My Regte rakende my Bestuurslisensie

RATEL
Groentjie
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker is aanlyn
Plek: Gauteng
Ek sleep 'n Slaapplek met 'n my spykerbek

 Goeiemore Kampers,

Na aanleiding van gerugte wat in meer as een tydskrif verskyn het waar Verkeerspolisie jou lisensie by jou neem en jy dan op een of ander rede afgepers word om dit terug te kry het ek gewonder.

Mag jy weier om die kaartjie aan 'n indiwidu te oorhandig.

Ek weet jy moet hom toon/ wys maar tot die letter van die wet, kan ek weier om die kaartjie aan die mens te oorhandig?

Waar kry mens die bewoording van die betrokke wet of regulasie sodat ek 'n afskrif kan saamry as die Beampte bly aandring om die kaart te vat.

Ek mag totaal en al verkeerd wees maar al wat hy/sy met my kaart te make het is om hom/haar te vergewis van die detail op die kaart.

Kan die manne/dames met ondervinding of opleiding in hierdie veld miskien bietjie lig werp op die sakie. 

Baie dankie by voorbaat

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ratel, Footloose het 'n draad aan die gang oor iets soortgelyks. Ek hoop hy lees hier en gee sy insette ook hier.

Volgens my mening, en ek is nie 'n regsgeleerde nie, behoort die lisensie aan jou en jy hoef hom nie te oorhandig nie. Hou hom in so 'n posisie dat hulle kan lees wat hulle wil lees wanneer hulle jou versoek om jou lisensie te "toon". Dan toon jy hom mos.

Of ..."Can I see your lisence".........for sure ............haal hom uit en wys hom vir hulle...............dan kan hulle hom mos sien.

Dis een van hulle truuks om jou af te pers. Om jou lisensie "vas te hou".

So, moenie dat hy in hulle hande beland nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Ek het so 6jaar gelede dae se moeilikheid gehad toe ek vir werk Mosambiek toe moes gaan en daar op my lisensie en paspoort" beslag "gele is Dit het my dae en omkoop geld gekos om alles weer terug te kry

Van toe af het ek vir my gewaarmerkte afskrifte laat maak by P/stasie in kleur van my ID,PASPOORT, en  lisensie  en gee dit aan die beamte as hy daarna vra EK VERTOON NET DIE OORSPLONKLIKE! Werk sover vir my 

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

dagse mnr

wel n plan wat ek jou kan gee is ons almal hernu mos ons lisensies na n tyd hernu hom en as hy jou lisensie vra gee hom die ou een as hy hom wil vat verloor jy niks as hy jou konfronteer omdat hy verval het se vir hom jy het nie geweet hy het verval hou jouself dom en vra hom hoe gaan jy te werk onthou die ish ek weet nie gedagte wat hul so lief is om te gebruik, gebruik dit op hom maar moet nie harde kwas met hom wees nie hoop jy kom reg

die is seker nie die regte raad nie maar n verskoning of n plan ek wonder is hier nie dalk n verkeersman op die forum wat sy mening kan gee nie

kampgroete

ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

RATEL
Groentjie
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker is aanlyn
Plek: Gauteng
Ek sleep 'n Slaapplek met 'n my spykerbek

 Baie dankie vir die reaksie sover.

WilleWillemien -- ek en jy verstaan die sakie dieselfde oor die "toon" maar om volgens die Wet korrek te wees het mens die korrekte terme nodig soos in die Wet voorgeskryf.

Veral die Ingelse weergawe ook want dit is al waarop mens jou kan beroep.

Daai kleur afskrifte klink ook vir my goed maar my regte volgens die Wet bly die eerste prys.

Rateltjie 

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 214
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park

Tommie se voorstel lyk na `n oplossing.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

RATEL
Groentjie
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker is aanlyn
Plek: Gauteng
Ek sleep 'n Slaapplek met 'n my spykerbek

 Goeiemiddag almal,

Is nie een van die regsgeleerdes Donderdae beskikbaar nie of is hierdie een van daai grys areas waaroor niemand bereid is om 'n mening te gee nie.

Waar kry 'n mens die die Wet,Ordonansie of Regulasie wat die saak aanspreek of vertolk elke padvalk dit soos hy wil

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

RATEL, die ouens wat ek van weet is nie nou op nie. Inteendeel sien ek hom/hulle min deesdae.

Weet nie of van die nuwe gebruikers dalk regsgeleerdes is nie? Daar kyk dalk ene, maar wil nie praat nie???

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Ratel.

Stel jouself in die Verkeersbeapte/Polisieman se skoene. Hoe gaan jy daai klein skrif op die kaart lees as iemand weier om dit vir jou te gee?

Soms moet hy dit na 'n kaart leser vat om onder andere te veriveer of dit geldig is. Dit staan jou vry om saam te stap en ek sal dit aanbeveel. As die situasie verdag lyk met net een of twee van hulle daar vra dat hy homself identifiseer en hou sy ID tot hy jou kaart teruggee. As jy nog onraad vermoed vra hom om jou te agtervolg na die naaste Polisie Stasie. Ek dink dit sal genoeg wees om 'n oneerlike beampte af te skrik

Onthou ons is nie in Mozambiek nie.

Ek is nie 'n regsgeleerde nie maar dit is hoe ek sou optree in die situasie. "Keep cool".

RATEL
Groentjie
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker is aanlyn
Plek: Gauteng
Ek sleep 'n Slaapplek met 'n my spykerbek

 @Kampklong

Ek hoor wat jy voorstel en dankie vir die inset.

Die probleem bly steeds of ek die kaart aan hom/haar moet oorhandig. Ek kan die kaart reg voor sy neus hou maar steeds onder MY beheer.

Te veel voorvalle (of gerugte) waar jy dan aan hierdie Mense se genade oorgelaat word en dan nog by sy brudders by die SAP 'n klag moet gaan lê.

Ry jy weg dan dwarsboom jy weer die gereg so hoe nou?

Dis die rede hoekom ek probeer vasstel wat is die letter van die Wet want dan is ek binne my reg om weg te ry.

Die aanloop tot die hele debat is dat ek tussen Standerton en Perdekop by 'n samedromming van Poeliesmanne en Verkeersmanne (want jy kan dit nie 'n padblokkade noem nie) my lisensie so aan 'n beampte getoon het. Argument het ontstaan maar ek het by my punt gebly dat ek nie die kaart hoef te oorhandig nie.

Die mens het toe moedeloos geraak en omgedraai waarop ek toe gery het. Jy ry met 'n onseker gevoel daar weg want wanneer besluit een van die rakkers jy wou wegjaag en hy en al sy kollegas kon jou net stop deur te skiet.

In tye vandag gladnie vergesog nie.

Wat sê die Wet?.

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek sien hier in Beyers Naudelaan, met die  sporadiese padblokkades, word jou kar se nommerplaat gelees en die "uitstaande-boete-ding" word dan 'n issue. Hulle vra jou wel vir jou lisensie, maar ek het nog nooit die ervaring gehad dat hulle hom moes gaan scan nie. So, ek druk hom ook teen sy neus vas. As ek en die lisensie moet loop na die scanner toe, houvas ek hom maar self en loop saam.

Gewoonlik karring hulle nie veel aan ons outoppies met die vervalsde lisensie-stories nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 41 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • RATEL
  • Harry Du Randt
  • Spikkels
  • tworaptors
  • JC
  • Dirsa
  • Christie
  • Blesbok
  • Big G
  • Eben die kampeerder
  • Tjailatyd
  • PaulS
  • evert
  • Hennie van Niekerk
  • willie Rautenbach
  • Pieter Rheeder
  • Alias
  • JM
  • Hentie7
  • Llewellyn j
  • Frikadel

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.