Kampeerders vs Dagbesoekers

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Hoekom is daar kampeerders wat altyd kla oor dagbesoekers? Ek hoor / lees nooit van dagbesoekers wat kla oor kampeerders nie.

My vraag is nou:

1) Dink die kampeerder hy is beter of het meer voordele as die dagbesoeker net omdat hy kamp en betaal het vir sy staanplek?

2) Ein hy nou die ablusies vir homself? Gebruik die dagbesoeker die ablusie in die kamp is die kampeerder ongelukkig. Staan die man agter die boom is die kampeerder ook ongelukkig.

3) Kamp jy nie in daai dagbseoeker se omgewing nie. Jy is immers van buite daai gebied. Nou wil jy jou kom rammetjie uitnek hou net omdat jy 'n mooi kar of karavaan op skuld gekoop het en nou slaan jy kamp op in 'n ander man se dorp en verwag nou hy mag nie daar kom swem en braai nie want jy het mos nou betaal.

4) Is dit nie maar dat sommige dagbesoekers hulle nie kan gedra nie. Almal kan tog nie sleg mense wees nie. Daar is tog ook Kampeerders wat hulle nie kan gedra nie. Ongeag waarmee jy kamp.

Ek wonder maar net. Is ons dalk net onverdraagsaam en selfsugtig? Is dit dalk hoekom van ons nie die taxi wil plek gee nie en hom doelbewus wil uitdruk? Is dit dalk hoekom taxies en sommige dagbesoekers so optree? Omdat ons daarvoor soek met ons hoogmoedige houding van ek is beter as jy.

Ek wonder maar.

 

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ben,

Soos met alles in die lewe is daar die groot meerderheid wat doen wat gedoen moet word, waar dit gedoen moet word en wanneer dit gedoen moet word. Dan is daar ongelukkig die klein hoeveelheid mense wat alles altyd moet misbruik.  dit geld vir kampeerders sowel as dagbesoekers.

So paar maande terug ry ons die naweek deur Klein Kariba om te sien hoe dit daar lyk. Die reels van die oord bepaal dat die kmapeerders nie mag harde musiek speel nie, maar nie te ver van waar die kampeer area is nie, is daar meer as een kar van dagbesoekers wat se boots oop staan en die usiek bler daaruit. Ek dink in baie gevalle mag dit 'n gevak van "dubbele standaarde" wees.

Ek het in beginsel geen probleem met dagbesoekers nie, mits my eiendom en my privaatheid gerespekteer word. Dink net watter sekuriteits risiko kan daar wees as die dagbesoekers toegelaat word om in die kampeer area te mag inkom? Daar sal geen beheer wees oor wie jy is nie....

Sommer net my 2c

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Smiley


 

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 894
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Benzan

Dit is hoe ons voel oor dag besoekers

1.  Ons dink nie ons is beter as die dagbesoekers omdat ons vir ons staanplek betaal het nie.  Hulle moet tog ook betaal om in te kom.

2.  Ons is nie bewus van enige oord wat dagbesoekers toelaat om die Kampeerders se ablusie geriewe te gebruik nie, maar as die dagbesoekers die ablusie geriewe mag gebruik, verwag ek dieselfde dissipline van hulle as van my mede kampers.  En ook solank hulle nie hele ablusie oorneem, en ek as kamper nie daar kan inkom nie.

3. Ons kamp in daardie dagbesoeker se area en betaal 'n prys daarvoor.  Al is my kar en karavaan op skuld gekoop, verwag ek 'n diens van die oord, en sal geen beswaar hê as daar dagbesoekers toegelaat word nie, solank hulle aan dieselfde reëls moet gehoor gee.

4.  Almal moet die reëls gehoorsaam, nie net die kampers of net die dagbesoekers nie.  Dit is myns insiens die oord se bestuur se plig om seker te maak daar word by die reëls gehou.

Groete

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Tjailatyd

Dito.

Ek het maar net gesit en wonder oor die goed na aanleiding van gister se preek in die kerk.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 894
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Geen probleem Benzan.  Ek het maar net jou vrae beantwoord.

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 784
Gebruiker is aanlyn
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

@Cheetah

Ek stem saam met jou.

Ek sien almal as gelyk, Elke persoon het sy reg op 'n plek in die son. Ek kamp al van 1968 af en die probleme was as die twee meng (kampers en dagbesoekers)  Die grootste probleem is sekuriteit. 90% van die tyd waar van my goed weggeraak het was as dagbesoekers in die kamp area kom. Kampers kyk uit vir mekaar. Die probleem is die geleentheid word geskep vir iets om verkeerd te gaan. Daar is ongelukkig seker elemente (klein groepie) wat misbruik maak van die geleentheid wat geskep is. Dit is hoekom die meeste kamppeer plekke die twee uit mekaar hou (uit onder vinding).

Dit het al erger geraak met die tyd. Ek wys nie vingers nie. Dit was net my ondervinding met die tyd.

EK SELF IS OOK 'n DAGBESOEKER (25% van die tyd) Die dag as ek 'n dagbesoeker is is ek eers versigtig en sluit alles toe. (Dalk bang vir myself) Ha Ha

@ Benzan

1 +2 +3 Nee  ---- 4 Ja

Wat dink jy persoonlik Benzan ?? Ek dink Sekuriteit is die grootste probleem

Groete Harry 

 

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Dagbesoekers het net soveel reg as die kampeerders en anders om. Altwee betaal immers om in die oord te wees.

Solank elkeen  net die reels volg sal daar nie probleme wees nie, en natuurlik moet die reels reg toegepas word op almal.

Ek meng nie tussen hulle nie, bly in my area waarvoor ek betaal, en hulle moet dieselfde doen.

Maar ek hoor wat jy se. Het dit die naweek ook ondervind.

Ons het die naweek by Van Stadens gekamp, die oord laat ook dagbesoekers toe, daar is n area vir dagbesoekers.

Baie van die kampers het gekla oor die dagbesoekers, so amper asof die oord nou net vir die kampeerders is. Gister moet daie kampers teen 10:00 uit wees, baie van die kampers bly dan tot so 14:00 en dan wil hulle kla as hulle net iemand gewaar wat oor die lyn trap in die kamp area in.

Ja, die dagbesoeker moet nie in die kamp area kom nie, maar die kampeerder moes ook al uit die oord gewees het!

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Harry Du Rand > Wat dink jy persoonlik Benzan ?? Ek dink Sekuriteit is die grootste probleem

Harry. Ek stem volkome saam dat sekuriteit die grootste probleem kan wees. Die vrae was maar getrigger so met die dinkery saam (nie drinkery nie)

Ek hou daarvan om met die locals praatjies te maak as ek op vakansie is en ek verwonder my altyd hoe 'n simpel vraag 'n hele gesprek kan laat ontstaan. Ek het bv vir 'n visserman in Doornbaai gevra hoekom dra hy nou juis 'n oorbel? Eers was hy verbaas en half geskok in my. 10h00 daai aand toe kuier ek en hy nog steeds oor visserman stories. Is die hele ding nie dalk maar aan die gang gesit deur politici se uitsprake nie. Maak dit moelik vir die ander groep wat kamp en nou reageer ons deur hoogmoed te toon.

Op Strandfontein het ek tussen die dagbesoekers beweeg en nooit bedryg gevoel nie. Wel baie stories gehoor.

Ek dink die gedra en respek ding is die antwoord. Maar soos jy weet is daar kampeerders en kampeerders en so ook met die dagbesoekers.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 784
Gebruiker is aanlyn
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

@ VW

Ek verstaan nie altyd hoekom kampers teen 10h00/11h00 moet uitwees nie, op 'n Sondag na 'n naweek nie.

Wat sy jy sê is die rede ?

As jy twee nagte staan. Bv. kom die Vrydag na werk daar aan so teen 17h00 en ry weer Sondag teen 17h00 dit is 48 uur = 2 dae = 2 nagte = betaling vir 2 nagte. Daar is seker mense wat al teen Vrydag 10h00 uur daar is, maar meeste kom eers baie later.

Goete Harry

 

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Harry

Ek weet regtig nie, maak vir my ook nie sin nie, maar so te se al die oorde het daai reel. Ek het ook al opgelet dat baie min oorde dit toepas op n Sondag, seker maar so sodat hulle wel kan as hulle wil, want dis n reel.

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 784
Gebruiker is aanlyn
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

@ VW

Ek dink dalk is dit om te keer dat daar baie mense opdaag die Vrydag oggend vroeg (bv. 08h00) en hulle is dalk nog besig om die plek mooi regte kry vir die groot gross wat die middag kom. Dan is die vroee kampers in die pad (veral as daar baie is) en hulle wil die gras regkry of swembad mooi skoonmaak of so iets.

Wat se tyd kom / verlaat julle gewoonlik 'n kampplek op 'n naweek ?

Ons kom gewoonlik so teen 15h00 Vrydag en verlaat weer so 15h00 die plek op 'n Sondag (as die weer sleg is is dit vroeer)

Groete Harry

 

 

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Harry.

Ons arriveer gewoonlik op 'n Vrydag 17h00 as ons hier in die omgewing kamp en ry dan weer die Sodag so 13h00 

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

VW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n 1991 Sprite Sport met 'n 2004 Mitsubishi Colt Rodeo D/C 2.8 TDI of 2003 Jetta 4 1.9TDI

Harry

Hang maar af, ons kamp elke maand, en ek hou die weer dop, as dit na mooi weer lyk vat ons verlof die Vrydag, soms die heel dag en soms halfdag.

Op vol dag dan arriveer ons so 10:00 se kant, half dag so 14:00 se kant. Geen verlof enige iets van so 17:00 af.

Ons vertrek gewoonlik niks later as 13:00 nie maar meeste van die tyd so om en by 11:00.

Antoinette Steyn
Groentjie
Aangesluit: 19/04/2010
Inskrywings: 35
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 'n Gypsey Rapier met 'n Toyota Camry

Ek het nie 'n probleem met dagbesoekers as 'n geheel nie maar met die hoeveelheid wat party oorde toelaat.  Ons het so 2 Desember's terug by 'n oord in Noord Wes gaan kamp.  Die hoeveelheid dagbesoekers wat hulle op 'n keer toegelaat het was oorweldigend - daar was nie plek om te sit of te staan nie.  Ongelukkig is die kampterrein nie afgebaken van die res van die oord nie wat veroorsaak dat dagbesoekers deur die kampterrein ook beweeg. Die grootste probleem was dat hulle dieselfde ablusies gebruik het as die kampeerders.  Daar was omtrent 10 toilette met 5 storte, ens vir die kampeerders en dan nou ook vir die dagbesoekers.  Dink nou net die hoeveelheid dagbesoekers - ons het dit so om en by 300 dagbesoekers geskat (gelukkig minder gedurende die week)  wat dieselfde ablusies as die kampeerders moet gebruik.  Ons het maar by ons kampplek gesit as gevolg van sekuriteitsredes en gehoop niemand ontwikkel 'n nood nie!!!

 

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 220
Gebruiker van lyn af.

Ek kamp nie by 'n plek wat dagbesoekers toelaat nie. Kampeerders en dagbesoekers meng nie baie goed nie - veral nie as hulle dieselfde swembaddens en ander geriewe moet gebruik nie.

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1350
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Ek stem saam met Grootkoos.

Ek het geen probleem met dagbesoekers nie, want ek kamp nie by plekke wat dagbesoekers toelaat nie!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Rico
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 125
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Gaan kamp by Forever Warmbad. Kry warm en probeer om te gaan swem.

Dan praat ons weer oor dagbesoekers, reels, getalle, gedrag ens.

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

GrootKoos wrote:

Ek kamp nie by 'n plek wat dagbesoekers toelaat nie. Kampeerders en dagbesoekers meng nie baie goed nie - veral nie as hulle dieselfde swembaddens en ander geriewe moet gebruik nie.

Ditto. Probeer dit altyd vermy.

John Cooper

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek stem saam, bly liewers weg van dagbesoeker kampe af.

Ek wil rustigheid en die natuur gaan geniet en wil nie heeltyd die kinders vergesel of oppas nie. Hulle moet ook die vryheid geniet sonder massabedreiging

Dis hoekom die kleiner stil kampe lekkerder is vir 'n naweek weg

 

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

DRANKMISBRUIK DALK DIE PROBLEEM?

 

 

 

 

 

GROETE UIT DIE NOORDE

 

 

 

 

 

 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Ek het geen probleem met dag besoekers nie, solank hulle nie tussen die kampeeders is nie en ook nie die geriewe gebruik nie. Dit gaan oor die getalle wat toegelaat word, dan val sekuriteit deur die mat en dit is waar onsmaaklikhede begin.

Groete

HPJV RENSBURG

Karafundi
Groentjie
Aangesluit: 10/12/2009
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n Huurnognet met 'n Qashqai

Inderdaad, dit bly 'n kwessie. 

Al wat ons weet is dat kampeerders nie mekaar se goed steel nie, fullstop.  

Die enigste oorde waar ons diefstal ondervind het, was by oorde waar daar dagbesoekers was, ook fullstop.

Ons ondervinding met dagbesoekers om die swembad:  'n Oorverdowende koorgesang uit 'n draagbare CD-speler kom nader. 2 Duvets word oopgesprei, die vrouens trek hulle klere uit en sit net met panty-en-bra en die mans met slaapbroeke - en The bells of St Mary!  Die kinders loop sommer van meet af poedelnaak. Checkers-sakke met kos word oopgemaak en al die verpakking - papiere en pakkies word rondom hulle gestrooi. Later pak hulle op en los alles netso.  Maak dit 'n mens vies of moet ons "siestog" sê?

Toegegee, alle dagbesoekers is nie so nie.  Maar, dit is oor hierdie element waaroor ons kla.

 

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 191
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Ons kamp selde waar dagbesoekers toegelaat word - punt.

 

Flip

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Dagbesoekers wat in die kamp area toegelaat word, raak verdagte besoekers !

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

willie Rautenbach
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Nissan hardbody

Ek dink dagbesoekers het vir hulleself `n slegte naam gegee. Weereens nie almal nie, miskien net 10%. "Dit is drankmisbruik en harde musiek". Onthou daar kan 100 Karavane wees en net een besoeker met harde musiek en die hele dag is bederf. Soos hulle se, een vrot aartappel maak die hele sak vrot.

Groete

Willie

Wie's aanlyn

Daar is tans 16 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Eben die kampeerder
  • JC
  • Tjailatyd
  • PaulS
  • Harry Du Randt
  • evert
  • Hennie van Niekerk
  • willie Rautenbach
  • Pieter Rheeder
  • Alias
  • JM
  • Hentie7
  • Llewellyn j
  • Big G
  • Frikadel
  • Leon Verster

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.