Nuutste oor tolhekke in Gauteng

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek kry sopas die SMS van Eye Witness News

------ SMS ------

From: +2783920605106000

Received: Feb 22, 2012 15:07

Subject: Breaking EWN: Treasury will give...

 

Breaking EWN: Treasury will give Sanral R5.75bn to cut Gauteng toll fees to 30c/km for ordinary vehicles. R550 monthly cap to apply. UNSUBSCRIBE to stop (R1.50) Sent from my BlackBerry® wireless device

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
kids_camping
Groentjie
Aangesluit: 17/11/2011
Inskrywings: 23
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montana, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Isuzu 2.8 dt Frontier 4x4

Het dit gehoor. Trokke wat tussen 10:00 en 15:30 ry kry 20% af.

Geen tol vir openbare vervoer.  

Maar petrol gaan 28c per liter op!

Groetnis

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 519
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Ek betaal dit met 'n smile as dit enigsins verligting aan die verkeersprobleme op die N1 gaan aan bring.

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 755
Gebruiker is aanlyn
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Treasury sal nie net geld "gee" nie - daai biljoene gaan erens moet opgemaak word en dit is vreeslik maklik om by die brandstof prys te begin

Mag die voorspoed jou verveel......

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Gyfie wrote:

Ek betaal dit met 'n smile as dit enigsins verligting aan die verkeersprobleme op die N1 gaan aan bring.

Ek verstaan nie hoe dit verkeer op die snelweg gaan verlig nie.... Dit maak nie vir my sin nie. Daar gaan steeds net so baie karre op ie snelweg wees, want daar is te min ander alternatiewe

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 519
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Dit is juis my punt Cheetah - as ons moet betaal vir iets wat my geensins gaan baat nie, en daar geen ander alternatiewe is nie, hoekom dan daarvoor betaal?

Ek gebruik darem net so 22km van die N1/N3 maar vat so op n gemiddeld n uur om dit te ry - absoluut absurd

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek gebruik die N1 vanaf Brakfontein wisselaar tot by Malibongwe afgrit. Van my huis in Lyttelton neem dit my gemiddeld 45 min tot by Bechlue (Spelling) en van daar 'n verder 20 min tot by Malibongwe.

EK kan natuurlik met die Gautrein tot by Sandton ry, van daar die bus neem tot by Brightwater Cummons, maar dis tot waar die Gautrein bus gaan. Ek het tot vervelens toe probeer uitvind oor Metrobusse om my die laaste 4km tot naby my werk te bring, maar dis om bloed uit  'n klip te tap... Jy kry net niks reg nie

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

He, he, he...Cheetah. Die beste opsie vir daardie laaste 4km is die local taxibevolking.

'K stem, Gyfie. Betaal net vir nog 'n nuttelose ding.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Willie,

Ek in 'n taxi klim..... NOOIT NIE!!! Ek het my lewe te lief

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Cheetah wrote:

Willie,

Ek in 'n taxi klim..... NOOIT NIE!!! Ek het my lewe te lief

Hoekom nie, dit is net jou afkeur van sekere mense wat jou verhoed om taxi te ry.

Ek het al en daar is niks fout of iets om jou lewe te vrees nie.Dit is vir hulle sommer spesiaal as 'n wit ou saam ry en hulle laat jou sommer voor sit, en bestuur gewoonlik baie versigtiger.

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Op so 'n kort entjie maak hulle darem nie sommer ongelukke nie, Cheetah. Jy moet net nie die "late-run" vat nie. Hulle jaag.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

K & B die van Transvaal.

Hoekom drank opsit en dan suip hulle verniet in die parlement.

Groetnis

HPJV RENSBURG

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 425
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

willie.

oppas.      toe ek so paar dae terug gese het dat die gautrain eintlik die graptrein heet weeens die chaos met die busse ne die elec is ek behoorlik gestenig.     ek was kwasuis negatief.      lyk my ouens se oe begin nou oopgaan oor die feit dat ons net deur die huidige regime gemelk word vir elke wit rand wat on s het.       en ek sien die idee van 'n wealth tax doen al weer die rondte met die begroting.        mense moet net wakker word.       ons betaal al jare wealth tax - op petrol!!!!!!!

groete

edward

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Ek het projekte wat aan die gang is die afgelope twee jaar in Waterfall Country Village, en hanteer dit van my kantoor in Moreleta Park in Pta Oos. Die snelweg het verseker n verskil gemaak aan verkeer hier uit my rigting. Dit neem my slegs 30 minute om die pad af te le na ek my seun na 7H00 in die oggend by Garsfontein Laerskool afgelaai het. Ek sal die fooi betaal, want ek baat verseker daarby.

Moet nie vergeet dat die op en af ritte ook by die fooie ingesluit word nie, en in my opinie is dit die gedeeltes wat die ooste van Pta, Centurion ingesluit, die meeste bevoordeel het.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

DAVID KAMP
Ou hand
Aangesluit: 03/04/2011
Inskrywings: 199
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

 

Ha ha

Gaan koop jul e tol - skyfie...

 Die lewe is lekker...

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 784
Gebruiker is aanlyn
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Wonder of Foggy moet betaal.

Hulle sê mos Taxi's en Busse hoef niks te betaal nie. Froggy is mos openbare vervoer vir 2 mense, die res is mos al hulle begasie !!!

Groete Harry

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 441
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Spidey, ek stem saam dat dit nie sleg is nie. My swaer ry elke dag met  taxi's vanaf die stad tot in Equestria. Moet 3 verskillende taxi's vang vir die trip. Hy's nog boonop blind ook. Hulle behandel hom met respek en ry verseker mooi as hy aan boord is. Hy kla nooit.

Groete.

Mark.

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek voel nou maar eenmaal net nie gemaklik nie. Dalk maar net 'n mind shift wat ek moet maak....

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Ek ry af en toe met Taxi's, geen probleem, hulle is baie beleefd en voel weliswaar "special" (sonder om windgat te wees) om witmense op te laai.

Groete

Hans.

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 441
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Ek verstaan waar die vrees vandaan kom Cheetah, 'n ou sien riller stories in die nuus en koerante. Miskien maar dit een maal probeer en dan 'n besluit maak.

Groete.

Mark.

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 22 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Big G
  • Eben die kampeerder
  • JM
  • Spikkels
  • Eddie Laing
  • JC
  • RATEL
  • Harry Du Randt
  • tworaptors
  • Dirsa
  • Christie
  • Blesbok
  • Tjailatyd
  • PaulS
  • evert
  • Hennie van Niekerk
  • willie Rautenbach
  • Pieter Rheeder
  • Alias
  • Hentie7
  • Llewellyn j
  • Frikadel

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.