Lekker kampplekke rondom Jhb
Ons het darem al so rofweg die eerste paar kampe vir ons 3 jaar toer uit ge-sorteer, maar nou soek ek hulp.
Ons vetrek uit Roodepoort op 24 Maart en dan bly ons op twee plekke tot en met 26 April.
Ons staan dan weer by Drie Berge van 11 Mei tot 18 Mei en van 1 Junie tot 31 Aug by Tshippise.
Ek soek redelik dringend na plekke [of een plek so naby as moontlik aan Roodepoort vir die tydperk 26 April tot 11 Mei. dit kan selfs by Hartbeespoort of so wees maar verkieslik nie meer as 'n uur se ry van Roodepoort af nie, hoef ook nie noodwendig heeltyd by dieselfde plek te wees nie, maar verkieslik as dit 'n lekker plek is.
Die rede hoekom ek so naby wil wees daai tyd is omdat my vrou vroeg in Mei weer die Onkoloog moet sien vir opvolg toetse, ek het ook so paar sakebelange hier wat ek eers in daai tyd kan afhandel.
Ons beplan om van Brits [Drie Berge] oor Ellis Ras te ry Tshippise toe - ek weet hier is al geskryf oor 'n wildreservaat in daai omgewing, ek dink dit was Jacques wat goeie terug voer gegee het.
Kan iemand vir my 'n aanbeveeling maak oor die roete en waar om te kamp - kontak no's en so.
wat stel julle voor moet ons van daar in een slag deur ry Tshippise toe of dit oor meer as een dag doen? Indien wel waar slaap ons oor?
Wat is die beste om tot in Mussina te ry of voor die tyd afdraai Tshippise toe.
Julle manne wat daai omgewing ken se hulp en raad sal baie waardeer word!
Arie.
Ek vermoed die wildreservaat waarna jy verwys is Marakele net buite Thabazimbi en is op jou roete.
Daar is 'n onlangse draad oor Marakele.
Nog 'n plek wat ek kan aanbeveel is Mapungubwe maar nie as jy grondpaaie wil vermy.
Hoop dit help
Beste Arie
Wat betref plekke naby Roodepoort, het jy al die volgende oorweeg; Buffelspoort as 1 ste keuse, Klein Paradys buite Brits. Ek belowe jou, ek sleep in 'n uur vanaf my huis, via die Lanseriapad(R512) en Muldersdrift tot by Gordonweg waar mens op die N1 klim. Dan is jy al verby Roodepoort. Met 'n enkel voertuig is dit nog vinniger.
Ek sal glad nie jou aanbeveel om oor Ellisras te ry nie. Van ons af tot in Thabazimbi is daar meer gate as teerpad. Vandaar is dit ook nie beter nie. Jy kan by Leeupoort wegdraai en voor Mabalingwe en Mibizi verby ry oor Warmbad en daar die N1 neem. Dit gee jou die verskeidenheid oorslaapplekke soos Weesgerus, Thaba Gatla, die OOg, Sondela om paar te noem.
Groete
Wessel
Wel as jy vir daai paar dae oorweeg om naby Brits te bly dan sal Shangrila in die bos of Bosveld oase dalk 'n beter roep wees. Hulle is ten minste aan die dam se kant van Brits, so jy spaar klaar so 20-30 min as wat dit van Klein Paradys en die oorde in daai rigting gaan wees.
Hi Arie,
Dit is nie nodig om tot in Mussina te ry nie, dit is so 30 km draai. Die beste is om net na die laaste tolhek (nou sy naam vergeet) regs af te draai na Tshipise. Daar is aanwysings, o.a. Pafuri hek is ook op die pad.
Veilig ry
Dirk
Hi Arie,
Soos Kampklong noem het ek seker van Marakele gepraat. Lekker plek - bos atmosfeer soos jy daarvan hou en die padkaravaan gaan gemaklik daar uitkom.
Groete,
Jacques
Hallo
Jy kan Krugersdorp game- reserve ook probeer.Ek hoor dit is nogal lekker daar en nie ver van Roodepoort af nie so 20 min se ry.
Oom Arie, dit is soos Ewie se, die Krugersdorp wildtuin is net so 3km buite Krugersdorp, ek self was baie lanklaas daar, maar ek verstaan dat hulle die plek so bietjie opgeknap het. Dit is ook nie ver van Roodepoort af nie, so ek dink jy kan eendag gou,gou gaan kyk en dan besluit.
Ek dink ook nie Klein Paradys laat week kampeerdery toe nie?
Groete
Hans.
Hallo
Jy kan Krugersdorp game- reserve ook probeer.Ek hoor dit is nogal lekker daar en nie ver van Roodepoort af nie so 20 min se ry.
Ewie en Blackie, dit klink of dit die idiale plek kan wees, ek kry dit nerens op die web nie, het julle dalk 'n kontak nommer vir my asb?
Klein Paradys maak Vrydae oggende om 08:00 oop en sluit Sondae middae 16:00. Hulle is ook gedurende die wintermaande gesluit.
Hi Arie,
Dit is nie nodig om tot in Mussina te ry nie, dit is so 30 km draai. Die beste is om net na die laaste tolhek (nou sy naam vergeet) regs af te draai na Tshipise. Daar is aanwysings, o.a. Pafuri hek is ook op die pad.
Veilig ry
Dirk
Net soos Dirk daar sê - draai na Boabab plasa regs af na Tshipise. Musina om is 'n hengse draai. Anderkant Musina op die Pontdrif pad is Dongola Ranch. Ons was verlede jaar daar in die winter en dit was heerlik warm en baie mooi! Iets om te oorweeg!
Arie
Dis ñ draai om tot in Mussina te ry en die pad van Mussina na Tshipise is nogal smal en hy het baie draaie in,soos Vrystater se draai af na die Boabab plaza dan is die reguit Tshipise toe.Ek slaap gewoonlik oor op Eden Park as ek op ry Tshipise toe dis halfpad vir my van Secunda af en dis lekker omdat jy jou eie badkamer en kombuisie het so dis nie nodig om veel uit te pak vir die aand se oorstaan nie.
Oom Arie hier is die nommer vir Krugersdorp game reserve: Hettie Mathews 011 9512102
Oom Arie hier is die nommer vir Krugersdorp game reserve: Hettie Mathews 011 9512102
Ewie, baie, baie dankie vir die hulp man - dit word opreg waardeer!! !
Die öom" storie??????? Ek lyk net so oud omdat ek erg verweer is, nie regtig oud nie hoor - ek is sommer net plein Arie!!!
Arie.
Na 3 maande saam met die Swaeltjies op Tsipise gaan jy soos 'n "oom" voel.
Onthou om jou rolballe, skeie en tuingereedskap te vat.
Groete
DAGSE OOM ARIE
ek bly langs krugersdorp wildtuin ek weet hul is onlangs onder nuwe bestuur ek sal gou vanaand daar stop en die nommer kry en vir oom stuur op een voorwaarde oom kom drink n koppie koffie een aand ek bly so 3km van die wiltuin af
nog n plek wat oom dalk aan kan dink is omoramba
hoop oom kom reg
kampgroete
ben
Dagse oom arie hier is krugersdorp wiltuin se nr 0720380566 wie die kontak persoon is weet ek nie onthou om so bietjie n koppie koffie te kom drink
Kampgroete
Ben
Dagse oom arie hier is krugersdorp wiltuin se nr 0720380566 wie die kontak persoon is weet ek nie onthou om so bietjie n koppie koffie te kom drink
Kampgroete
Ben
Ben, hel....... man, baie dankie vir die moeite om spesiaal die nommer te gaan kry, ons waardeer dit opreg!
Ek en Petra het sommer gisteroggend uitgry soontoe en bietjie gaan rondkyk - lyk wragtag na 'n lekker plek!!
Ons sal dit merk vir toekoms, as ons dalk bietjie by die kinders wil kom kuier - ons seun hulle bly in Krugersdorp - Noordheuwel.
Baie dankie vir die koffie offer, sal graag 'n koppie by julle kom geniet - MAAR ek bestuur glad nie in die aand nie - "completely"nag blind, en ek is 'n "chauvinist"so ek ry nie in die kar as my vrou bestuur nie, ek glo dit is 'n man se werk om te bestuur!?
Lyk my ons bly nie vrek ver van julle af nie - bly in Weltervredenpark op die grens van Randpark rif.
Dagse oom arrie
Dit is geen probleem ek bly so te se langs die wiltuin my stoep kyk teen die wiltuin se koppie vas pm my as oom daar kamp dan reel ons met daai koffie hoe kan ek dan nou nie my buurman oornooi nie
Kampgroete
Ben
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- RATEL
- JC
- Tjailatyd
- Eben die kampeerder
- PaulS
- Harry Du Randt
- evert
- Hennie van Niekerk
- willie Rautenbach
- Pieter Rheeder
- Alias
- JM
- Hentie7
- Llewellyn j
- Big G
- Frikadel
- Leon Verster



.jpg)








.jpg)


.jpg)
Arie,
Wat van Eastco Magalies? Vandaar is dit redelik maklik op die Hekpoort pad deur na Brits.
Hennie Botha
2009 Isuzu KB 300 DTEQ
2007 Sprite Swing