Hanekraai Koffiekroeg Februarie 2012

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1082
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Goeie more almal,

Ek maak gou koffie en daar is genoeg beskuit vir almal. Kry gerus en geniet.

Gister my seun gehelp met sy verhuisen en dit was lekker warm, tot 35 grade op 'n stadium.

Geniet die dag

Groete

Stoffel

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

More Stoffel en dankie vir die koffie.

Ons het laasnag so paar druppels gehad en op die oomblik val daar ook so drie of vier druppels. Die temperatuur is egter baie lekker en sal nie oor 32 gaan vir vandag nie volgens die weerburo.

Geniet julle dag.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Goeie more Stoffel en die anner wat nog kom,

Dankie vir die koffie en beskuit

Geniet julle dag en nuwe maand voluit

Groetnis

Danie & Issie

 

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Môre Stoffel, Dries en Danie, dankie vir die koffie, sal klein koppie neem.

Hier by ons rond ook maar drukkend warm en die reën bly weg.

Heerlike dag vir almal

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Goeie more Stoffel, Dries, Danie, Frans en die wat nog dors is. Trekkery beteken baie werk en opgaar goeters wat weer saamry.

Dankie ek kry gou ln slukkie, baie werk vandag. Die weer is lekker en dit beteken hitte is ons voorland.

Geniet die dag en leef voluit.

HPJV RENSBURG

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

More julle.

Dankie Stoffel, ek help myself.

Ek is bly julle bak nie uit daar in die Noordkaap nie, Dries. Te veel van 'n goeie ding is ook nie goed nie.

Vanoggend vroeg is daar 'n slag en 'n ruk aan die huis. Loer uit, sien niks. Stuur die honne uit. Die blaf agter in die erf, maar ek sien niks. Nadat ek aangetrek het gaan kyk ek weer. Die swart hondjie blaf vir iets kleinerigs wat op die grond sit en die rughare staan pennietjieregop. Eweshielik vlieg daar 'n vreeslike groot tortelduif voor haar op, maar hy lyk so effe deurmekaar. Met nadere ondersoek sou ek vind die torrie het met 'n spoed die telefoondraad tussen die paal en die huis getref, maar so hard dat die pen wat die draad in die dakkap vashou uitgepluk is en skoon krom is. Onder op die grond lê in bol vere.

Arme huis.

Geniet jou dag met dankbaarheid.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

More almal, ek sit solank die koffie aan. Ek is te deur die slaap en kry nie die beskuit nie.

Ja, julle sien reg, dis 03:14, dit lyk vir my die reën het die honde se horlosie effens stadiger gemaak vanoggend, hulle het so 02:30 begin.

Die positiewe is dit was gister heeldag bewolk en dit het kort-kort so bietjie gereën, so ook laasnag. Wonderlik! Die beste is dat dit nog so gaan aanhou tot Sondag toe! Dankbaar is nie die woord nie.

Ek kan nie wag om die dankbaarheid van die plante te sien as dit lig word nie.

Geniet julle dag.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1082
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Goeie more Dries en al die ander,

Dankie vir die koffie. Ek maak die beskuitblikke ook weer vol. Kry maar beskuit en geniet.

Dit lyk my die hitte wat Dries gehad het is nou weer hier by ons.

Geniet ook hierdie dag voluit.

Groete

Stoffel

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Dries, Stoffel, dagsê. Dries, dankie ons kry vroeë koppie, is oppad Pretroia toe vir Doktersafsprake vandag en môre, sien op na die ryerey.

Heerlike dag vir almal

Altyd egte kampgroete,

FRans

 

 

 

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 More almal. Dankie vir die koffie en beskuit. Hier het die hitte effe gewyk. Die wind het laasnag erg gewaai, so die noorde gaan sekerlik reen kry. 

Ek wens hier wil 'n lekker bui reen uitsak om net die verwoestende veldbrande rondom ons te blus. Die bergbrand by Tulbagh/ Wellington deur Bainskloof het reeds 5000Ha se fynbos verwoes. 

Geniet die dag!

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Goeie more Dries, Stoffel , Frans , Ian en die wat nog saam drink, Dankie ek kry.

Heerliki dag hier by ons en net reg vir vroee tuinwerk. As dit warm word dan sal ek maar die bakkie onder die dak poleer en later vanmiddag gras sny.

Bly julle manne kry bietjie reen want lyk my die kaap area sukkel met die brande.

Geniet jul dag voluit en vertrou dat ons more sal beleef.

Groete

HPJV RENSBURG

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1082
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Goeie more almal,

Die koffie is besig om te prut. Ek maak sommer ook die beskuitblikke vol, ook vir die naweek. Daar is vanoggend plaatkoekies met stroop ook.

Hier in Kempton waai vanoggend so 'n lekker afkoel windjie. Dit is nogal lekker verfrissend.

Die wat gaan kamp moet dit baie geniet en ry versigtig.

Geniet die dag.

Groete

Stoffel

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

More julle,

Dis lekker as die koffie sommer klaar regstaan. Dankie Stoffel.

Steeds lekker koel weer by ons met so bietjie reën hier en daar. Dis egter oraloor bewolk en dit help al baie.

So is dit alweer Vrydag - Geniet die dag en geniet die naweek!

 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

More Stoffel, Dries en die wat nog inloer, Dankie ek kry.  Ja die weer is lekker en ons het lekker reen gekry en is baie dankbaar vir dit.

Die kampers ry versigtig en geniet die kamp.

Lewe voluit.

Groete

HPJV RENSBURG

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

More almal.

Dankie Stoffel. Sal goed afgaan vanoggend.

Bly om te hoor julle kry bietjie reën daar bo, Dries. Ek hoop dit val sommer goed.

Jy's reg Ian. Ons het gistermiddag so plek-plek hier in jo'hies omtrent weggespoel.

Ons was oppad tandarts toe so tussen half-vyf en vyfuur en in 'n "wolkbreek" ingery vanaf Florasentrum, op Ontdekkers tot by The Junction, waar die paaie letterlik riviere geword het. Het maar die Pajero se amfiebiese pluspunte goed uitgetoets.

Heeltemaal oortrek hier vanoggend en dit gaan beslis weer reën vandag.

Lekker dag vir almal van julle.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

Goeie more almal,

Die koffie is besig om te prut.

Lieflike oggend vanoggend.

Die wat kamp moet dit baie geniet.

Geniet die dag.

Groete

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

Wingnut
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/01/2012
Inskrywings: 132
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Woonwa met 'n JEEP

 More almal wat nog moet kom!.

Koffie is op die stoof en die beskuit blikke is vol!

Lekker dag!

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

More Wingbut en die wat nog kom,

Dankie vir die koffie en die beskuit het ook goed afgegaan.

Vanoggend is ek haastig, dit voel of die agterstallige werk net nie minder word nie.

Wat is die storie met Malemma?   Toe ek die TV Saterdag aanskakel is sy NDCA uitspraak aan die gang - toe luister ek maar klaar.  My indruk was ja-wel, hier is 'n uitkomkans vir beide die ANC en Malemma - Malemma is vry, die koste is te hoog vir die ANC - nie die soort uitkoms waarop ek gehoop het nie. Toe ek die koerante lees lyk dit of ek na 'n ander uitspraak geluister het - Malemma is "finish en klaar"!.  Miskien moet die media tog so 'n bietjie die hand in eie boesem steek, maar beslis nie deur die regering beheer of gemuilband word nie.

Nou ja, niemand gaan my help met my takies nie, so ek sal maar moet roei.

Geniet julle dag.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Môre Wingnut, dankie vir die koffie, dit help om die dag "op te start"!!! Dries dagsê aan jou ook, sterkte met die werk, jy sit met opvang werk, ek sit met "vooruit klaarmaak werk", met Ma wat ingaan hospitaal toe die 1ste Maart, en vir drie maande met voet in gips gaan wees, moet onsBAIE werk vooruit klaarmaak vir ons gereelde klante, en dis nie maklike taak, want ie daaglikse werk moet ook gedoen word.

Ons kla nie, ons probeer ons bes.

Vir julle enal die ander wat nog kom, heerlike dag verder.

Altyd egte kampgroete.

Frans

NS" Ons het darem so 50 mm reën  so tuusen Vrydag en Saterdag gehad

 

 

 

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Goeie more Wingnut, Dries en Frans asook die anner wat nog kom,

Dankie vir die koffie en beskuit Wingnut elk help myself.

Dit is lekker om wer by die werk te wees na die jongste dogter se troue en om weer net rustig te kan wees en jou daaglikse take te kan doen sonder druik van buite.... van dinge wat gedoen moet word om haar dag die wonderlikste te maak.

Geniet julle dag voluit

Groetnis

Danie & Issie

 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Goeie more almal , dankie ek kry gou 'n beker.

Lekker gekuier daar by Kammaland, johnny,Rachel Skippie en kie. Lekker gesels en gelag.

Groete en leef voluit want die werk wag om gedoen te word al weet ons dit sal nooit voltooi word nie.

 

HPJV RENSBURG

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

More almal.

Dankie Wingnut, ek kry vir my.

Wat maak jy so vroeg uit die bed uit?

Besige week wat voorlê met die studente wat aan die gang kom en die rondjaagery agter Tienertjie se dinge aan. Eerder dit as niksdoen.

Geniet die dag.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1082
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Goeie more almal,

Die koffie is gemaak en daar is nog baie beskuit in al die blikke. Daar is ook anys beskuit.

Lekker gereen gistermiddag/aand. Die strate was soos riviere. Ons is baie geseend.

Geniet hierdie dag

Groete

Stoffel

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

More Stoffel en die wat nog inloer, Dankie ek kry.

Ja ons is waaragtig geseend met die reen want alles lyk sommer beter.

Geniet jul dag asof dit die laaste is.

Groete

HPJV RENSBURG

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Stoffel, Hennie, dagsê, dankie, ek kry koppie koffie, is half laat vanoggend, nekenaar wil nie "opstart" nie!!!

Heerlike dag vir julle en die ander wat kom.

Altd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Goeie more Stoffel, Hennie en Frans asook die anner wat nog kom,

Dankie vir die koffie en die anys beskuit Stoffel, ek help myself.

Dit het voorwaar lekker gereen gister middag net so 'n vinnige 5 mm binne 'n paar minute... dit was presies wat die tuin nodig gehad het anders moes ek sproeiers aansit.... geseend is ons werklik.

Geniet julle dag voluit

Groetnis

Danie & Issie

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5680
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

More almal.

Dankie Stoffel, ek help myself.

Koelerig hier in Jo'hies vanoggend. Lyk my die winter kom nader. Die son slaap ook al later in die oggende deesdae.

Geseende dag.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1082
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Goeie more almal,

Ek maak gou die koffie en die beskuitblikke is ook vol. Daar is vanoggend weer lepelskons ook. Kry gerus en geniet.

Geniet ook hierdie dag tenvolle.

Groete

Stoffel

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1671
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

More Stoffel,

Dankie vir die skons ook.

Ons dag is wonderlik - dit wil-wil nou begin reën ... die weer grom al. So drie druppels het al neer geplons. Julle sal nie glo hoe die mens nes die plante dankbaar is vir selfs so 'n bietjie hoop nie. Jou hele lyf bruis sommer van opgewondenheid ... dis anders. Die dak lek, maar wie gee om? Dis bewolk, dis koel dit gaan reën!

Geniet julle dag.

 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Môre Stoffel, dankie vir die koffie, dit "start" my op, die dêm rekenaar slaap nog!!! Dagsê aan jou ook Dries. Hier by ons lekker nat, laas Vrydag en Saterdag 50mm vir die twee dae gehad, gister 30mm in halfuur se tyd.

Lekker dag vir almal.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

More Stoffel, Dries, Frans en die wat nog inloer, Dankie ek kry. Die duiwel het my weer gery laasnag en die oe wou nie toe om te slaap nie, Seker maar my sondes wat my inhaal.  Lekker weer hier by ons en ek gaan vroeg begin.

Leef voluit en geniet die dag.

Groete

HPJV RENSBURG

Wie's aanlyn

Daar is tans 17 gebruikers en 42 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Pieter Rheeder
  • Harry Du Randt
  • evert
  • Alias
  • Hennie van Niekerk
  • JM
  • willie Rautenbach
  • JC
  • Hentie7
  • Tjailatyd
  • Llewellyn j
  • Eben die kampeerder
  • Big G
  • Frikadel
  • PaulS
  • Leon Verster
  • Christo de Wit

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.