Aircon vir 2004 Sprite Splash
Nuwe forum onderwerpe
Hi Ben
baie dankie vir die terugvoer, nee ek sien julle manne in Jozi het alles om julle daar, ek het gesien daars 'n paar plekke daar wat die Aircons doen, as ek nie regkom hier onder in natal nie sal ek definatief moet plan maak om om die Wa op te van na julle kant toe.
Groete daar
DAGSE MATER
jy moet maar skree dan reel ons n ding diekant vir jou ons kan dalk reel dat jy jou wa ingee huur n ander en gaan kamp so bietjie hier by n oord of iets in die lyn hoop jy kom reg
se my aangesien jy nou in daai kant van die wereld bly watter maand van die jaar is die beste om suidkus toe te gaan as die wind nie so waai nie ek was al n paar keer daar maar die wind waai my elke keer trug gauteng toe ek gaan gewoonlik scoties toe
kampgroete
ben
Hi Ben
Nee die wind waai eers van Augustus se kant af en die somer hier is verby warm so ek stel voor April, Mei of Junie is 'n goeie tyd maar jy weet mos, enige tyd by die see is beter as enige ander plek, hierdie tyd van die jaar kry ons maar swaar met die hitte saam, dis hoekom ek graag daai ou aircontjie wil ingooi dan kan ek sommer vir 'n naweek hier naby die huis gaan kamp en nie doodgaan van die hitte nie.
dagse roelof
wel mater wat van n portable aircon ek het een in my wa wat los is wat lekker is as die tent so hel warm raak gooi ek my sliwer seil bo op en sit die aircon in die tent man daai plan van my werk lekker die tent is lekker koel sorg net dat alles toe is om die tent hy werk lekker.
ek wil ok n permanente split unit in die wa sit maar wag eers vir die pond dit is my volgende projekkie
hoop jy kom reg
kampgroete
ben
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Eben die kampeerder
- Big G
- JC
- evert
- Leon Verster
- Llewellyn j
- Hentie7
- Frikadel
- Tjailatyd
- Christo de Wit
- Oscar
- Footloose
- Harry Du Randt
- Pieter Rheeder
- MarkP
- WilleWillemien
- willie Rautenbach




.jpg)
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5
Middag Almal
Ek woon in Durban en het gewonder of iemand my kan verwys na iemand om 'n Split Unit Air Con in my 2004 Sprite Splash te installeer en indien moontlik wat die koste min of meer behels?
Groete
Roelof
dagse roelof
welkom op die forum mater
wel ek sien jy vra oor n aircon vir jou wa ek weet nie van jou omgewing nie maar hier in johannesburg is n ou wat sulke werkies doen wat sy kostes weet ek nou nie as jy dalk nie regkom daar by jou nie moet jy dalk bietjie kom kuier by ons as jy regtig wil ek ken n ou hier in ons omgewings wat karevaane uitverhuur dan gee jy dalk jou wa in huur n ander en bekyk bietjie ons kant van die wereld daar is alteid n plan hoop jy kom reg
kampgroete
ben
HIER GAAN ONS ALWEER
le