Hello ek is nuut

Knight
Nuweling
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elardus Park

Hello almal ek is nuut op die forum en is nog a wanna be karavaaner.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Baie Welkom hier.

Hierdie Forum is uiters verslawend. Geniet dit hier, en ek hoop dat al jou vrae hier beantwoord sal word. Vertel ons meer van julle kampery.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Speknek
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng

Welkom Knight! 

Hier kan jy jou kamp vrae kom vra - party ouens is net bietjie vol van hulself maar die meeste mense gee goeie raad.  

Cheers

Spekkies

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 441
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Welkom hier Knight. Soos Cheetah sê, laat ons hoor.

Groete.

Mark.

 

Grootbaas
Nuweling
Aangesluit: 19/01/2012
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sandton

Dag julle,

Ek is ook heel nuut. Al baie gelees - party posts raak lekker rof.

 

Tarra,
Grootbaas

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dagsê Knight, Grootbaas.

Baie welkom hier, hoor.

Ja, julle sal binnekort alles weet van sleep, woonwaens, kamp, toerusting, plekke en sommer baie tegniese advies ook kry. Al wat 'n ou moet doen is vra en lees.

Geniet dit.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Welkom ook aan jou Grootbaas.... Altyd lekker om nuwe "gesigte" hier te sien

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Knight
Nuweling
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elardus Park

Wel meer agter grond .....op die staduim is ons nog tent bewonners op die grond en wil nou meer begin soos blink stefaans begin in luuksheid kamp. Ons kamp meestal langs damme en reviere om pap te gooi (visvang) en was al op verskeie plekke reg oor die land, maar soos ek se na paar jaar van op die grond rond kruip begin dit nou tyd raak om meer reg op in jou slaap plek in te stap.

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

dagse knight en grootbaas

welkom hier jul gaan gou wyse slepers word hier word oor als gesels en nog meer raad is daar baie vrae jou vraag en kry gou n antwoord hoop jul keuier lekker by ons so vertel ons van jul kamplewe

kampgroete

ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Welkom aan beide van julle!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Welkom, Welkom !!!

Ek is ook maar nog nuut, maar het sommer gou ingeval op die forum. Ek put vreeslik baie genot uit dit en leer elke dag meer en meer.

'Because outside is the new inside'

andre strydom
Groentjie
Aangesluit: 08/01/2012
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits; Noord Wes
Ek sleep 'n Spilkatdop met 'n Draad Karretjie

 Dag se alge forumiete oues en nuwes

Ja ek's ok n bietjie nuut hier,ma trek vi ou vrekgetrek (1985 jurgens exclusive) no al so 4jaar so een keer n maand vi te minste n naweek.Het ook  so pas vi di Brits oase saamtrek 3/4 maart ook bespreek.

Lekke Kamp Groete

Andre 

Ons het net een lewe laat ons hom geniet

Andre & Hannetjie 

Ons sleep n 1985 Jurgens Exclusive LT met n 1998 Nissan Hardbody 3000i 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Knight en Grootbaas, welkom hier!!! Julle sal hier ouens ontmoet, sommige lieg vreeslik, ander kleur net die stories so bietjie in om dit interessant te maak, ander is Grootliege, ander is Vreeslik Slim, ander , soos ek, nie slim nie net oud en afgeleef!!!!!

Wees maar bedag op skinderstories, en moenie sommer net be-aam nie, dit is ook nie betaamlik nie.

Moet nie hier vloek en swets nie!!!!!! nen moet ook nie noodwendig alles wat ek hier sê ernstig opneem nie!!!!

Mense, lekker kuier, van tent to woonwa, van dam tot rivier, kuier lekker!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

 

andre strydom
Groentjie
Aangesluit: 08/01/2012
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits; Noord Wes
Ek sleep 'n Spilkatdop met 'n Draad Karretjie

 Hi Oom Frans

Het oom my reply gekry van waar ek in NW is

Groete

Andre

Ons het net een lewe laat ons hom geniet

Andre & Hannetjie 

Ons sleep n 1985 Jurgens Exclusive LT met n 1998 Nissan Hardbody 3000i 

Brinley Pritchard
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 20/12/2010
Inskrywings: 129
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randburg
Ek sleep 'n 1997 Gypsey Regal met 'n Renault Scenic 1.9DCi

Knight & Grootbaas,

Baie welkom. Hier kry jy van alles en nog wat. Hierdie is die kern van kampkennis - wat nog nie hier uitgevind of bespreek is nie, is nie die moeite werd om genoem te word nie. As julle Leeus is, eksta welkom!

Groetnis.

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

André, ek het gesien jy is so bietjie verder van my af, het gedog jy is sommer hier in ons onmiddelike omgewing. Ek weet hier is mense in Orkney en Potch wat op die forum geregistreer is, maar nie aktief deelneem nie. Seker maar nie lus vir twak praat/gesels nie!!!

Altyd egte kamgroete.

Frans

 

 

 

 

Boma
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/12/2011
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n 84' Sprite Sport met 'n Isuzu KB280DTi

Selfde van my kant af - WELKOM!!

Ook maar nog jonk hier op die draad, maar geniet dit elke dag meer en meer en leer so ook die ander kampers ken.

Brinley, net reg help met die spelling van "LEEUS", 'n mens spel hom so: "BULLS".

'n karavaan vol groete

Pieter Kuyper

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 818
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Hi welkom hier. Ek is ook maar nog nuut hier. Soms is ek nog bietjie bang om iets te se, want net nou val iemand my aan. Maar so vind ons maar almal ons voete.

 

 

Hester Kruis
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 136
Gebruiker van lyn af.

Hallo ek is ook nog nuut en sukkel nog so bietjie. Hulle die "oud' is niks nie maar die "dom". Glo dit gaan sommer lekker raak hier op die Forum.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Welkom aan al die nuwelinge, Spidy en Frans as mens nie soms twak praat nie sal niemand verstaan nie.

Ons kan meer twak praat en die lewe 'n lied maak al kan ons nie sing nie.

Groete

HPJV RENSBURG

tinamaz
Nuweling
Aangesluit: 30/01/2012
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Tswane

 Hello Knight & Grootbaas. Hope you enjoy the reading.

I wonder why no one welcomed me?

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 784
Gebruiker is aanlyn
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Knight & Grootbaas

Ek is ook redelik nuut hier en geniet dit baie, ek weet julle sal ook. Van die gesprekke moet jy maar met 'n knippie sout vat, soms se die mense hier iets met die tong in die kies.

Geniet dit

Groete

Harry

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Welkom aan al die nuwelinge

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

C Janse van Rensburg
Groentjie
Aangesluit: 17/08/2011
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kakamas
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Ford 2.5 Dubbelkajuit

Jis Jis

Welkom hier, hoop al die nuwe manne ruim genoeg tyd in op 'n dag om die furum te grbruik, want dis is verslawend!!!!!

Geniet die forum en mag dit reen waar julle bokke wei!

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 346
Gebruiker is aanlyn

Genugtig!

Nog nooit voorheen het so baie vir so min so skielik in so 'n kort tydjie hier aangesluit nie!

(Sorry Winston.)

 

Welkom aan algar.

 

 

Knight
Nuweling
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elardus Park

Dankie aan almal en ek is seker ek sal hier vind na wat ek soek en meer.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

"Welkom aan al die "nuwelinge

 

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

RATEL
Groentjie
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng
Ek sleep 'n Slaapplek met 'n my spykerbek

 Goeiemore almal,

Reeds 'n rukkie as gas hier op die Forum gekuier en te nuuskierig geraak om nie te kan saamgesels nie.

Kinders reeds uit die nes en ek en Vroutjie wag vir die pensioendae wat nie gou genoeg kan kom nie.

Beplan om dan die RSA van hoek tot kant deur te toer en as die eerste rondte verby is dit sommer weer te herhaal, daarna sal ons graag in die winters in die Bosveld of langs die Natalse Suidkus vir sulke 3 maande stoppe wil gaan uitspan en net die Hoëveld in die somer trotseer.

Hoop ons gaan dit geniet hier.

Ryk van Renen
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 48
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell Wes Kaap
met 'n Avalon Motorhuis

Welkom Knight.

Ek is net so nuut en maak baie min gebruik van die lede se raat.

Ek wens net dat ek elkedag kan gesêls, maar die tyd laat my nie toe nie.

Ja nee Ratel,ook pas klaar gemaak en sit en wag net vir die weer om te verander en 2 troues, dan is dit ons en die langpad.

Dis mooi plekke wat jy van praat\, maar moenie die Skone Kaap vergeet nie.

Hoop ons loop mekaar eendag raak

Tot later

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 894
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Andre Strydom, ek het vir jou 'n pm gestuur.

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Hester Kruis
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 136
Gebruiker van lyn af.

Dagse aan almal ek is ook nog bietjie nuut en dit gaan maar so sukkel sukkel. Sal nog regkom. Andre het ek iets gemis oor die saamtrek by Bosveld Oase 3-4 Maart. Neem aan dit is die een wat jy van praat. Moet ek by die oord bespreek en saam met wie is die saamtek?

Kamp groete

Jan en Hester

Wie's aanlyn

Daar is tans 17 gebruikers en 42 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • PaulS
  • evert
  • JC
  • willie Rautenbach
  • Tjailatyd
  • Pieter Rheeder
  • Eben die kampeerder
  • Harry Du Randt
  • Alias
  • Hennie van Niekerk
  • JM
  • Hentie7
  • Llewellyn j
  • Big G
  • Frikadel
  • Leon Verster
  • Christo de Wit

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.