
South Hills,2136
Tel: +2711 613-6551
Fax: +2711 613-6557
EMAIL: jhb@tecsa.co.za
RANDBURG
Unit GL13 Motown
191 Hendrik Verwoerd Drive
Ferndale
Randburg
PO Box 83122
South Hills,2136
Tel: +2711 787-3633
Fax: +2711 326-2521
e-mail: randburg@tecsa.co.za
ROODEPOORT
82 Meyer Street
Roodepoort
PO Box 83122
South Hills,2136
Tel: +2711 760-1211/2
Fax: +2711 760-1247
e-mail: rpoort@tecsa.co.za
PRETORIA
520 Frederika Street
Gezina
Pretoria
PO Box 26591
Pretoria
0084
Tel: +2712 335-7408
Fax: +2712 335-7467
e-mail: ptoria@tecs
Nee, Gert. Ek't alles nagegaan. As die timer loop kom daar krag op hom, maar hy gee nie krag deur na die komponente toe wat die werk moet doen nie.
Hy's defnitief foutief. Nou net met twee handelaars gepraat en met die fabriek. Die timer is nie meer beskikbaar nie. So, ek sal hom maar oopmaak en kyk wat ek kan doen. Anders is die volgende nuwe dishwasher maar oppad na die Viljoens toe.
Hoe gaan dit nou met die masjien Willie?
Of staan daar 'n nuwe Defy in die kombuis?
Moes ook onlangs nuwe onderdele aanskaf vir my skottelgoed wasser

Kry self Saterdag aand so 'n koue vrees oor my toe die Silwer dame net klokkies lui en 'n "OE" error op die paneel uitgooi.
Voor laasjaar seker so R2000 op haar spandeer en ek dog meisie, jy maak nou sommer plek vir 'n Defy.
Trek die "Troubleshooting Guide" nader en die reken toe dat sy sukkel om water weg te pomp of dat die filters verstop is. Uitvoer pyp lyk reg.
Haal die filters uit en skrop hulle so biki.
"Touch wood" en sy loop weer mooi. Sy moet passop of ek gooi haar weg!!
Groete,
Jacques
Ruil haar in vir twee twintigjariges Jacques....
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Harry Du Randt
- Eben die kampeerder
- JC
- JCKorf
- Spikkels
- Christie
- Big G
- PaulS
- RATEL
- JM
- Eddie Laing
- tworaptors
- Dirsa
- Blesbok
- Tjailatyd
- evert
- Hennie van Niekerk
- willie Rautenbach
- Pieter Rheeder
- Alias



.jpg)






.jpg)




Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Hi Willie,
Loop die dial steeds self?
As daar geen aksie is nie, kan dit die "wash pump" wees wat die water uit sy pens pomp vir was. Ek het so 2 van die goed in 'n jaar se tyd vervang op 'n LG. Daarna die PC bord. Seker so R2000 in 'n jaar op sy regmakery spandeer.
As hy weer breek gooi ek hom weg en koop 'n nuwe een.
Groete,
Jacques