Heyneke Meyer
Dit verbaas my dat nog niemand op die forum iets oor die nuwe Springbokafrigter gesê het nie!
Hier kom 'n ding. Vir wie gaan SARU blameer as Heyneke nie sukses met die Springbokke kan behaal nie?
Netsoos met die BULLS en Blou Bulle moet die Springbokke ook eers weer 'n span bou. My vermoede is dat hierdie jaar vir al drie spanne so bietjie wisselvallig gaan wees maar dat die vrugte van volgende jaar af weer van uitvoergehalte gaan wees.
Ons weet nog nie hoe Heyneke se ondersteuningspan gaan lyk nie, maar netsoos by die BULLS sal hy sorg dat hulle van die beste wat beskikbaar is sal wees. Top strukture en top ondersteuning was deel van Heyneke se sukses by die BULLS. Ek dink mense staan tou om deel van Heyneke se uitgelese groep te wees.
Ek kan nie onthou wanneer laas was die rugbypubliek so tevrede met die aanstelling van die Springbokafrigter nie.
Wat sê die forumiete?
Nog 'n blou bul draad.
Die vraag is gaan hy soveel kritiek en teenkanting kry soos Snorre, nog voor Snorre eers sy eerste game begin afrig het? Die vraag is, het Snorre Carte Blanche gehad met spankeuses?
Voor jy jou blou oog stellings maak. Gaan kyk maar eers wanneer het Heyneke by die Bulls aangesluit. Gaan kyk hoeveel jaar hulle nerens was nie. Miskien is hy nie so wonderlik as wat julle wil maak hy is nie.
hahaha, ek hoopnie jy wil ou oompie Alister in daai jobie gehad het nie? Heyneke verdien seker sy kans om te sien of hy dieselfde sukses kan he met die bokke as met die Bulls? Is dit erg om so antibulls te wees?
no comment
Nog 'n blou bul draad.
Voor jy jou blou oog stellings maak. Gaan kyk maar eers wanneer het Heyneke by die Bulls aangesluit. Gaan kyk hoeveel jaar hulle nerens was nie. Miskien is hy nie so wonderlik as wat julle wil maak hy is nie.
Spinnekoppie, jy hou so baie van die BLOU BULLE dat selfs jou broek en 'n deel van jou bloes blou is. 
As Heyneke by die Stormers was en dieselfde sukses daar behaal het as wat hy by die BULLS en die SWD behaal het sou my standpunt steeds dieselfde gewees het. Nee wat, as jy 'n superspan van niks neem tot die BESTE SUPERSPAN in SA gemeet aan die prestasies (Super kompetisies gewen, ens) en op jou CV staan dat jy ook baie vermag het met baie minder hulpbronne in 'n klein unie soos die SWD, dan verdien jy my respek en ook die respek van oral in die wêreld soos wat die geval is met Heyneke.
Heyneke het dit baie duidelik gemaak dat die Springbokke 'n ander span is met andersoortige teenstaanders en dat BULLS rugby nie noodwendig die beste rugby vir die Springbokke sal wees nie. Hy het ook genoem daar is ander spelers met ander vaardighede beskikbaar. Hy is dan juis oppad om met spelers in die buiteland te gaan praat, is dit net BULLS wat in die buiteland speel? MAAR, en hiervan hou ek baie, hy het ook gesê daars wen-rugby en daars verloor-rugby ... hy (Heyneke) kies wen-rugby!
Ek kan nie wag om te sien hoe Heyneke se ondersteuningspan gaan lyk nie. Ek hoop die voormalige Direkteur van Afrigting van die Stormers, Rassie Erasmus, gaan deel van die span wees.
Ps. WilleWillemien, dankie ek kon daardie draad nie vind nie.
Netso Dries.
Daar was nog nie 'n ander afrigter was soveel sukses kon behaal het nie.
Behalwe ek dink in 1994 of daar rond toe Transvaal die Super 10 gewen het maar met al die Blou Bulle soos Uli Schmidt weggeloop het uit Noord Transvaal en duskant die Jukskei kom speel het om Transvaal goed te laat lyk. Dit het hulle nogal lank gevat om in 2011 weer die beker te kon wen met 'n uitlander aan stuur.
So ja spinnekop en jou alter ego speknek - met reg is die Blou Bulle in 'n ander liga! Maar ons is ook realisties dat ons nie so op vorm nou is soos ander spanne nie. Maar ons bou maar weer.
So ja spinnekop en jou alter ego speknek -
HEHE en dan wonder julle nog hoekom dink ek alle blou bulle is dom.
Julle mis die punt. Ja heineke het sukses bahaal, maar gaan kyk hoeveel jaar het dit gevat.
Die probleem is dat veral blou bulle nou vir almal wil vertel hoe wonderlik is die ou, hulle wil vertel hoe ons nou alles gaan wen ens. Ons hoor hoe Heineke praat van wenrugby en eet dit op vir soetkoek.
Die probleem is het julle vir Snorre dieselfde geleentheid en respek gegee toe hy begin het? Nee hy is van dag een af afgekraak. As dinge nie reg gegaan het nie, dan het niemand vir hom opgekom en dalk gese ja maar hy het nie vrye keuse van wie hy wil kies nie. Maar in ware eenooglikheid het Heineke nog nie eers 'n span geskies nie en die verskonings van of politiek sy keuses gaan beinvloed word al klaar in sy verdediging gegooi.
Hoekom wil ek en meetse ander supporters nie veel van blou bulle weet nie, kan sommer hier in die kommentaar gesien word. Die blou bul supporter hierbo wil nou vertel hoe die leeus die koppie gewen het met al die blou bulle wat oor die grens gestap het. Hoe belaglik. Miskien moet hy bietjie gaan kyk na hoeveel spelers die bulle koop van die ander provinsies. Maar nee Mnr bloubul kan nie altyd so mooi dinge in pespektief plaas nie. Dis blou bul of niks
Spinnekop, my vraag aan jou is of jy Heyneke 'n regverdige kans gaan gee? Ek weet mense het baie oor hom te sê, maar gaan die feit dat hy by die bulle was jou so afsit dat jy nie bereid is om hom sy kans te gee nie?
Die feit dat die rugby supporters nie vir PDV 'n kans gegee het nie is immers nie Heyneke se skuld nie.
As jy Jake White se boek gelees het sal jy verstaan hoe besluite namens hom gemaak is wat hy nooit wou gehad het nie (Lees Puke Watson) en hoe daar met hom ingemeng is. Dit het immers Jake White net so lank gevat voor sy sukses met die World Cup. Die jaar voor dit wou die mense hom lewend afslag met ons vernederings in die Tri Nations en die toetse.
Pete Divvy is nie aangestel omdat hy die regte keuse was nie maar 'n politieke aanstelling. So dis waaroor al die bohaai die hele tyd was en niemand met hom tevrede was nie. En daar is nie met enige iets van sy dinge of belsuite ingemeng nie. Mmmmm. Laat mens wonder. Maar aangesien jy Mensa se kandidaat in hierdie land of forum is - maak jy maar die sommetjies!! As jy kan - bygesê. In die land van die blindes is eenoog koning!
Oor dom sal ek maar my regte voorbehou. Iemand stel dit so mooi in sy onderste gedeelte van sy profiel - Don't argue with idiots - they will drag you down to their level and beat you with experience! So have yourself a nice day spinnekop of watse verkleurmannetjie jy wil wees.
a) Ons hoor hoe Heineke praat van wenrugby en eet dit op vir soetkoek.
b) Die probleem is het julle vir Snorre dieselfde geleentheid en respek gegee toe hy begin het? Nee hy is van dag een af afgekraak.
c) Dis blou bul of niks
a) Daardie koekie kan jy maar eet.
b) Hy moes nooit aangestel gewees het nie. Heyneke was die beter kandidaat maar is agv sy ras oor die hoof gesien en het daarna in die buiteland gaan afrig.
c) Dis die BLOU BULLE wat vir Heyneke 'n pos geskep het sodat hy kon terugkom na SA sodat hy nie vir Suid Afrikaanse rugby verlore is nie.
Wie weet, dalk kon ons die Wêreldbeker behou het as Heyneke toe al aangestel was.
Wie weet, dalk kon ons die Wêreldbeker behou het as Heyneke toe al aangestel was.
Weet nie of ek heeltemal hiermee saamstem nie. Die beste spelers in ons land, behalwe vir barney, is gekies om die kroon te gaan verdedig.
Indien ons 'n meer neutrale skeidsregter gehad het, kon ons dalk die beker terug gebring het.
Jy's reg Jacques, maar hou ingedagte hoe dit sou wees as daardie beste spelers ook die beste afrigting gehad het. Jy (julle) sal onthou ek het vir Snorre ondersteun, nie omdat hy die beste keuse was nie, ons het hom gehad en hy het beter gedoen as wat ek aanvanklik verwag het. Hy's egter nie in Heyneke se klas nie.
@Dries,
Hoeveel input het die coach regtig? Hy is meer net die "gesig van SA rugby" soos die "chairman of the board". Sy support staff is die ouens wat al die afrigtings werk doen.
Ons sal nooit weet hoe goed enige ander afrigter sou gedoen het in die laaste RWC nie. Ek dnk dit is belangriker om die nuwe ou te ondersteun, al voel jy nie hy is die regte ou vir die posisie nie.
Ai, dis darem 'n sport wat na aan ons Suid Afrkaners se hart lê........kyk net waar is ons nou..??
Sommer hier in ons gewildste tydskrif oor slaap en kamp.
Al wat ek kan sê is dat Meyer 'n "rugby brein" het en dat gemaak is vir die pos.( nie sy voorganger nie)
Kom ons ondersteun hom.Dit gaan nie maklik vir hom wees nie.
Al wat my bekommerd maak is die sprake van die "ou manne" wat hy wil terug roep...
GROETE VAN 'N GROOR WP ONDERSTEUNER.(vir hoelank weet ek ook nie)
Ryk
Ai, dis darem 'n sport wat na aan ons Suid Afrkaners se hart lê........kyk net waar is ons nou..??
Sommer hier in ons gewildste tydskrif oor slaap en kamp.
Al wat ek kan sê is dat Meyer 'n "rugby brein" het en dat hy gemaak is vir die pos.( nie sy voorganger nie)
Kom ons ondersteun hom.Dit gaan nie maklik vir hom wees nie.
Al wat my bekommerd maak is die sprake van die "ou manne" wat hy wil terug roep.......???
GROETE VAN 'N GROOT WP ONDERSTEUNER.(vir hoelank weet ek ook nie)
Ryk
John Mitchel moes afrigter geword het met Josh Strauss as sy kaptein en Elton Jantjies op loskakel en uuhhmmmm, uuhhmmmm ,, uhmmmmm,,,,,,,HAHAHAHAHAHA
John Mitchel moes afrigter geword het met Josh Strauss as sy kaptein en Elton Jantjies op loskakel en uuhhmmmm, uuhhmmmm ,, uhmmmmm,,,,,,,HAHAHAHAHAHA
Thomas wat rook jy ?Spiderweb zolle?
[
Thomas wat rook jy ?Spiderweb zolle?
Nee, Spiderman rook Spiderweb zolle! 
Koes-koes ... dis net 'n grappie.
![]()
Ek het sommer maar net n grappie gemaak. Ek dink Heyneke moes al afrigter gewees het die tyd toe Snorre aangestel was.
The proof is in the pudding, kom ons kyk wat hy kan maak.
Sterkte Heyneke ek staan bankvas agter jou!!!
Ek vra weer, wie het ons wat beter is ? Hy kry die shark se ondersteuning.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Harry Du Randt
- Eben die kampeerder
- evert
- Hennie van Niekerk
- PaulS
- JC
- willie Rautenbach
- Tjailatyd
- Pieter Rheeder
- Alias
- JM
- Hentie7
- Llewellyn j
- Big G
- Frikadel
- Leon Verster




.jpg)











Ek sleep 'n Omgeboude Buzzard boswa met 'n 2.5 TD DC
Dries, vraag is: Gaan hy Carte Blanche hê met die span kies?
Voldoende lugspoed, voldoende hoogte bo die grond en breins. Wanneer mens vlieg het jy altyd ten minste twee van die drie nodig....