Dube is WONDERLIK
Nuwe forum onderwerpe
Ek wil net graag terugvoer gee oor ons naweek by Dube Game lodge, naby Brits. Dit was een van lekkerste kamp naweke wat ons in 'n baie lang ruk gehad het.
Die Oord is pragtig skoon, die sekuriteit waaroor ek bekommerd was is fantasties, en ek het nog nooit in sulke silwerskoon swembaddens geswem nie. Die oord laat my baie terug dink aan Die Eiland, die bome ens.
Ek beveel Dube werklik aan vir almal. Ons het pragtige en volop wild gesien, en dit was ten alle tye, baie stil alhoewel daar baie mense gekamp het vir die naweek.
Annemarie
Dankie vir die terugvoer hoe lyk die staan plekke is dit gras of met stene gepak?
[quote=Swartetjies]
Dankie vir die terugvoer hoe lyk die staan plekke is dit gras of met stene gepak?
Daar is baie staanplekke, van hulle wat naby die buite swembad is, het gras. Ons het nie daar gekamp nie want, dit was redelik vol gewees. Ons verkies om maar eenkant te staan, daar is nie gras nie net grond. Ek het geen kampplekke met plaveisel gesien nie. Dit pla ons nie eintlik nie want, ons het nie klein kindertjies nie maar dit mag dalk vir jonger mense met kinders 'n bietjie moeilik wees.
Die koelte is baie goed, met regte Bosveld bome. Ek sal nog fotos plaas.
Dit was ook heerlik warm gewees.
Annemarie


Annemarie, Ons was ook die afgelope naweek op Dube, stem saam met alles wat jy se, sal beslis weer gaan, ons was gelukkig vroeg daar Vrydag en het 'n redelike groen kol gekry om op te staan, daar is ook geen geplaveide plekke wat ek gesien het nie
Ek wil graag weet hoe lyk die grondpad na Dube.
Vriende van ons het 'n splinternuwe Exclusive en is nie baie gretig om hulle woonwa op 'n grondpad te sit nie.
Verder wi ek ook weet van die wildritte. Mag mens met jou eie kar bietjie rondry?
Survivor,
So 2-3km wat redelik is, nie baie mooi nie, redelik. Geen probleem nie, ry net stadig
Groetnis
Survivor, die pad is regtig nie sleg nie, soos Pieter se ry maar net stadig, baie stof. En ja jy mag met jou eie kar ry, of self jou fiets.
Dit is regtig baie lekker daar ons wil weer vir die Langnaweek in Junie gaan. Die weer is ook goed.
Groete
Wat is die kostes vir die staanplekke en vir hoeveel mense is dit. Is dit "first come, first serve" of word daar vir jou 'n staanplek geallokeer.
Groete
Dube is 'n baie lekker kampplek:
Jy kies jou eie staanplek, bome maar klein maar as jy in junie daar staan gaan die son nie te veel pla. Die eienaars baie behulpsaam en vriendelik.
Koste was verlede jaar R 440 vir gewone naweek. (4 persone)
Baie dankie. Sal maar plan moet maak om daar uit te kom. Is gelukkig nie ver nie so kan sommer n vrydag middag gou deurgaan.
Ons is van plan om die naweek van die 23-25ste September te gaan kamp, saam met vriende. Die terugvoer klink nie te sleg nie!
Groete,
Beer!
Was nou al twee keer daar in die laaste twee maande en dit was baie lekker. Skoon geriewe, mooi wild en lekker weer.
Die eerste klomp staanplekke soos jy inkom het gras maar hoe hoer jy opgaan in die kamp is dit maar net sand. Geen plaveisel.
Vir die ouens wat van die bosveld hou is dit defnitief die moeite werd om 'n draai hier te maak.
Kobus,
dankie, klink vir my reg! Ons is mense van die natuur, rustig en waardeer nog die goeie!
Groete,
Beer!
Ons gaan voor die die Wegsleep naweek te Klein Paradys vir so 5 dae vanaf die Sondag tot die Vrydag te Dube kampeer teen 'n koste van slegs R400-00. Dis nou wat ek 'n goeie prys noem. Ek sal sommer baie fotos neem en terugvoering gee
Ek het die Vorige naweek by dube Gekamp. Die vrou het bietjie gekla oor die grong met aankoms maar het later so lekker gekamp dat sy van die grond vergeet het.Die badkamers is baie skoon die swembaddens is skoon die wild volop en die voerplek vir die wild by die recepsion great.Vir die manne wat rugby wil kyk is daar n lapa met n pooltafel en n bar met TV's.Die bosveld sonsondergaan met die braaivleis vuurtjie asemrowend.Die grondpad is 2 km lank bietjie sinkplaat maar as jy stadig ry is daar nie fout nie.Die kamp was ook redelik vol toe ons daar was en ek sal beslis weer gaan.
Terugvoer lyk baie goed. Sal moet gaan voel hoe kamp Dube.
Ja dis my beurt om te kamp die kommende naweek het drie maand laas gesleep oor die werk en baie ander dinge. Dube se kamp terrein roep hard het al so drie keer daar gestaan en het dit baie geniet, veral die dam swembad in die kamp terrein as die son so warm is.
Kamp Groete
Diederik
Ja dis my beurt om te kamp die kommende naweek het drie maand laas gesleep oor die werk en baie ander dinge. Dube se kamp terrein roep hard het al so drie keer daar gestaan en het dit baie geniet, veral die dam swembad in die kamp terrein as die son so warm is.
Kamp Groete
Diederik
Ons was die afgelope naweek daar, dit wat julle vertel het van die plek was baie waar. Ek dink net die ablussies is dalk te min. Alles was skoon en netjies gewees, die asblikke en braaiers was omtrent 3 keer per dag skoongemaak, so ook die ablussies.
Die enigste probleem wat ons gehad het,( ons was eers so 19h50 daar), baie stof het gemaak dat ons verby gery het, aangekaring het vir so 9km, gps weer aangevat het, terug gesukkel het op daai slegte F$$#%@* terug. Die kamp was redelik vol, gou hulp gekry het en opgeslaan.
Met die oopmaak van die karavaan deur, rooi gesien, die yskas deur en een van die kas deure het op die grond gele, ons kragboks het ook deurgeloop, ek het maar die spul op 12v gesit en ons kon toe aangaan met die kampding! Na alles was dit baie lekker.
Ek het netnie die naweek kans nie, maar sal volgende naweek kyk wat met die krag aangaan en ook die deurtjie regmaak, die yskas se deur het ons klaar weer herstel!
Ek moet se ons het baie pret gehad saam met ons vriende, die plan is om De Voetpadkloof te probeer ,einde November!
Lekker sleep,
Beer!
Was ook by Dube die naweek (22 - 25 sep). Dit is regtig 'n pragtige oorde, ek moet saam stem met "BEER", die ablusies kan dalk aan die min kant wees. Ons het naby een gestaan en het gereeld gesien dat iemand moet wag vir 'n badkamer om oop te gaan (in spits tyd) . Die skoonmakers was heel tyd daar om seker te maak dat die plek skoon gehou word. Alhoewel dit baie droog is, is daar pragtige groen grasperke naby die speelpark en ontvangs.
Die pad is nie te sleg nie, moet maar stadig ry, maar is ook nie so ver nie tot by die ingang. Sodra jy in draai by die ingang kan jy sien dat dit 'n oord is waarop die bestuur/eienaars baie trots is.
@ Beer / Zimpie / Diederik
Het julle dalk fotos om te plaas. Ek is bespreek vir die naweek 21/10 tot 23/10. Soek veral foto's van die Ablusie geriewe.
Ebenhaeser,
ongelukkig het ek geen fotos van ablussie geriewe nie, maar wees verseker dat dit redelik modern was en dat dit tenminste 3-4 keer per dag deur mense skoon gehou en geinspekteer was. Selfs die losstaande braaiers ook gereeld skoon gemaak was, nie net deur die swart werkers nie, maar ook deur die blanke werkers wat gereeld deur die kamp beweeg het!
Jy het seker die roete, die maklikste is die Bakwena tolpad om Pretoria, na die eerste tolhek, vat die R566 na Rosslyn, hou reguit aan, naby Brits by 4-rigting stop sal jy die groot borde kry van Dube, Dikololo en Barokelo, daar draai jy regs en vorentoe kry jy weer die Dube/Dikololo borde en draai links.
Die ander ding is ook die waarheid, indien jy 'n GPS het, sit die koordinate in, maar as jou GPS in die laaste maand of 2 terug opgegradeer is, wees gewaarsku, die ding gaan jou laat verdwaal! Vrinde van ons het 1uur die Vrydag middag gery, ons het 17h30 weggetrek in Delmas (hou die verkeer in gedagte) en het hulle 19h30 so 2 kilometers van die kamp af gekry. Glo my , dit was NAG!
Julle sal die kamp geniet!
ps Die Elande wei sommer so tussen die mense! Dit was ONGELOOFLIK gwees!
Groete,
Beer!
Net soos Annemarie was ons ook die naweek daar, vir die eerste keer. Alsat die ouens hier bo geskryf het oor hoe mooi, skoon en lekker die plek is, is alles waar.
Die kinders kan nie wag om terug te gaan nie. Hulle het lekker maats gemaak, geswem in die warm en koue swembaddens, putt-putt gespeel (dis net Klein paradys wat 'n mooier baan het), tramploien gespring en sommer gekuier.
Ons kon die rugby kyk, sit en stil kuier en het elke dag met die fietse tussen die wild gaan ry tot tussen die blesbokke, wildies en sommer tot so by die kameelperde. Lekker lank by die watergate (in die bos!) gekuier en sal beslis weer teruggaan. Definitief gereeld ook.
Dit was ook die vinnigste dat ons vriende gemaak het en saam gekuier het.
Die staanplekke is so naastenby aangedui, maar geen definitiewe merke nie. Dus sal niemand vir jou kan se dat jou een wiel of tentpen op sy staanplek is nie. Ky maak sommer soos jy goed dink om die kragpunte en almal doen dit. Dis lekker want dit skep 'n meer gesellige atmosfeer en almal is nie ingepak soos LEGO blokkies nie.
Dis bos. Dis lekker. dis mooi, een van die mooiste, al is ons gewoond aan die gereelde Klein Paradys, Mbizi, Bosfontein, El Rancho Grande (ook lekker), Umoya, ens. Die ander noem ek nie want ek sal nie teruggaan nie.
Dube sien my weer
Groetnis
Ebenhaeser,
Die ablusiegeriewe is heeltyd silwerskoon en word heeldag deur die personeel so gehou
Moenie bekommerd wees nie
Kry ook nie fotos van badkamers nie, maar dit is mooi en word gereeld skoongemaak. Daar is baie grond en stof en dit word maar in die badkamers ingetrap. Ek wil net nie sien hoe dit lyk as dit baie reen oor 'n naweek nie, maar dan gaan jou kampplek ook maar vol modder wees as jy nie 'n plekkie gekry het by die gras naby die swembad nie.
Hier is bo by ontvangs
.jpg)
By ontvangs is daar 'n groot lapa met kroeg. baie mooi en baie sitplek binne en rondom. In die middae word diere gevoer en jy kan lekker daar sit en 'n koue enetjie vat. Daar is ook klein swembad as die kinders wil swem.

Ou plaadam swembad by die kamplek

Onderdak verhitte swembad en borrelbaddens.

Al waaroor jy moet worry is as dit reen. Maar jy is mos gereelde kamper so mens moet dit ook maar vat as dit kom. Dube is lekker.
Jammer vir die pad soontoe.
Ons het by Dube gekamp oor 'n naweek wat dit baie gereen het. Die badkamers was gereeld skoongemaak en het ek nie een keer 'n vuil badkamer of toilet gekry nie.
Ons het by Dube gekamp oor 'n naweek wat dit baie gereen het. Die badkamers was gereeld skoongemaak en het ek nie een keer 'n vuil badkamer of toilet gekry nie.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Hennie van Niekerk
- Eben die kampeerder
- Big G
- Alias
- Frikadel
- willie Rautenbach
- JC
- Llewellyn j
- PaulS
- Leon Verster
- evert
- Hentie7
- Tjailatyd
- Christo de Wit
- Oscar
- Footloose



Hak en ry.....







LWH NEL






Great om te hoor!