Padblokkades en verkeerskaartjies?
Ek sien baie forumiete word gekonfronteer deur "wetstoepassingsbeamptes" by padblokkades wat dan vereis dat hulle nie verder mag ry voordat hulle sogenaamde "uitstaaande verkeersboetes" nie betaal is nie.
Nou wonder ek maar net-
- Het daai "wetstoepassingsbeampte" by die padblokkade die bevoegdheid om van my vereis om eers my "uitstaande verkeersboetes" te betaal voordat hy my toelaat om verder te ry?
- En as hy wel sulke bevoegdhede het, waar kry hy dit?
WAT DINK JULLE?
NS: Ek neem aan al die forumiete WEET dat-
- ons in demokratiese land bly; en
- wetstoepassingsbeamptes se magte en bevoegdhede STATUTER gereël word m.a.w. dit word deur WETGEWING voorgeskryf!!!
Footie, jy sal mos weet, man.
Hy het nie die regte om jou so te viktimiseer op uitstaande boetekaartjies nie. Slegs met dagvaardigings wat aan jou uitgereik is en wat jy geignoreer het, m.a.w oor die betaaldatum is en jy het niks daaraan gedoen nie. Of hy nou wragtag die regte het om jou nie toe te laat om te ry nie, twyfel ek. Ek sal tog volgende keer vra een van hulle moet asb tog vir my sy "regtetoekenningsdokument" toon.
Dankie Willie,
Ek is bly jy het die aspek van dagvaardings aangeraak. Ek sal later terugkom daaroor ... wil net eers hoor wat nog 'n paar manne en maninne sê.
Soos ek verstaan moet daar 'n dagvaardidiging wat deur jou of iemand wat in jou huis woon onderteken wees, en die betaal of hofdatum reeds verstryk het. Ek reken dan moet daar eers 'n lasbrief vir jou arrestasie uitgereik word en in die beampte wat jou arresteer se besit wees alvorens jy wettiglik gearresteer mag word.
Ek sit gelukkig in die bevooregte posisie dat ek spesiale howe geopen het vir spesiale Misdrywe reg oor die land.
Ek het ook as werknemer van n nie Judisiele instansie spesiale delegasie ontvand van die NDPA om as spesialis aanklaer vervolgens te behartig.
Nou volgens my submissie kan n Metro jou slegs arresteer as jy gedagvaar was om op n sekere datum in die hof te verskyn en daai dagvaarging persoonlik op jou beteken was en die aanklaer in besit is van die relaas wat dit besvestig.
Op die dag wat jy moet verskyn en jy is afwesig nadat jou naam 3 maal geroep is kan jy as die staat vir die Landdros vra om n lasbrief vir die beskuldigde se arres uit te reik.
Nadat die Landdros hom vrgewis van al die feite en tevrede is dat jy in die hof moes verskyn sal hy sodanige lasbrief uitreik vir minagting van die hof.
Die lasbrief word dan gewoonlik gestuur na die SAPS in jou distrik wat jou dan sal bopa en voor die hof bring sodat jy redes moet aanvoer waarom jy nie gebopa moet word nie.
Soos bo gestel, betaal of gaan sit met jou gaai in die tronk. Ek is gelukkig nog nie in so 'n situasie gewees nie waar ek self betrokke was nie . Wel toe ek by die werk die proxy was wou hulle my vat oor nie betalings van boetes wat aan die drywers oorgedra was, het die bewyse saamgevat en is toe terug werk toe.
Groete
footloose.
dit is baie moelik deesdae om die pligte en verantwoordelikhede van enige staatsamptenaar vas te stel. dit word doelbewus so wys as moontlik omskrywe. ek glo dat hulle erens in 'n staatskoerant (wat ons natuurlik almal elke week lees) 'n nuwe geproklameerde wet sal vind wat se dat hulle kan.
ons enigste redding sal 'n sentrale web blad wees (wat werk) waarop mens nationaal jou boetes sal kan opspoor. slegs dan glo ek hulle kan mens rerig verantwoordelik hou. hulle dink egter anders.
Die algemene optrede van die mense is niks anders as intimidasie nie. Gee hom so bietjie gas op 'n humoristiese wyse en jy word uitgelos.
Miskien moet ek net eers begin by DAGVAARDINGS en LASBRIEWE ... dis twee verskillende goed!
'n DAGVAARDING ("summons") is 'n dokument waarin jy kennis gegee word om in 'n spesifieke Hof te verskyn op 'n spesifieke dag en 'n spesifieke tyd.
Dagvaardings moet deur 'n gemagtigde persoon beteken word - dit beteken nie sommer enige persoon kan 'n dagvaarding beteken nie. Die persoon moet gemagtig wees om dagvaardings te beteken en moet 'n geldige "aanstellingkaart" by hom hê wanneer hy die dagvaarding beteken ... jy kan hom/haar daarvoor vra en as hy/sy dit nie kan toon nie, hoef jy nie die dagvaarding in ontvangs te neem nie. Dagvaardings vir verkeersoortreding hoef nie op jou persoonlik beteken te word nie. Jy hoef geen dagvaarding of ontvangserkenning dat jy die dagvaarding ontvang het te teken nie ... die persoon wat die dagvaarding beteken teken 'n "Relaas van betekening" waarin hy verklaar dat hy die dagvaarding aan jou oorhandig het. Die dagvaarding moet ten minste 14 dae voor die hofdatum beteken word.
'n Lasbrief word deur die Hof uitgereik nadat die Hof oortuig is dat 'n dagvaarding op jou beteken is en alles daarop dui dat jy dit ontvang het maar versuim het om op die spesifieke dag en tyd in die Hof te verskyn. Die Hof sal dan 'n lasbrief vir jou arrestasie vir minagting van die Hof uitreik. Dit beteken nie jy is SKULDIG nie ... jy kan mos nog gaan sê dat jy nie die dagvaarding ontvang het nie en nei geweet het jy moet in die Hof verskyn nie.
Dankie Footloose. Waardeer.
Nou gaat nou maar aan?
Hierdie is al vele male bespreek. Hy wat soek vir moeilikheid word selde teleurgestel.
As jy wil gaan argumenteer langs die pad oor jou regte met iemand wat dalk jou 'n punt wil bewys, dien dit. Maar voor ek dalk ure se tyd mors, betaal ek maar eerder die kaartjie en ry aan. Wat as die perd besluit hy arresteer jou. Ja na die tyd gaan hulle dit seker terug trek en jy kan hulle dagvaar omdat hulle nie die reg gehad het nie, maar gaan dit opmaak vir iets wat dalk met jou kan gebeur terwyl jy gearresteer is en dalk 'n dag of twee in die tronk onregverdig gegooi is? Nee wat ek betaal maar en sal later vir my regte baklei in die veiligheid van my huis.
Hierdie is 'n SMS was ek ontvang het amper onmiddelik nadat ek die Karavaan se lisensie hernu het en ook my Fiesta van die bank se naam na my naam oorgedra het. Ek plaas dit presies soos ek dit gekry het.
"Ekurhuleni Metro Police reminds you that a Warrant of Arrest has been issued against you for fine ///, to the value of R. An additional Contempt of Court amount of R has been added. Payment of R0 can be made at any Metro Police in Ekurhuleni or visit www.Ekhurhuleni.gov,.za for more payment options. Call 011 9991150 ir visit www.viewfines.net for enquiries."
Ek het op die webtuiste gaan kyk en gebel en hulle kan geen uitstaande boetes, dagvaardings of Lasbrief kry nie.
Nou wonder ek net, wat moet ek doen as hulle my stop? Die SMS lees baie duidelik dat ek R0 moet betaal. Hou ek maar die SMS en wys dit vir die verkeersman?
Groete
Rachel
Rachel, wat het jy nou weer aangevang? Of was dit Johnnie?
Miskien was daai sms op Johnnie Walker!
Tjaailatyd, jy vee jou af aan daardie sms.
Oubaas, wat's jy nou so vol verveligheid deesdae. Footie is besig om kennis oor te dra. Niemand argumenteer met niemand nie. Dis 'n baie interressante onderwerp waarvan ekke nog baie kan leer, sien?. Footie ken van, want hy's 'n regsgeleerde. So, ek gaan na sy kennisoordra-skrywes nie meer so stupid wees ...."om sommer te betaal en klaar te kry nie". Ek gaan die ding op die regte manier doen. So, as jy op die vuurtjie wil piepie, piepie eerder petrol om vir Footloose aan die skryf te kry, hier.
Nee jong Terry. Dit lyk my dit was nie een van ons nie. Die voertuie is almal in my geregistreer maar daar is geen boetes uitstaande volgens hulle webtuiste nie. So ek het nog nie eers iets gedoen nie, nie eers van daardie Johnny Walker gehad nie.
Hierdie is al vele male bespreek. Hy wat soek vir moeilikheid word selde teleurgestel.
As jy wil gaan argumenteer langs die pad oor jou regte met iemand wat dalk jou 'n punt wil bewys, dien dit. Maar voor ek dalk ure se tyd mors, betaal ek maar eerder die kaartjie en ry aan. Wat as die perd besluit hy arresteer jou. Ja na die tyd gaan hulle dit seker terug trek en jy kan hulle dagvaar omdat hulle nie die reg gehad het nie, maar gaan dit opmaak vir iets wat dalk met jou kan gebeur terwyl jy gearresteer is en dalk 'n dag of twee in die tronk onregverdig gegooi is? Nee wat ek betaal maar en sal later vir my regte baklei in die veiligheid van my huis.
Ek beveel glad nie aan dat forumiete in argumente met wetstoepassingsbeamptes by padblokkades betrokke moet raak nie ... die teendeel is eerder waar. Al wat ek sê is KEN JOU REGTE!
Jy mag vra of daar al dagvaarding uitgereik is! As die beampte sê NEE, dan mag jy ry. Hy mag jou dan nie DWING om te betaal nie. As hy sê JA en jy weet dat jy dit nie ontvang het nie, MOET hy jou laat gaan!
As daar dagvaarding en 'n lasbrief vir jou arrestasie uitgereik is is die storie anders.
Maar die dat hulle sommer vir jou sê as jy nuie betaal nie dan sluit hulle jou toe of arresteer jou daar-en-dan is BOLLIE!!!! (en hulle weet dit).
Footloose,
Die volgende het met my gebeur en dis die eerste keer dat ek so n kennisgewing kry, die provinsie is nie relevant nie.
Ek het klaarblyklik 125 in n 80 zone gery (op die snelweg mind you!!). Die kennisgewing se ek kan nie n boete betaal nie maar ek moet die SA kontak van die betrokke dorp.
Die kennisgewing is gepos.
Wie het al so kennisgewing gekry?
Hoe nou?
Frikkadel, nie ek nie, maar indien jy enige spoedgrens met 30km/u en meer oorskry het, is daar nie 'n spoedkaartjie van krag nie. Jy moet dan persoonlik in die hof verskyn.
Frikkadel, nie ek nie, maar indien jy enige spoedgrens met 30km/u en meer oorskry het, is daar nie 'n spoedkaartjie van krag nie. Jy moet dan persoonlik in die hof verskyn.
My genugtig, dit klink nie goed nie,,,,,,,
Frikadel,
PM my.
Frikkadel
Was dit nie by een van daai alewige padwerke nie? die perk is gewoonlik 80kmh
Ek het verlede week gesien daar is twee nuwe geel permanente kameras op die N1 in Pretoria tussen die N4 afrit en Stormvoel afrit. Dis by die deel met die huidige padwerke.
Die ou voor my was seker so teen 90kmh en die ding het vir hom geflits. Ek is seker ek is ook mooi in die foto.
Kyk maar eers jou foto, sou ek se, vra dan Footloose se geleerde en gerespekteerde raad.
Tjailatyd
Ek het presies dieselfde boodkap van Ekurhuleni gekry.
Ek is seker 2 weke terug deur die Metro Polisie voorgekeur waar hulle my lisensie geneem het en op hul Blikbrein gecheck het of ek geld skuld.... Steeds geen uitstaande boete..
Ek dink hul het ons selnommers en vat maar 'n kans... dalk het iemand 'n boete wat hy / sy dan darem betaal.
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Eben die kampeerder
- RATEL
- Big G
- JM
- Spikkels
- Eddie Laing
- Harry Du Randt
- tworaptors
- Dirsa
- Christie
- Blesbok
- Tjailatyd
- PaulS
- evert
- Hennie van Niekerk
- willie Rautenbach
- Pieter Rheeder
- Alias
- Hentie7
- Llewellyn j





.jpg)



.jpg)




Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Footie, jy sal mos weet, man.
Hy het nie die regte om jou so te viktimiseer op uitstaande boetekaartjies nie. Slegs met dagvaardigings wat aan jou uitgereik is en wat jy geignoreer het, m.a.w oor die betaaldatum is en jy het niks daaraan gedoen nie. Of hy nou wragtag die regte het om jou nie toe te laat om te ry nie, twyfel ek. Ek sal tog volgende keer vra een van hulle moet asb tog vir my sy "regtetoekenningsdokument" toon.
Rondawel Gasteplaas. Karoo.